Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Malan123 wrote: Sat Feb 26, 2022 6:48 pm
Kerels, my 3.2 auto is nou 5 jaar oud. Enige iemand wat my ken weet hoe ek ry, veral in die berge. 149000km nou op die clock en ek moes nog net shocks vervang....
Malan, dit kan tog nie waar wees nie. Volgens die Ford kenners moes jy teen die tyd al ten minste een dif, twee ratkaste en die enjin vervang het!
I.p.v. die 2 ratkaste kan ek wel se albei my side steps is moertoe...
My 2018 Ranger 3.2 het nou 88,000km op, ek gaan binnekort sy fabrieks waarborg met nog 2jr/tot 200k km verleng want ek ry nie die bakkie sonder 'n fabrieks waarborg nie. Na ons groot jag in 2021 het ons so 20km buite Graff-Reinet gaan staan met 'n turbo wat die tydelike vir die ewige verruil het...saam met 'n trailer wat 3/4 ton vleis op het... wat in die Kaap moes kom vir verwerking...Ford SA en Karoo Ford in Graaff-Reinet het mooi deurgekom maar dit het my 'n groot knou gegee i.t.v vertroue in Ford se produkte. As dit nie vir die ongelooflike diens was wat ek by Karoo Ford op Graaff-Reinet gekry het nie, het ek my bakkie verkoop sodra ek in die Kaap aangekom het en vandag 'n Toyota gery, hulle het so goed gekyk na ons dat ek verseker eendag 'n bakkie sommer daar sal koop. Die eienaar het vir ons sy nat-nuwe Wildtrak gegee om mee rond te ry en het 'n vleis trailer op sy plaas gaan haal sodat ons vleis kan koud bly vir die dae wat ons daar sou spandeer. Ongelooflik.
Ek het gister die voorreg gehad om in die nuwe Ford Raptor te ry. My pel wat een van die grootkoppe by Ford is het een van die twee training vehicle's vir die naweek gehad. Moet bieg ek is werklik baie impressed. Het wel n bietjie meer klank verwag. Dit is waar wat hulle se dat die bar aansienlik hoer gestel word. Al wat crap is is dat die aflewerings datum wat nou sou wees vir myne uitgestel is na moontlik Februasrie vanwee verskepings probleme van Tailand. Baie, baie frustrerend!
Ek het ook lank met my pel gepraat oor die keuse tussen die Raptor en die Ranger V6 3.0 TDI. Laasgenoemde gaan tien teen een die beter en meer sinlike koop wees, maar nou vra ek weer hoeveel keer n mens lewe...
Jy praat, ek het nou in tien maande drie bande verloor op my BMW, almal links agter, en dit is n enorme probleem om hulle te kry. Ek het dit in my agter kop gehad toe ek die BMW gekoop het, maar het gedink ek het net een pap wiel gehad in oor die tien jaar wat ek Cruisers gery het, so wat is die kaans dat dit op n gereelde basis sou gebeur? Werklik iets om aan te dink deesdae, veral met die skaarste van bande, om nie eers te praat van die kostes nie.
die rapter, of van hulle vat 265/55R20. het laasweek 2x gesoek. die chinese stront kan ek kry. BFG, niks. michellin niks, B/S niks, Goodyear niks. het die laaste 2x grabbers in die land toe gekry vir die man.
Wouter Roets wrote: Mon Oct 31, 2022 9:04 am
Cassie
Jy praat, ek het nou in tien maande drie bande verloor op my BMW, almal links agter, en dit is n enorme probleem om hulle te kry. Ek het dit in my agter kop gehad toe ek die BMW gekoop het, maar het gedink ek het net een pap wiel gehad in oor die tien jaar wat ek Cruisers gery het, so wat is die kaans dat dit op n gereelde basis sou gebeur? Werklik iets om aan te dink deesdae, veral met die skaarste van bande, om nie eers te praat van die kostes nie.
Groetnis
Wouter
Hmmmm.... Wouter so in jou geval is BMW eintlik 'n afkorting vir "Bring meer wiele".....
Ja dit is omtrent so. Gepaard van die feit dat jy nie n run-flat 315?35R22 onder elke boom uitskop nie, moet n mens elke keer twee bande opsit. Dit kos n fortuin! Net hierdie feit sal n mens mooi laat dink in die toekoms oor wat jy koop. Cassie die nuwe Raptor het 17 duim bande, maar ook n redelike bree band, so ek glo n mens gaan ook redelik sukkel om een in die hande te kry.
Hy doen die stouter, ek het Saterdag in een van die V6e gery. Is nie jou standaard ranger die nie, hy trek n bloubul supporter bo van sy...wel julle weet wat af. Ek sal maar op n kol Wout sin moet ry net om te kyk of hy beter ry as sy X Mustang is
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Ja Deon ek ry myne nou al vir n wyle. Wil maar net weet of daar nog manne is wat die sneller op een al getrek het. Cappy jy sal eers bietjie moet werk aan jou rem merkers, want as jy in die Raptor gaan begin briek waar jy dit met die Mustang gedoen het gaan Santam sterk in die prentjie in kom.