En toe draai die wind...
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
En toe draai die wind...
En toe draai die wind…
Soos baie ander jagters het ek lank gelede al die idee gekry om ‘n buffel te jag. Miskien was dit die ou jag boeke gewees, of die stories wat vertel is deur jagters wat al daar was.
Ek het in 2007 my .375H&H gekoop, ‘n Mauser M03 op ‘n linkerhandse aksie. Dit was my tweede jaggeweer, en heel moontlik die eerste .375 wat ek op ‘n linkerhandse aksie gesien het.
In 2010 het ek vir 4 dae naby Hoedspruit gaan jag, en nie ‘n kans gekry op ‘n buffel nie. Toe gebeur die normale dinge van die lewe soos trou en huis koop, en die planne is ver uitgeskuif. In 2022 is ek Pongola toe om weer te prober. Weer 4 jagdae, en ‘n absolute ongelooflike ervaring, maar geen kans op ‘n skoot nie.
In die tweede helfte van 2025 begin ek toe met Rudi Fisher gesels oor die kans om ‘n buffel te jag. Ons sit planne bymekaar, en bespreek die tyd tussen die lang naweke in April en Mei 2026. So maand voor die beplande jag kry ons ‘n verrassing met ‘n ander groep wat in die lodge bespreek is, en die jag moet uitskuif na Julie. Dit was definitief ‘n seëning, want ek kry toe sommer kans om saam met my swear by Steynsburg te gaan jag, en op daardie stadium is die bosveld nog warm, ruig en die pesterlensies soos bosluise en slange krioel.
Soos Julie nader sluip, word die ladings fyner verstel, en die lang ry Limpopo toe uit die Wes-Kaap word beplan, en voor ons weet is ons oppad. Ons vertrek Saterdag 27 Junie uit Somerset-Wes. Die dag ry ons tot by Jonkershoek gasteplaas net buite Kimberley. Wat ‘n ongelooglike plek! Ons het so lekker daar gebly dat ek rede sal soek om weer daar tuis te gaan. Sondagoggend vertrek ons en kom namiddag uiteindelik op die plaas aan wat geleë is op die pad tussen Northam en Koedoeskop.
Met ons aankoms op die plaas word word ons verwagtinge weereens vêr oortref. Die lodge is ruim en mooi, en bied baie gerieflike verblyf, volledige kombuis en in ‘n pragtige omgewing.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Jaco vdW on Thu Jul 09, 2026 10:30 am, edited 1 time in total.
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: En toe draai die wind...
Dis reeds laat middag en ons pak uit en geniet ‘n rustige aand om die vuur.
Maandagoggend skiet ons ‘n paar skote om te bevestig dat die gewere reg is. Die .375 sit twee 300gr Spoor koeëls deur dieselfde gat in die kol op 50m, en ons is reg om te begin jag. Die grondeienaar het vir ons ‘n vergunning gemaak dat my vrou ‘n rooibok mag skiet, hoewel hulle nie tans ander wild as buffels jag nie. Dit is agv stropery, wat darem nou hok geslaan is.
Ons haak ‘n boom agter die bakkie, en begin die plaas se paaie vee om al die ou spore dood te maak. Dit gee ons ook gulde geleentheid om die plaas se uitleg en paaie te leer ken. ‘n Lekker rustige Maandag kom tot ‘n einde en word afgesluit met braaivleis en lekker gesels om die vuur.
Dinsdag is 30-06 dag (30 Junie) en ek reken dis ‘n goeie dag om ‘n buffel te skiet. Ons soek, en ry en stap. Die bos is ruig, maar ons spoor hulle op en sien hoe hulle so 200m van ons af die pad kruis. Nou weet ons in watter blok ‘n groep van so 15 buffels wei. Ons beweeg om met die plan om hulle voor te sit aan die ander kant van die blok. Die plan werk goed, maar buffels stap vining, en die groep vang ons amper. Ons gaan sit en maak gereed, maar is in die son en heeltemal te sigbaar. Die eerste koei steek ‘n paar meter voor die pad was, en soos die ligte windjie draai, vlieg sy om en die hele groep verdwyn met ‘n gedreun van hoewe.
So gaan die oggend aan, en ons sien die buffels op vier geleenthede, maar die naaste aan ‘n kans was daar waar hulle ons in die oopte gevang het. Na middagete fokus ons bietjie meer op vlakvarke en rooibokke, maar hou steeds oë oop vir die buffels. Na ‘n heerlike dag se jag is ons terug kamp toe vir ete en vroeg inkruip.
Woensdag 1 Julie breek aan, en ons begin so 30min vroeër jag as die vorige dag. Die dag is die buffels skugter, en ons sien hulle nie. Voor middagete sien ons ‘n mooi groot rooibokram, en Rudi besluit dis die een om te jag. Hy ontwyk ons, maar ons keer na ete terug om verder te soek. Rondom 15:00 bied hy ‘n kans, en Telani gryp dit aan. Die 6,5x55 blaf, en die ram spring weg. Ons soek deur amper onderudringbare bos, en kry die ram so 40 tree verder. Skoot is mooi laag op die blad, en by die slagplek sal ons sien dat die onderkant van die hart aan flarde geskiet is.
Almal skep weer nuwe moed nou dat die eerste dier suksesvol gejag is, en vars planne word gemaak om die buffels te soek. Laat namiddag sien ons hulle in ruie bos, en volg die spore. Die lig vang ons uiteindelik, en ons sluip weer terug pad toe.
Donderdagoggend breek aan, en nou jag ons voluit buffels! Dis heelwat koeler as die vorige dae, en by die huis lyk dit of die wind so bietjie sterker en meer konstand waai. Dit is egter by die huis, nie in die veld nie…
Vroeg is ons op hulle spoor, en hou ‘n klein padjie dop waar ons verwag dat hule gaan kruis. Al wat ons hier reg kry is om amper in twee kallers vas te loop. Ons bly soek en volg, maar die bos is ruier as wat ek gedink het moontlik is. Ons volg vars spore tot diep in die bos en vorder tot 15m van die buffels af. Deur die digte bos kan ons egter net dele van die donker lywe sien, dan draai die bietjie wind wat daar is, en met ‘n gedreun van hoewe verdwyn hulle.
Heelwat later die dag vind ons weer ‘n troppie. Ons beweeg om, en wag mooi teen die rand van die pad in die skaduwee. Ons hoor takkies breek soos hulle nader kom, dan stilte. Hulle kan nie meer as 10 treë van die pad af wees nie. Nou wag ons geduldig, geweer gereed om nie onnodig te beweeg nie. Dan dreun die hoewe soos die trop hardloop, en die as-sakkie bevestig, die wind dwarrel in hulle rigting…
Donderdagaand kuier ons effe meer gedemp om die vuur. Môre is die laaste jagdag, die laaste kans. Dit was reeds ‘n ongelooflike lekker jag en wonderlike ervaring, maar ek begin tog wonder of ek soos die vorige twee kere sonder my buffel huistoe gaan.
Vrydagoggend is ons voor sonop in die veld. Dis koel, by die kamp waai die wind konstant, in die veld dwarrel hy. Na ‘n lang stap deur ‘n paar bloke kry ons spore wat die pad kruis. Die buffels is nou baie naby. Ons beweeg so sag as montlik. Inteendeel, ek het nie gedink drie van ons kan basies sonder geluik beweeg nie. Net voor ons die buffels links van ons gewaar, gee die spoorsnyer so harde hoes. Oomblikke later kyk die laaste buffel in die trop na ons, en verdwyn met ‘n gedreun van hoewe. Ek het regtig op daardie stadium gewonder of Rudi dalk die spoorsnyer met sy .500 gaan bykom!
Ons laat ons egter nie van stryk bring nie, en beweeg na die blok in die Noord-Ooste hoek van die plaas. Die vermoede is dat die buffels met ‘n draai daarheen beweeg, en dan ‘n wildspadjie volg deur die blok. Die keer kies ons ‘n lekker plek om teen ‘n klein doringbossie te sit in goeie skaduwee vanwaar ons in beide rigtings wat die pad verby loop kan sien en skiet. Na so 10 minute se rustige, maar doodstil sit, sien ek ‘n beweging so 40 tree in die bos direk voor my. Buffel! Die trop beweeg so skuifs voor ons verby, en so nou en dan is ‘n donker kol sigbaar deur die bos. Die eerste een van die buffels steek vas in die bosse direk voor die pad, en ek dink by myself moet net asseblief nie weer omvlieg en terug hardloop nie. Hy besluit egter om die pad met ‘n sprong oor te steek, en gaan staan oorkant die pad ek kyk terug na die res van die trop.
Die kruishaar suig vas op sy blad, die die skoot uit die .375H&H klap. Hy toon goeie reaksie deur te spring en ‘n brul te gee, en verdwyn in die bosse. Die res van die trop vlieg om met die nou al bekende gedreun van hoewe. Ons wag so paar minute, en stap dan na die plek waar die buffel gestaan het. Nou begin die soek na spore en bloed. So 4 treë verder is daar ‘n klein spatsel bloed op ‘n grashalm. Dit bevestig finaal dat die skoot raak was, maar saai ook twyfel in my gemoed oor hoe min bloed dit is. Rudi, en Johannes (die spoorsnyer) soek verder. Nog ‘n druppel. Nog een. Dan verder soek. Ek gaan staan by die laaste plek waar hulle bloed gesien het, terwyl hulle stadig kruis en soek. Ek hurk af om na die paar druppels te kyk, en soos ek opkyk sien ek die donker vorm in die bos. Stadig tel ek my verkyker op en kyk. Dit wat sos ‘n buffel gelyk het, lyk nou al hoe meer soos een. “Rudi, Rudi!” so op ‘n harde fluister “kan ek jou wys waar die buffel is?” Rudi kyk om met sy oë merkbaar groter. Hy kyk in die rigting en sien ook die donker kol. Stadig stap ons nader, gewere gereed, maar dis nie nodig nie, die buffel is dood.
Die eerste gevoel is verligting, ek het op ‘n dier geskiet, en hy is nie gekwes nie. Dan begin die besef van hoe groot ‘n buffel regtig is. Teenoor die ander bokke wat ons gereeld jag, is alles hier op industriele skaal!

