More manne,
Deesdae voel dit vir my dis onsettend duur om n geweer te laat bou. Ek praat nie vir almal nie maar wel vir myself. Ek sal graag wil n draad begin om te hoor wat dink julle van n idee wat my pla. Ek is al lankal opsoek na n kaliber wat maklik laai en min kruit brand. Ek neig na 6mm BR. Nou my vraag is. Maak dit sin om n Howa 243 HB te koop en dan kaliber verandering te doen. Enige skewe kamers ens word dan seker verbeter? Ek verstaan hy gaan moontlik nie skiet soos n Impact Precision aksie met Krieger swaarloop nie maar as jou sakke vlak le en jy wil ook iets anders as die norm skiet sien julle dit as n opsie? Die Howa 243 het n 24 duim loop. As hy moet oor gesny word hoeveel looplengte sal jy waarskynlik verloor? Is dit die ekonomiese manier om by n 6mm BR uit te kom of is daar iets anders wat julle sou voorstel? Die idee is nie om kaliber te debatteer nie maar om te hoor watse pad julle dalk gevolg het vir die bou van n geweer? Enige kaliber manne kan saam gesels. Daar is by n winkel in die Kaap Howa 6mm Dashers beskikbaar teen R45 000. Dit klink vir my effens kwaai stuif? Ek weet ek kan net my geweersmid bel en vra maar ek sal graag van n groter groep af wil insette hê en hoor wat sal jou geweersmid jou vra vir so job en wat julle mening oor die saak is. Kom ons sê die barreled action kos jou R15 000. Waar eindig dit?
Howa Kaliber Verandering
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13649
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Howa Kaliber Verandering
Ek sou n aksie soek om n loop op te sit en geweer te bou.
As dit nou ek was sou ek n Remington aksie soek en n Sneeuberg loop op sit, die beste GSs in die land reken sneeuberg se 6 en 6.5 lope is net do goed soos enige iets wat jy in die wereld kan koop. Met die Remington askie kan jy basies enige kolf, rail en sneller op sit wat jou hart begeur en beursie kan bekostig en hy gaan net soos n Impact met n Krieger skiet. Howas met aftermarket lope skiet self net so goed MAAR ek persoonlik soek die opsies van die beste snellers op die mark. Almal soek n Bat of Defiance aksie maar moenie jou blind staar aan al die aksies wat jy op social media sien nie, barrels, bullets en brass is wat die klien groepies maak.
As jy n Remington aksie erens kan op spoor vir 20 of dalk bq minder rande is jy well away, loop is seker R13 000 en dan wat jou GS jou vra vir die werk, dit kan enige iets van R3000 tot R10 000 al wees en as jy nou ceracaot en draat vir n silincer by sit raak dit vinnig meer. Laat bou die kolf wat jy soek wat weer van R6 000 tot R35 000 kan wees en jy kan skiet, later het jy dan die opsie om n ander sneller op te sit sou jy wil.
Howa en of Tikka aksie gaan natuurlik net so lekker werk en die Howa aksie kan dalk makliker en goedkoper wees maar ek sal nie 45k vir n Howa in watse kaliber ookal betaal nie tensy hy met n R25 000 kolf dalk kom.
Op die einde van die dag gaan dit n jaar tot 18 maande proses wees vandat jy die aksie koop voor jy gaan kan skiet so om R10 000 te probeer spaar op n geweer wat jy vir 10 jaar gaan skiet is nie altyd die beste opsie nie, koop die beste wat jy kan stuk stuk en laat jou GS dit bere tot jy reg is om te bou.
As ek 20 jaar terug geweet het wat ek nou weet sou ek 2 jag gewere gehad het en een comp geweer met die betse componente beksikbaar, dit vat langer as om n Howa te koop en die kamer oor te sny maar op die einde van die dag is dit die moeite werd.
Daar is taamlik "ou gewere" beskikbaar omdat baie manne nou reeds hul ekstra gewere verkoop en een ordentlike baan ding bou alhoewel baie van hulle bq deurmekaar is met wat n ou 243 of 308 voor moet verkoop maar jy kan wel n lekker bargian op tel.
Ek het onlangs n 300wsm met custom loop en 308 remington barrel action vir 18k en 13k onderskeidelik sien verkoop

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2599
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Howa Kaliber Verandering
Wie verskaf die sneeuberger lope?
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13649
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Howa Kaliber Verandering
Meeste gunsmiths sal vir jou kan kry