Page 5 of 6

Re: Probleme met Forum

Posted: Thu Mar 26, 2026 9:29 am
by jaracal
Ons het gister 'n redelike groot cyber attack beleef wat ons forum so besig gehou het dat dit aflyn gegaan het. Ons het nou verdere stappe gedoen om dit te beveilig so indien julle probleme ondervind laat maar weet. Ons het ook vir eers alle buitelandse "traffic" gestop.
So laat weet maar vir julle vriende in die buiteland, ons werk daaraan.
Groete
Heinrich

Re: Probleme met Forum

Posted: Thu Mar 26, 2026 12:22 pm
by partner
Baie Dankies weer vir al Jou Moeite Heinrich. Waardeer Bitter Baie. Groete.

Re: Probleme met Forum

Posted: Fri Mar 27, 2026 10:21 pm
by Rudi Fischer
Tapatalk werk glad nie.
Laat my nie toe om in te log nie, aanvaar nie my passwords nie.

Re: Probleme met Forum

Posted: Sat Mar 28, 2026 3:17 pm
by Albertdwk
My dieselfde, kan nie inlog op Tapatalk nie.

Re: Probleme met Forum

Posted: Sun Mar 29, 2026 10:23 pm
by Flip Nel
Myne ook, kan nie inlog op Tapatalk nie. As ek met my paratus internet proebeer inlock laat hy my nie toe nie, dink dis oor ek in namibia is. Laai ook bitter stadig

Re: Probleme met Forum

Posted: Sun Mar 29, 2026 10:54 pm
by jaracal
Ek sien dat Tapatalk tans nie werk op die forum nie. Ek is bewus daarvan en werk aan die probleem.
Sal dit so vinnig as moontlik probeer herstel.
Groete
Heinrich

Re: Probleme met Forum

Posted: Wed Apr 01, 2026 7:46 am
by jaracal
Wil weet hoe die lede nou die forum ervaar. By my is die oopmaak vir lees nou baie vinnig alhoewel die posting nog so 12-15 sek vat.
Groete
Heinrich

Re: Probleme met Forum

Posted: Wed Apr 01, 2026 3:19 pm
by TFDADD
Dankie Heinrich, alles werk flink aan my kant.

Dankie vir redigeer/(edit) funksie wat weer beskikbaar is op eie plasings.

Re: Probleme met Forum

Posted: Wed Apr 01, 2026 4:28 pm
by partner
Dankies Heinrich. By My Kant ook alles Reg. Die Mark All Read Kom ook weer by My op.

Re: Probleme met Forum

Posted: Mon Apr 13, 2026 2:33 am
by Fanta300
Ek sukkel deesdae om fotos te laai. In die verlede as ek fotos gekies het kon ek die resolusie kies om hulle klein genoeg te maak. Nou skielik gee hy my nie die opsie nie. Wat het verander?
Fantie

Re: Probleme met Forum

Posted: Mon Apr 13, 2026 12:05 pm
by 6mmMusgrave
Hi

die forum wil glad nie meer werk op die foon nie. op die rekenaar werk hy lekker maar op die foon is alles vrek deurmekaar. Is daar dalk 'n setting wat ek kan verander.

Groete
jacques

Re: Probleme met Forum

Posted: Thu Apr 16, 2026 9:19 pm
by tripodmvr
Maksimum file grootte is nou 300Kb. Sukkel om fotos te plaas.

Re: Probleme met Forum

Posted: Sun Apr 19, 2026 1:02 pm
by Rudi Fischer
Gaan ons ooit weet Tapatalk kan gebruik met die forum ?

Re: Probleme met Forum

Posted: Sun Apr 19, 2026 11:33 pm
by Flip Nel
Ons is namibia is ook nog in die donker.

Re: Probleme met Forum

Posted: Mon Apr 20, 2026 9:02 pm
by JF123
Nou vir ʼn slag terug in SA. Werk glad nie in die buiteland nie.

Hoe is dit dat Jaracal ʼn probleem het, maar Gunsite, Snipershide, ens werk sonder ʼn probleem?

Re: Probleme met Forum

Posted: Tue Apr 21, 2026 10:03 am
by jaracal
Goeie dag. Jaracal was onder 'n baie groot cyber attack en is daar sekere stappe geneem om dit te voorkom waaronder alle buitelandse "traffic" gestop is. Dit sal eersdaags weer oop wees vir alle lande.
Groete
Heinrich.

Re: Probleme met Forum

Posted: Tue Apr 21, 2026 10:15 am
by Victor_
Rudi Fischer wrote:Gaan ons ooit weet Tapatalk kan gebruik met die forum ?
My Tapatalk werk nog.

Sent from my SM-A556E using Tapatalk


Re: Probleme met Forum

Posted: Tue Apr 21, 2026 10:18 am
by Dehan.Rheeder
Victor_ wrote:
Rudi Fischer wrote:Gaan ons ooit weet Tapatalk kan gebruik met die forum ?
My Tapatalk werk nog.

Sent from my SM-A556E using Tapatalk
Selfde die kant, Tapatalk werk nog heeltyd vir my ook.

Sent from my SM-A566B using Tapatalk


Re: Probleme met Forum

Posted: Tue Apr 21, 2026 10:36 am
by jaracal
Indien julle vriende het wat in die buiteland is, hoor by hulle of hulle nou weer toegang het to Jaracal?
Sal goed wees om te weet. Het die blok nou verwyder.
Groete
Heinrich

Re: Probleme met Forum

Posted: Tue Apr 21, 2026 12:17 pm
by Methos
Ek kan nou weer vir Jaracal sien hier van Frankryk af - dit was frustrerend of niks te kan sien! Dankie

Re: Probleme met Forum

Posted: Tue Apr 21, 2026 12:44 pm
by jaracal
Baie dankie vir die laat weet.
Heinrich

Re: Probleme met Forum

Posted: Tue Apr 21, 2026 4:08 pm
by Flip Nel
jaracal wrote: Tue Apr 21, 2026 10:36 am Indien julle vriende het wat in die buiteland is, hoor by hulle of hulle nou weer toegang het to Jaracal?
Sal goed wees om te weet. Het die blok nou verwyder.
Groete
Heinrich
Baie Dankie, ek kan weer die forum gebruik.

Re: Probleme met Forum

Posted: Tue Apr 21, 2026 6:21 pm
by jdpretorius
Rudi Fischer wrote: Sun Apr 19, 2026 1:02 pm Gaan ons ooit weet Tapatalk kan gebruik met die forum ?
Lyk my ek's in Rudie se booitjie... by my werk Tapatalk ook nie.

Re: Probleme met Forum

Posted: Tue Apr 21, 2026 9:31 pm
by Flip Nel
jdpretorius wrote: Tue Apr 21, 2026 6:21 pm
Rudi Fischer wrote: Sun Apr 19, 2026 1:02 pm Gaan ons ooit weet Tapatalk kan gebruik met die forum ?
Lyk my ek's in Rudie se booitjie... by my werk Tapatalk ook nie.
selfde by my, maar kan nou met my rekenaar opkom

Re: Probleme met Forum

Posted: Sun Jun 28, 2026 11:35 am
by Blitzzz
Myne werk steeds nie. Bestaan daar nog so iets soos Taparalk Pro. Al gedink ek moet die app update maar sien nie die Pro version.