Page 6 of 9
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Tue May 13, 2014 5:19 pm
by Pvdw
Die skaarste van koeëls kos ons darm baie geld en sukkel
Ek self is deur 'n hele paar fabrikate in my 6.5 voor ek vir eers op die 160 Claws vir die bos en 140gr Interlocks vir die langpad besluit het.
Met die Interlocks teen 2550vt/s zero ek nou mooi op 200m. Met die scope net so gelos skiet ek die160 Claws teen 2400ft/s 1" hoog. Ek los hom sommer net so vir die bosjag.
Soos op die ander draad gesê kry ek slegs 30-35mm groeppe met die 160 Claws. Dit het my vir eers vreeslik ontstel maar toe ek sien hoe mooi hulle maak op die bwb se blad en varr en rooibok se kop toe vergeet ek skoon van die 35mm groep
Ek oorweeg egter die 140 Rhino as opvolger vir die Interlocks. Ek gaan hulle sonder twyfel probeer. Spanner en Pappabeer het al mooi sukses met hulle gekry.
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Wed May 14, 2014 5:27 am
by Pieter Gerber
Met die Interlocks teen 2550vt/s zero ek nou mooi op 200m. Met die scope net so gelos skiet ek die160 Claws teen 2400ft/s 1" hoog. Ek los hom sommer net so vir die bosjag.
Wat is jou TPL met Interlocks?
Dankie vir jou terugvoer ek vind dit baie leersaam.
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Wed May 14, 2014 7:33 am
by Hilux01
Spanner
Eish ou maat ek vat nie grond die laaste week nie
Ek gaan wragtig moet plan sien al is dit nou net die storie vir eers
Ek stel n reminder op my foon vir vanmiddag
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Wed May 14, 2014 8:18 pm
by Hilux01
Ek kon die post opsit onder die bende draad, gaan kyk sommer daar
Skies foto kwaliteit is sleg sommer van foon geneem met my gids, hy nie great met fotos neem nie
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Tue Jun 03, 2014 7:05 pm
by Spanner
Spanner wrote:Ek's op soek na laaidata vir 105 gr Impala CFP solids. Het iemand ondervinding van dit of kan julle dalk 'n beginlading vir my CZ550 voorstel ?
Nog steeds niemand wat al die 105 gr Impalas in 6.5 probeer het nie ? Iemand wat 'n beginlading wil voorstel ?
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Tue Jun 03, 2014 8:02 pm
by Pvdw
Spanner teken net gou die aanlyn vrywarings vorm voor jy die begin laai asb.
Net om jou 'n idee te gee van hoe ek gemaak het, ek het Barnes se 110gr en GSC se 110gr koeëls vir die ladings gebruik. Dis die naaste mono metals wat ek op QL kon kry.
Met 'n dopvul van so 100-102% S365 bly die drukke veilig, inteendeel heel veilig.
Ek sou dink dat jy so 3 skote op 46gr en 3 skote op 47gr gaan krony en vir my die info stuur. Ek soek asb ook dan die 105 Impal;a se specks.
Met die 110 en S365 met 100-102% dopvul het die koeëls teen so +/-3050-3100ft/s voorspel.
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Tue Jun 03, 2014 8:33 pm
by Spanner
Thanx Peet, ek het hulle gelaai met 'n beraamde lading wat ek hoop gaan OK wees : Win LR Magnum primers, S365 #74 , 45, 46 en 47gr met 'n TPL van 76mm. Dit gee 'n jump van 2.3mm in my CZ, ek reken dit is OK. Ek sal hulle die naweek toets en laat weet wat die Chrony meet. Ek skat ook hulle gaan 3000 - 3100f/s loop.
Dankie vir die info, my raaiskoot was nie vêr weg nie.
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Tue Jun 03, 2014 8:38 pm
by Pvdw
Ek vermoed jy gaan eers 3000+ kry van miskien 47 af maar ek dink eers as jy later.toets op 48gr
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Tue Jun 03, 2014 8:51 pm
by Spanner
Sjap, ek sal hom dop hou, ek wil die lading maar net gebruik om mee te speel en ek gee nie regtig om wat sy snelheid is nie, solank hy net akkuraat is.
