IS DIT JAG.

Enige interresante verhale wat jy beleef het kan hier geplaas word.
Any interesting stories you have heard of or have experienced.
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: IS DIT JAG.

Post by toxicsox »

Ek het nog nooit ge boogjag nie, was ook nog nie saam met boogjagters nie. Iemand help my hier om beter te verstaan asseblief. Hoe werk die meerderheid boogjagte - Is dit 15km stap agter 'n bok aan, of is dit wegktuip en skiet?
Ek neem aan meeste boogjagters loop seker agter die bokke aan en jag, en die wat van uit hides jag, skiet.
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 483
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: IS DIT JAG.

Post by saswart »

Dit is nou 'n lekker gelaaide vraag en skielik word die "Jaracal" weer wakker...

Soos Ratel genoem het, stem ek saam, dit hang af vir wie jy vra "Is die skiet van 'n wilde dier, uit 'n skuiling, terwyl hy besig is om by 'n voergee plek voer te vreet JAG??". Mynsinsiens deel ek die gevoel van ander, dat jag 'n stap in die veld is, waar jy die dier in sy natuurlike habitat uitoorle en eties doodskiet. Maar soos baie genoem het, waarmee ek ook saamstem, is dat jag is meer as net daar 10 sekondes, dit is die beplanning voor die tyd, dit wat gebeur na die tyd.

Paar goed is onderstreep... Nie om dit net te beklemtoon nie maar om iets uit te wys, vir een en elk. Nie net is dit belangrik vir wie wat jy vra nie, maar dit wat jy vra...

Eerstens is ons maklik om ander se manier van dinge doen, uit te wys as verkeerd, oneties ens.. in die publiek. Pleks dat ons saamstaan. Daar is wel gevalle waar ons die vrot uit die mandjie moet haal.. Maar ons is ons grootste vyande teen die daarbuite wat "entiese" gedrag uitwys, onenigheid veroorsaak en die kelm verskuif na goed wat ons warm onder die kraag kry ipv dat ons konsentreer op wat saak maak.

Waar jy, subjektief, die lyn wil trek oor wat eties is en wat nie, moet jy jouself uitmaak.

Want hoekom le ons altyd klem op die "oomblik" van die jag, die skiet. Is dit weklik eties om voor 'n jag 'n toegespande plaas te soek, wat verseker vir jou 'n BWB kan gee...of 'n plaas in Limpopo wat elke spesie denkbaar in Afrika op sy spyskaart te jag het... Is dit eties om 500km in gerief te ry tot op die plaas en dan eers te stap.. is dit eties om elke aand in wonderlike 5ster gerief te slaap, wat beter is as jou huis...is dit eties om elke aand jouself kapapel te drink en met 'n moerse babelas vroeg op te staan (as jy kan)... is dit eties, nadat jy "eties" gestap en jag het, van die gids te verwag om jou bok te slag terwyl jy 'n koue een geniet... is 'n 6.5 Creedmoor eties... is verder as 300m eties... is boogjag eties... is jou die gebruik van 'n gids eties ens ens.

Elkeen van ons het 'n "Etiese lyn" en die lyn is nie staties nie...
Last edited by saswart on Mon Mar 03, 2025 12:04 pm, edited 1 time in total.
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: IS DIT JAG.

Post by projagter »

saswart wrote: Mon Mar 03, 2025 9:56 am Dit is nou 'n lekker gelaaide vraag en skielik word die "Jaracal" weer wakker...

Soos Ratel genoem het, stem ek saam, dit hang af vir wie jy vra "Is die skiet van 'n wilde dier, uit 'n skuiling, terwyl hy besig is om by 'n voergee plek voer te vreet JAG??". Mynsinsiens deel ek die gevoel van ander, dat jag 'n stap in die veld is, waar jy die dier in sy natuurlike habitat uitoorle en eties doodskiet. Maar soos baie genoem het, waarmee ek ook saamstem, is dat jag is meer as net daar 10 sekondes, dit is die beplanning voor die tyd, dit wat gebeur na die tyd.

