Gebede versoek

Post Reply
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Gebede versoek

Post by PWV »

Deon, ons dink aan jou!! Mag jy spoedig herstel!!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Gebede versoek

Post by DWB »

Dankie Almal.

Ek is darem buite gevaar. Is gisteraand per ambulans oorgeplaas Milpark in JHB toe.

Gesig is liggies geskroei maar lugweg darem nie beskadig (dis die groot risiko).

Dit gebeur wanneer ñ bonfire ñ bombfire raak...
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Gebede versoek

Post by tripodmvr »

Wat het jy aangevang? Petrol opgegooi?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Gebede versoek

Post by DWB »

Ek het ñ ou stomp probeer uitbrand en petrol en diesel oorgegooi en bietjie laat asem haal, toe trek ek ñ stok uit dat ek van ñ afstand af kan aansteek. Stok was seker te kort. Maar vuur het direk na my toe gespoeg
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
wynis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am

Re: Gebede versoek

Post by wynis »

DWB wrote:Ek het ñ ou stomp probeer uitbrand en petrol en diesel oorgegooi en bietjie laat asem haal, toe trek ek ñ stok uit dat ek van ñ afstand af kan aansteek. Stok was seker te kort. Maar vuur het direk na my toe gespoeg
Ongelukke gebeur vinnig. Jy is in die beste hospitaal in die land vir die tipe beserings! Word gou gesond Image


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Gebede versoek

Post by tripodmvr »

Petrol en vuur aansteek is nie maats nie. Ek is bly jy het nie erger seergekry nie. Ou olie (enjin of kook), diesel en paraffien is die veiliger opsies synde hulle nie so vinnig verdamp nie. Ek hoop die plasing help om verdere ongelukke te vermy. Sand in 'n blik met petrol daarin brand beheerd en neig nie om te ontplof nie. Petroldampe is die groot gevaar.

Sterkte met jou herstel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Kaalvoetthysie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Re: Gebede versoek

Post by Kaalvoetthysie »

Baie sterkte!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Gebede versoek

Post by DWB »

Oom Marius, juis hoekom ek petrol en diesel gemeng het. Maar nou ja....
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Gebede versoek

Post by jankraay »

Sterkte Deon. Bly jy is nie te ernstig beseer nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1367
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Gebede versoek

Post by Toxxyc »

Mense, ek vra asb vir gebede vir my skoonpa. Hy is opgeneem vanoggend met 'n hoë koors, lyfseer en kort asemhaling. Hy is tans op suurstof en hulle wag vir die uitslae van sy COVID toets. Hy sukkel met bloeddruk en is nie die kleinste man in Pretoria nie. Ons is maar bekommerd, veral omdat ons die hele nuwejaar se paar dae met hulle spandeer het.
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Gebede versoek

Post by prohunt »

Toxxyc wrote: Mon Jan 04, 2021 11:24 am Mense, ek vra asb vir gebede vir my skoonpa. Hy is opgeneem vanoggend met 'n hoë koors, lyfseer en kort asemhaling. Hy is tans op suurstof en hulle wag vir die uitslae van sy COVID toets. Hy sukkel met bloeddruk en is nie die kleinste man in Pretoria nie. Ons is maar bekommerd, veral omdat ons die hele nuwejaar se paar dae met hulle spandeer het.
Ons bid vir julle en vra ons Here Jesus se krag van bewaring en genesing oor julle.
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Gebede versoek

Post by naas222 »

Sterkte daar
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Gebede versoek

Post by jdpretorius »

Prohunt wrote: Mon Jan 04, 2021 11:37 am
Toxxyc wrote: Mon Jan 04, 2021 11:24 am Mense, ek vra asb vir gebede vir my skoonpa. Hy is opgeneem vanoggend met 'n hoë koors, lyfseer en kort asemhaling. Hy is tans op suurstof en hulle wag vir die uitslae van sy COVID toets. Hy sukkel met bloeddruk en is nie die kleinste man in Pretoria nie. Ons is maar bekommerd, veral omdat ons die hele nuwejaar se paar dae met hulle spandeer het.
Ons bid vir julle en vra ons Here Jesus se krag van bewaring en genesing oor julle.
+1
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1367
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Gebede versoek

Post by Toxxyc »

Opdatering.

