Page 41 of 45

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Thu Apr 22, 2021 2:29 pm
by Philip_L
Lategan1 wrote: Wed Apr 21, 2021 7:35 pm Baie geluk, ‘n meneer onder die seuns 8)

Dalk is Nico se verkoper onderhandelbaar met die pryse? Hiermee.

viewtopic.php?f=19&t=81479

Beste.
Dankie, boodskap gestuur.

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Thu Apr 22, 2021 9:36 pm
by tripodmvr
Onderstaande op 'n Aussie jagforum gekry.

One is an American icon, the other Euro trash. If you believe in the red, white and blue, apple pie and God fearing men go Whelen. If you think blood and faeces is a lubricant go 9.3...

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Thu Apr 22, 2021 9:43 pm
by Hennie Oelofse
tripodmvr wrote: Thu Apr 22, 2021 9:36 pm Onderstaande op 'n Aussie jagforum gekry.

One is an American icon, the other Euro trash. If you believe in the red, white and blue, apple pie and God fearing men go Whelen. If you think blood and faeces is a lubricant go 9.3...
Suur druiwe. Jy kan nie n Whelen met 9.3 vergelyk nie.

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Thu Apr 22, 2021 10:17 pm
by Flip Nel
Hennie Oelofse wrote:
tripodmvr wrote: Thu Apr 22, 2021 9:36 pm Onderstaande op 'n Aussie jagforum gekry.

One is an American icon, the other Euro trash. If you believe in the red, white and blue, apple pie and God fearing men go Whelen. If you think blood and faeces is a lubricant go 9.3...
Suur druiwe. Jy kan nie n Whelen met 9.3 vergelyk nie.
Stem

Sent from my SM-G610F using Tapatalk

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Sat Apr 24, 2021 7:41 pm
by RugerBoy
Philip_L wrote: Wed Apr 21, 2021 7:00 pm Hi almal

My Nege3 is vandag goedgekeur, so nou begin die lang wag vir die kaartjie.

Ek wil intussen solank kyk om herlaai kompomemte bymekaar te maak, so as iemand op die forum het wat hulle dalk in die mark wil sit, laat weet my asb.
Het nog niks vir hom nie so sal kyk na matryse, koeels, doppe ens.

As ek nie dadelik regkom nie sal ek vir eers fabrieks ammo gebruik. Enige aanbevelings of patrone wat ek moet vermy? Gaan gebruik word vir algemene bosveld jag.
Hallo Philip

Baie geluk, jy is amper daar. Gaan skiet nou maar vir die laaste keer met die ander gewere want jou moeilikheid is oppad. Dink die meeste sal saam stem die 9,3x62 is redelik maklik om aan die skiet te kry. As jy begin kyk na helaai, ek is baie gelukig met Norma 203B kruit, ek het maklik by 2450 fps uitgekom en toe op 2350 fps besluit omdat ek nie dink dit is nodig vir hoe spoed nie. Gelaai met Hornary Interlock, Norma Oryx of Swift A -Frame als skiet so te se op die selfde plek. Ek gebruik Sako doppe, hulle volume is konstant, anders sou ek Norma doppe gebruik as ek moes.

As jy fabrieks ammo moet koop, PMP is die goedkoopste en werk goed. Selfs S&B. Ek was baie gelukig met die Sako Hammerheads. Ander opsie is om rond te kyk vir die Norma 325gr ammo. Hulle pryse is nog goed. Dink heelwat is ou voorraad. Duurder as om PMP uit te skiet maar jy gaan beter doppe he vir herlaai.

Hennie hier hou weer van Reloader 17

Skree as daar nog iets is, die is maar my 2c

Groete
Andries

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Sun Apr 25, 2021 8:08 pm
by Hennie Oelofse
RugerBoy wrote: Sat Apr 24, 2021 7:41 pm

Goeie raad hierbo.