Paar goed is onderstreep... Nie om dit net te beklemtoon nie maar om iets uit te wys, vir een en elk. Nie net is dit belangrik vir wie wat jy vra nie, maar dit wat jy vra...

Eerstens is ons maklik om ander se manier van dinge doen, uit te wys as verkeerd, oneties ens.. in die publiek. Pleks dat ons saamstaan. Daar is wel gevalle waar ons die vrot uit die mandjie moet haal.. Maar ons is ons grootste vyande teen die daarbuite wat "entiese" gedrag uitwys, onenigheid veroorsaak en die kelm verskuif na goed wat ons warm onder die kraag kry ipv dat ons konsentreer op wat saak maak.

Waar jy, subjektief, die lyn wil trek oor wat eties is en wat nie, moet jy jouself uitmaak.

Want hoekom le ons altyd klem op die "oomblik" van die jag, die skiet. Is dit weklik eties om voor 'n jag 'n toegespande plaas te soek, wat verseker vir jou 'n BWB kan gee...of 'n plaas in Limpopo wat elke spesie denkbaar in Afrika op sy spyskaart te jag het... Is dit eties om 500km in gerief te ry tot op die plaas en dan eers te stap.. is dit eties om elke aand in wonderlike 5ster gerief te slaap, wat beter is as jou huis...is dit eties om elke aand jouself kapapel te drink en met 'n moerse babelas (as jy kan) vroeg op te staan... is dit eties, nadat jy "eties" gestap en jag het, van die gids te verwag om jou bok te slag terwyl jy 'n koue een geniet... is 'n 6.5 Creedmoor eties... is verder as 300m eties... is boogjag eties... is jou die gebruik van 'n gids eties ens ens.

Elkeen van ons het 'n "Etiese lyn" en die lyn is nie staties nie...

SASwart. Ek sien baie vrae wat jy sekerlik al vir jouself antwoorde op gekry het?? Daarom het die gesprek HOE WERK JOU KOP geword. Laat ons hoor wat is jou antwoorde vir jouself . EK kan nog iets byvoeg by jou vrae : Wat is "fair chase" ? en my antwoord aan myself was dat daar niks fair aan jag is nie. Jag kan net fair word as die bok ook 'n geweer het en kan terug skiet en dan wonder ek hoeveel van ons jag nog. ;D
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: IS DIT JAG.

Post by projagter »

projagter wrote: Mon Mar 03, 2025 10:14 am SASwart . EK kan nog iets byvoeg by jou vrae nl: Wat is "fair chase" ? en my antwoord aan myself was dat daar niks fair aan jag is nie. Jag kan net fair word as die bok ook 'n geweer het en kan terug skiet en dan wonder ek hoeveel van ons jag nog. ;D
As ek so kyk na die goeie kondisie van sommige jagters/skieters dan sal 'n bok met 'n geweer nou nie eintlik vêr hoef spoor te volg voordat hy sy trofee het nie. :angel:
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: IS DIT JAG.

Post by Wouter Roets »

More Manne

Wat voel julle oor n luiperd, leeu of hyena wat gebuit word uit n hide. Is dit jag of skiet?

Wat van krokkodil, jy skiet hom in die water uit n natuurlike skuiling of een wat jy self gemaak het. Watter een het jy gejag en watter een het jy geskiet? Geld seker vir seekoei se kind ook.

So n paar houdjies op die vuur.

Groetnis
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: IS DIT JAG.

Post by projagter »

Wouter Roets wrote: Mon Mar 03, 2025 12:02 pm More Manne

Wat voel julle oor n luiperd, leeu of hyena wat gebuit word uit n hide. Is dit jag of skiet?

Wat van krokkodil, jy skiet hom in die water uit n natuurlike skuiling of een wat jy self gemaak het. Watter een het ek gejag en watter een het jy geskiet? Geld seker vir seekoei se kind ook.

So n paar houdjies op die vuur.