Last edited by Jaco vdW on Thu Jul 09, 2026 10:31 am, edited 1 time in total.
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: En toe draai die wind...
Ons gebruik tyd om na die buffel te kyk en hom om te rol sodat hy mooi lê. Dit vat egter baie lank vir die waarheid om in te sink. Dit vat ‘n paar dae om eerlik te wees, en steeds verbaas die foto’s my so bietjie elke keer as ek dit sien. Uiteindelik het ek my eerste buffel gekry. Drie jagte en 13 jagdae in die veld later.
Na genoegsame tyd, en geweldig baie foto’s keer ons terug kamp toe. Die gees van die jag geselskap is uitstekend! Ons sit by terwyl die buffel geslag word, en weereens besef ek dit is regtig alles op industriele skaal!
Saterdagoggend pak ons alles op die bakkie, en begin die terug rit na die Kaap. Die aand slaap ons weer by Dirk en Meloné oor naby Bethulie (Plaastoe gastehuis) en dis selfs beter as die vorige kuier by hulle. Sondag pak ons die laaste stuk pad aan tot by die huis. 3158km gery vir die week se jag.
So paar laaste notas oor die jag:
• Rudi maak puik koeëls. Hulle laai maklik, skiet akkutaat, en doen hulle werk op wild.
• Dit was baie lekker om na 16 jaar weer in die bosveld te jag
• Dit was ongelooflik lekker om saam met Rudi te jag. Hy doen soveel moeite met die jag en alles anders in en om die kamp
• Indien dit binne my vermoeë is, sal ek dit elke 2-3 jaar gaan doen. Dit is net ‘n ander ervaring!

