Page 50 of 50
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Aug 03, 2026 7:44 am
by toxicsox
Daar is ook huidiglik ‘n probleemby Garsfontein. Ek het aansoek gedoen ‘n maand terug en het laasweek gaan navraag doen oor my REFERENCE nommer. Hulle het net vir my gesê, jammer ons het dit nognie gecapture nie. Daar het ‘n hoop gelê wat nog eers by Garsfontein self gecapture moet word….
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Aug 03, 2026 8:08 am
by jooste
Lyk my die stelsel het getank.
Ek het 21 Jan 2026 ingedien by Wierdabrug en het sms op 30 Jan met verwysingsnommer ontvang. Tot dusver geen beweging op Flash nie. Dui slegs aan dat hernuwing "In Process" is.
Navraag by Prov deur Wierdabrug DFO is dat hulle baie besig is met ongedokumenteerde buitelanders (wonder wat dit met wapen register lede te doen het) en dat hulle nie nou aandag gee aan lisensie aansoeke en hernuwings nie.
DFO ook meer op verlof as op kantoor en dus is opvolg maar baie swak.
So jagters - die van julle wat, soos hierbo genoem, vinnig reggekom het moet maar net dankbaar wees.
Mooi dag.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Aug 11, 2026 7:48 pm
by Pvdw
Donderdag nuwe aansoek in gegee en betaal. Vrydag my sms met verwysing gekry en vandag op SAPS se stelsel gesien die aansoek is by die DFO. So hy is darm in die stelsel en oppad. Kom ons kyk wat gebeur.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Aug 12, 2026 7:13 am
by Capt. Yoda
Maat van my het ook laas week 4 nuwes in gesit, 2 dae toe is hulle op die stelsel
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Aug 19, 2026 9:09 pm
by Armand Steenkamp
Capt. Yoda wrote: Wed Aug 12, 2026 7:13 am
Maat van my het ook laas week 4 nuwes in gesit, 2 dae toe is hulle op die stelsel
En daai is waar die vinnige vordering stop.....
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Aug 20, 2026 5:22 am
by Lapua
Ek en my vrou het December 2024 ons handwapen hernuwings aansoeke in gehandig en na herhaaldelikke navrae is dit gister goed gekeur. Wat krap is dat ons bevoegheid hernuwimgs saam in gesit is en ons het dit al Feb 2025 gekry!
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Aug 20, 2026 6:08 am
by Ds J
4 maande vir n S.13 hernuwing
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Aug 20, 2026 7:56 am
by Toxxyc
Lapua wrote: Thu Aug 20, 2026 5:22 am
Ek en my vrou het December 2024 ons handwapen hernuwings aansoeke in gehandig en na herhaaldelikke navrae is dit gister goed gekeur. Wat krap is dat ons bevoegheid hernuwimgs saam in gesit is en ons het dit al Feb 2025 gekry!
Ek het in 2022 aansoek gedoen vir my Sec 13 hernuwing. Ek het nou nog nie my kaartjie nie. Hy is so 4 of 5 maande terug goedgekeur, maar dis dit.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Aug 20, 2026 8:24 am
by Capt. Yoda
Armand Steenkamp wrote: Wed Aug 19, 2026 9:09 pm
Capt. Yoda wrote: Wed Aug 12, 2026 7:13 am
Maat van my het ook laas week 4 nuwes in gesit, 2 dae toe is hulle op die stelsel
En daai is waar die vinnige vordering stop.....
Ja ek het ook n varse wat ek wil doen en het gehoop dinge vorder bq vinnig maar as ek hom dam begin volgende jaar kan he sal dit oulik wees
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Aug 20, 2026 11:44 am
by finch
finch wrote: Tue May 19, 2026 3:46 pm
Ek het vandag weer daai lieflike sms gekry (nee nie die bank wat se jou salaris is inbetaal nie), my .22 lisensie aansoek is goedgekeur op dag 92 na aansoek ingedien was. So my data van die laaste 2 jaar se al my aansoeke het vinnig deur die plaaslike en provinsiale hekkies gespring maar dan het dit gehang in "Received at CFR" tot die 90 dae periode om is. Maar ten minste was hulle almal binne n dag of twee voor of na die 90 dae goed gekeur.
