458 Wm - gaan ek myself opblaas?

Post Reply
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

458 Wm - gaan ek myself opblaas?

Post by toxicsox »

Ek weet ek vra baie vra oor die 458 WM laai data maar ek het net papierboekke en nie slim programme wat my vertel hoe gevaarlik ek laai nie :-)

Ek wil die naweek vir my seun 'n lading laai terwyl hy wag vir sy lisensie om bietjie te oefen op 10m en 20m met sy 458wm by die handelaar.

Dit is wat ek beplan met wat ek het:

Punt: PMP 458 WIN 475GR SOLID
Lading: 70 Gr Norma 201
COL: 83.5 mm
Primer: CCI 250 Magnum

Hierdie is net vir oefening vir DG - en sodat hy vir die heel eerste keer met sy eie wapen kan skiet. Ek probeer die lading so veilig as moontlik hou en sal later met mense wat beter weet sit en presiese lading uitwerk vir hom met Impala 420gr RNFP vir DG oefening.
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 990
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: 458 Wm - gaan ek myself opblaas?

Post by Toyrsi »

Die behoort n baie goeie idee te gee.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 458 Wm - gaan ek myself opblaas?

Post by Geno »

Jy gaan waarskynlik nie 70gr Norma 201 in daardie dop kry nie. Dit wys 115% dopvulling.
Sak na 63gr, dan sal hy werk, maar ontbranding gaan nie kompleet wees nie.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: 458 Wm - gaan ek myself opblaas?

Post by Riaan Kriel »

Daar is 'n hele paar faktore soos looplente en werklike brandspoed van die dryfmidel wat ook 'n rol speel... Ek het vinnig die gegewens soos bo verskaf op default waardes op GRT ingesit en hy wys so 'n 80044psi druk wat aansienlik hoër is as die 62366psi wat aanbevole max druk is. Dit wys ook 'n ongeveer 115.3% dopvulling....( Dit is met 'n 23.6220" loop as default)

Dus kort antwoord volgens my... JA DIT IS 'n GEVAARLIKE LADING maar jy gaan gelukkig nie soveel kruit in die dop kry nie ;D

Rondom 62.0gr behoort meer veilig te wees met 52161psi en ongeveer 102% dopvulling en spoed so rondom 2061fps.. Let wel ek het nie probeer om OBT te doen om nader aan node te bereken nie omrede ek nie die werklik looplengte het nie.. Edit: Soos vermeld gaan jy so 'n 89% verbranding hê

Ander meer geleerde manne as ek kan dalk verskil en jou beter raad gee as ek.

Maar net 'n vraag/opmerking.... Gaan jy die ammo herlaai by die handelaar se perseel waar dit ook geskiet gaan word?
Ek vra dit omrede dit heeltemal wettig is om die los komponente in jou besit te hê, maar wanneer jy hulle saamvoeg en dit lewendige ammo is, gaan jy buite die wet wees as jy dit in jou besit het of vervoer sonder 'n lisensie (Jy vermeld dat jou seun wag vir sy lisensie.. die bekommernis is natuurlik nie van toepassing indien jy self 'n lisensie vir die betrokke kaliber het nie)
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: 458 Wm - gaan ek myself opblaas?

Post by toxicsox »

Dankie manne, ja ek is maar stupid met die goed. In terms van die Woodleigh 480Gn soos hierbo se prentjie, is ek reg as ek sê dit wys ‘n max lading van 71Gn vir Norma 201? Hoe kry hulle dit in die 458WM dop?
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2138
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 458 Wm - gaan ek myself opblaas?

Post by Ds J »

Nota: streng gesproke mag jy nie vir iemand anders laai nie.

Jy mag iemand help om te laai ens, maar net ammunisie vir iemand vervaardig wanneer jy die papierwerk het.
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: 458 Wm - gaan ek myself opblaas?

Post by toxicsox »

Baie dankie. Ek is seker ons is almal bewus hiervan. Waardeer die terugvoer.
nickboshoff
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Fri Apr 18, 2025 1:09 pm

Re: 458 Wm - gaan ek myself opblaas?

Post by nickboshoff »

Net so terloops: ek het 120 x 510gr SP Winchester ammo wat ek van ontslae wil raak teen 'n prys wat dalk goedkoper as herlaai kan wees?
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: 458 Wm - gaan ek myself opblaas?

Post by toxicsox »

Dankie Nick - Ek het vitr jou DM gestuur.
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: 458 Wm - gaan ek myself opblaas?

Post by toxicsox »

Sien hierdie goed maak my kop deurmekaar. Kom ons kyk na die Norma Manual hulle wys byvoorbeeld

Die 480 gr gebruik tussen 67gr - 71gr
Die 500gr gebruik tussen 70gr - 73 gr

Dus in my kop is die 485 gr binne die 68–72 gr area.


Hierbo word genoem dat 70gr nie in 'n 458 WM dop sal pas nie - wat mis ek wat ek moet leer. Ons almal het seker dom vrae gevra toe ons begon het en nou is dit my beurt. Ek waardeer al die terugvoer baie!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 458 Wm - gaan ek myself opblaas?

Post by Geno »

toxicsox wrote: Tue Jun 17, 2025 11:41 am
Hierbo word genoem dat 70gr nie in 'n 458 WM dop sal pas nie - wat mis ek wat ek moet leer.
Die 475gr PMP Solid is 'n geelkoper monoliet wat baie langer is as loodkern koeels, so hy vat baie meer dopspasie op.
Goed, beter, 6millimeter!
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: 458 Wm - gaan ek myself opblaas?

Post by toxicsox »

Dankie Geno!
nickboshoff
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Fri Apr 18, 2025 1:09 pm

Re: 458 Wm - gaan ek myself opblaas?

Post by nickboshoff »

toxicsox wrote: Tue Jun 17, 2025 9:14 am Dankie Nick - Ek het vitr jou DM gestuur.
Skuus maar ek ken nog nie van PM en DM ens nie. Email my op nickboshoff01@gmail.com asb.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 458 Wm - gaan ek myself opblaas?

Post by tripodmvr »

Regs bo op die skerm is daar Private Messages. Dit sal 'n rooi merk op hêas daar ' boodskap vir jou is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply