Page 5 of 5

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Tue Apr 04, 2017 11:41 am
by Coenraad V
Dankie Jan

Sent from my SM-G935F using Tapatalk

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Thu Jul 06, 2017 1:04 pm
by Kingy
Hi JanH

Ek het vir jou n PM gelos as jy dalk tyd het!

Groete

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Wed Jul 19, 2017 10:59 pm
by Heinds
Het enige van julle ook die probleem dat julle rubbers opgevreet word deur die drom? Myne het ook nou begin skuif sodra jy die tumbler aansit en dan gooi hulle die drom af van sy spore af.

Weet nie wat om te doen nie.. :-[

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Thu Jul 20, 2017 7:27 am
by Gawie(13mm)
Heinds wrote:Het enige van julle ook die probleem dat julle rubbers opgevreet word deur die drom? Myne het ook nou begin skuif sodra jy die tumbler aansit en dan gooi hulle die drom af van sy spore af.

Weet nie wat om te doen nie.. :-[
Vervang die "rubbers"?

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Thu Jul 20, 2017 7:32 am
by Heinds
Gawie(13mm) wrote:
Heinds wrote:Het enige van julle ook die probleem dat julle rubbers opgevreet word deur die drom? Myne het ook nou begin skuif sodra jy die tumbler aansit en dan gooi hulle die drom af van sy spore af.

Weet nie wat om te doen nie.. :-[
Vervang die "rubbers"?
Makliker gese as gedoen ou Gawie. Die goed was gemaak uit n mould uit wat nie meer bekombaar is nie. Net gewonder of iemand nie met dieselfde storie sit met n boeremanier met iets van winkelrakke af nie.

Die "catch" is die stopper om te keer dat die drom nie vorentoe of agtertoe rol en so afhardloop nie..

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Thu Jul 20, 2017 8:50 am
by Jean Marais
Ek het op myne inserts sommer van 'n stuk tuinslang gemaak, wat dieselfde dikte was as die van die as, en dit tussen die swart rubbers gesit om te keer dat die rubber stoppers kan rondskuif op die as terwyl die drom roteer. Dit werk baie goed. Dis dan ook net noodsaaklik dat die platvorm mooi waterpas moet lê, anders is die drom geneig om heeltyd teen die rubber stopper te druk, wat hom dan sal beskadig.

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Thu Jul 20, 2017 9:02 am
by Gawie(13mm)
Jean Marais wrote:Ek het op myne inserts sommer van 'n stuk tuinslang gemaak, wat dieselfde dikte was as die van die as, en dit tussen die swart rubbers gesit om te keer dat die rubber stoppers kan rondskuif op die as terwyl die drom roteer. Dit werk baie goed. Dis dan ook net noodsaaklik dat die platvorm mooi waterpas moet lê, anders is die drom geneig om heeltyd teen die rubber stopper te druk, wat hom dan sal beskadig.
Jy is jou ma se slimste kind. ;D Ek wou dit ook nou voorstel.

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Thu Jul 20, 2017 11:36 am
by joe rocket
Netso! n stuk swart kompressor pyp werk ook en is baie sterk.

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Thu Jul 20, 2017 12:51 pm
by Jean Marais
Gawie(13mm) wrote:
Jean Marais wrote:Ek het op myne inserts sommer van 'n stuk tuinslang gemaak, wat dieselfde dikte was as die van die as, en dit tussen die swart rubbers gesit om te keer dat die rubber stoppers kan rondskuif op die as terwyl die drom roteer. Dit werk baie goed. Dis dan ook net noodsaaklik dat die platvorm mooi waterpas moet lê, anders is die drom geneig om heeltyd teen die rubber stopper te druk, wat hom dan sal beskadig.
Jy is jou ma se slimste kind. ;D Ek wou dit ook nou voorstel.
So-iets, of hoe?

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Thu Jul 20, 2017 12:57 pm
by Gawie(13mm)
Dat so 'n brein nou eendag tot niet moet gaan. ;D

Daarsy!Heinds kom in!
Indien die pyp lekker styf oor die as pas, kan jy selfs daai bestaande rubbers verwyder en net met die pyp werk. Jy kan dan wiel-laers met die regte ID oor die as skuif en gebruik as kantstutte sodat die drom nie kan skuif nie.

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Thu Jul 20, 2017 1:13 pm
by Heinds
Ek is nou hoeka besig om n tuinslang vlenters te sny. Ou JM was so gaaf om die details van sy boeremanier vanoggend te stuur. Dankie menere, hopenlik sing die doppe weer binnekort!

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Wed Jul 26, 2017 10:05 am
by Kingy
Ek en n vriend het so bietjie te werk gegaan op die tumbler en die eerste een is klaar.
Wat dink julle kerels van hom. Gooi maar laat ek hoor!

https://www.youtube.com/watch?v=7m5fZGb ... e=youtu.be

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Fri Jul 28, 2017 3:18 pm
by Kingy
Hoeveel doppe en hoeveel media (gewig) gooi julle min of meer in die tumbler. Die een wil nie self begin hardloop nie mens moet hom so stoot gee dan hardloop hy mooi.