Ek het n vriend wat 286gr A-Frames met Norma 203B laai teen 2450fps. Hy het nou onlangs n mooi buffel bul met sy 9.3 gejag. Ek het nie baie ondervinding met 203B nie. Maar weet dit is een van die beste poeiers vir n 9.3x62. Ek dink self nie dit is nodig om spoed te jaag met die 9.3x62 nie. Ek moes minimum 2505fps met n 286gr punt bereik om gevaarlike wild wettiglik met n 9.3x62 te mag jag in Namibië. RL-17 is die enigste poeier wat daai spoed veilig kan bereik. Dis was aanvanklik my dryfkrag agter RL-17. Ek het egter ook bevind dat dit n baie akkurate poeier is. As ek ooit die geleendtheid kry om gevaarlike wild elders te jag waar daar nie wetlike reëls is wat nagekom moet word nie sou ek n matige spoed van 2400fps laai.

Ek glo maar in Swift A-Frames en Barnes X punte. Ongelukkig is kwaliteit punte duur deesdae. Ek wil bietjie Viper Bullets se 286gr bush supreme monolitiese punt toets, dit lyk asof dit n goeie goedkoper opsie kan wees.

Groete.

Hennie

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Mon Apr 26, 2021 7:21 am
by HunterB
Philip_L wrote: Wed Apr 21, 2021 7:00 pm Hi almal

My Nege3 is vandag goedgekeur, so nou begin die lang wag vir die kaartjie.

Ek wil intussen solank kyk om herlaai kompomemte bymekaar te maak, so as iemand op die forum het wat hulle dalk in die mark wil sit, laat weet my asb.
Het nog niks vir hom nie so sal kyk na matryse, koeels, doppe ens.

As ek nie dadelik regkom nie sal ek vir eers fabrieks ammo gebruik. Enige aanbevelings of patrone wat ek moet vermy? Gaan gebruik word vir algemene bosveld jag.
More,

Ek het nog nie naby so baie ondervinding met n 9.3 soos die manne hierbo nie. Maar wil tog my 5c lewer.

Ek het vir my 286gr CLAW punte gekoop toe ek my geweer gekry het. Hulle gelaai met S341 vir matige spoed van so 2300fps. Lekker goedkoop punt om daai jeuk van daai sneller af te skiet. Asook om die geweer gewoond te raak. (ek weet vir almal is die recoil van n 9.3 nie so baie nie, maar as jy 99% 6 en 6.5mm's met muzzelbrake skiet moet mens maar weer die regte tegnieke volg).

Vir die Vrystaat hier by ons laai ek n 232gr Norma Oryx met N550 teen so 2680fps wat lekker baie mooi skiet.

Daar le ook 286gr Normas in die kas maar het Lapua Mega gekoop teen R660/20 asook Sako Hammerheads wat ek laasweek opgelaai het vir R695/20. So vir die bos sal ek reg wees vir n ruk voor ek sal herlaai.

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Wed Apr 28, 2021 3:56 pm
by Heinb
Hallo Manne.
As julle dalk so gaaf kan wees om te help met herlaai data vir die 9.3x62 met Norma 203B kruit en 286gr punte.
Wat is n veilige lading om mee te begin?
Ek het vir baie jare S335 gelaai teen n baie matige spoed. Intussen het ek n nuwe 9.3x62 gekoop en beplan om Norma 203B te laai.
Ek sal jul hulp waardeer.

Groete Hein.

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Wed Apr 28, 2021 8:13 pm
by RugerBoy
Hallo Hein

Ek loer vir jou as ek by die huis kom. Laat weet jou more of nog later vanaand.

Watse punte beplan jy om te gebruik?

Groete
Andries

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Wed Apr 28, 2021 8:29 pm
by Heinb
Dankie Andries.
Ek het swift a frames en nosler partitions wat ek wil toets.
Albei 286gr.

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Wed Apr 28, 2021 8:31 pm
by Dale SH
what is your barrel length ?

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Wed Apr 28, 2021 8:38 pm
by Heinb
22”

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Wed Apr 28, 2021 8:41 pm
by Dale SH
9.3x62.jpg
I think there figures are for a 22 inch barrel.

