Page 5 of 30
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Thu Nov 07, 2013 5:40 pm
by Silent Hunting
Jakkalsgat wrote:Gans
Dankie tjom. Sien jy vra vir nog pryse, daar is paar in die pyplyn hier in die aansporingsklas miskien 'n paar quarts vir jou en jou gabbas of suurwyn of so iets.
Ek weet nie of ons vir jou 'n geweer gereel gaan kry nie. Hoe ver het jy gekom met daai rekord van jou?
Koop jou kaartjie tjom en onthou ons vat nie posorders nie.
Groete
Jaco
Jaco,
Hulle drink "ROOI" prop.
Henk
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Thu Nov 07, 2013 9:48 pm
by Carl
Jaco, ek is bly dit loop mooi. Ek koop kaartjies so darts gooi, hoop ek gooi 'n aansporing raak.
Welkom terug Goose jy's seker hier vir die VO aansporings pryse vanaf Distell.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Thu Nov 07, 2013 10:56 pm
by stan man
baie geluk met die kompetisie wat so mooi loop. dit is regtig mooi om te sien hoe groot hierdie forum se lede se harte is.
ek sal ook beslis nog my bydrae maak.
en dan net so n klein ietsie persoonliks.
boeta dit is jou betrokkenheid by sulke dinge wat n verskil maak in almal se lewens wat jou pad kruis.
jy het n vreeslike groot hart, geen wonder hulle moes hom n speedpump gee nie.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Fri Nov 08, 2013 7:32 am
by Jean Marais
stan man wrote:baie geluk met die kompetisie wat so mooi loop. dit is regtig mooi om te sien hoe groot hierdie forum se lede se harte is.
ek sal ook beslis nog my bydrae maak.
en dan net so n klein ietsie persoonliks.
boeta dit is jou betrokkenheid by sulke dinge wat n verskil maak in almal se lewens wat jou pad kruis.
jy het n vreeslike groot hart, geen wonder hulle moes hom n speedpump gee nie.
Hallo Frans. Daai een sekondeer ek.
Manne, hierdie groothartigheid van JARACAL lede is wat MY nederig hou. Dankie vir julle onbaatsugtige bydrae. Hierdie kinders gaan eendag in die toekoms, Kersfees 2013 onthou wanneer hulleself in 'n posisie sal wees om te kan gee, en dan terug te dink aan die verskil wat jou bydrae aan hulle lewens gemaak het.
Mag julle almal Sy wonderlike Vrede en Genade beleef, elke dag van jou lewe.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Fri Nov 08, 2013 10:34 am
by Eugene
Jean Marais wrote:stan man wrote:baie geluk met die kompetisie wat so mooi loop. dit is regtig mooi om te sien hoe groot hierdie forum se lede se harte is.
ek sal ook beslis nog my bydrae maak.
en dan net so n klein ietsie persoonliks.
boeta dit is jou betrokkenheid by sulke dinge wat n verskil maak in almal se lewens wat jou pad kruis.
jy het n vreeslike groot hart, geen wonder hulle moes hom n speedpump gee nie.
Hallo Frans. Daai een sekondeer ek.
Manne, hierdie groothartigheid van JARACAL lede is wat MY nederig hou. Dankie vir julle onbaatsugtige bydrae. Hierdie kinders gaan eendag in die toekoms, Kersfees 2013 onthou wanneer hulleself in 'n posisie sal wees om te kan gee, en dan terug te dink aan die verskil wat jou bydrae aan hulle lewens gemaak het.
Mag julle almal Sy wonderlike Vrede en Genade beleef, elke dag van jou lewe.
Dankie manne, die totaal groei mooi aan! Ek kry sommer hoendervleis as ek dink aan die vreugde wat ons daai kinders kan gee met hierdie bydrae!
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Fri Nov 08, 2013 11:38 am
by Jakkalsgat
More
Hoe lyk dit manne gaan ons hom vandag druk sodat ons by R 25000 kan verbykom en daardie Jaracal Hemp en hoed 'n nuwe baas kan kry. Daar sal vanaand weer nog paar aansporingspryse bykom uit verskillende oorde en dit wil vir my lyk ons kan dalk terug wees op die dopstelsel.
Groete
Jaco
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Sun Nov 10, 2013 7:12 am
by Jakkalsgat
Die volgende pryse is reeds gewen en sal wenners ook bekend gemaak word op aand van die trekking, elkeen van julle wat hierdie nommers het weet wie julle is, geluk manne.