Last edited by Jaco vdW on Thu Jul 09, 2026 10:32 am, edited 1 time in total.
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: En toe draai die wind...
92% gewig behou
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
partner
- Hero Member

- Posts: 980
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: En toe draai die wind...
Baie Dankies vir Pragtige Jag Storie en Jag Ervaaring. Asook Pragtige Fotos. Ek het dit Baie Geniet.
- finch
- Sr. Member

- Posts: 450
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: En toe draai die wind...
Lekker Jakes! Dankie vir die skryf en deel. Sorry ek kon nie wag tot vanaand om te lees nie ;-)
Dit klink na n lekker jag ervaring met n goeie opbou tot n klimaks. Bucket list tipe jag. Ek sien dit as a voorreg dat ek al gesien het hoe maklik jy en daai 375 n groot koedoe bul omgedop het. Dus is daar geen twyfel oor julle twee as n kombinasie se vermoee om n buffel plat te trek nie.

Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: En toe draai die wind...
Wat 'n heerlike jagverhaal!
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: En toe draai die wind...
Baie Geluk Jaco!!! Dis 'n lelike gogga wat hard byt!!!!!!!!!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1985
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: En toe draai die wind...
Baie geluk Jaco, baie mooi buffel en n lekker moeilike jag.
Baie mooi rooibok ook!
Daai buffels is verseker nie maklik om te jag nie, hulle het baie wild geword.

- Dehan.Rheeder
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am
Re: En toe draai die wind...
Baie geluk met die pragtige Buffel Jaco, en dankie vir die lekker lees.
Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
Canik Mete SF Combat 9mm
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1831
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: En toe draai die wind...
Aai Jaco.
Hier le ek in die hospital bed na die enkel operasie en beleef die hele jag weer van voor af.
Jy het so n positiewe uitkyk op die lewe dat dit nie anders kan wees as om lekker met jou te jag nie.
Dankie vir jou, as mens, jou uit kyk op die lewe.
Kan nie wag dat ons weer saam jag nie.

Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
- Vlakvark Soldaat
- Hero Member

- Posts: 1696
- Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am
Re: En toe draai die wind...
Well done Jaco! Ek was saam julle in gees gewees! Moes myself keer om nie elke 5mins vir jou, Rudi, of Johannes te wou kontak nie hahaha!!
Daai buffel gogga byt hard! En soos Tienie sê, daai goed het lekker wild geword, ek dink eerlik die torre het afgedonner...
Ek het al persoonlik saam Johannes voer uitgesit dat hy hulle op die boude klap om uit sy pad uit te gaan...

Louis
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1616
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: En toe draai die wind...
Aanhouer wen! Bly jy het hom gekry en dat ons die lekker storie saam kon geniet
Sent from my SM-S921B using Tapatalk
Sent from my SM-S921B using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2149
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: En toe draai die wind...
Lekker storie, dankie!