Spoor Bullet Company.

Handelaars wat advertensie regte gekoop het mag hier adverteer/Dealers that have paid for advertising rights may advertise here.
Post Reply
Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Maroelas »

Monster wrote: Mon Apr 07, 2025 7:38 pm
dennisinpe wrote: Sun Apr 06, 2025 4:29 pm Ek sal 100 neem as dit so rondom 160 gr is met aanname die skaglengte dan omtrent dieselfde as die standaard 174 greiners.

Sent from my SM-A725F using Tapatalk
Sit my naam ook by
Ek sal 200 .303 punte neem
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Arnold »

Petrie303 wrote: Mon Apr 21, 2025 8:25 am Dagse Rudi,

Ek het vir my n Baretta BRX 3006 angeskaf...licensie behoort een van die dae hier te wees...Ek wil solank vir my herlaai komponente begin anskaf...

Watse spoed behoort met te kry uit daai 20 duim loop met die 165gr en 180gr punte met s365?

Groete,
Petrie Jacobs
Rudi sal beter weet, maar ek skat so 2800 fps en 2700 fps met daai gewigte.
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1831
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

Petrie303 wrote:Dagse Rudi,

Ek het vir my n Baretta BRX 3006 angeskaf...licensie behoort een van die dae hier te wees...Ek wil solank vir my herlaai komponente begin anskaf...

Watse spoed behoort met te kry uit daai 20 duim loop met die 165gr en 180gr punte met s365?

Groete,
Petrie Jacobs
Dagse Petrie

Met n 20” loop hier by 2600-2700 skiet met die 180gr
S365 werk nie so lekker met die 165gr in daai kort loop nie, ek sal liewers n N540 of so gebruik maar dink nie jy gaan 2800 haal nie
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Capt. Yoda »

Soos Rudie se hier by 2600/2650 met n 180gr ma ek reken dit sal n bitter lekker bosveld lading met daai 20” loop wees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Cobus Wessels »

Goeie dag skuts
Ek weet die onderwerp is al aangeraak maar ek weet klaarblyklik nie hoe om die soek funksie te gebruik nie...

Ek gaan nou uiteindelik die kans kry om 'n Buffelkoei te skiet.

My plan is om Spoor koeëls uitsluitlik te gebruik met die lading wat ek by BASA gebruik.

416 Rem met 400gr Spoor koeël teen 2355fps.

Kan die manne wat al Buffels geskiet het met bg. dalk net weer 'n paar foto's plaas?

Skielik wonder mens mos oor alles!! Simpel maar waar.

Dankie
Cobus

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Spoor Bullet Company.

Post by DWB »

Cobus jy sal nie terug kyk nie!

5 buffel koeie later oorweeg ek geen ander koeel nie!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Frederik »

Cobus,

Ek gebruik die SBC koeels nou al vir geruime tyd.
Kaibers 6.5x55, 7x57, 375 H&H en 458 Lott.

Met die groter diere en 375 H&H leeu, wildebeeste, koedoes alles perfek gewerk koeels mooi oopgemaak baie interne skade en bloed gewig retensie van die paar wat ek terug gekry het baie goed bo 85%. Dit alles met min vleis skade
Met die 458 Lott 2 buffels, kameelperd en wildebees selfde alles net een skoot en herwinde koeels is mooi oop baie skade gemaak en bloed le op die grond. Die een buffel was nogal iets om te aanskou na die skoot so ent gerhardloop 40 meter en die ander buffels om die ene gaan staan maar toe sien ons net bloed uit die neus en bek stroom vir die valle daarna gaan le en dit was verby.

Jy gaan nie spyt wees nie solank jy buffel skiet soos 'n buffel dit is nie 'n wildebees nie. ;D

Image
Image

500gr .458 teen 2200fps afstand was so 30 meter. Retensie was baie hoog wat ek kan onthou penetrasie ingangs wond agter been tot voor oorkantse skouer dubbel long en boonste deel van hart gevang.
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Cobus Wessels »

Báie dankie aan almal se antwoorde (asook Rudi se direkte terugvoer).
Dit is nou nie iets wat ons elke dag doen nie. Ek het nou weer vlinders soos 30j gelede.
SBC sal dit dan wees !!!

