Dankie FM. Ek en my seun geniet die videos vreeslik baie. Daar is onttrend nie n dag wat verby gaan wat hy nie "vyf jakkies" kyk nie.
FM, vertel ook weer bietjie van jou terusting asb. Kaliber, koeel, kd en scope?
Iets wat my opgeval het. In vier van die videos was die duidelike klank van n kiewiet. Is dit deel van jou roep klanke, of is dit nou maar een wat daar in die veld teenwoordig was?
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon Nov 03, 2014 7:34 am
by Geno
Lekker Cois!
Krummel moes maar daai afpoot vlek gevang het!
Was dit verlede week se jakkalse toe jy die een aand 25 gelaai het?
Pierre,
Kiewiete help ons redelik baie in die nag deur aan te dui wanneer die jakkalse inkom.
Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon Nov 03, 2014 8:13 am
by Francois Marais
Brno
Ek het hierdie jakke met n 223 Rem geskiet, 40gr Nosler BT teen so 3750 ft/sec. Scope is n Leopold VX3 6,5-20X50LR. Ek skiet maar met die 223 as ek verwag om klomp jakke te skiet teen n nag fooi waar man nie verloor as jy een nie kry wat n ent gehardloop het nie. In hierdie geval het ek 75 in drie nagte geskiet, en kon ek twee nie kry nie, ek jag alleen en die optellery neem ook klomp tyd. Die kiewiete vertel man mooi as daar n jak inkom, en as hulle so raas kan jy amper seker wees om n jak van daardie kant af te verwag.
Geens, hy was nie saam nie, anders was hy seker weer af, hehe, ek dink wel selfs n driebeen jakkals is te vinnig vir hom, hehe
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon Nov 03, 2014 8:17 am
by Francois Marais
Geno
Ja maat dis die videos van daardie drie nagte. Ek sal vandag een oplaai wat n samestelling is van so 25 jakke, en 25 min lank is, so daar is ietsie om na uit te sien.
Mooi loop
Francois
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon Nov 03, 2014 8:25 am
by Jassie
Francois Marais wrote:Geens, hy was nie saam nie, anders was hy seker weer af, hehe, ek dink wel selfs n driebeen jakkals is te vinnig vir hom, hehe
Sies FM mens spot nie met ou mense nie - dis nie te sê as die aksie nie meer 100% daar is dat 'n ou nie nog die "feeling" uit blote ondervinding kan geniet nie.
Groete ou grote
JAS
Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon Nov 03, 2014 8:28 am
by Francois Marais
Oom Jas
Hoop dit gaan nog voorspoedig daar by jou.....hy het my nou eers die jaar verbygesteek, so hy is nie soooo oud nie, wel die lekker lewe wat n rol speel, dink ek....
Mooi loop
Francois
ImageUploadedByTapatalk1414996190.229235.jpg
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon Nov 03, 2014 9:33 am
by BRNO (Pierre)
Dankie FM en Geno. So leer ons leke ook.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon Nov 03, 2014 9:36 am
by Francois Marais
Hier is n lekker lange, geniet......samestelling van twee nagte se jag, en ongeveer 25 "kills".
Mooi loopFrancois
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon Nov 03, 2014 10:34 am
by Gernie
Hi Francois, sal jy omgee om vir my jou lading te gee op die 40gr bt?
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon Nov 03, 2014 2:48 pm
by Geno
Shame, nou skiet jy die goed wat half blind is...
Eenoog.JPG
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon Nov 03, 2014 3:08 pm
by Capt. Yoda
Geno daai jak het gewink vir die kamera.Hy het seker die flash gesien
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon Nov 03, 2014 8:26 pm
by Francois Marais
Geens
Ek het gesien die ou is n "one light" hehehe....
Mooi loop
Francois
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon Nov 03, 2014 8:27 pm
by JK
Francois is dit so maklik as wat dit lyk.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon Nov 03, 2014 9:28 pm
by Kalahari
Dankie, dankie, nou't ek lekker gefliek vir die aand Mooi geskiet Francois, hier op +- 10 min het amper "hopie" gespeel met hulle.
Groete
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon Nov 03, 2014 9:44 pm
by Dawie
very nice Francois
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon Nov 03, 2014 10:09 pm
by Francois Marais
Johan
Partykeer is dit nogal, ander kere weer n gestoei. Onthou jy het nou omtrent 30 ure se roepery in n vinnige 40 min saamgevat gesien, so dit gaan nie altyd so maklik en vinnig nie
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon Nov 03, 2014 10:11 pm
by Francois Marais
Kalahari
Bly jy geniet man, ja die manne het daar by dieselle plek by uitdop
Dawie
Tx man
Mooi loop
Franncois
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Tue Nov 04, 2014 9:14 am
by Jakkie 321
Ai te lekker ek het tot in die reen gaan sit gisteraand maar niks nie, wou dit nou al vir lank toets maar werk nie.
Francois gebreuk jy n groen filter op jou ligte?
Groette
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Tue Nov 04, 2014 9:23 am
by NicoSmit
As ek so na die videos kyk begin my gat weer te juk vir 'n jakjag sessie
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Tue Nov 04, 2014 9:38 am
by Frikkiedbr
Dankie Oom Francois, dit lyk lekker en dink mens sien regte meer as op die uit knipsels.
Dankie vir die deel.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Tue Nov 04, 2014 1:53 pm
by Francois Marais
Jakkie321
Die tweede tot 5de jakkals op.die lang video is met n groen filter geskiet, het dit getoets, maar kannie sê dat dit wel n voordeel inhou vir my nie, dalk in dig bebosde areas waar die jakke baie naby moet inkom.......
Mooi loop
Francois
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Tue Nov 04, 2014 5:43 pm
by BLOK
FM op 6:55 was dit n jakkals wat eerste geskrou het en jy geantwoord of was dit net jy.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Thu Nov 06, 2014 8:30 am
by Abrie Smit
Die ou mense sê altyd " Goeie dinge kom met tyd" Nou verstaan ek ook. Cois, dit was die moeite werd om te wag. Hierdie is goeie werk. Well done. Ons het baie geniet.
Dankie vir al die moeite en tyd wat jy insit om die link lewendig te hou.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Thu Nov 06, 2014 11:10 pm
by Francois Marais
Blok, daai is jakkalse inni veld wat so skree, en dan antwoord daai jak wat in die lig is hulle, ek kon duidelik deur di scope sien hoe hy skree, maar mens kan ongelukkig nie oppi vid mooI uitmaak nie, ek wou hom ook nie te veel lig gegee het nie, was bang hy draai om.......