Groetnis
Is dit selfde as kudubul of buffel wat "gebait " word met voer by sy water ? Lyk my ons beweeg stadig aan in die rigting van waarmee is jyself gemaklik in ag genome jou respek vir die dier en die natuur. Ek glo hierdie gesprek sal sommige van ons laat dink om vir onsself riglyne te stel of bestaande riglyne so effens te oordink.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: IS DIT JAG.

Post by Wouter Roets »

Nog so paar houdjies

Jy stuur gidse uit na watergate om te kyk na beweging van wild en pas jou plan daarvolgens aan. Jy stuur n hommeltuig uit en pas jou planne daarvolgens aan. Jy gebruik trailcams by watergate en pas jou planne daarvolgens aan. Jy praat met die werkers op die plaas en pas jou planne daarvolgens aan. Wat is eties en wat nie?

Groetnis
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13570
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: IS DIT JAG.

Post by Capt. Yoda »

Wouter Roets wrote: Mon Mar 03, 2025 12:46 pm Nog so paar houdjies

Jy stuur gidse uit na watergate om te kyk na beweging van wild en pas jou plan daarvolgens aan. Jy stuur n hommeltuig uit en pas jou planne daarvolgens aan. Jy gebruik trailcams by watergate en pas jou planne daarvolgens aan. Jy praat met die werkers op die plaas en pas jou planne daarvolgens aan. Wat is eties en wat nie?

Groetnis
Jy al vroeg ogend net soos die son op kom al met n Thermal gewerk?
Daai Koedoes staan soos n robot in daai rante uit
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: IS DIT JAG.

Post by projagter »

Ekself het by geleentheid watergate gebruik in jag. Spore by water bestudeer en besluit op spesifieke spoor as synde die van groot bul. Die spoor gevolg en seker 6 kilo verder die bul se blaf gehoor -- hy het my gewaar. Die volgende dag hom weer daar gaan soek.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: IS DIT JAG.

Post by Ratel »

Dis 'n goeie onderwerp wat projagter opgebring het.
Ons moet dan verder onthou dat die boer met al hierdie verskillende vorme van jag moet versoen (of nie) en almal se metodes meestal probeer akkomodeer. Min mense dink aan wat sal die boer se oor watter etiek is dan nou reg al dan nie. Dis hoekom dit so lekker is om seker te maak jy soek die regte jag plek en regte jagters om daai gesellige kampvuurtjie mee te deel.
Maak 'n verskil
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: IS DIT JAG.

Post by Wouter Roets »

Kerels

Ek het die storie al n paar keer hier vertel maar kom ek doen dit maar weer aangesien hier n paar manne is wat dalk nie so lank al hier is nie. Ons het vir n hele klomp jare vir die voorreg betaal om in Nam wild te oes vanaf quads. Dit was gedoen gedurende die dag met nie sommer meer as drie manne in n kamp nie. Ons het net ouer diere ge-oes. Ons het dit hoofsaaklik in die suide gedoen en die terryn het baie gewissel van jaar tot jaar.

Nou ek sou nooit in my lewe dit as jag bestempel het nie, maar ek moet bieg dat daar baie aande om daai kampvuur tekenne gegee was dat dit net so uitdagend was soos enige stap jag wat ons al gedoen het. Hiermee bedoel ek die bekruip van n dier, die gebruik van wind, son, terryn en tipografie om nie eers te praat van hoe jou lyf gevoel het na n vol dag op daai quad nie. Al verskil was jy was op die quad in pleks op die voet. Ja natuurlik was daar tye waar dit gevoel het soos enige ander oes, maar n paar van ons het so deur die jare veral as die kwota's naby aan vol was of as die slagspanne agter was doelbewus dit n jag gemaak. Enige iemand kan met my verskil, maar ek is seker as jy dit beleef het soos ons sou jy dalk ook anders daaroor gedink het.