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk

User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1831
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

Cobus Wessels wrote:Báie dankie aan almal se antwoorde (asook Rudi se direkte terugvoer).
Dit is nou nie iets wat ons elke dag doen nie. Ek het nou weer vlinders soos 30j gelede.
SBC sal dit dan wees !!!

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Dis n plesier Cobus.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1831
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Spoor Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

SBC .308 180gr

Image
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
MyLani
Full Member
Full Member
Posts: 125
Joined: Sun Jun 25, 2017 10:51 am

Re: Spoor Bullet Company.

Post by MyLani »

Hi Cobus
I use 150gr SBC in my 308, 180gr SBC in my 300WM, 300gr SBC in my 375 and 500gr SBC in my 458lott. I have 2 PH friends using 450gr SBC in their 458WM.
I cannot count how many Buffalo has fallen to the 375 and 458's using the SBCs, or Eland, Giraffe and Plains Game with the 308, 300 and 375, but all I can say is they work.
They are very consistent and very accurate. They will drill through any bone, retain weight and penetrate. The more that you shoot them, the more you move your other calibers over to them
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Cobus Wessels »

MyLani wrote:Hi Cobus
I use 150gr SBC in my 308, 180gr SBC in my 300WM, 300gr SBC in my 375 and 500gr SBC in my 458lott. I have 2 PH friends using 450gr SBC in their 458WM.
I cannot count how many Buffalo has fallen to the 375 and 458's using the SBCs, or Eland, Giraffe and Plains Game with the 308, 300 and 375, but all I can say is they work.
They are very consistent and very accurate. They will drill through any bone, retain weight and penetrate. The more that you shoot them, the more you move your other calibers over to them
I was hoping you would comment. I know you have a lot of experience.
Thank you

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk

User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1831
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

Het die naweek die voorreg gehad om nuwe nuwe jagters (9 jaar oud) te vat vir hulle eerste bokke.

Altwee seuns het ek op die skiet baan gehad en met hulle geoefen tot hulle konstant n 6” gong op 100m kon raak skiet met my 6x45 van stokke af. En is trots om te se hulle het altwee hulle rooi bokke met een skoot plat getrek met perfekte hart skote.

Kan ongelukkig nie hulle fotos plaas nie.

Maar toe kon ek en my seun ook so bietjie tyd in die bos spandeer en elkeen oor n rooibok met die 6x45 skiet.

Ek skiet my SBC .243 85gr koeeltjie teen 2650 vps en die is n doodelik kombinasie.
Nie een van die Rooibokke het dit verby 20m gemaak nie.

Dit was ook vir my n baie emotional jag gewees want sal seker die enigeste keer wees wat my seun (my wingman) saam met my sou kan jag aangesien hy in Matriek is die jaar en binnenkort is dit record en dan eind eksamen.

Die twee jong seuns en Heinrich (my seun) se skote was blad skote en al die koeels is dwars deur en ek wou graag sien hoe lyk die koeeltjies uit wild uit.

My my rooi bok het ek die geleentheid gehad om lekker te bekruip en op n miers hoop te gaan le en n trop ramme te bekyk en n frontale skoot te kan skiet om n koeel te kan herwin.
Daar het toe n mooi groot ram in gestap en so paar knyp koppe verwilder, jy stop en kyk toe in my rigting.

Die skoot klap toe op die linker skouer knop en na 5m se hardloop val jy neer.

Die skoot het die linker skouer gebreek bo kant van die hard af geskiet, deur die ribbels aan die oor kant en n knop onder die vel gestaan.

Die koeeltjie het 83.6gr behou.

Image

Image
Image
Image
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Cobus Wessels »

Dit is nou 'n mooi storie. Volgende generasie!!

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Spoor Bullet Company.

