Herlaai Tips

Post Reply
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Giepie »

Ek weet hierdie is 'n ouerige draad, maar ek het met 'n soek hierop afgekom wat ek oor wou uitvind. Wouter het geskryf:
Wouter Roets wrote: Mon Jan 16, 2017 8:59 am Gebruik grafiet poeier in die nek area wat help dat jou dop nie skeef trek in die proses nie.
My vraag is of die grafiet poeier nie 'n effek op die verbranding sal hê nie, want dit is koolstof. Ek het dit begin gebruik, veral met nuwe doppe. Ek het gehoor ander maak nie die dop skoon na die nek gevorm is nie en los dan die smering (olie) daar. Ander gebruik HBN of so iets vir die nek. So, watter effek sal hierdie "smering" hê op die ontbranding, of is dit weglaatbaar klein?
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai Tips

Post by tripodmvr »

As jy slegs die nek in grafiet indruk sal min binne die dop bly. Ek dink nie dit sal 'n groot effek hê nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1343
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Herlaai Tips

Post by Toxxyc »

Hou ingedagte dat terwyl grafiet koolstof is, net so ook is diamant. Grafiet het 'n brandpunt van bokant 700 grade Celcius. Tesame hiermee, vorm dit CO2 gas, baie soortgelyk wat ons kry as gewone . Die klein bietjie stof van die grafiet in die dop sal baie min, indien enige verskil maak.

Toets dit dalk bietjie. Weeg 'n dop voor en nadat hy in grafietpoeier gedruk is (net die nek). Die verskil in gewig kan maklik gebruik word om uit te werk hoeveel gas vervaardig sal word.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Capt. Yoda »

Giepie wrote: Thu Apr 04, 2024 8:04 pm Ek weet hierdie is 'n ouerige draad, maar ek het met 'n soek hierop afgekom wat ek oor wou uitvind. Wouter het geskryf:
Wouter Roets wrote: Mon Jan 16, 2017 8:59 am Gebruik grafiet poeier in die nek area wat help dat jou dop nie skeef trek in die proses nie.
My vraag is of die grafiet poeier nie 'n effek op die verbranding sal hê nie, want dit is koolstof. Ek het dit begin gebruik, veral met nuwe doppe. Ek het gehoor ander maak nie die dop skoon na die nek gevorm is nie en los dan die smering (olie) daar. Ander gebruik HBN of so iets vir die nek. So, watter effek sal hierdie "smering" hê op die ontbranding, of is dit weglaatbaar klein?
Nee dit sal nie n effek he nie, ek sal jou n paaseier koop as jy die verskil op n dop kan weeg nadat jy dit met iets soos Lyman se graphite poeier behandel het.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
dennisinpe
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu Jan 21, 2016 8:30 pm

Re: Herlaai Tips

Post by dennisinpe »

Dit nie beter om net koeelskag in grafiet te druk en dan te laai nie? Ek vind ek laai maklik sonder om daaraan te raak maar klein koeels met plat basis seker n probleem.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Capt. Yoda »

Wat okal beste vir jou werk, ek druk n sagte borsel in die dop se nek af om enige oortolige carbon uit te kry en smeer dan graphite met n oorstokkie binne in die nek, dit gaan wel vinniger wees om die koel se basis of self die dop se nek net in die graphite te druk maar ek laai darem nie sulke volumes laat dit my pla nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Wouter Roets »

Giepie wrote: Thu Apr 04, 2024 8:04 pm Ek weet hierdie is 'n ouerige draad, maar ek het met 'n soek hierop afgekom wat ek oor wou uitvind. Wouter het geskryf:
Wouter Roets wrote: Mon Jan 16, 2017 8:59 am Gebruik grafiet poeier in die nek area wat help dat jou dop nie skeef trek in die proses nie.
My vraag is of die grafiet poeier nie 'n effek op die verbranding sal hê nie, want dit is koolstof. Ek het dit begin gebruik, veral met nuwe doppe. Ek het gehoor ander maak nie die dop skoon na die nek gevorm is nie en los dan die smering (olie) daar. Ander gebruik HBN of so iets vir die nek. So, watter effek sal hierdie "smering" hê op die ontbranding, of is dit weglaatbaar klein?
Hallo Giepie