Hierdie tiepe gesprekke was al baie om die kampvuur of n braaivleis vuur gehad. Op elke trip waarop ek al was kan ek iets kry wat n puris sal mee fout vind. Baie van hulle kan as die idiaal deur die volgende man gesien word, In dieselfde asem sal ek seker ook iets kan uitwys op n ander man se jag maak nie saak hoe dit plaasgevind het nie. Hierdie is en sal altyd een van daai dinge wees waar jy bitter versigtig moet wees om n streep in die sand te trek. Ons almal het ons idiaal en ek glo die meeste van ons se gevoel is nie ver uitmekaar uit nie, maar ek glo die meeste van ons as daai kop op die kussing die aand gesit word weet of jy dit met trots kan doen of dit eers n paar rodrolle gaan vat voordat die slaap oorneem.

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13570
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: IS DIT JAG.

Post by Capt. Yoda »

Daar is nie n wettige manier van n bok in SA jag wat ek nog nie gedoen het nie. Te voet, agter n cruiser af, uit n cruiser uit, voorsit, nag oes, van een berg na n ander berg oor n valy skiet en almal het hul uitdagings en voordele/lekker. As jy al 8ure in n blind gesit het en nie die natuur beleef en waardeur het nie het jy in n baie slegte plaas in n blind gesit. Ek glo nie ek sal n buffel uit n blind uit skiet nie maar dis my opienie, ander man wil hom dalk somer van die bakkie af skiet. Oor die greenies en hul gevoelens voel ek gelukkig tokkol
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: IS DIT JAG.

Post by projagter »

Wouter Roets wrote: Mon Mar 03, 2025 2:38 pm Kerels

ek glo die meeste van ons as daai kop op die kussing die aand gesit word weet of jy dit met trots kan doen of dit eers n paar rodrolle gaan vat voordat die slaap oorneem.

Groetnis
Wouter
Lyk my jy het ook daardie stemmietjie wat saamgaan jagveld toe of met jou praat as jy 'n jagvideo kyk?
------ daardie kudubul is spesiaal, in sy fleur, te trots en te mooi -- jy kan hom nie nou skiet nie.
------- daardie koei is dragtig
------- hoekom is daardie kudukoei so alleen -- en dan verskyn die kalfie
------- nou word hier gemors!
------ daardie leeu verdien nie om so "doodgemaak" te word nie
------ nee neee 'n mens neem 'n foto wat respek vir die dier bewys.
...... nee dit is 'n teelram skiet die ander een.
ens.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: IS DIT JAG.

Post by DWB »

Smaak my Wouter verlang na Dimitri :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13570
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: IS DIT JAG.

Post by Capt. Yoda »

DWB wrote: Mon Mar 03, 2025 4:34 pm Smaak my Wouter verlang na Dimitri :D
Jis ekt al van die ou vergeet ++>:
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: IS DIT JAG.

Post by Giepie »

Ek het nog nie iets anders as bokke geskiet en dit vir die pot nie, behalwe duiwe op 'n vriend se plaas as matriek laaitie, en muishonde op my oom se plaas wat die hoenders en/of eiers vreet. As ek die geeentheid sou kry om leeu, luiperd of hyena gratis te jag as probleemdiere, sal ek natuurlik nie die geleentheid laat verby gaan nie, selfde met jakkals wat ek al probeer skiet het, maar dit is nie so maklik nie. Anders stel ek myself nie belang nie.

As dit oor trofee diere gaan, het ek 'n ander houding as wanneer ek "skiet" vir vleis. As jy wil spog oor 'n dier wat jy geskiet het, voel ek dit moet "regverdig" wees met "walk and stalk". Anders kan jy net so wel die "trofee" by 'n winkel of so bestel. Maar weereens, my "etiek" is anders, en soos Wouter na verwys die aand wanneer jy gaan slaap, net so is dit met 'n "trofee", het jy dit verdien, of nie?

