Page 6 of 24
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Jun 28, 2016 9:42 am
by sako 30-06
Ry net nou Orania toe.
Kan hopelik n paar bokke laat bakkie ry.
Op die lys is, Springbok, Gemsbok, Blesbok, SWB, BWB en rooiribbok.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Jun 28, 2016 9:56 am
by Wouter Roets
Lekker Manne
Julle moet dit gate uit geniet. Reis veilig en skiet reguit en onthou klein slukkies om die vuurtjie!
Groetnis
Wouter
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Jun 28, 2016 10:06 am
by sako 30-06
Wouter Roets wrote:Lekker Manne
Julle moet dit gate uit geniet. Reis veilig en skiet reguit en onthou klein slukkies om die vuurtjie!
Groetnis
Wouter
Dis hoekom ons uit die klein glasies drink

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Jun 29, 2016 2:16 pm
by koos 2
sako 30-06 wrote:Wouter Roets wrote:Lekker Manne
Julle moet dit gate uit geniet. Reis veilig en skiet reguit en onthou klein slukkies om die vuurtjie!
Groetnis
Wouter
Dis hoekom ons uit die klein glasies drink

Skerp manne !!!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Jun 29, 2016 2:48 pm
by Wouter Roets
Sako
Die teorie is dat n mens dit uit groter glase ook kan doen, maar my praktiese ondervinding dui egter dat ek daarmee sukkel.
Groetnis
Wout
PS My glas grote bepaal net my spoed waarteen ek my gewenste resultate bereik, maar bereik bereik ek hom.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Jun 29, 2016 4:22 pm
by Trompie
Daarsy more oggend 3uur is dit uiteindelik sulke tyd! Hoedspruit moet wakker staan!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Jul 07, 2016 9:01 am
by Alwyn
Sodra die meeting kla is ry ek Matlabas toe vir die naweek!!!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Jul 07, 2016 10:40 am
by DawieKotze
So kry ek ook gisteraand 'n oproep van my ouditeur............
"Wil jy volgende Woensdag saamry Suidwes toe? Ons gaan jag op Blinkoog"
Nou wil ek net vir julle vertel dat Blinkoog die plaas is waar ek as laaitie my 1ste springbok geskiet het saam met my ou groot skoolvriend Erich von Schauroth. Sy broer Gunther boer nou daar.
Wat kan 'n man nou beter as geskenk kry vir jou 60ste!! Ek is super opgewonde!
Groetnis
Dawie
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Jul 07, 2016 7:56 pm
by JVT172
Ry more om te gaan jag. Tussen Bedford en Tarkastad
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Jul 07, 2016 9:57 pm
by Marlin
Die naweek is blesbokke,
Volgende naweek is swart wildebeeste,
Die naweek daarna is rooi ribbok met die boog (walk & stalk) en a springbok of 3.
Daarna maak ons nog planne....
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Jul 08, 2016 10:27 am
by Stefan Fourie
Saterdag namiddag se poging, was die kinders se beurt om te skiet.
Raai bietjie wie se eerste jagtrip was dit...
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Jul 08, 2016 10:41 am
by Jakkalsgat
Stefan Fourie wrote:Saterdag namiddag se poging, was die kinders se beurt om te skiet.
Raai bietjie wie se eerste jagtrip was dit...
Seker die een wat die derde bok van regs af verwoes het

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Jul 08, 2016 10:45 am
by Cor Jacobs
Die Jagseisoen is al lank aan die gang, en ons jaarlikse jag begin eers oor twee weke.. Maar ek is al klaar reg en omtrent klaar gepak. Die Rooi Duine wag. Ongelukkig is my maat Piet Pille nie die jaar saam nie. Sal maar my belbeurt in die aand moet gebruik om hom op hoogte te hou,,

