Skiet op my eiendom

Post Reply
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1343
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Skiet op my eiendom

Post by Toxxyc »

More more,

Ek plaas hierdie met die hoop om bietjie raad in te win van 'n "wettige" kant af. Dis soortvan voorsorg.

Ek bly tans op 'n kleinhoewe so 10km buite Warmbad (die dorp). My grond is so 5Ha groot en is volgens die munisipaliteit en titelakte is hy geregistreer as 'n "plaas". Hy val ook nog onder die wette van plase, en nie van 'n "erf" soos in 'n dorp nie. Hier loop ook wild soos vlakvarke, bosbokke en duikers vrylik op die grond.

As gevolg hiervan het ek natuurlik vir my 'n backstop gekry ('n ou sementdam) en 'n hoop sand voor die betonmuur gegooi. Ek het nou al so 4 of 5 keer hier geskiet op die plaas, met alles wat ek het (haelgeweer, jaggeweer, pistool en rewolwer). Ek skiet nie baie nie, gewoonlik so 3 of 4 ladings/groepe, en met die handwapens skaars meer as so 20 rondtes op 'n slag. Ek het ook so paar weke terug 'n lekker groot vlakvark hier geskiet, omdat hier heeltemal te veel is en hulle vernietig bietjie die plantegroei.

Ek moet noem dat rondom my baie sulke 5Ha plekke is, en almal hier skiet. Gewoonlik sit hulle net 'n boodskap op die omgewingsgroep wat sê "ons gaan 'n paar skote skiet" en dan skiet hulle. Ek het dus maar dieselfde gedoen, nadat ek rondgevra het en bevestiging van die mense rondom my gekry het dat dit reg is so.

Een ding om te noem is dat ek langs 'n "lifestyle estate" bly. Hier is rondom 300 huise in die estate, en ek deel twee grensdrade met hulle. Die huise is nie reg langs waar ek skiet nie, maar dis ook nie baie ver nie (so rondom 100m tot die nuwe ontwikkeling wat hulle tans bou). Die huise is nie sigbaar van waar ek skiet nie (digte bome en bosse) en ek skiet nie gevaarlik of in so 'n mate dat ek enigiemand in gevaar stel nie.

Gister het ons bietjie weer handwapen geskiet, en ek kry toe vanoggend 'n boodskap van die sekuriteitsman langsaan wat sê ek bly langs 'n residensiële area, so ek mag volgens die FCA nie op my grond skiet nie. Ek het vir hom 'n boodskap teruggestuur wat met respek en sonder om bakleiery te soek verduidelik dat ek van hom verskil. Die FCA noem ek mag nie IN 'n "built-up area" skiet nie, en ek doen nie. Ek is op 'n plaas volgens my titelakte. Die FCA noem ook ek mag nie roekeloos of gevaarlik skiet nie. Dit doen ek ook nie.

Die man het my nog nie geantwoord nie (maar hy het my boodskap gelees), so ek wil net seker maak - ek is reg en ek mag hier skiet?
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Skiet op my eiendom

Post by Lategan1 »

Ons jag Springbok in kampe langs ‘n openbare geteerde hoofpad, met baie verkeer, wettig. Daar is opgeteken wat die afstand moet wees, ek weet nie. Ons sal so ongeveer 75m (selfs nader) buite sig sit vir voorsitjag en binne toe (groot kamp met koppies) skiet. Indien bokke agter ons staan, jaag ons hulle aan.

Verneem ook graag die feitlike antwoord.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 299
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Skiet op my eiendom

Post by Zuku »

Sodra daar "civvies = non gun people" naby jou skietbaan kom of begin bly in die omtrek begin jou NO 2. Hulle is "entitled" op hul veiligheid en jy is die een wat hulle lewens in gevaar stel . :-[

Die grootste probleem is jou veilgheids natrekke en klanl geraas.

