Skiet vanaf 'n Bipod

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Arnold »

Los eerder en kry die een wat kan swivel!
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Heinz Petersen »

Ja, kry vir jou die een wat kan swivel. Moet nie Rudolph een kry nie. Ek het een dringend nodig gehad,maar tot my spyt.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Hein M. »

Baie dankie kêrels

Sal hom maar laat verbygaan

Lekker middag!
marco

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by marco »

Manne ek plaas hier n klein toets wat ek gedoen het vanoggend nadat ek n rail opgesit het op my k89 243 ai. Ek het eers net die geweer ingestel op 100m en toe n groep van 5 skote geskiet vanaf sand sakke en toe my cheapie nico stirling bipod opgestel en 4 skoot groep met hom geskiet net om te sien of my geweer op dieselfde plek skiet met hom... verbaas was ek toe my geweer dieselfde point of impact het met en sonder die bipod.
Ek moet se ek het seker gemaak om die bipod goed te laai elke keer voor ek skiet.. dit gaan nou teen wat baie ervare manne vir my vertel het hulle ondervindings is met poi met en sonder n bipod. Ek moet byvoeg dat die groepe in ongeveer 31 grade celcuis geskiet is en dat die mirrage baie sleg was. Eerste groep met bipod en tweede een sonder met sand sakke.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by fanie.myburgh »

Halo Manne.
Ek het nou so deur al die goed gelees wat die manne gese het. Ek hou van le en skiet van 'n bipod af. As ek klaar geskiet het moet ek eers weer die teiken gaan soek soos die geweer gespring het. Ek skiet CZ 7x64 met knapdemper. Ek het 'n ou Niko Stirling bipod op gehad, maar het gister vir my 'n vanguard equalizer pro 1 gaan koop. Het iemand van die vaguard bipods? Ek het hom klaar gekoop so sal seker maar hom moet maak werk...

Baie dankie vir die goeie onderwerp.

Groete
Fanie
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Fritz »

fanie.myburgh wrote:Halo Manne.
Ek hou van le en skiet van 'n bipod af. As ek klaar geskiet het moet ek eers weer die teiken gaan soek soos die geweer gespring het.
Fanie
Nie dat ek baie raad kan gee nie, maar ek sal graag wil weet watter kant toe spring jou geweer?
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Nickvn »

My Tikka spring ook links. Dit het te doen met hoe ek agter die geweer le. Ek le omtrent 45 grade uit en die kolf le nie lekker in my skouer nie maar meer op hom. Hoe meer reguit ek agter die geweer le hoe minder spring hy. Ek glo dit het te doen met hoe stabiel en stewig die kolf in jou skouer le. Ek dink in my geval spring/gly my kolf regs met die terugskop wat die loop links laat beweeg. Ek sal ook graag ander kommentare hoor hieroor.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Fritz »

Nickvn wrote:Ek dink in my geval spring/gly my kolf regs met die terugskop wat die loop links laat beweeg. Ek sal ook graag ander kommentare hoor hieroor.
Dit gebeur nogsteeds met my as ek van harde oppervlak soos beton skiet. Ek lê egter baie reguit agter die geweer, so dit moet iets te doen hê met die manier wat die kolf in my skouer lê.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Fritz »

Fritz Hagen wrote:
Nickvn wrote:Ek dink in my geval spring/gly my kolf regs met die terugskop wat die loop links laat beweeg. Ek sal ook graag ander kommentare hoor hieroor.
Dit gebeur nogsteeds met my as ek van harde oppervlak soos beton skiet. Ek lê egter baie reguit agter die geweer, so dit moet iets te doen hê met die manier wat die kolf in my skouer lê.
Hier skiet ek vanaf beton. Hou dop hoe die loop se voorpunt na links spring, en my skouer meegee. Ek wonder as my LOP langer gemaak word of dit sal help om meer stabiliteit in my skouer te kry. Die LOP voel effen kort en ek dink nie die vorige eienaar van die geweer het alot of agsteman op sy dag gespeel nie..
http://youtu.be/DNbY4C72D0U