Ek moes eenkeer 'n Rowland Ward buffelbul met my 9mm pistool doodskiet. Hy het gelê en kon nie meer opstaan nie. Die veearts het my verduidelik hoe ek dit moes doen, toe in sy kar geklim en gery, hy wou nie by wees nie. Ek het geen ander vuurwapen by my gehad nie. Ou Kallie sou 'n lang honger dood gesterf het, hy was al te oud en kon nie meer eet nie. My vriend het 'n pragtige skouer montering gemaak wat nou in sy lodge hang. As iemand daaroor uitvra, word die storie vertel. Die kere wat ek daar kom en dit sien, gaan daardie emosies van hartseer weer deur my. Dit is waaroor 'n trofee vir my gaan, dit vertel 'n storie. Ek verkies 'n ware storie, as om te spog oor iets wat, volgens my mening, nie regtig iets is om oor te spog nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: IS DIT JAG.

Post by projagter »

Giepie: "om te spog oor iets wat, volgens my mening, nie regtig iets is om oor te spog nie."
Dit sê baie!!
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1486
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: IS DIT JAG.

Post by Eduard Venter »

Ek skiet so nou en dan 'n bok oor die bakkie se spieëltjie... Veral op 'n Saterdag middag as die bokke speel... Met Johan Rademan wat uitsaai op die draadloos...

Ek voel daar is versagtende omstandighede om dit dalk jag te noem

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: IS DIT JAG.

Post by tau »

Etiese jag - die optrede van 'n mens om sy gewete te sus oor hy 'n dier dood.

respek vir die dier en simpatie- 'n vinnige koeel deur die bok se kop vanaf 'n stewige rus.

Realiteit- jy stap vir 5 ure en bewe 'n skoot in die dier se borsholte in met jou ligte jag roer sonder kanldemper en hy hardloop 100 meter en sterf agv van bloed verlies.

Jy word geken as 'n etiese jagter. Al die bokke wens jy kom skiet hulle.

Jy ry met die aircon aan in 'n Land Cruiser en skiet oor 'n rus die bokkie in die brein. Hy is dadelik dood en jou geweer het 'n knaldemper op.

Al die diere op die plaas bly rustig.

Jy word geken as 'n swak jagter en wel skut.. Al die bokke haat jou. Die jagverening wil jou keelhaal.

My gunsteling- Jy gebruik 'n boog en sit in 'n blind en wag vir 'n bokkie by 'n watergat met so drommetjie lek of molasse om die bokkies te lok. NA 3 Mochachochas en 'n muffin stap 'n driedraai Kudu in en jy skiet hom plat met jou boog.

Kyk jy is die heel beste jagter en etiese eise word geclaim.


Nee wat hopenlik is on nageslag nie so vlak om ook soos ons in die slaggate te trap van stap jag is eties en bakkie jag oneties nie. In my lewe het ek nog nie iets so wankelrig so wydverspreid as "goed, beter, Reg" versprei word nie.

Wat verkies ek?

Oopvisier op voet harde jag in die bos, want as ek dan die bok suksesvol jag laat dit my goed voel. Party mense slaan 'n hole in one of ry hulle fietse oor berge. Van ons wil bokkies jag op voet om te bewys ons maak nog saak.

Ek vertel myself nie die poef dat dit beter vir die bokkies is nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2153
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: IS DIT JAG.

Post by Koos Barnard »

John
Mag ek hier by jou aansluit:
Bokke ken seer sekerlik nie die verskil tussen etiese jag of onetiese jag nie... hulle dink of redeneer nie daaroor nie. 'n Bok, bok maar net in die veld dis al. Dis nie beter of slegter vir die bok hoe hy/sy gejag word nie, net kwesskote is sleg of swak skote wat die bok lank laat ly. Ek dink die hele storie oor etiek het met trofeejag ontstaan. Soos genoem, "om te spog oor iets" en dan "om te spog oor iets wat jy nie verdien om oor te spog nie." Wanneer ons "normaalweg" jag (vleis gaan haal of net jag/skiet vir plesier) maak die metode nie saak nie. Maar wanneer jy wil spog oor jou prestasies moet jy darem daarvoor werk.