AANSPORINGSPRYSE
1) Eienaar van kaartjie nommer 125 kry 2 bottels Fleur du Cap Cabernet Sauvignon - Borg: JacovdW - Distell Kelders
2) Eienaar van kaartjie nommer 250 kry 2 bottels Fleur du Cap Merlot - Borg: JacovdW - Distell Kelders
3) Eienaar van kaartjie nommer 375 kry 'n Bottel Baines Cape Mountain Whiskey in 'n geskenkblik (Baines is aangewys as die beste graan whiskey in die wêreld op die World Whiskey Awards) - Borg: JacovdW - Distell Kelders
Daar is reeds weer aansporingspryse wat eerskomende maandag bygevoeg sal wor, onder anderre 3 x 375ml bottels Mampoer.
Dankie sover aan elke borg en elke deelnemer wat hierdie kompetisie maak werk.
Groete
Jaco
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Sun Nov 10, 2013 12:31 pm
by Jakkalsgat
Silent Hunting is die borg van al die knaldempers wat gewen kan word in hierdie kompetisie.
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/henk4_090232_resized_zps64fbd35a.jpg
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/henk2_143327_resized_zps507726ca.jpg
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/henk1_143359_resized_zps6feed4f9.jpg
Henk het dan ook 'n spesiale aanbieding op die oomblik op sy knaldempers waar jy 10% korting kry op 'n knaldemper van hom as jy reeds kaartjies gekoop het.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Sun Nov 10, 2013 6:34 pm
by stan man
ek voel nou soos n ghoen!!
ek sonder my boet uit,maar daar is n paar manne wie se name moet bykom.
mede forum lede,en organiseerders,en almal wat deel het aan hierdie ops. heelparty van ons ander manne kyk op na julle .julle harte is op die regte plek.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Nov 11, 2013 1:57 pm
by Jakkalsgat
Ons staan op R 23 150 en julle het tot op die hede 453 kaartjies gekoop.
Ek wag net dat aansporingspryse afgelewer word vanmiddag en dan sal ek weer pryse plaas, die volgende prys is 'n Jaracal hoed en hemp van Greyghost gear en is slegs 47 kaartjies weg op nommer 500.
Manne ons staan stil, ek weet ons is nog rukkie weg van sluiting af maar kom help om hierdie kompetisie lwendig te hou.
Groete
Jaco
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Nov 11, 2013 2:41 pm
by Eugene
Kom ons doen die ding soos jy 'n olifant eet, in klein happies!
Kom ons kyk of ons teen die einde van die week op R25k kan draai en einde van die maand op R30k, daarna kan ons die volgende mikpunt stel.
Om by R25K uit te kom, moet daar nog 37 kaartjies gekoop word. Dit beteken 10 manne moet elkeen 4 kaartjies koop en ons is daar!

Of 5 manne, elkeen 8 kaartjies!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Nov 11, 2013 2:41 pm
by Spanner
Baie dankie vir die update.
Jaco, het daai hemp en pet van Petrie nog die ou logo op ? As dit so is, laat weet, dan koop ek sommer nog kaartjies ...
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Nov 11, 2013 2:50 pm
by Jakkalsgat
Die keuse sal die eienaar van no: 500 sin wees as hy ou logo wil he maar dit sal heelwaarskynlik net vir die kompetisie gedoen kan word en sou Jaracal se logo verander is die die laaste kans vir ou logo!
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Nov 11, 2013 3:11 pm
by Marc
Kom kom manne, ons moenie nou asem verloor nie, dis tyd vir 'n nuwe aflos tot die vyftiende toe

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Nov 11, 2013 8:50 pm
by tafjak
Jaco
Kaartjie nommer 1000(wetie of al aansporingsprys daarvoor is nie) kom kuier in Junie in Klipplaat - bring jaglisensie saam - alles oppie hys! As hy die donderdagaand opdaag sal ons(as die weer toelaat) so biekie braai - Vrydag so draai ry - Vrydagaand weer biekie braai - Saterdag weer draai ry en Saterdagaand weer braai! Miskien kan die ou 'n springbok en koedoe(net bulle) skiet. Die wenner mag maar iemand saambring.
Hies nettie vliegveld nie, so die ou moet maar self hier aankom asseblief.