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Wed Jun 04, 2014 7:28 am
by Hilux01
Derik
Ek gaan verseker ook daai Impalas probeer vir lang afstande (vlaktes)
Ek weet Kobus van Impala het vriend van my mooi gehelp met ladings (sy 7mm Rem Mag) sommer met eerste groep sub MOA gegooi, so hy sal ook n goeie aanduiding kan gee
Sy details behoort op die web te wees
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Wed Jun 04, 2014 11:36 am
by Spanner
Thanx Henk, ek sal hom opsoek as ek vasbrand. Ek gaan die Impalas die naweek probeer, ek gaan by 45gr begin en stadig opwerk na 47gr en dophou vir tekens van druk. Ek verwag nie moeilikheid met hulle nie.
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Wed Jun 04, 2014 12:20 pm
by DanieDegenaar
Spanner, jy moet vinnig skiet. Jy het 'n party om by te woon!
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Wed Jun 04, 2014 3:58 pm
by Spanner
Ja ja, ek sal by alles uitkom, die wind moet my net kans gee op die baan.
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Sat Jun 07, 2014 7:40 pm
by 375fanatic
Vandag bietjie die 6.5 se been gaan rek
1ste foto 2 x SST, 2 x interlocks en 2 x interbonds 129gr as n groep 1 SST pilot error
2de 4 interbonds groep
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Sun Jun 08, 2014 8:57 am
by Spanner
Spanner wrote:Thanx Peet, ek het hulle gelaai met 'n beraamde lading wat ek hoop gaan OK wees : Win LR Magnum primers, S365 #74 , 45, 46 en 47gr met 'n TPL van 76mm. Dit gee 'n jump van 2.3mm in my CZ, ek reken dit is OK. Ek sal hulle die naweek toets en laat weet wat die Chrony meet. Ek skat ook hulle gaan 3000 - 3100f/s loop.
Hier is die spoed wat ek gemeet het op die Impalas (ek het die Huntbuddy op die geweer gehad)
45.0gr ave = 2 915 v/s
46.0gr ave = 3 011 v/s
47.0gr ave = 3 074 v/s
Die 47.0 gr het die beste groepering gegee, almal mooi teen mekaar. Ek het geen tekens van druk gekry nie en glo ek kan die spoed nog gemaklik opstoot, maar vir eers sal ek by die 47.0gr lading hou - hy loop mooi.
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Mon Jun 09, 2014 12:04 pm
by 375fanatic
375fanatic wrote:Vandag bietjie die 6.5 se been gaan rek
1ste foto 2 x SST, 2 x interlocks en 2 x interbonds 129gr as n groep 1 SST pilot error
2de 4 interbonds groep
ek laai hulle soos volg
42.9gr S365 lot 71
pmc doppe
cci 200 primer
TPL intlock 77.6 hou my seating die presies so dan laai ek die ander
interbond 80.4mm
sst 79.7mm
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Sat Jun 14, 2014 5:24 am
by Gotcha
Ek het van 1997 al n 6.5 x 55 sal met niks anders in die dag jag nie
Laai 43 gr S365 1.5mm van die groewe af met 140amax
Laai 43.5 gr S355 of 46.5gr met 120 nosler Bt
Myne het n 28" loop mauser aksie en ek kry 2880 vs met 140gr en 3030 vs met 120gr
Het al n 107 gr sierra 3100 vs geskiet maar hulle is tekort ek kry hulle nie naby genoeg aan die groewe nie en die groep is nie na my smaak
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Tue Jun 17, 2014 7:36 am
by Hilux01
Spanner
Lyk vir my daai Impalas gooi mooi
Ek sal hulle of die GS Customs bietjie probeer vir platskiet
Mnre, ek het laas week by Nico hulle gaan jag in KZN wat n voorreg. Dit was regtig baie lekker ek sal later fotos en stories opsit
Ek kon ook een van daai 156gr Norma Oryx herwin nadat n varkie in die kop kon skiet op 15m. Ek het hom nog nie geweeg nie maar daai koeel het my hart sommer warm laat klop
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Tue Jun 17, 2014 7:56 am
by VdWalt
Hilux01 wrote:
Ek kon ook een van daai 156gr Norma Oryx herwin nadat n varkie in die kop kon skiet op 15m. Ek het hom nog nie geweeg nie maar daai koeel het my hart sommer warm laat klop

Goeie nuus - siende dat ek so 100 of 3 van hulle het en my geweer
mal is oor hulle. Ek sal graag sy gewig en foto wil sien.