Sy eerste bloedtoeste het die dokter laat dink hy mag dalk bloedklonte in sy longe hê. Hulle het vir hom plek gemaak in die ICU en hom vir CT scans gestuur. Die CT scan het darem skoon teruggekom so hy het die ICU voorlopig vrygespring.

Sy bloeddruk is "through the roof" soos die Ingelsman sal sê en hy is sopas gediagnoseer met diabetes. Dit verduidelik hoekom hy so sleg gevoel het die hele week wat ons by die kamp was - hy het in plaas van sy gewone Coke Zero vir hom 'n kas gewone Coke gekoop en dit gedrink vir die week lank.

Die COVID toets is nog uitstaande, so nou hoop ons hy het die NIE want dit speel nie lekker saam met bloeddrukprobleme en diabetes nie.

Dokter weet nie wat veroorsaak die lae saturasie nie, so hy is nog op suurstof.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1486
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Gebede versoek

Post by Eduard Venter »

Sterkte Wynand. Ons bid saam

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Gebede versoek

Post by DWB »

Sterkte!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1367
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Gebede versoek

Post by Toxxyc »

Sy COVID toets het positief teruggekom. So nou moet die hele familie self-isoleer.

Hy sê hy voel beter van kortisoon in sy drup. Ons hou hoop en gebede na bo.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Gebede versoek

Post by DWB »

Baie Sterkte. Mag die Here julle omvou en beskerm
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Gebede versoek

Post by jdpretorius »

Ons bid saam met julle

Sent from my SM-A515F using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Gebede versoek

Post by ruaanb »

Sterkte daar.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1367
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Gebede versoek

Post by Toxxyc »

Vanoggend met hom gepraat. Hy's nog op suurstof maar sê hy voel goed. Sy bloedsuiker bly hoog (was vanoggend, vastend, op 8). Hy wag nog vir die dokter om hom die kort en die lank te kom vertel.

Dis net kommerwekkend dat hy nie van die suurstof kan afkom nie.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Gebede versoek

Post by jdpretorius »

Toxxyc as die Covid in sy longe is dan gan dit verseker 'n rukkie wees voor dit beter gan want sy ligaam moet nou eers begin teen-ligaampies op bou om dit te beveg. Dit het my minstens 'n week gevat voor asemhaling verbeter het dat ek nie gevoel het of ek versmoor nie.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1367
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Gebede versoek

Post by Toxxyc »

Goeiste. En net so is die dokter daar, suurstof is af en dokter sê COVID is die minste van sy bekommernisse. Hy moet gewig verloor en 'n leefstylverandering aanpak, meer gesond eet en sy diabetes onder beheer kry.

Volgens die dokter word hy more ontslaan as hy so aanhou. Ek moet byvoeg hy is al meer as 'n week lank siek. Hy was al siek voor hulle gaan kamp het, laasweek Maandag. Dinsdagaand was blykbaar die rofste vir hom, met koors en kouekoors, slapeloosheid, hoes en lyfseer.

So ek neem aan hy het eintlik maar self herstel. Die hospitaal het net die gatkant van die ding beetgekry.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Gebede versoek

Post by Frederik »

Sterkte met almal ek is bevrees ons gaan baie meer Covid gevalle van alle kante af kry ek sien self dit kom al hoe nader aan mense wat ons ken gelukkig nog nie direkte familie nie.

Ek bid vir genade God ons almagtige Vader vir beskerming vir ons groep mense op Jaracal en hulle families in Jesus naam, Amen.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Gebede versoek

Post by jdpretorius »

Toxxyc, hoop nou nie die is vals hoop nie maar dan klink dit amper of hy dalk al deur die ergste is t.o.v. covid en sy ligaam al bakly teen die virus. Belankrik dat hy bietjie tyd in die son en vars lug elke dag spandeer.

@ Frederik, ditto boeta.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Post Reply