Hier is my lê posisie so bietjie anders, maar nie beter nie.
http://youtu.be/qmCXrHA1iBE
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Koos Barnard »

Iemand het vroeer gevra of iets opgemerk oor sy geweer wat met en sonder die bipod op dieselfde plek skiet. Dit hang af van die gewig van die bipod, die gewig van jou geweer en die hoeveelheid terugskop. Ons het so 'n klompie jare gelede 'n toets met 'n paar verskillende gewere in verskillende kalibers gedoen en die skuif van impak getoets met en sonder die bipods. Vir medium tot swaargewig gewere met min terugskop was daar gaan verskil van die impakpunt met of sonder die bipod. Ook geen verskil met grootkalibers soos die .375 en .416 wat ons getoets het. Die grootste verskil was met standaardgewere in die kalibers .243, .260 Rem en 7x57 (die kalibers wat ons getoets het) en Harris bipod wat vir sit en le bedoel is. Ligter bipods het minder verskil getoon. Ek kry met my swaar .223 Rem Savage bykans geen veskil met en sonder bipod vir le nie.
mooi loop
marco

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by marco »

Baie dankie oom Koos my geweer is n baie swaar loop 234 ai met n std boyds kolf. Die bipod is n goedkoop nico stirling tipe wat bedoel is vir le en skiet met rubber ente op die pootjies. Soos ek se ek het probeer om elke keer die bipod goed te laai voor ek geskiet het.
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by fanie.myburgh »

myne spring ook na links, ek le reguit agter my geweer. Maar ek het die naweek bietjie geskiet met die nuwe vangaurd bipod en hy spring verseker minder, en skiet baie lekke.

groete
Fanie
User avatar
Skywalker
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Thu Jul 31, 2014 11:43 am

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Skywalker »

Middag manne

Ek weet nie of julle Hierdie video al gesien het nie maar vir my het dit noggal n ding of twee geleer. Dis nou nie helemal net oor Bi-Pods nie maar die tegniek van die skiet posisie. Ek het die video seker 5 keer gekyk en die laaste paar kere wat ek geskiet het, het ek die tegniek toegepas en vir my werk dit noggal lekker.

Laat weet bietjie wat julle dink.

Christiaan
Long Range
.308 Howa 24" Bull Barrel
Boyds Pepper Laminated Stock
Vortex Viper HS LR 4-16x50
Vanguard EQ 1 Bipod
Silent Hunter Reflex Silencer

Self Defence
Beretta 90-Two 9mm

Train Smart, Shoot Better - Jerry Miculek
QG18de
Full Member
Full Member
Posts: 138
Joined: Fri May 03, 2013 9:23 am

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by QG18de »

Manne

Ek dink die links spring het meer te doen met die rifling van die loop. Die loop torque links om terwyl koeels deur die loop beweeg. En saam met die trugskop word hy links trug geskop. Hoor ma wat dink ander manne.

Groete
Jason
Howa 6.5 Creedmoor, KRG Bravo
Lee Enfield No4 Mk2 303
User avatar
vbd
Full Member
Full Member
Posts: 207
Joined: Wed Mar 06, 2013 9:16 am

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by vbd »

Het iemand al iets sort gelyks gesien of gebruik? Dit behoort 'n groot verskil te maak met konstante "load" van jou bipod op natuurlike oppervlaktes.

http://www.tacticalsupply.com/store/det ... itemid=207

Miskien kan een van die manne op die forum so iets maak?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Capt. Yoda »

EK wou nou vir my die cleats bestel het om bq te speel maar het eintlik vergeet van dit, ek dink ook nogals dit kan goed werk veral op harde grond.