Post by DWB »

Lekker Rudi!

Jou koele het laas naweek ook gesorg vir 1 Rooibok en 2 Vlakvarke!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Louisdewet
Full Member
Full Member
Posts: 180
Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Louisdewet »

Lekker man!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Capt. Yoda »

Lekker Rudi, baie geluk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Apie »

Mooi Storie!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Frederik »

Ek en my seun het die digte Mopanies gaan aanpak naby Waterpoort net voor Paas Naweek ek met die 7x57 gelaai met 160 Spoor Koele en my seun met die 375 en 300gr Spoor Koele.

My seun was agter sy eerste sebra of koedoe koei aan maar bos was net te dig die gras te lank en ons as jagter net te veel geraas gemaak.
Nog nooit daardie deel van die weeld so groen gesien nie en gras was dig jy moes deur sleep nie net loop nie.
Maar dit is nou deel van vroee seisoen jag.

Ek het ook my eerste BWB gekwes naby koot maar vir kop gegaan vermoed koeel het dalk takkie gevang en die BWD het gestruikel nie geval nie en die kans van opvolg skoot was net te smal. Toe ek sien die BWB struikel en val nie toe weet het hier is dit nou. Baie min bloed en twee dae later opgegee.

Maar nou ja, nou is my naam ook deel van die BWB kwes bende.

In elk geval terug na die koele my seun jong rooibok ram op laaste dag geskiet dalk bietjie hoog maar bok het nerens gegaan met die 300gr koeel en koeel is natuurlik dwarsdeur met min vleis skade op 60 meter.
My laaste middag het ek ook gelukkie gehad en die dik rooibok ram het in die pad ingestap oppad terug kamp toe gestap.
Die vierbeen stokke mooi gewerk skoot was so 140 meter en hy was amper dwars maar sy voorlyf na ons gedraai.
Skoot het geloop en ek het deur die scope gesien hoe spuit die bloed uit die inganswond hy het 15 meter gemaak.

Terug sleep na die pad toe sien ek waar hy gestaan het en merk toe die bloed wat op die impak uitgekom het en ook tot sover soos die klein Mopanie net van die pad af. Boonste deel van hart was weg asook onderste deel van long vleis skade was minimaal geen groot been gevang nie.

Image
Aaron se rooibok laaste middag sessie.

Image
Gids foto geneem Ram was baie swaar en lekker lyf gehad 40kg uitgeslag. Kort dik horings van 18"

Image
Ingangswond

Image
Uitganswond

Image
Bloed wat gespuit het van Impak skoot vanaf inganswond.

Image
Bloed op Mopane blare.

Die spoor wat die ram gelos het met bloed oor die lang gras sou 'n Bloedhond nagmerries gegee het. ;D
Ek het ongelukkig nie fotos daarvan nie.

Was baie interesant gewees om te sien hoe so baie bloed uit die inganswond gekom het.
Ek het dit jare terug met 'n vlakvark gesien wat kopskoot geskiet is en die bloed ook ver gespuit het uit die voorkop uit by die inganswond.
DaavG
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Mon Aug 21, 2017 4:35 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by DaavG »

Thanks for the story and congratulations on the animals Frederik! Sorry to hear about the BWB, never lekker to have that happen.

What f.p.s. do you get with the 160gr in the 7x57 and which powder as a matter of interest?
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Frederik »

Norma 204, 2600fps
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by saswart »

Mooi stories Fred en Rudi!!
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1831
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

Wanneer die Spoor gogga byt.

Image
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Jaco vdW »

Dis 'n lekker bestelling! Ek sou net die .284 ruil vir 160gr. Die 7x64 hou van swaarder koeëls
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1831
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

Nuwe Keppies en As Sakkies beskikbaar.

Die sakkie sit jy koue as van die vorige nag se vuur in. En in die veld skut jy die sakkie en die sakkie gee so fyn as wolkie af om vir jou te wys wat die wind maak.


Keppies R250
As Sakkie R 120

Image
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Post Reply