Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by ruaanb »

224 kalibers en toets in wind al is dit van voor aikona. Daai klein koeëltjie drift meer as Libbok se pogings.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Lategan1 »

Dankie vir kommentaar. Ek ervaar niemand se skrywe as lelik nie, slegs die wind was lelik! Die wind het skote effe van R na L gedruk. Teleskoop POI gezero op boel, tydens vorige skiet.

Glo ek dit hiermee ondervang.
“Jammerlik moes ek dus op 100 i.p.v. 200m skiet. Onder omstandighede verbasend goed gegaan.”

Vir perspektief en objektief wees, sonder om te herhaal, die skrywes is oor lang tydperk wat veroorsaak dat dinge vergete raak. Dit moet saamgelees word, ongelukkig lang proses en info. Ek dit ook gedoen volgens @captYodo se versoek, die tendense van die onderskeie tegnieke, hoewel subjektief in die wind, strook grootlik met vorige resultate.

@Luan: stem saam. Onthou die oogmerk is om aan te sluit by die OP. My soeke is die generiese of tipiese rede hoekom daar so baie voorbehoude is oor sekere 55gr koeëls in die .223. Ek wil dus eers agter die kap van die byl kom, wat ek grotendeels het, oor dit wat elkeen van ons kan beheer.

@JD: Borescope paar jaar terug gedoen. Loop se kroon oorgesny.

@Arnold: dalk verwar ek jou inset met iemand anders sin. My MOA groepe staan getik op die laaste 4 teikens. Let op al 4 se 3-skoot groepe. Die beste teiken #3 oortref die ander algeheel in alle opsigte, deurlopend saam met vorige kere.

Algemeen. Iemand wat .223 skiet in wind, ken van sukkel en leer om die wind te ry!! Ek is eens, kan mogge troffe wees. In my evaluasie daarvoor toegelaat. Ek het gefokus op die vertikaal.

Die verbetering genoem is nie slegs gemeet teenoor die vorige resultate nie, maar sedert die aanvang. Die strekking is dus KONSTANT beter en is die growwe uitskieters BEPERK,(soos genoem) nie elimineer nie. Daar kom Luan se voorstel bes moontlik in saam met die BBB van presisieskiet.
Wat uitstaan is dat #3 WEEREENS die beste is, ongeag perfekte of storm toestande. Dit kan toeval wees, maar die logiese afleiding is dat deur #3 te kies vir herlaai, soos aangedui, afwyking gemeet teenoor die vorige geen wind teiken, wel sal aandui waar Dawid die wortels begrawe het!! So ja, dit sal fyn gemonitor word om te bevestig dat die expander mandrel wel die groot/grootste verskil maak tesame met die LCND.

Dankie ook aan veral @Apie. Sy insette het my in goeie rigtings gestuur.

Glo ek alles gedek.

[] @Arnold, ja vorige foto’s se 100m groepe was mooi, slegs 3-skoot groepe, maar steeds effe wisselvallig, veral sodra ek afstand rek.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Post by Lategan1 »

Verder hiertoe.

[voltooi]

Die beste groep van die onderskeie tegnieke laaste hier geplaas t.w. #3, vorm nou deel van 10 lotte op dieselfde manier voorberei, ouer sowel as nuwe groepe. Die gemiddelde hiervan is 0.66 MOA, 100-300m afstande, swak/sterk wind en 3 tot 6-skoot groepe ingesluit.

Die uitskiet/flyer groepe het sedert ek met hierdie proses begin het, afgeneem van 1.89 MOA tot 1.19 MOA.

Ek het 2 aspekte verder verbeter nl:
1) Die lot toetsdoppe fyner uitgeklas, geweeg maks. 0.9gr verskil.
2) Koeëls basis tot ogief uitgeklas, gemeet maks. 0.001” verskil.

My uitskieters is konstant beperk, vir die enkeles steeds met my minus die skutfout, is daar ook ‘n moontlike oplossing.

Daar is duidelike interessante voorkomste wat ek met verloop in aparte draad sal plaas.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Post Reply