Wonder of die gewig wat ons in het te veel dalk is!

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Fri Jul 28, 2017 3:35 pm
by Gawie(13mm)
Kingy wrote:Hoeveel doppe en hoeveel media (gewig) gooi julle min of meer in die tumbler. Die een wil nie self begin hardloop nie mens moet hom so stoot gee dan hardloop hy mooi.

Wonder of die gewig wat ons in het te veel dalk is!
Jou probleem is nie gewig nie, maar die motor.
Jy benodig 'n "starting capacitor" om hom aan die gang te kry.
Vra maar die slim manne.

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Fri Jul 28, 2017 3:39 pm
by Kingy
Gawie, ek het n 5U starting capacitor gekoop maar hy laat hom ook nie start nie, ek het n 6u een ook gekry soos deur JanH aan gedui is maar die man se die 6u is running capacitor hy maak dieselfde.

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Wed Aug 09, 2017 12:27 pm
by JanH
Heinds wrote:Het enige van julle ook die probleem dat julle rubbers opgevreet word deur die drom? Myne het ook nou begin skuif sodra jy die tumbler aansit en dan gooi hulle die drom af van sy spore af.

Weet nie wat om te doen nie.. :-[
Heinds wrote:Makliker gese as gedoen ou Gawie. Die goed was gemaak uit n mould uit wat nie meer bekombaar is nie. Net gewonder of iemand nie met dieselfde storie sit met n boeremanier met iets van winkelrakke af nie.
Dagsê Heinds,

Eerstens jammer vir die laat antwoord, ek kom nie gereeld hier op Jaracal meer nie.

Dis waar, ek het 'n mould laat maak vir die bussies die tyd toe ek die tumblers gebou het. Toe die pakkie vol bussies by my huis aankom het die fabriek die mould saamgestuur en ek het nie weer nodig gehad om bussies te maak nie so die mould sit op my rak en stof opgaar in SA.

Ek het staatgemaak op die verskaffer se kennis (itv rubber seleksie) nadat ek die toepassing aan hom beskryf het maar lyk my ons sal moet probeer verbeter. Ek gaan einde van die jaar terug SA toe en sal dan 'n nuwe lopie bussies laat maak en ook probeer om 'n rubber te kry wat nie maklik opgevreet raak nie - sodra hulle gemaak is sal ek 'n plan probeer maak om hulle by almal uit te kry.

Hoop nie ek is die oorsaak van te veel ongerief nie.

Groete,
JanH

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Wed Aug 09, 2017 12:33 pm
by Heinds
JanH wrote:

Hi JanH,

Nee wat die stel loop nou weer mooi met daai modifikasie. As jy weer terug is en rubbers laat maak sal ek n stel by jou koop vir spaar.

Groete
Hein

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Wed Aug 09, 2017 12:36 pm
by JanH
Kingy wrote:Ek en n vriend het so bietjie te werk gegaan op die tumbler en die eerste een is klaar.
Wat dink julle kerels van hom. Gooi maar laat ek hoor!

https://www.youtube.com/watch?v=7m5fZGb ... e=youtu.be
Dagsê Kingy,

Jou tumbler is bakgat en baie netjies! Jy kan definitief trots wees op jou handewerk!

Ek het ook jou epos oor die kapasitors probeer antwoord so goed as wat ek kan, maar ek is ongelukkig nie 'n kapasitor kundige nie.

Die webwerf het 'n oulike video oor kapasitors indien iemand belangstel:
http://www.capacitorformotor.com/starti ... citor.html

Weereens geluk met jou handewerk!

Groete
JanH

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Thu Sep 06, 2018 7:42 am
by Springkudu
Kan iemand vir my 'n indikasie gee hoe groot moet jou agitator wees of hoe ver jou agitator moet uitstaan indien jy met 'n ronde drom werk?

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Thu Sep 06, 2018 12:27 pm
by Gawie(13mm)
Springkudu wrote:Kan iemand vir my 'n indikasie gee hoe groot moet jou agitator wees of hoe ver jou agitator moet uitstaan indien jy met 'n ronde drom werk?
Nie hoër as 5 mm nie.
Twee is genoeg. Jy wil nie hê hul moet die doppe beskadig nie.
Hul doel is net om die doppe te laat tuimel en nie net in die rondte te laat gly nie.
Optimale spoed van die drom is tussen 30 en 45 rpm.

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Thu Sep 06, 2018 12:53 pm

Dankie Gawie. Weereens dom vraag, is dit 30 - 45 rpm terwyl die drom loop met al die media, water en doppe of met die drom leeg?

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler

Posted: Thu Sep 06, 2018 1:09 pm
by Gawie(13mm)
Dit is met doppe, water, seep, sitroensuur en vlekvryestaal pennetjies. ;D