http://ecx.images-amazon.com/images/I/41138Q9HU7L._SX300_.jpg
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by andre007 »

vbd wrote:Het iemand al iets sort gelyks gesien of gebruik? Dit behoort 'n groot verskil te maak met konstante "load" van jou bipod op natuurlike oppervlaktes.

http://www.tacticalsupply.com/store/det ... itemid=207

Miskien kan een van die manne op die forum so iets maak?
Marco kom in..... jys mos n man van veeele talente?
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Spartan
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Fri Jan 27, 2017 7:23 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Spartan »

Thanx Arnold. Dit was nou baie interessant.
Thompson Center 50 Cal
12 GAUGE P/A WINCHESTER
22 LR SAVAGE
22 MAGNUM MARLIN
22-250 SAVAGE MOD12
303 P14
30-06 BRNO
375 H&H SAKO
300 WIN MAG MUSGRAVE
260 SAKO TRG-22
308 CZ 750
6.5x284 NORMA KRIEGER / SAVAGE
338 LAPUA MAGNUM SAVAGE 110BA
jjmare
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Fri May 23, 2014 3:31 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by jjmare »

as die geweer in n rigting anders as die oorspronklike POA tot rus kom is dit natuurlike rigting se skuld. doen die volgende toets om dit te bevestig - skiet een skoot op 100m bv en kyk waar stop die POA na terugslag, skiet dan nog een skoot na die plek waar jy tot rus na die oorspronklike skoot gekom het, jy sal oplet dat die geweer weer tot rus kom waar jy gestop het. die afstand vanaf jou kol (en waar die eerste skoot getref het) tot by die tweede skoot (waar jy n skoot geskiet het waar jy gestop het) is jou natuurlik rigting fout. oefen en skuif jou hele ligaam dat die twee skote by mekaar is, dan is jou natuurlike rigting reg.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Arnold »

JJ ek gaan met jou verskil. Soos ek jou skrywe lees en verstaan sê jy natuurlike rigting is die enigste faktor wat hier bydrae en daarmee stem ek nie saam nie. Dalk interpreteer ek jou skrywe verkeerd maar daar kan baie goed wees wat bydra tot die verskynsel wat jy beskryf.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Capt. Yoda »

Ek stem nogals saam met Arnold, daar is n klomp goed wat bydra
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
jjmare
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Fri May 23, 2014 3:31 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by jjmare »

Ek het my dalk swak uitgedruk, ek stem met jou saam oor die "loading" en alles wat jy daaroor se, ek probeer net wys dat al load jy die bipod reg (met dooie gewig) jou natuurlike rigting gaan bepaal hoe jy die bestaande recoil gaan manage. As jou natuurlike rigting verkeerd is gaan jy van die oorspronklike poa/poi verskil nadat recoil bestuur is. die toets wat ek gee is juis om te kyk of dit jou natuurlike rigting is wat bydra dat jy nie 100% deurgevolg kry nie. ek stem saam daarmee dat dit n hele proses is - dis hoekom dit die "integrated act of shooting" genoem word
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Arnold »

Ek dink daar is ander faktore behalwe loading en natuurlike rigting wat steeds n rol speel in die recoil beheer soos bv. recoil pad setup en agterste rus.

So dit is moeilik om op hierdie manier iets uit te sonder. Oefen is definitief iets wat hiermee help ;)
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by ruaanb »

Julle manne wat verstaan vertel bietjie meer oor waar daar geskiet word met die bipod se bene wat skuins vorentoe wys.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Arnold »

ruaanb wrote:Julle manne wat verstaan vertel bietjie meer oor waar daar geskiet word met die bipod se bene wat skuins vorentoe wys.
Kort afstand waar akuraatheid nie so erg saak maak nie en die posisie jou daartoe dryf. Anders doen mens dit nie. Dit lyk dalk cool maar probeer dit liewers vermy.
Hierdie is my mening en ek glo daar is meer wat beter skiet as ek wat kan kom stem dikmaak ;)
Post Reply