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Wed Apr 28, 2021 8:47 pm
by Heinb
Thanks Dale.
Appreciate it.

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Wed Apr 28, 2021 8:50 pm
by Dale SH

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Thu Jun 03, 2021 8:12 pm
by Hoenderhokkie
Naand manne

Ek het op 'n kort kennisgewing die geleentheid gekry om 'n buffelkoei te gaan jag en beplan om my 9.3x62 te gebruik. Ek moet nou 'n nuwe lading ontwikkel en twyfel oor my keuse van punte. Ek het toegang tot Peregrine se VRG3 286gr en VRG2 293gr asook Rhino se 286gr soft. Ek het geen ervaring met die Peregrine nie (herlaai en jag), maar wel met die Rhino. Ek luister graag na julle opinies.
Groete
Jacques

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Thu Jun 03, 2021 8:45 pm
by Hennie Oelofse
Hoenderhokkie wrote: Thu Jun 03, 2021 8:12 pm Naand manne

Ek het op 'n kort kennisgewing die geleentheid gekry om 'n buffelkoei te gaan jag en beplan om my 9.3x62 te gebruik. Ek moet nou 'n nuwe lading ontwikkel en twyfel oor my keuse van punte. Ek het toegang tot Peregrine se VRG3 286gr en VRG2 293gr asook Rhino se 286gr soft. Ek het geen ervaring met die Peregrine nie (herlaai en jag), maar wel met die Rhino. Ek luister graag na julle opinies.
Groete
Jacques
Ek glo dat altwee sal goed werk penetrasie gewys. Ek weet daar is baie manne wat glo in beide punte, en beide is geskik vir buffel jag in my opinie, maar ek wil n paar punte noem wat moontlik n rol kan speel in jou finale keuse.

Daar is twee redes, wel eintlik 3 redes hoekom ek nie peregrine persoonlik sou kies nie.

Eerste rede is dat hulle nie cycle in my CZ550 nie, as gevolg van die plat punt voor steek hulle vas in my aksie se kamer. Dus glad nie n geskik vir gevaarlike wild jag met my geweer nie. So kyk eerste of hulle cycle in jou geweer. (Hulle maak so met baie gewere.)

Tweede rede, en dis my persoonlike opinie. Soos genoem het ek self die 286 peregrines getoets, hulle is n mono punt wat hulle redelik lank maak. (Die langste 286gr punt wat ek al gesien het) Dit het n nadeel in die sin dat dit baie dop spasie opvat. Dus sukkel jy om ordentelike spoed uit hulle uit te kry, selfs met RL-17 poeier. Peregrines moet ongelukkig n hoë impak spoed beryk om mooi oop te maak. So, die risiko is dat die punt nie mooi gaan mushroom nie en meer soos n solid werk.

Die derde rede is dat hulle soms "tumple" binne die dier wat gejag word. Ek het nog nooit gehoor of gesien dat n A-Frame of Rhino dit doen nie.

My eerste keuse is A Frames, daarna sou ek Rhinos gekies het.

Dis darem n lekker gevoel om te beplan vir n buffel jag. Geniet dit ten volle en stuur aseblief fotos!!

Groete,

Hennie Oelofse

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Thu Jun 03, 2021 9:56 pm
by Hoenderhokkie
Baie dankie vir die terugvoering Hennie. Ja, die Peregrine is nogal lank en ek weet ook nie watter spoed ek gaan bereik met die S335 en Sako doppe nie. Ek het gesoek vir die A Frames, maar kon nie kry nie. Die 1ste skoot sal dan met die Rhino sagte punt wees en ek aanvaar dit sal opgevolg moet word met solids? Indien wel, sal ek moet soek vir Rhino 286gr solids.

