Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Toxxyc wrote:Ek staan weer bakhand en smekend hier. Ons tweede seuntjie is vanmiddag gebore en net soos sy ouer boetie sukkel hy met asemhaal. Hy is in die neonatale ICU opgeneem, en is tans op 'n CPAP masjien gekoppel om sy longe te probeer versterk. Hy is ook op suurstof.
Dit breek my.
Baie sterkte. Ons was ook al deur daai een gewees met n prem baba in 2018.
Wanneer jou naastes siek is, dan laat dit mens totaal magteloos.
My seun is gebore en kort na geboorte is ons meegedeel dat sy bloedsuikervlakke baie laag is en hy is op drip gesit en in 'n broeikas geplaas. Dit het vir 'n paar dae so gegaan. Vroulief was swak na die keisersnee en haar gemoedstoestand was baie deurmekaar met die dat sy en kind geskei was en sy hom net kon aanraak deur die gat in die broeikas.
Gelukkig het ek moedeloos geraak en die verpleegsters en dokter begin pes. Ek het gedink aan van my opmetingstoerusting wat in daardie tyd na elektronika begin oorskakel het en ykings probleme ondervind het. 'n Verpleegster was my goedgesind en het bloed getrek wat ons op een van die gewone toetstokkies geplaas het en dit het getoon dat die suikervlakke nie laag was nie. Die elektroniese toetsapparaat was foutief. Die verligting kan moeilik beskryf word.
Toxxy, my lang relaas is daar om te wys dat ek goed verstaan hoe julle voel. Met die hedendaagse mediese toerusting kan wondere verrig word. Is julle bewus van "kangaroo care"? Dit is "wreed" om nie jou kind te kan vashou en koester nie.
Sterkte word julle toegebid en kom gesels met ons as jy die behoefte het.
Ons is nie in beheer nie, dis so. Dit maak dit egter glad nie makliker nie, maar ons glo dit sal uitwerk soos dit moet.
Ons het begin 2019 dieselfde padjie gestap met sy ouboet - 10 dae in ICU. 3 Kursusse antibiotika om longontsteling op te klaar, op suurstof vir 9 van daardie, onder die ligte vir 4. Dit was buite COVID-reels en was eintlik makliker as wat ons nou moet deurmaak, maar jawat.
Glo dit sal verbeter. Ek gaan netnou hospitaal toe om te kyk hoe dit gaan met Mamma en Regardt.
Ek ken van kangaroo ja dankie Oom. Ons het dit met die eerste een baie gedoen. Dit werk fantasties maar dis moeilik gewees met hom op die CPAP!
Met dankbaarheid kan ek sê dat hy vanoggend van alle masjiene en suurstof afgehaal is. Die dokter is baie tevrede met sy vordering en het gesê as dinge so aanhou verloop word hy dalk vandag al uit die ICU ontslaan!
Ek vra asb manne bid saam my my klein suster ( sal altyd klein wees maak nie saak hoe oud sy is nie) het vanmiddag van n perd afgeval. Sy nou begin perd sy. Sy le in hoe sorg haar kop sleg gestamp gelukkig het sy n helmet gedra.