As jy byvoorbeeld spesifiek wil spog met jou trofee en dit inskryf vir jou jagtersvereniging se trofeetoekenning dan begin die sogenaamde etiek 'n rol speel of dan "die reg om te spog" met daardie trofee. Ek wil eintlik glad nie die woord etiek gebruik nie want soos jy tereg opgemerk het, verkrag ons die betekenis daarvan of plooi ons die betekenis soos dit ons pas. Ons gebruik "woordgimnastiek" om ons sienings en optrede te regverdig... ook oor Bybelse sake, politiek, ens. In my vorige plasing het ek die woord "plastiek" gebruik om sekere tipes jag te beskryf. 'n Beter beskrywing sou seker gewees het "afgewaterde jagervaring". Ek sukkel om 'n afgewaterde jag as jag te sien. Is so 'n jag verkeerd of oneties? Nee glad nie, dis net afgewater. Is dit slegter vir die bokke? NEE! Dis net afgewater en niks om oor groot te praat/te spog nie. Dis net nie jag nie. En ek het 'n broertjie dood aan jagters wat gedurig oor die horinglengte van die bok spog terwyl ek weet daardie ou het die bok op die mees afgewaterte manier ooit geskiet. Ek kan om die dood net nie diere by 'n watergat sit en inwag en skiet en dan opgewonde raak daaroor en foto's neem en met groot oortuiging sê: "What a hunt, what a hunt!" nie. Of op 'n bakkie agter 'n trop diere aankarring en dan spog oor die trofeeram wat ek geskiet het nie. Spog liewer oor jou skoot as jy 'n goeie een afgetrek het. Maar weereens, hoeveel vaardigheid was daar as jy uit 'n lekker skietstoel of oor 'n pasmaak-skietraam met russe voor en agter vir jou geweerkolf 'n dooierus-doodskoot geskiet het. Dis sekerlik goed vir die bok want hy/sy is "eties" gedood, maar dis eintlik al.

Daar is mense wat trofeediere najaag, die trofeë registreer en spog daaroor en ongelukkig gee sommiges nie om hoe hulle daardie bokke/horings in die hande kry nie. Die jagmetode tel nie, etiek tel nie, moraliteit tel nie. Net die inskrywing in die rekordboek en die man se aanspraak dat hy 'n goeie jagter is. Ek lig net een ware storie uit. 'n Aantal jare gelede skiet 'n man 'n bok hier in die Suid-Kaap. Hy tel toe egter 'n groter stel horings op in die veld van dieselfde spesie. Raai watter stel horings het hy gaan registreer by sy jagtersvereniging as afkomstig van daardie jag.

Ons wildbedryf en ekonomie het veroorsaak dat ons al meer en meer op afgewaterde maniere jag. Die wildboer wat afhanklik is slegs van wild wil hê die jagter moet skiet en skoert! Ekonomiese beginsels bepaal dat hy soveel jagters as moontlik deur die worsmeul moet sit. Daarom koop hy "jagbare" buffelbulle en blouwildebeeste, ens, ens... So baie manne spog oor hul buffels maar om die kampgeteelde diere te skiet, is net so goed soos om 'n bees in 'n beeskraal te skiet. Die woord "buffeljag", maak nie saak hoe dit geskied nie, hou vir ons 'n magiese bekoring in. Teelkampie-bokke is ongelukkig die realiteit, maar ons moet dankbaar wees vir die hoeveelheid wild wat ons tans het en dat daar wildboere is wat jag vir ons moontlik maak. Dis maar net dat ek sukkel om die afgewaterde jagte as jag te sien. Ek is bly dat ek die geleentheid gehad het om anders te jag en nog meer dankbaar dat ek toegang het tot plekke waar ek nog kan jag soos ek wil sonder om 'n ongeduldige boer te hê wat oor my skouer loer en nie kan wag dat ek klaar skiet en skoert nie. Vir my is 'n ander onding die bokke, buffels of mofskape, ens wat jy voor die tyd kan bestel met sekere gewaarborgde horinglengtes. Dit is vir my nie jag nie, dis nie eens skiet nie... dis net skone plastiek in die oortreffende trap.

