Vir vele Jaracallers wat Oom Ginger geken het en tyd saam met hom spandeer het, dra ek hierdie boodskap oor.
Oom Ginger is gister oorlede na 'n lang siekte stryd.
Tannie Hester en die gesin spreek hulle dank uit vir 'n leeftyd se besoeke en geselsies waarmee mense van uiteenlopende oorsprong, 'n groot bydrae in hulle en Oom Ginger se lewe gemaak het. Dit word opreg waardeer.
Ek dink onvermydelik aan die gedig van Jan FE Celliers
"Stil, broers,
daar gaan 'n man verby,
hy groet,
en dis verlaas.
Daar's nog maar één soos hy;
bekyk hom goed"
Groete
Jas
Oom Ginger - Moritz van Zyl (8 Okt 1934 - 2 Feb 2025)
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Oom Ginger - Moritz van Zyl (8 Okt 1934 - 2 Feb 2025)
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Oom Ginger - Moritz van Zyl (8 Okt 1934 - 2 Feb 2025)
RIV
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Oom Ginger - Moritz van Zyl (8 Okt 1934 - 2 Feb 2025)
Dit is nou 'n groot boom wat omgeval het oom Gemmer was baie spesiaal en het jou vinnig vertel wat se stulk gemors geweer jy het maar in dieselfde asem die selfde stuk gemors mooi reggemaak en jou mees geliefde geweer maak.
Dit was iets om te sien as hy op stukkie papier gou som uitwerk presies hoeveel van jou visier geskuif of gevyl moet word.
Dan drink jy lekker koffie en hoor oor sy jagte wat hy in Noord Rodesie gedoen het 'n trok gelaai met alle kampgoed en dan terugbring met tonne biltong.
Hy was die bobaas as dit kom by 500 Jeff en die feeding vanaf die magasyn vir die custom manne.
Ek voel jammer dat hy weg is maar hy het 'n goeie lewe gehad en ek is baie bly dat ek paar kere lekker saam met hom kon koffie drink en luister na sy lewe en stories.
Ek is dood seker hy is tans besig om lekker kamp op te slaan in die veld en reg te maak om biltong te kry en geen perkte aan lisensies vir die diere nie.

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Oom Ginger - Moritz van Zyl (8 Okt 1934 - 2 Feb 2025)
Ek het die voorreg gehad om hom te ontmoet en hy het later my 6mm Musgrave oor gedoen.
Inderdaad n besonderse mens gewees.
Inderdaad n besonderse mens gewees.
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: Oom Ginger - Moritz van Zyl (8 Okt 1934 - 2 Feb 2025)
Ons eer Oom Ginger se lewe met 'n gedenkbyeenkoms wat sal plaasvind om 10h00 , Vrydag 14 Februarie 2025 uit die NG Kerk Valleisig, Faerie Glen Pretoria.
(Google sal jou die pad wys)
Hoop om julle daar te sien.
Dra asseblief die boodskap uit aan alle belangstelendes