Middag, manne die volgende artikel was vanoggend geblaas in Maroela Media, julle opinie?
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus ... diere-nie/
Suid-Afrikaanse jag bedryf artikel
-
Klein Karoo
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Suid-Afrikaanse jag bedryf artikel
Die laaste sin sê eintlik alles. Vir ons wat vleis-jagters is, is jag deesdae 'n duur storie. Maar ook dat die wildboere hulle diere reg moet bestuur. Interessant is dat die opjaag van pryse in die verlede ook genoem word, maar nie by die naam, gekleurde variante, genoem word nie.
Waaroor ek bekommerd raak, is dat boere op hoë inkomste diere soos swartwitpense, koedoebulle, en bastergemsbokke kan begin konsentreer en die "vleis" spesies soos blouwildebeeste, rooibokke en springbokke gaan "uitfasseer", of ook net trofee diere sal hou.
Vir my, al sal ek graag meer gereeld wil gaan jag of in die veld kom, is 'n bwb, waterbok, of 2 rooibokke of blesbokke per jaar genoeg. Ek soek ook nie luukse verblyf en kos nie.

'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.