Anyway, genoeg van my gesanik.
Mooi loop
Last edited by Koos Barnard on Wed Mar 05, 2025 4:04 pm, edited 1 time in total.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: IS DIT JAG.

Post by tau »

Ag terwyl ons nou opinies uitlug........

Trofee groote en horing lengte. Hoekom maak ons so groot ding daarvan?

Is dit die Kudu se skuld? Kyk ek stem 'n Kudu bul wat bo 50 duim raak moes darem skelm en slinks gelewe het. SO ek gee dit vir hom. Die res van die diere in die bos sluit hulle horings af.

Die beste dier om te skiet is een wat klaar geteel is, uitgeskop deur die trop of die koeie en ooie dink sy Old spice ruik nie meer lekker nie.

Nou gaan ons en skiet daai bul met die dik nek, los van die koei af. Meet die horings. Sit die foto op Facebook en die wêreld klap vir ons hande.

Ek sit dink mos Saterdag omderwater daaraan toe die grootste vissie vir die dag heel onskuldig in my vas swem en ek hom pyl. Op die boot het ek natuurlik berig dit was my vaardighede wat die Vissie se einde beteken het.

Hoe het jag, 'n eldele sport, so in 'n windgat meet besigheid verander.

Let op as jy 'n bok skiet wat die eerste vrae is van jou makkers:
1. Hoe groot was die horings?
2. hoe wyd was die skoot?
3. hoe naby was die skoot?
4. hoeveel het hy uitgeslag?

Die laaste vraag is.
Het jy jou jag en die dag geniet.
Het jy die ekologies korrekte dier gedood
Hoe het die bok se tande gelyk?

Ek gooi geen klippe nie my glaskasteel staan tussen die ander manne sin wat vergeet waaroor jag soms gaan.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: IS DIT JAG.

Post by Ratel »

>:D >:D Op 'n ligter noot. Dink net as ons almal dieselfde siening gehad het het ons almal op dieselfde plaas gejag almal met 'n 270.
Maak 'n verskil
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: IS DIT JAG.

Post by Zuku »

Sover kan ek die hele gesprek opsom in 2 kampe. Die wat hard werk om hul biltong te kry en die wat slim werk (baie gemaklik) om hul biltong te kry.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2153
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: IS DIT JAG.

Post by Koos Barnard »

Tau skryf: Hoe het jag, 'n eldele sport, so in 'n windgat meet besigheid verander.
Daarop sê ek Amen! Hoe het dit inderdaad gebeur? Seker maar as gevolg van ego's... die mens se behoefte om gesien en geprys te word.

ZUKU: Jy is reg. Maar sommige van ons werk darem nie altyd net hard nie... so af en toe werk ons slim ook. Maar slim is meestal vervelend vir my.

Om by Tau se visvang aan te sluit. Na vier jaar in Stilbaai waag ek dit vir die eerste keer op 'n boot in die water. My pêl met sy boot het moeite gedoen en ek waardeer dit maar...
Ons trawl vir bonitas. Jy sit stil op die boot, die Rapala word so 20m of bietjie verder agter die boot gesleep. Jy sit en doen niks, kyk net na blou water oral rondom jou. Daar is niks te sien behalwe blou water nie. Skielik ruk die stok in jou hande. Die vis is vas en jy katrol hom in. Jy moet net die katrol se slinger draai en die vis veilig aan boord kry. Ek glo nie ek sal ooit 'n visserman word nie, alhoewel ek weet daar is ander, meer opwindende soorte visvang. Soos Ratel sê. Elkeen van ons het 'n ander siening en dis goed so.
Mooi loop
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: IS DIT JAG.

Post by Giepie »

Ratel wrote: Wed Mar 05, 2025 4:01 pm >:D >:D Op 'n ligter noot. Dink net as ons almal dieselfde siening gehad het het ons almal op dieselfde plaas gejag almal met 'n 270.
270 is nog ok, maar 6,5CM .... >:D
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Post Reply