Page 6 of 6

Re: Taai buffel

Posted: Wed May 27, 2020 5:48 am
by knipmes
Lekker gelag vir die storie oor die pille vir vrouens ;D

Re: Taai buffel

Posted: Wed May 27, 2020 7:29 am
by Fanta300
Ja nee, julle ouens is weer skerp soos Minora Lemmetjies so vroeg in die oggend. Vir die jong latte wat nie weet wat Minora Lemmetjies is nie PM my ;D

Re: Taai buffel

Posted: Wed May 27, 2020 8:07 am
by Frederik
Ek dink die opsomming van die draad is maar net dat buffels taai is of jy hulle van cruiser skiet of stap as jy hulle nie raak skiet op die regte plek met 'n ordentilike koeel nie gaan dit dalk in 'n sirkus verander.

O, terloops en die ou bulle het nie blou pilletjie nodig om taaier te word nie.

Re: Taai buffel

Posted: Tue Jun 02, 2020 8:39 pm
by Carl
Goeie video, goeie jag en professionele jagters.
https://youtu.be/8KpaVqX-9g4

Re: Taai buffel

Posted: Tue Jul 21, 2020 2:32 pm
by Carl
Hier is 'n goeie een. ;D Hier rondom 2:28 raak die PH effe bekommerd. Ek sou nie voorgestel het om 'n 2de een te skiet terwyl die 1ste skoot twyfelagtig was nie.
https://youtu.be/90qcBT_wOpM

Re: Taai buffel

Posted: Tue Jul 21, 2020 3:33 pm
by Capt. Yoda
Nou wa is die eerste bul heen?

Re: Taai buffel

Posted: Tue Jul 21, 2020 5:47 pm
by tripodmvr
Dink hy was gekwes en het toe agtergebly toe die trop padgee. Selfde buffel.

Re: Taai buffel

Posted: Wed Jul 22, 2020 9:15 am
by tau
Carl wrote: Tue Jul 21, 2020 2:32 pm Hier is 'n goeie een. ;D Hier rondom 2:28 raak die PH effe bekommerd. Ek sou nie voorgestel het om 'n 2de een te skiet terwyl die 1ste skoot twyfelagtig was nie.
https://youtu.be/90qcBT_wOpM
My Vrek

"here comes more big bulls, lets shoot another one" :o :o :o :o Ek doen dit nie eers met Springbokke as jy nog nie die eerste een gesien val het of dood is nie. Dit is mos wanneer jy tweede een kwes en no.1 raak opgewek uit die dood.

Die eerste skoot was ook nie vir my aan nie. Kop laag quartering away. Jy skiet maklik tussen blaaie deur sonder om groot been te tref en dalk net brisket skade. Nie dat ek al op 'n Buffel geskiet het nie.

Re: Taai buffel

Posted: Wed Jul 22, 2020 9:45 am
by Thunderhead
Ek het al baie gesukkel om die bloedspoor te kry in sulke lang gras waar daar n groot trop deur is. Sal moet mooi dink of ek klient n tweede een sal lat skiet.

Re: Taai buffel

Posted: Wed Jul 22, 2020 11:11 am
by tau
Thunderhead wrote:Ek het al baie gesukkel om die bloedspoor te kry in sulke lang gras waar daar n groot trop deur is. Sal moet mooi dink of ek klient n tweede een sal lat skiet.
Image

Ek het al pad gebou in Nkasa Rupara ( Mamili) in die Caprivi na reën seisoen. Ek wil nie daar binne bloed of Buffel(s) soek nie!!!

Re: Taai buffel

Posted: Wed Jul 22, 2020 11:28 am
by tripodmvr
Ek weet min "bloed" honde word op grootwild jagte gebruik weens slang, leeu en luiperd se teenwoordigheid. Hulle sal van groot hulp wees in sulke digte riet, maar sigbaarheid om te skiet, bly maar 'n kwessie.

Re: Taai buffel

Posted: Wed Jul 22, 2020 12:53 pm
by Thunderhead
Tsetse vlieg is ook n groot rede
tripodmvr wrote: Wed Jul 22, 2020 11:28 am Ek weet min "bloed" honde word op grootwild jagte gebruik weens slang, leeu en luiperd se teenwoordigheid. Hulle sal van groot hulp wees in sulke digte riet, maar sigbaarheid om te skiet, bly maar 'n kwessie.

Re: Taai buffel

Posted: Wed Jul 22, 2020 12:56 pm
by Thunderhead
Dis enigste lekker om agter trop te loop is hul trap die grass/riet plat maar o hel om terug op die spor te loop is nie grapies nie
tau wrote: Wed Jul 22, 2020 11:11 am
Thunderhead wrote:Ek het al baie gesukkel om die bloedspoor te kry in sulke lang gras waar daar n groot trop deur is. Sal moet mooi dink of ek klient n tweede een sal lat skiet.
Image

Ek het al pad gebou in Nkasa Rupara ( Mamili) in die Caprivi na reën seisoen. Ek wil nie daar binne bloed of Buffel(s) soek nie!!!

Re: Taai buffel

Posted: Wed Jul 22, 2020 1:09 pm
by tripodmvr
Vra my oor riet. Moes riete afkap om oor 'n rivier te kan meetwerk doen. Later in die dag besef 'n boom is ook in die pad. Klim toe in die boom en saag takke af. Een help my toe grond toe. Val toe tussen die afgesnyde riete wat so 1,5m hoog is. Om nie af te te sak nie het ek my bene probeer styfhou. Gelukkig het niks in my lyf ingesteek nie, maar baie skraapmerke en 'n geswikte enkel oorgehou. Wonde verbind met 'n stuk kaasdoek. Vroulief haar natuurlik asvaal geskrik vir die bebloede man.

Re: Taai buffel

Posted: Wed Jul 22, 2020 1:13 pm
by DWB
Ek is al so in die riete en seekoei tonnels van die Klaserie rivier in agter gesonde en 'n gekwesde buffel aan.... laat mens 'n paar goed in jou lewe heroorweeg :)