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Thu Jun 19, 2014 6:07 pm
by Hilux01
My storie is geplaas onder die algemene kategorie van die jag forum
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=62&t=33037
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Mon Jun 23, 2014 2:52 pm
by Hilux01
Mnre
Ek wil graag bietjie die gevoel toets hier by die slim manne
Ons jag 90% van die tyd in die bosveld en daarom het ek destyds genoeg voorraad jag koeels (156gr Norma Oryx) aangeskaf juis vir die doel
Ek sal vandag of more gou vir julle wys hoe die koeel presteer het op 15m met n kopskoot op n vlakvark - ek was beindruk
My volgende lading wat ek wil ontwerp is vir die vlaktes - waar ek graag bietjie verder 300m wil kan skiet met n goeie en plat trajek
Die eerste opsies was om te kyk na GSC, Peregrine of Impala in die 105gr - maar na my gesprek met Peet (PvdW) oorweeg ek dit om eerder te kyk na n 130gr of so - my doel sal meestal wees om blessies en springbokke te skiet, maar n Gems in die kalahari is ook nog op my lys so ek wil genoeg slaan krag hê om groter bokke op die langer afstande te kan stamp
Wat dink julle van 130gr Nosler Accubond of 129gr AB Long range en wat is die verskil?
Is daar ander bonded bullets in hierdie gewig wat ek kan oorweeg? Sien Norma maak nie die Oryx reeks in minder as 156gr nie
Ek luister graag
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Mon Jun 23, 2014 3:13 pm
by VdWalt
Ek kry heel mooi groepe met 129gr Interbonds - jy kan ook na 130 TSX Barnes
kyk in die gewig klas.
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Mon Jun 23, 2014 3:16 pm
by 375fanatic
Hilux01 wrote:Mnre
Ek wil graag bietjie die gevoel toets hier by die slim manne
Ons jag 90% van die tyd in die bosveld en daarom het ek destyds genoeg voorraad jag koeels (156gr Norma Oryx) aangeskaf juis vir die doel
Ek sal vandag of more gou vir julle wys hoe die koeel presteer het op 15m met n kopskoot op n vlakvark - ek was beindruk
My volgende lading wat ek wil ontwerp is vir die vlaktes - waar ek graag bietjie verder 300m wil kan skiet met n goeie en plat trajek
Die eerste opsies was om te kyk na GSC, Peregrine of Impala in die 105gr - maar na my gesprek met Peet (PvdW) oorweeg ek dit om eerder te kyk na n 130gr of so - my doel sal meestal wees om blessies en springbokke te skiet, maar n Gems in die kalahari is ook nog op my lys so ek wil genoeg slaan krag hê om groter bokke op die langer afstande te kan stamp
Wat dink julle van 130gr Nosler Accubond of 129gr AB Long range en wat is die verskil?
Is daar ander bonded bullets in hierdie gewig wat ek kan oorweeg? Sien Norma maak nie die Oryx reeks in minder as 156gr nie
Ek luister graag
Hilux my resep werk soos n bom ek het met 129gr begin en toe net daar gebly . ek het nog nie my spoed gemeet nie maar my drop is 3 1/2 duim op 200m so ek moet naby aan 2800 wees
daai interlock,sst vir die baan en interbond vir die jag is nja
ek sal later bietjie met die Rhinos begin .
verder justify die spoed op die ligte punte en verlies aan SD dit nie dan kon ek net so well by n 243 ge bly het
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Mon Jun 23, 2014 3:23 pm
by 375fanatic
ek het gou die SD gaan vergelyk
243 95gr hornady SST = .230
6.5 95gr Vmax =.195
6.5 129gr SST = .264
die 6.5 se SD is juis wat hom so suksesvol maak en ek dink die 129gr gee jou n goeie balans tussen spoed en SD
Re: Herlaai data 6.5 x 55
Posted: Mon Jun 23, 2014 3:42 pm
by Rudi Fischer
Hallo manne
Kort raad op TPL
Ek is besig om n langafstand geweer te laat bou in 6.5x55, en kan die specs maak ma my vereistes.
Wat is die TPL waarna ek kan kyk as ek die 140 gr Berger VLD target wil gebruik ?