Page 5 of 7

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Thu Mar 13, 2014 10:07 am
by Smous v.d. Vyver
This time I salute you my friend,jy weet ek was in dieselfde game as jy maar ek twyfel of daai in my broekie sou sit!

Well done,jy verdien dit!

Ek sou steeds die kolf swart spuit of laat carbon fibre met Hydro graphics maar smaak verskil en beauty is in the eye of the beholder.As jy dit like en happy is,is dit mos fine.

Groete,

Paarl se skerpskut!

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Thu Mar 13, 2014 10:27 am
by PWV
Corné v.d. Vyver wrote: Groete,

Paarl se skerpskut!
:confused: :-\ :)

Gawie, dit is 'n puik stuk werk - uniek, daarom sal ek hom net so hou!

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Thu Mar 13, 2014 11:24 am
by Gawie(13mm)
Corné v.d. Vyver wrote:This time I salute you my friend,jy weet ek was in dieselfde game as jy maar ek twyfel of daai in my broekie sou sit!

Well done,jy verdien dit!

Ek sou steeds die kolf swart spuit of laat carbon fibre met Hydro graphics maar smaak verskil en beauty is in the eye of the beholder.As jy dit like en happy is,is dit mos fine.

Groete,

Paarl se skerpskut!
Ja pella, ek en jy is die enigste twee skerpskertsers in die Paarl >:D
Jy het mos 'n gladde mond. Reel daar vir 'n verniet "Carbon rapp" dan ry ons nou. Jy weet my bank bestuurder het 'n maagseer en mamma hou die beursie styf vas.

Dankie manne, ek deel graag.

Geno, ek laaik daai idee kwaai.

Reggie, hy loop soos 'n muis met pantoffels, doek-sag. Ek het hom nog net gezero en Oom Pieter en ek kon vinnig tien skote op die 350m gong sit sonder om uit-asem te raak. Het nog nie veel tyd gehad om soos Corné, 80 groepe te skiet en die beste uit te soek nie. O0

Ek is vir die volgende paar weke onder huis-arres, want as ek tyd het vir kolwe maak, kan ek die huis ook klaar uitverf :-[

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Thu Mar 13, 2014 11:26 am
by Smous v.d. Vyver
Hahahahaha,

80 groepe,hoe lekker lag ek nou,is seker amper so iets!

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Thu Mar 13, 2014 1:00 pm
by Beyers
Netjies Gawie
Ek het so 'n paar tips gevang!

Ek gee nie om oor die stappe wat jy wys nie.

Jy kan my vraestel voor die tyd kry, maar jy moet hom nog self teken

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Thu Mar 13, 2014 2:47 pm
by Kallie Fernhout
Hahaha

moes nou self lag kry vir die 80 groepe, kan dalk nog meer wees Gawie

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Thu Mar 13, 2014 2:50 pm
by Smous v.d. Vyver
Julle manne weet mos hoe 'n kompetisie werk ne? Net een kans!

Enige kompetisies gewen in die afgelope tyd?

hahahahahaha

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Thu Mar 13, 2014 3:05 pm
by Cobus(Cobb)
Dit was nou 'n lekker post om dop te hou en "lyk" redelik eenvoudig..maar ek glo nie..
Omdat ek die fotos vinnig deurloer, voel dot vir my so 'n aand of drie se werk maar ek sal eerder aan jou vra Gawie, hoe lank het jy daaraan gewerk??

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Thu Mar 13, 2014 4:06 pm
by Gawie(13mm)
Cobus(Cobb) wrote:Dit was nou 'n lekker post om dop te hou en "lyk" redelik eenvoudig..maar ek glo nie..
Omdat ek die fotos vinnig deurloer, voel dot vir my so 'n aand of drie se werk maar ek sal eerder aan jou vra Gawie, hoe lank het jy daaraan gewerk??
Die fotos se neem en opsit het langer geneem as die maak van die kolf. Ek het bereken dat ek omtrent 8ure in twee weke se tyd gedurende etenstye en na werk op die kolf spandeer het.

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Thu Mar 13, 2014 4:07 pm
by Gawie(13mm)
Corné v.d. Vyver wrote:Julle manne weet mos hoe 'n kompetisie werk ne? Net een kans!

Enige kompetisies gewen in die afgelope tyd?

hahahahahaha
Ja grapgat. Ek het 'n kolf gebou, wat het jy met jou vrye tyd gedoen. Oooo, jammer, jy was op die skietbaan. :laugh:

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Thu Mar 13, 2014 4:09 pm
by JAGTERSREG-JRM
Die fotos se neem en opsit het langer geneem as die maak van die kolf. Ek het bereken dat ek omtrent 8ure in twee weke se tyd gedurende etenstye en na werk op die kolf spandeer het.[/quote]


Gawie


Wat kos jy vir 8 ure?

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Thu Mar 13, 2014 4:20 pm
by Gawie(13mm)
JAGTERS REG MOTIVERING wrote:Die fotos se neem en opsit het langer geneem as die maak van die kolf. Ek het bereken dat ek omtrent 8ure in twee weke se tyd gedurende etenstye en na werk op die kolf spandeer het.

Gawie


Wat kos jy vir 8 ure?[/quote]
Ek weet waarheen jy oppad is, maar ek maak meer geld uit 'n kombuis se installasie per dag as wat ek ooit vir 'n kolf kan vra.