Het lisensie kaartjie eers gister opgetel... 90 dae om deur proses te kom en amper nog 90 dae om kaartjie te print. My voorstel vir almal is maar om die tydelike papier lisensie te kry by jou DFO anders gaan die wag vir die kaartjie jou dalk net verder frustreer.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Aug 20, 2026 4:17 pm
by Mellies
My nuutste lê al vir twee weke 'in prep for consideration'.
13 Mei 2026 eerste boodskap gekry dat DFO besig is.
Vier maande lyk haalbaar.
Met n vleisie...
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Sat Aug 22, 2026 4:56 pm
by Pvdw
Mellies wrote: Thu Aug 20, 2026 4:17 pm
My nuutste lê al vir twee weke 'in prep for consideration'.
13 Mei 2026 eerste boodskap gekry dat DFO besig is.
Vier maande lyk haalbaar.
Met n vleisie...
Hierdie is dnie te sleg nie. as my aansoek rofweg so loop sal ek tevrede wees.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Aug 24, 2026 11:40 am
by Mellies
Mellies wrote: Thu Aug 20, 2026 4:17 pm
My nuutste lê al vir twee weke 'in prep for consideration'.
13 Mei 2026 eerste boodskap gekry dat DFO besig is.
Vier maande lyk haalbaar.
Met n vleisie...
Approved.
So week langer as drie maande.
Laaste hernuwings was sewe dae.
Met n vleisie...
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Aug 24, 2026 1:43 pm
by Lapua
Goeie dag
Ek was vandag by ons DFO en hulle reken my dat hulle nie printout dokumente gee vir goed gekeurde hernuwinhs nie, net vir nuwe lisensies. Enige iemand anders dit al teegekom?
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Aug 24, 2026 1:49 pm
by Capt. Yoda
Jou renewal is geldig vandat jy betaal het, geen rede vir n printout nie
Tegnies gaan winkels moan as jy primer, ammo of kruit wil koop veral as jy 2 jaar en 4 maande nou wal wag vir n renewal en natuurkik is die verval datum op jou kaar al 2 jaar en 1 maand gelede maar dis die rede hoekom hulle nie printouts doen nie want volgens die powers that be "sou" of moes die renwal al af gehadel gewees het voor hy verval het
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Aug 24, 2026 3:06 pm
by Lapua
Dankie Kaptein
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri Aug 28, 2026 10:06 am
by Hennie van der Merwe
Goeie more, was gister by Brooklyn DFO. Hulle sê die printing van lisensie kaarte is 5 maande agter. So 'n ou moet maar printouts kry intussen.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri Aug 28, 2026 1:03 pm
by toxicsox
toxicsox wrote: Mon Aug 03, 2026 7:44 am
Daar is ook huidiglik ‘n probleemby Garsfontein. Ek het aansoek gedoen ‘n maand terug en het laasweek gaan navraag doen oor my REFERENCE nommer. Hulle het net vir my gesê, jammer ons het dit nognie gecapture nie. Daar het ‘n hoop gelê wat nog eers by Garsfontein self gecapture moet word….
En daar kom doen Garsfontein Polisiestasie 'n kluisinspeksie by my huis. 50 Dae vanaf inhandig tot kluisinspeksie.....
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri Aug 28, 2026 1:57 pm
by KaKaTo
Garsfontein moet nou kluis inspeksies weer doen blykbaar sodra hulle jou kluis inspeksie gedoen het en jou op rekord het is dit nie weer nodig nie.
Charels het gese dis nou weer n vereiste ek was onder die in druk dis vir alle DFO's.
Ek wag nog vir n kaartjie vanaf Feb was so maand trug daar om te hoor en gese ek moet wag vir die SMS.