Mooiloop
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Nov 11, 2013 8:54 pm
by Silent Hunting
Hel, die klink lekker Sal nog kaartjies moet koop.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Nov 11, 2013 9:10 pm
by Jakkalsgat
tafjak wrote:Jaco
Kaartjie nommer 1000(wetie of al aansporingsprys daarvoor is nie) kom kuier in Junie in Klipplaat - bring jaglisensie saam - alles oppie hys! As hy die donderdagaand opdaag sal ons(as die weer toelaat) so biekie braai - Vrydag so draai ry - Vrydagaand weer biekie braai - Saterdag weer draai ry en Saterdagaand weer braai! Miskien kan die ou 'n springbok en koedoe(net bulle) skiet. Die wenner mag maar iemand saambring.
Hies nettie vliegveld nie, so die ou moet maar self hier aankom asseblief.
Mooiloop
Taffie baie dankie, verseker is dit 'n aansporing daar is nog nie aansporing vir kaartjie nommer 1000 nie.
Groete
Jaco
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Nov 11, 2013 9:43 pm
by Jean Marais
Wow vir daai 1000ste kaartjiekoper.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Nov 11, 2013 10:03 pm
by tafjak
Jaco
Ek moes nie kaartjie nommer gegee het nie - sommer net vir die laaste kaartjie wat dit baie interresant sou maak. Sal later daaraan dink hoe langer die kompetisie loop haha
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Mon Nov 11, 2013 11:36 pm
by Pappabeer
Ek gaan nou so stuk stuk maar nog n paar moet koop. Dit gaan vir n doel na aan my hart...
Jaco, baie dankie vir die moeite met hierdie kompitisie, ten spyte van die moelikke d wa julle nou as gesin deurmaak.
Ek sê weer, ons moet rêrig hard probeer om n laaitie of drie uit daai kinderhuis te laat saamjag. Manne, meeste van julle weet, maar dis heilige oomblikke as n seun of dogter sy of haar eerste bok skiet. Daar is geen groter beloning as daai kind se vreugte en opgewondenheid nie.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Tue Nov 12, 2013 7:43 am
by Silent Hunting
Pappabeer wrote:Ek gaan nou so stuk stuk maar nog n paar moet koop. Dit gaan vir n doel na aan my hart...
Jaco, baie dankie vir die moeite met hierdie kompitisie, ten spyte van die moelikke d wa julle nou as gesin deurmaak.
Ek sê weer, ons moet rêrig hard probeer om n laaitie of drie uit daai kinderhuis te laat saamjag. Manne, meeste van julle weet, maar dis heilige oomblikke as n seun of dogter sy of haar eerste bok skiet. Daar is geen groter beloning as daai kind se vreugte en opgewondenheid nie.
Dewald,
Jy praat waar. Kyk maar vlam se gesiggie na sy haas en volgende dag se Blesbok. Dit is voorwaar deel van daardie "priceless moments".
Henk
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Tue Nov 12, 2013 9:25 am
by Alwyn
tafjak wrote:Jaco
Kaartjie nommer 1000(wetie of al aansporingsprys daarvoor is nie) kom kuier in Junie in Klipplaat - bring jaglisensie saam - alles oppie hys! As hy die donderdagaand opdaag sal ons(as die weer toelaat) so biekie braai - Vrydag so draai ry - Vrydagaand weer biekie braai - Saterdag weer draai ry en Saterdagaand weer braai! Miskien kan die ou 'n springbok en koedoe(net bulle) skiet. Die wenner mag maar iemand saambring.
Hies nettie vliegveld nie, so die ou moet maar self hier aankom asseblief.
Mooiloop
Oom Taffie
Stuur asb aanwysings na Klipplaat Kaartjie No:1000 is myne

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Tue Nov 12, 2013 10:30 am
by Silent Hunting
Alwyn, staan in lyn. Sien ons gaan nog vuisslaan vir die kaartjie. Nou moet ons net by 1000 uit kom.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Tue Nov 12, 2013 4:12 pm
by Goose
Jakkalsgat wrote:Gans
Dankie tjom. Sien jy vra vir nog pryse, daar is paar in die pyplyn hier in die aansporingsklas miskien 'n paar quarts vir jou en jou gabbas of suurwyn of so iets.
Ek weet nie of ons vir jou 'n geweer gereel gaan kry nie. Hoe ver het jy gekom met daai rekord van jou?
Koop jou kaartjie tjom en onthou ons vat nie posorders nie.
Groete
Jaco
Choppa sceme jys confused ek het i cortina 30s nie i record nie
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Tue Nov 12, 2013 4:15 pm
by Eugene
Ons moet nog 36 kaartjies verkoop om by ons mikpunt uit te kom!