Middag almal, ek vertrou hierdie pos is op die regte plek? My 1e sedert my aansluiting.
Ek het einde laasjaar ongesiens die Tikka T3x CTR 6.5 CM gekoop - lang storie maar basies 'n "kontak" wat nie wou voortgaan met sy koop nie - die wapenhandelaar is in Kroonstad. So ek het nooit die geweer gesien nie en lyk my voorraad is nou 'n probleem (om net na te kyk in 'n winkel). Ek's in Durban.
Ek sien die geweer kom met 'n 10 rondte magasyn - ek doen meestal "walk & stalk" jag en dit lyk my net daai lang magasyn gaan jou erens in jou rug druk. Ek was onbewus of mens korter magasyne kry, tot ek die pos raakgelees het: viewtopic.php?t=94230 Is die 5 skoot magasyn "flush"/gelyk met die onderkant van die geweer? Is hulle geredelik beskikbaar (as ek kyk hoe vinnig die 2 in die advertensie verkoop het wonder ek). Indien nie gelyk, kry mens korter magasyne wat is?
Tikka T3x CTR 6.5 Creedmoor - korter magasyn?
-
walkabout
- Newbie

- Posts: 18
- Joined: Tue Nov 18, 2025 4:17 pm
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Tikka T3x CTR 6.5 Creedmoor - korter magasyn?
Die Tikka CTR vat 'n spesiale magesyn en gebruik nie die gewone Tikka T3x magesyn nie.
Hierdie is 10 rondte magesyne en alhoewel mens 'n 5rondte weergawe kry klink dit of dit dieselfde magesyn is met 'n ingeboude beperking.
Hierdie is 10 rondte magesyne en alhoewel mens 'n 5rondte weergawe kry klink dit of dit dieselfde magesyn is met 'n ingeboude beperking.
-
walkabout
- Newbie

- Posts: 18
- Joined: Tue Nov 18, 2025 4:17 pm
Re: Tikka T3x CTR 6.5 Creedmoor - korter magasyn?
Dankie Arnold, so as ek jou reg verstaan, die 5 rondte magasyn is dieselfde grootte (afmetings) as die 10 rondte? Of hoe?
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Tikka T3x CTR 6.5 Creedmoor - korter magasyn?
Ek verstaan dit so vir die CTR met sy spesiale magesyn. Ek wag self vir die lisensie van een so het sommer bietjie gesoek.walkabout wrote: Tue May 12, 2026 7:46 am Dankie Arnold, so as ek jou reg verstaan, die 5 rondte magasyn is dieselfde grootte (afmetings) as die 10 rondte? Of hoe?
Die naaste wat ek kon kry is hierdie: https://mag3d.ca/product/tikka-ctr-shor ... magazines/
Die ander opsie is om die geweer in 'n gewone T3x kolf te sit, sy bottom metal en magesyn veertjie te gebruik saam met gewone tikka magesyne.
-
walkabout
- Newbie

- Posts: 18
- Joined: Tue Nov 18, 2025 4:17 pm
Re: Tikka T3x CTR 6.5 Creedmoor - korter magasyn?
Dankie vir die informasie Arnold; ja ek sien van jou link selfs die korter magasyne steek steeds uit. Dis nie ideaal nie maar dit is wat dit is dan.
-
walkabout
- Newbie

- Posts: 18
- Joined: Tue Nov 18, 2025 4:17 pm
Re: Tikka T3x CTR 6.5 Creedmoor - korter magasyn?
Middag Arnold (almal), ek het die wapenhandelaar in Kroonstad gekontak en hy het bevestig wat jy gese^ het (nie dat ek in jou woord getwyfel het nie, net gehoop daar is iets korter beskikbaar!).
So basies, die 5 skoot magasyn, wat nou beskikbaar is, is dieselfde afmetings as die 10 skoot magasyn. Hy het wel gese^ "die invoerders" werk daaraan om 'n kleiner magasyn te "source", so hoop maar vir die beste. Ek sal hier rapporteer as hulle iets kry.