PM my jou email en ek stuur docs rondome skietbaan regulasie. Weet nie hoe om n PDF hie op te laai.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1343
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Skiet op my eiendom

Post by Toxxyc »

Dis nie 'n skietbaan nie, dis 'n plaas. Ek skiet waar ek kan en waar ek wil, maar maak seker van waar die pitte loop, natuurlik. Dit is in die bosveld, so die mense is nie juis anti-gun nie, ek dink dalk net die geraas pla hulle, of hulle het geskrik toe ek bietjie vinnig met die pistool geskiet het.

As hulle wil kla oor klankgeraas kan ek lelik bohaai opskop, want hulle bou op die grenslyn en ek hoor heeldag sae, skaafmasjiene en hamerslae wat val, so ek kan ook sê hulle raas, maar ek is nie kleinlik nie.

Nog nie.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Skiet op my eiendom

Post by Ds J »

Die DFO sal waarskynlik van groot hulp kan wees want hy/sy is die persoon wat n klomp van die papierwerk, klagtes ens hanteer rondom skietsake.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1343
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Skiet op my eiendom

Post by Toxxyc »

Ek sal hoor as ek daar kom. Moet juis iewers in die volgende week of wat daar draai om 'n paar aansoeke in te dien.
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Skiet op my eiendom

Post by saswart »

Versigtig wees omdat jou grond geregistreer is as "plaas". Dit is net geregistreerde eiendomsbeskrywing. Raad is hierbo, DFO en jou munisipale bylaws. Daar is baie grond hier in die stede wat steeds "geregistreerd" is as plaas, en jy sal nie kan skiet nie (vbe is die hele Waterfall in Woodmead, Plotte langs die R21 ens). Die feit dat jou eiendom 5ha is mag dit dalk gesien word as kleinhoewe/plot en omdat nou langs 'n ontwikkeling, kan dit dalk met interpretasie (reg of verkeerd) gesien word jy is in 'n geboude area...
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1343
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Skiet op my eiendom

Post by Toxxyc »

Ek het mooi met die man gepraat. Lyk my die mense het geskrik. Hy het genoem die langgewere met knaldempers pla nie, maar hy sal graag my wil kom sien en oor die handwapens gesels. So hy gaan kom koffie drink en dan kan ons tot 'n vergelyk kom.
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 988
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Skiet op my eiendom

Post by Toyrsi »

Partykeer is net n goeie gesprek tussen manne al wat kort.
Glo alles sal mooi afloop.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Skiet op my eiendom

Post by OosKaapJagter »

Dikwels het so 'n "lifestyle estate" self wild en hulle moet van tyd tot tyd die wild uitdun. Gewoonlik het so 'n instansie ook interne kommunikasie soos WhatsApp groepe, ens.

Die goeie ding is dat daar kommunikasie tussen jou en die betrokkenes is. Jy kan dus vir hulle oortuig dat jy nie die tipe is wat enigsins roekeloos skiet en hulle in gevaar sal stel nie. Jy kan selfs vir hulle vertel van jou skietwal. Dit sal dalk 'n goeie idee wees om hulle dan in kennis te stel wanneer jy beoog om te skiet sodat hulle nie onnodig die skrik op die lyf gejaag word nie.

Ongelukkig is mense deesdae uiters versigtig vir misdaad en 'n skielike onverwagse skietery kan almal op hol jaag. Die laaste ding wat jy soek is dat iemand wat oningelig is die polisie skakel. Selfs al is die optrede wettig wil 'n mens nie ongevraagde aandag trek nie.

Die laaste ding wat enigeen wil sien is onnodige onmin met bure en oor en weer litigasie. Oortuig hulle eerder dat skote so nou en dan eerder misdadigers sal afskrik.
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 299
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Skiet op my eiendom

Post by Zuku »

Toxxyc wrote: Wed Jul 01, 2026 11:12 am Dis nie 'n skietbaan nie, dis 'n plaas.
Ek verstaan. DIt beteken jy plaas (plot) is so 2.2 x 2.2 km groot? N handwapen se veligheids natrek is so 500 m en n geweer 1 500 m (USA 4 000m) vanaf die skietpunt Dit is die eerste kwessie waarna gekyk sal word. Die feit dat hulle lang jou perseel residensieel bou gaan beslis probleme veroorsaak. Die eerste opslag koeël wat n ruit uitskiet is die gort gaar. Daar is nie n goue oplossing nie.