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Jul 08, 2016 11:55 am
by Stefan Fourie
Jakkalsgat, daardie bok het reg op ons afgehardloop van onder 'n duin af, ons het bo-op gestaan. Hy sou nie verder as 10 meter langs ons uitgekom het en dan was dit die laaste sien van hom. Laaitie het toe 'n kans gevat en hom in die hardloop op ±40 meter geskiet. Die boude het genadiglik niks oorgekom nie, net die helfte van een rug biltong was weg, was gelukkig meer 'n kapskoot gewees. As dit trompop in sy lyf gewees het was dit 'n disaster, my herlaaide patrone was op en op daardie stadium het ons met Pro Am 130gr loodpunte geskiet.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sat Jul 16, 2016 9:29 pm
by koos 2
Uiteindelik !!!!
Ons ry maandag Vosburg toe in Noord Kaap. Sal saterdag terug wees. Springbokke op spyskaart. Kan nie meer wag nie,was n lang wag.
Sal fotos plaas sodra ek terug is.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Jul 19, 2016 2:02 pm
by Frikadel
Sopas teruggekom van Shingalana Game Lodge naby Hartbeesfontein.
Beste jag van my lewe gewees!!!
4 x Waterbokke
2 x Swatrwildebeeste
4 Blesbokke
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Jul 26, 2016 1:37 pm
by Wouter Roets
Manne
Ek gaan nou my opsie uitoefen om nou te ry en die nodige goedjies te gaan koop vir die jagtrippie.
More oggend as die twee swaeljies nog stry oor wie se poep is die stinkste sal ek en my broer dieselfde maar vir mekaar vra oppad na Pongola toe. Daarna sal ons ander goed oor kry om te stry tot Sondag wanneer ons weer die wiele terug weste toe draai.
Groetnis
Wouter
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Jul 26, 2016 1:47 pm
by Gawie(13mm)
Wouter Roets wrote:Manne
Ek gaan nou my opsie uitoefen om nou te ry en die nodige goedjies te gaan koop vir die jagtrippie.
More oggend as die twee swaeljies nog stry oor wie se poep is die stinkste sal ek en my broer dieselfde maar vir mekaar vra oppad na Pongola toe. Daarna sal ons ander goed oor kry om te stry tot Sondag wanneer ons weer die wiele terug weste toe draai.
Groetnis
Wouter
Geniet die wegbreek! Soos my predikant vrind altyd sê: Breek weg, nie af nie!"

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Jul 26, 2016 4:07 pm
by willers
KLaar gejag nou net klaar met wors maal vleis, stop more 1 eland so vet soos vark moes van vet af sny op Tbone,en 2 gemsbok wat ook mooi vet was.Tripod het gesien hoe lyk vet rib.Dis net 365 dae na volgende jag nie te lank nie.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Jul 26, 2016 4:21 pm
by Frederik
Geniet Wouter, wat is op die skiet lys?
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Jul 26, 2016 4:45 pm
by Carl
Wouter Roets wrote:Manne
Ek gaan nou my opsie uitoefen om nou te ry en die nodige goedjies te gaan koop vir die jagtrippie.
More oggend as die twee swaeljies nog stry oor wie se poep is die stinkste sal ek en my broer dieselfde maar vir mekaar vra oppad na Pongola toe. Daarna sal ons ander goed oor kry om te stry tot Sondag wanneer ons weer die wiele terug weste toe draai.
Groetnis
Wouter
Geniet dit Wouter! En onthou skiet vir die kop, pak jou bi-pot vir die pap en skree so bietjie vir die Wilde Leeus van Ellispark
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Jul 26, 2016 5:39 pm
by Wouter Roets
Dankie Manne
Sien nogal erg uit na die trip. Was lanklaas in daai wereld. Freek seker maar die usual suspects jong, maar ek kan geensins waarborg dat die skoot nie gaan loop as iets snaaks my koggel nie. Die plaas is nogal bekend vir sy groot kudu bulle so meskien is ons gelukkig in die department.
Carl ek maak so. Tussen die ogies!

Terloops ek kan nie glo ek skree so hard vir n ander span nie en dit nogal vir die Leeus. Kom ons hou duim vas vir Saterdag. Gaafster sal dit probeer onthou,
Groetnis
Wout
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Jul 26, 2016 5:49 pm
by BennieO
More middag na werk draai die Ford se Neus Noord. Waterpoort hier kom ons!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Jul 26, 2016 8:00 pm
by VdWalt
Geniet die jag!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Jul 26, 2016 8:20 pm
by Sean3006
Ry Vrydag na werk na Noord Kaap toe. Gaan oornag op Calvinia en daarna by Augrabies. As alles goed en veilig afloop, skiet ons Maandag op n plaas naby Hotazel. Ek sien uit na die geleentheid om my eerste Gemsbok te skiet. Hou maar vir my duimvas!