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Thu Mar 13, 2014 5:48 pm
by theedge
Maat baie netjies jy mag maar

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Thu Mar 13, 2014 6:59 pm
by Chevvy SS
Gawie se fotos van sy projek het my gat laat juk, en gisteraand voordat ek my eerste enetjie gooi besluit ek toe om vir my sexy meisie ook 'n nuwe nommertjie aan te trek. Die groen kleur van Gawie se China gun het ook my oog gevang en my poging, na 4 ure, lyk so:
Sako1.jpg
Sako2.jpg
Sako3.jpg
Ek het ongelukkig nie tyd gehad om fotos te neem nie.

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Fri Mar 14, 2014 7:42 am
by Gawie(13mm)
Chevvy het my uitgevang. ;D

Dit is die kolf wat my gekiellie het om myne te bou.
Hier is die draad wat ek opgespoor het en my oor die afgrond laat spring het om die projekkie aan te pak.

http://m.instructables.com/id/Building- ... fle-Stock/

Geniet hom.

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Fri Mar 14, 2014 10:28 am
by ludwichras
Ek weet ni of j sal belangstel in olien houd om n kolf te bou nie ek het 3 balke wat groot genoeg is vir n kolf elk

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Fri Mar 14, 2014 12:06 pm
by PWV
Gawie(7mm) wrote:Chevvy het my uitgevang. ;D

Dit is die kolf wat my gekiellie het om myne te bou.
Hier is die draad wat ek opgespoor het en my oor die afgrond laat spring het om die projekkie aan te pak.

http://m.instructables.com/id/Building- ... fle-Stock/

Geniet hom.
Baasspeurder, Chevvy SS! :police:

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Fri Mar 14, 2014 12:37 pm
by Pvdw
Gawie dankie vir die deel. Dis by verre die mees voledige draag wat ek al gesien het hoe om 'n kolf te bou. So oepsie her en daar maak geen afbreek aan jou moeite en eindresultaat nie. ;)

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Fri Mar 14, 2014 1:12 pm
by Kallie Fernhout
Pvdw wrote:Gawie dankie vir die deel. Dis by verre die mees voledige draag wat ek al gesien het hoe om 'n kolf te bou. So oepsie her en daar maak geen afbreek aan jou moeite en eindresultaat nie. ;)
\

Ek dink ook dus briljant gedoen en al die moeite om al die foto's op te laai. Well done Gawie

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Fri Mar 14, 2014 10:06 pm
by Kalahari
Baie netjies Gawie, mag jy ure se genot uit daardie kolf kry.

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Sat Mar 15, 2014 10:54 am
by KalahariKlong
Baie netjies man. Dankie vir die deel.
Eks seker dit was vir jou ook baie leer saam.
As ek so kan vra, wat sou jy anders gedoen het of wat volgens jou was die moeilikste gedeelte van die projek?

Groete
KK

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Sat Mar 15, 2014 9:40 pm
by Gawie(13mm)
Dankie manne. Ek deel graag. Ek het al so baie op die forum geleer dat ek vrywillig verplig gevoel het om 'n slag iets terug te gee.

Ek is bevoorreg om elke dag met my gereedskap te kan werk. Met die projek was daar niks snaaks of moeilik vir my nie. Dit is darem ook nie die eerste kolf wat ek aanpak nie. Doen jou beplanning goed en skryf dit neer voor jy begin. Meet twee keer en sny of beitel een keer. Baie manne begin by die aksie se pas, want as jy daarmee 'n fout maak kan jy net so wel oor begin.

Ongeduld is jou grootste vyand.

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Mon Mar 17, 2014 8:13 am
by Shaker
Ek het deur so paar DIY's gekyk op die forum en ek moet sê die manne hoef nie terug te staan vir enigeen wanneer dit by hande werk kom nie.

Die probleem is julle laat dit so maklik lyk!

Baie mooi kolf!

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Tue Mar 18, 2014 8:15 pm
by Gert Odendaal
Skitterende werk Gawie/Chevvy, die groot lekker dit is jou eie hande wat die geweer gebou het, op die ou end is dit miskien net `n kolf maar daar het reeds baie ander planne en idees vorm geneem uit die bou projek.

Die tyd om altyd `n projek aan te pak en klaar te maak is nie elke dag beskikbaar nie, `n mens se lewe neem elke dag ander draaie en familie tyd is ook belangrik.

Dit is werklikwaar `n voorreg om ander manne te sien hulle eie kreatiwiteite uitstal...ons almal leer baie uit julle projekte...en geniet dit terdee.

Dankie vir die deel...

Gert

Re: Taktiese kolf bou 101

Posted: Tue Apr 15, 2014 3:27 pm
by Gawie(13mm)
IMG-20140415-WA0005.jpg
Dankie aan André vir die "John Deere" embleme.
Nog geen olie kolle opgemerk na ek die embleem opgesit het nie. ;)
Het Saterdag die kolf by Malmesbury amptelik ingewei en kon darem 17 uit 20 gonge lui op die dag. Terugskop is van so 'n aard dat ek die skote op 150m kan sien val op die gong met teleskoop op 12 vegroting.

Groete,
Gawie.