Twee opsies, Bou van ou buitewande n skiet tonnel (2 mure so 3 of 4 m lank) wat jou skote forseer in n sekere rigting, Bou n hoë ringmuur om jou skietpunt wat die klank kan absorbeer. Bou jou backstop met n "overhang" en sykante om opslag koeëls te vang. Amper soos die ou skietbane by die skole.

Kry n boog en jag vlakvarke met boog. Dan kom kuier ek en my boog ook vir jou. :laugh:
Martiens Bekker
Full Member
Full Member
Posts: 198
Joined: Wed Aug 10, 2022 4:37 pm

Re: Skiet op my eiendom

Post by Martiens Bekker »

Zuku wrote: Wed Jul 01, 2026 10:13 pm
Toxxyc wrote: Wed Jul 01, 2026 11:12 am Dis nie 'n skietbaan nie, dis 'n plaas.
Ek verstaan. DIt beteken jy plaas (plot) is so 2.2 x 2.2 km groot? N handwapen se veligheids natrek is so 500 m en n geweer 1 500 m (USA 4 000m) vanaf die skietpunt Dit is die eerste kwessie waarna gekyk sal word. Die feit dat hulle lang jou perseel residensieel bou gaan beslis probleme veroorsaak. Die eerste opslag koeël wat n ruit uitskiet is die gort gaar. Daar is nie n goue oplossing nie.

Twee opsies, Bou van ou buitewande n skiet tonnel (2 mure so 3 of 4 m lank) wat jou skote forseer in n sekere rigting, Bou n hoë ringmuur om jou skietpunt wat die klank kan absorbeer. Bou jou backstop met n "overhang" en sykante om opslag koeëls te vang. Amper soos die ou skietbane by die skole.

Kry n boog en jag vlakvarke met boog. Dan kom kuier ek en my boog ook vir jou. :laugh:
2.2 x 2.2km is ongeveer 484ha. Jou berekene is uit met een 0. 'n 5ha eiendom is ongeveer 220 x 220m
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1343
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Skiet op my eiendom

Post by Toxxyc »

Ek dink ek sal daar in die afgeleë hoek maar bande pak. Dis die slimste opsie. Of net eenvoudig ophou met die handwapens hier skiet.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13506
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Skiet op my eiendom

Post by Capt. Yoda »

Kry n stuk Reinforced Cement Concrete pyp om by die skiet bank/punt te sit om deur te skiet. Dit sal die klank baie demp of los die handwapens skiet. Ongelukkig gaan daai nuwe bure net n pyn in jou gat wees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 299
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Skiet op my eiendom

Post by Zuku »

Martiens Bekker wrote: Wed Jul 01, 2026 11:38 pm

2.2 x 2.2km is ongeveer 484ha. Jou berekene is uit met een 0. 'n 5ha eiendom is ongeveer 220 x 220m
Facepalm. Jy is reg. 1 hektar is 10 000 Sq meter. iewers het 1 tot 1 000 vasgehak, seker my baie min Ebucks conversions. :laugh:
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 840
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Skiet op my eiendom

Post by Dawie Malan »

Die feit dat jou eiendom as landbou gekategoriseer en/of gesoneer is, beteken niks in die geval nie. Die wet sê jy mag nie in 'n beboude gebied skiet nie en dit is 'n baie grys gebied want dit sluit plotte binne en buite munispale gebiede in en selfs so groot soos 5 hektaar. Die feit dat jou eiendom aan 'n landgoed grens maak die probleem nog groter want jou klaers is 'n eienaarsvereniging. Nie alleen het so vereniging 'n klomp lede wat hulle kan mobiliseer nie, hulle het gewoonlik geld om aksie te neem. Ek sou eerder na 'n registreerde skietbaan gaan of reel met 'n plaaseiendom daar naby.
Post Reply