Page 5 of 24
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Jun 09, 2016 8:28 am
by Wouter Roets
Lekker Manne!
Kom ook nou net terug van Steenbokpan se wereld. Darem maar erg 11-1-11 om terug te wees die laaste paar dae op kantoor!
Groetnis
Wouter
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Jun 09, 2016 9:08 am
by Stephan86
More ry ons vir 'n wegbreek daar na Marken se rigting.
Hopelik kan ek 'n rooibok en varkie saam huistoe bring.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Jun 09, 2016 3:17 pm
by DriesdlR
Was laasweek vir 4 dae in Marken omgewing. Fantastiese naweek met goeie sukses!!
Een van daardie plekke wat mens net wil teruggaan!!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Jun 09, 2016 3:19 pm
by Trompie
Ek is ook oppad....oor 21 slapies :-)
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Jun 09, 2016 3:43 pm
by Wouter Roets
DriesdlR wrote:Was laasweek vir 4 dae in Marken omgewing. Fantastiese naweek met goeie sukses!!
Een van daardie plekke wat mens net wil teruggaan!!
Dries waar was julle?
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Jun 14, 2016 5:01 pm
by WILLEBEES
Ry more oggend 15 Junie Kalahari bosveld toe vir 4 dae... Eland en vlakverk op die menu...
Uitendelik na die lang wag is die tyd hier...
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Jun 14, 2016 8:06 pm
by JVT172
Vlieg more jhb toe en ry dan donderdag Bandelierskop toe vir Koedoes,rooibokke en dalk n Blouwildebliksem.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Jun 15, 2016 7:17 am
by DanieDegenaar
JVT172 wrote:Vlieg more jhb toe en ry dan donderdag Bandelierskop toe vir Koedoes,rooibokke en dalk n Blouwildebliksem.
Lekker. Ry self more oggend 3 uur uit Centurion om bietjie daar in die bandelierskop omgewing te gaan rond loop. Hoop die koedoes, rooibokke en dalk gemsbokke staan stil!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Jun 15, 2016 7:25 am
by OomMatt
Hier kom die 2de trip , ry so 4.0uur vandag na Tweerivier in Limpopo naby Ellisras , hoor hulle het my Bosbok vas gemaak , en die ander moet koes , hier kom die 9.3x62
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Jun 15, 2016 7:29 am
by Baasvark
Ons ry 10 uur Luckhoff toe - hele klomp springbokke en swb'ste wat moet lê!
Julle ander manne moet dit geniet en veilig bly!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Jun 15, 2016 7:46 am
by Trompie
Dit maak my naar om te hoor hoe baie manne jag die naweek en te weet ek moet nog 2 weke wag...hehe. Geniet dit!!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Jun 15, 2016 9:04 am
by vriell
Saterdagoggend Nam toe...Kudu,Springbok,Gemsbok en dalk Blesbok...
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Jun 15, 2016 9:57 am
by Flip Groenewald
Oppad sutherland toe vir biltong jaggie
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Jun 15, 2016 10:08 am
by sako 30-06
Plaas asb die stories en baie foto's as julle terug is.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Jun 15, 2016 10:24 am
by gillie
Klink my of redelike klompie ouens op pad is, so ek kan maar skietbaan toe gaan sonder om in n ry te wag !
Geniet dit almal en onthou elke hond kry sy dag, maar n brak kry n naweek !

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Jun 15, 2016 1:50 pm
by Bennie Bester
Ry vanaand Carnavon toe vir springbokjag.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Jun 15, 2016 3:00 pm
by Andre308
Mmm, en so kry ek vandag n 13mm oproep wat elke 2de sin vir my se hy ry volgende week op sy jag trip... Sien hy is maar stil hier oor sy trippie.
Ek was net kort van polse sny oor jaloers wees toe ek die foon neer sit.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Jun 24, 2016 7:46 am
by Trompie
So laat ons hoor en jaloers kan wees en oor dit kom! Hehe
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Jun 24, 2016 3:32 pm
by Gian_dP
Ry Sondagoggend vroeg Namibia toe. Koedoes soek in Swartkop se klowe en springbokke op die vlaktes!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Jun 24, 2016 4:35 pm
by tau
18:00 as ek uitval hak ek my kampwa , laai my kinders, gunne en dalk die vrou. Dan gaan ek vir twee weke in Namibie jag en kamp.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Jun 24, 2016 5:15 pm
by Mellies
Ry Dinsdagoggend Oos-Kaap toe. Koedoes is op die spyskaart!!
Met n vleisie...
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Jun 24, 2016 11:40 pm
by Leon Crous
Môre oggend vroeg wegtrek!
So paar Gemse en Springbokke loop daar by Hannes De Klerk, Manubi, Koës. (Hulle het my naam op

)
Groete tot later,
Leon.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sat Jun 25, 2016 12:59 pm
by Trompie
Ek ees donderdag hoedspruit se wereld toe!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Jun 26, 2016 8:31 am
by 6.5/284Norma
Groep van ons jag 10 tot 15 Julie by Oviston - kannie wag nie!!!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Jun 26, 2016 1:47 pm
by Gian_dP