Groete
Jacques

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Fri Jun 04, 2021 6:46 am
by Hennie Oelofse
Hoenderhokkie wrote: Thu Jun 03, 2021 9:56 pm Baie dankie vir die terugvoering Hennie. Ja, die Peregrine is nogal lank en ek weet ook nie watter spoed ek gaan bereik met die S335 en Sako doppe nie. Ek het gesoek vir die A Frames, maar kon nie kry nie. Die 1ste skoot sal dan met die Rhino sagte punt wees en ek aanvaar dit sal opgevolg moet word met solids? Indien wel, sal ek moet soek vir Rhino 286gr solids.

Groete
Jacques
Dit sal goed wees as jy hulle so kan laai. Ek ken nie S 335 so goed persoonlik nie, maar glo jy sal goeie resultate kan kry. Ek weet die Rhino solids lyk bietjie anders as die solid shanks, so speel maar rond met die spoed en tpl om te kyk dat jy die "point of impact" tussen die twee so naby as moontlik kry. Die eerste skoot met die solid shank is maar die belangrikste, daarna moet jy net passop met die solids as jy vinnige opvolg skote skiet in n trop situasie. n goed gelaaide solid sal maklik deur n buffel gaan en kan moontlik aan gaan om n tweede buffel te kwes. So hou dit net in gedagte as jy die solids gebruik.

Ek het self n buffel jag wat wag net om die draai, so ek deel jou opgewondenheid.

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Fri Jun 04, 2021 7:17 am
by DWB
Laai jou magasyn vol Rhinos en gaan jag jou buffel!

Onthou, koei = trop, jy soek nie 'n solid wat gaan deur fluit nie!

Dis 'n besonderse ervaring! Geniet dit en kom wys fotos!

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Fri Jun 04, 2021 7:56 am
by Hennie Oelofse
DWB wrote: Fri Jun 04, 2021 7:17 am Laai jou magasyn vol Rhinos en gaan jag jou buffel!

Onthou, koei = trop, jy soek nie 'n solid wat gaan deur fluit nie!

Dis 'n besonderse ervaring! Geniet dit en kom wys fotos!
Ek stem saam.

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Fri Jun 04, 2021 3:41 pm
by Hoenderhokkie
Dankie vir julle insette. Ek sal terugvoering gee as ek terug is. Hennie alle voorspoed met jou buffeljag wat voorlê. In jou plasings kan ek lees dat jy baie moeite en voorbereiding tref vir die jag. Deon indien ek die jag geniet en myself kan oorreed dat dit elke jaar bekostigbaar is, sal ek graag 'n 404 wil aanskaf.

Groete

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Fri Jun 04, 2021 3:58 pm
by Hennie Oelofse
Hoenderhokkie wrote: Fri Jun 04, 2021 3:41 pm Dankie vir julle insette. Ek sal terugvoering gee as ek terug is. Hennie alle voorspoed met jou buffeljag wat voorlê. In jou plasings kan ek lees dat jy baie moeite en voorbereiding tref vir die jag. Deon indien ek die jag geniet en myself kan oorreed dat dit elke jaar bekostigbaar is, sal ek graag 'n 404 wil aanskaf.

Groete
Baie dankie ek waardeer. Deel reëlings en beplanning is deel van die lekker en opwinding.

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Sat Jun 05, 2021 8:14 am
by Frederik
Laai en gooi Rhino softs en kry klaar. Moet nie te veel bekommer oor solids nie nie nodig nie daardie lang rhinos sal die werk doen.
Skootplasing is jou no.1 veral met frontale skote.

As jy regtig ander koeel wil probeer kan jy Woodleigh ook probeer die kans dat hulle gaan deurfluit op dwars buffel koei is bitter min maar maak lekker oop en korterige koeel wat jou meer plek gee vir kruit moet nie nie die recommended impact speed verbysteek nie.

Re: 9.3x62 Revolusie

Posted: Mon Jun 07, 2021 9:21 am
by LoopSoosStroop
Het enige van julle 9.3 manne dalk 'n Ruger M77 African? Daar was so 10 jaar terug 'n paar van hulle ingebriung in 9.3x62.