Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het n lidmaat gehelp met herlaai en die toerusting opgestel: gevormde 308 doppe met n GRT-berekening vir 40.7gr S335 en 165gr SST koeëls. Beplande spoed is 2609vps teen ongeveer 50 000psi om die geweer te spaar.
Vir jagpatrone weeg ek gewoonlik elke lading presies af - eers met die kruitgooier en dan tot op die nommer met die skaaltjie.
Iets het gepla want dit is n medium lading, maar die doppe bly aan die vol kant.
Die Genade is groot want daar was n 180gr SST koeël tussen die 165gr koeëls, dus was die besluit om elke koeël ook te weeg - dan weet ons mos. Toe die eerste koeël skaal toe gaan sien ek dat die skaaltjie staan op 47gr in plaas van 40.7gr .