Vaderland hierdie is so lank terug geskryf ek moes nou eers weer gaan mooi dink. In my proses word doppe geuimel nadat ek dit resize het so die grafiet is dan geensins ter sprake nie. Hierdie bly vir my die logiese volgorde van dinge doen maar as dit nie deel vorm van jou herlaaiproses nie kan ek sien hoe dit n groot rol sal speel nie. Waar daar wel n invloed kan kom is op nekspanning wat ons weet n rol speel in jou drukkurwe. In hierdie geval sal dit jou spanning verlaag wat weer op sy beurt jou inisieele drukkurwe sal verlaag en uiteindelik jou drukpiek. Maar hierdie is in my oe suiwer akademies en ek twyfel enigsins of dit werklik waarneembaar vir ons sal wees.

Groetnis
Wouter
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Herlaai Tips

Post by Lategan1 »

@Wouter, ek dit ook herlees.

Goeie lees, mens vergeet so maklik die klein goedjies.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1343
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Herlaai Tips

Post by Toxxyc »

Capt. Yoda wrote: Fri Apr 05, 2024 8:21 amNee dit sal nie n effek he nie, ek sal jou n paaseier koop as jy die verskil op n dop kan weeg nadat jy dit met iets soos Lyman se graphite poeier behandel het.
Ek het eintlik gehoop iemand sal dit probeer en na 'n lang gesukkel agterkom die hoeveelheid is gans te klein om op 'n skaal by die huis te weeg :D
Speen
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Nov 24, 2013 9:04 am

Re: Herlaai Tips

Post by Speen »

tripodmvr wrote:
Gerhard wrote: Kom ons praat bietjie oor dop voorbereiding...

Skoon maak van doppe. (moets en moenies)

Dop lengte en wanneer om terug te sny.

Primer pockets ens...
Jy het dit toe reggekry. Ek is beskuldig dat ek te lui is om self iets te s?. Kom ons bly by dopvoorbereiding!!!!!

Jare gelede was al die spuitgoedjies en dinge nog nie beskikbaar nie en 'n geweersmid het my aanbeveel om olyfolie cook n spray te gebruik as smeermiddel. Dit is relatief goedkoop en werk baie goed. Dit veroorsaak ook nie roes nie. Spuit 'n bietjie op jou hand en rol die dop daardeur. Versprei dit met jou vingers oor die boonste deel van die dop en dit werk. Maak ook maklik skoon.

Hy het ook sago as in sy tumbler gebruik. Werk effektief en sit nie si maklik vas in die doppe nie.
Gebruik oom steeds die spray and cook?

Ek het dit die week probeer... Jis dit werk lekker!

Sent from my CLT-L09 using Tapatalk

CZ 550 LUX .308
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai Tips

Post by tripodmvr »

Nee, te olierig. Het al dooie patrone gekry omdat ek dit nie mooi gewas het nie. Slagdop was dood. Gebruik nou Imperial Sizing wax wat nie wil klaar raak nie. Geno verskaf ook 'n waks wat baie herlaaiers gebruik en aanprys.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Speen
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Nov 24, 2013 9:04 am

Re: Herlaai Tips

Post by Speen »

Dankie sal na dit kyk.

Vir 'n vinnige oplossing was die Spray and Cook regtig goed gewees.

Sent from my CLT-L09 using Tapatalk

CZ 550 LUX .308
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Ratel »

tripodmvr wrote: Sat Apr 06, 2024 4:36 pm Nee, te olierig. Het al dooie patrone gekry omdat ek dit nie mooi gewas het nie. Slagdop was dood. Gebruik nou Imperial Sizing wax wat nie wil klaar raak nie. Geno verskaf ook 'n waks wat baie herlaaiers gebruik en aanprys.
Imperial wax en dan Redding graphite vir die nekke werk soos n droom. Jy kom baie ver met albei.
Maak 'n verskil
Post Reply