VOERTUIG "RIG"
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: VOERTUIG "RIG"
JACO
dis 100% die maklikste is die plak ding veral as jy n nuwerige of nuwe bakkie het. As jy egter ouer bakkie het, is die 1ste prys om die regte kleur te koop (met geduld) die naas beste is om jou bakkie sommer te spuit die kleur wat jy wil bruin, groen ,matblack,donker blou of so iets anders as jy kan spuit hom camo,maar ek weet nie hoe goed dit in die nag werk nie.maar dit sal beter wees as wit bv. die laaste uitweg is bedek hom , die voordeel van bedek is as jy toemaak tot by die bopunt van die tralies is jou beweging ook weggesteek, die meeste daarvan, in elk geval..
So ek dink jy het die regte ding gedoen, vra vir die wat dit ook gedoen het soos Tomcat..
Dis net 3 jakkalse dan is daai plakwerk betaal..so sien dit as n belegging, EN die binus is as jy hom verkoop is die krappe ook minimum

Shoot straight and tell the truth!
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3310
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: VOERTUIG "RIG"
Kieterkat
Spoggerig
Christo
Spoggerig
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Ambessa
Re: VOERTUIG "RIG"
Hallo Kieterkat

Dit is daai badge wat my soos 'n magneet trek...
Ambessa
...soos ou willem-wikkelspies sou s?: "what is in a colour?"kieterkat wrote:...So lyk my bakkie nou, Sal graag wil hoor wat julle dink. Caller se die bakkie is te nuut na sy sin, maar ek dink hy is nou net reg.
Dit is daai badge wat my soos 'n magneet trek...
Ambessa
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: VOERTUIG "RIG"
Mooi lorrie en kleur daai Kieterkat. Daai bakkie lyk soos 'n donker swart gat in die nag, jakkie mag homself net disnis teen hom vas hardloop op soek na skuilplek as die skote begin klap... 
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: VOERTUIG "RIG"
Jacokieterkat wrote: ...Sal graag wil hoor wat julle dink...
Spoggerig! Ek sou my kon verbeel dat 'n modern "Ruiter in Swart" met so iets sou ry. Wat was sy perd se naam nou weer? Was dit nie "Fonk" nie? "Komaan Fonk! Voorwaarts, tot die boere se redding!"
Ek hoop die Jakkalse/Rooikatte hang daai hakke nog vol.
Groete
Louis
Ns. Ferflaks, freeslike vout! "Vonk" word seker met 'n "V" gespel.
Last edited by Louis102 on Mon Aug 10, 2009 5:54 pm, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: VOERTUIG "RIG"
Oom louis, jy som 'n ding/bakkie darrem maar mooi op. Ek stem - voorwaarts kerels roep hulle in en voer hulle lood!
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: VOERTUIG "RIG"
Kat
Lekkerrrrrrrrrrrrrrrrrr bakkie net daai badge onder die spieel gaan goggas bang maak. Brand speel groot rol in getal wat val.
Vonk is al dood, vat hulle Satan.
Geniet daardie ryding
Knou goggas af
MEERKAT

Jaco Bezuidenhout
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm
Re: VOERTUIG "RIG"
Dankie manne,het gestraand die eerste kanidaat toe lat voel hoe ry n mazda/vonk 
Gan vanaand by n boer skiet wat reken sy jakke het selfone,labtops ens.Die swart sal nou sy kant mut bring.
Groete
Jaco

- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: VOERTUIG "RIG"
Kieterkat
Ou Freek het my so pas 'n goeie idee gegee met sy swart gat teorie.
Ek dink mos nou, as 'n man die lorrietjie met spie?ls beplak (of oortreksel van "space blankets"), dan trukaats die jakkie se onmiddelike omgewing terug na hom en sien hy homself dalk nog vir kompetisie aan en val homself aan en hardloop homself disnis teen die lorrietjie.
Dink net, jy park net in die veld en geniet 'n kouetjie (somer) of verwarmertjie (winter), gooi so nou en dan 'n stukkie jakkalsmusiek uit en die jakkies kom sort hulself uit teen jou trok.
Siedaar die beste manier om 'n jakkalslorrie te kamoufleer is juis om hom so blink soos 'n spie?l te maak. Jammer ek het gewag tot jy klaar in swart geplak het, voordat ek die aap uit die mou gelaat het, hoor.
Almal
Daai trok van Kieterkat se ander "badge", lees 3000 CDI. Ek glo julle weet wat dit beteken. Nie net 'n donker gat nie, maar sommaar ook 'n warmgat jakkalsjaer. Het self al daai einste trok gedryf (oops! BESTUUR). 'n Mens dryf mos net 'n army Bedford.
Nee, Kieterkat, nou lyk hy reg en ek glo hy sal jou meer selfvertroue gee en selfvertroue is goed.
Onthou net om voor sononder al jou ligte aan te skakel, nie sodat jy beter kan sien nie hoor, maar sodat ander padgebruikers JOU beter kan sien.
Caller

Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
-
Jaco Bezuidenhout
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm
Re: VOERTUIG "RIG"
Caller
Pleks jy vroer die plan gegee het,kan dalk SA se jak probleem oplos
Kieterkat
Ps,solank hulle net aan die hakke hang!
Pleks jy vroer die plan gegee het,kan dalk SA se jak probleem oplos
Kieterkat
Ps,solank hulle net aan die hakke hang!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: VOERTUIG "RIG"
Caller nou praat jy 'n ding... jy weet my bakkie se kleur moet nog reg gemaak word, ek voel net jammer vir die ander pad verbruikers wat saam met my helder oor dag op die pad ry - mens mag hulle net van die pad af weerkaats. Alhoewel ek seker is die vroulike geslag mag miskien net oorweldigende aandag aan jou en jou blink lorrie gee, hulle stap mos maar moeilik verby 'n spieel - stop altyd om dit wat reg geskuif moet word reg te skuif en nog grimeering aan te sit ook... 
Maar ek hou meer van die donker swart gat idee. Ek wil nou nie skinder of paniek saai nie maar ek is seker as kieterkat met sy swart lorrie eers in die veld naam begin maak sal hy onder die jakkals bevolking bekend staan as die SPOOK VAN DONKERGAT. Jy sien hom nie maar hel hy slaan hart...

- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: VOERTUIG "RIG"
Caller
Goeie plan, amper soos een van Mr 007 Bond se moters, daai een wat so "invissible" was.
Mooi loop
Francois
Goeie plan, amper soos een van Mr 007 Bond se moters, daai een wat so "invissible" was.
Mooi loop
Francois
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: VOERTUIG "RIG"
Freek/Kieterkat/ F.M.
My idee is nie so vergesog as wat dit klink nie.
Ek verstaan die Amerikaners werk aan 'n soortgelyke idee. Wat hulle blykbaar doen, is om 'n video kamera te gebruik om die omgewing waar bv. 'n oorlog tenk staan, te verfilm, en die beeld dan met 'n spesiale projeksie voor die voorwerp wat hulle wil wegsteek (oorlog tenk) op 'n spesiale skerm te projekteer dat dit lyk soos die natuurlike veld, sonder die voorwerp. Ek is ernstig.
Wat se julle daarvan? Dis bietjie omslagtig, maar dit kan dalk net vir jakkie ook flous.
Caller
My idee is nie so vergesog as wat dit klink nie.
Ek verstaan die Amerikaners werk aan 'n soortgelyke idee. Wat hulle blykbaar doen, is om 'n video kamera te gebruik om die omgewing waar bv. 'n oorlog tenk staan, te verfilm, en die beeld dan met 'n spesiale projeksie voor die voorwerp wat hulle wil wegsteek (oorlog tenk) op 'n spesiale skerm te projekteer dat dit lyk soos die natuurlike veld, sonder die voorwerp. Ek is ernstig.
Wat se julle daarvan? Dis bietjie omslagtig, maar dit kan dalk net vir jakkie ook flous.
Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: VOERTUIG "RIG"
KK
Wat het die hele toeplak operasie jou gekos?????
Ek dink Greyhound het erens anders op die forum genoem syne het R8000 gekos, maar dit was die print werk by, wou maar net sien of die een kleur dalk sal goedkoper wees.
Caller
Dan moet man saam met die roepers se uitsit, nog projectors en spesiale skerms ook mee spook. Omslagtig soos jy se ja, maar miskien is dit die antwoord vir oormore se super jakkies????
Mooi loop
Francois
Wat het die hele toeplak operasie jou gekos?????
Ek dink Greyhound het erens anders op die forum genoem syne het R8000 gekos, maar dit was die print werk by, wou maar net sien of die een kleur dalk sal goedkoper wees.
Caller
Dan moet man saam met die roepers se uitsit, nog projectors en spesiale skerms ook mee spook. Omslagtig soos jy se ja, maar miskien is dit die antwoord vir oormore se super jakkies????
Mooi loop
Francois
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: VOERTUIG "RIG"
Klink na baie moeite Caller maar kan seker werk. Ek kan jou een ding waarborg en soos die mense praat hier op die forum..."Jakkalas stel nooit teleur nie". Dit gaan nie lank vat vir vlekkie om agter hierdie skerms ook te kom nie, "mark my words". 
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: VOERTUIG "RIG"
Jaco,
baie spoggerig, ook maar goed jyt daai foto helder oor dag geneem
Hoop hy gaan sommer n vol vrag se jakkalse flous.
baie spoggerig, ook maar goed jyt daai foto helder oor dag geneem
Hoop hy gaan sommer n vol vrag se jakkalse flous.
-
Jaco Bezuidenhout
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm
Re: VOERTUIG "RIG"
FM
R1800.00 Het nou die aand gesien hoe n bakoor jak my n ruk op ong 50 meter sta en dophou,hy was duidelik nie seker wat ek was nie.
Het eers geepad toe ek hoes.Sal jul op hoogte hou.

Hallo Caller
Ambessa
'n HOLOGRAM....Caller wrote:...Amerikaners werk aan 'n soortgelyke idee. Wat hulle blykbaar doen, is om 'n video kamera te gebruik om die omgewing waar bv. 'n oorlog tenk staan, te verfilm, en die beeld dan met 'n spesiale projeksie voor die voorwerp wat hulle wil wegsteek (oorlog tenk) op 'n spesiale skerm te projekteer dat dit lyk soos die natuurlike veld, sonder die voorwerp.
Ambessa
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: VOERTUIG "RIG"
Ambessa
Einste!
Freeka
Jakkie vind altyd die een of ander tyd uit wat agter die skerms aangaan, letterlik en figuurlik.
Caller
Einste!
Freeka
Jakkie vind altyd die een of ander tyd uit wat agter die skerms aangaan, letterlik en figuurlik.
Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: VOERTUIG "RIG"
Ou SkerpioenJa3 wrote: Daai skietraam begin nou lyk soos daai vinnige valetjie...
Spyker op sy kop - die vinnige valetjie en 'n sekere skietraam lyk of hulle baie in gemeen het! (of het ek die foto gemis?)
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: VOERTUIG "RIG"
Skerpioen
Ek het so pas foto's van daai skietraam onder o? gehad - het my via ander kanale bereik. Die skietraam is ook "No frills, no fuss" en "straight forward" net soos Jakes. Kan die twee nogal bymekaar bring.

Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: VOERTUIG "RIG"
Oom Louis
Ja, ek het ook gedink ek't te min gelead maar toe sien ek hom ook via 'n ander kanaal.
Ou skerpioen is amper gereed vir die besigheid. Het so paar eksklusiewe modifikasies aangebring.
Het 'n raam op met 'n "canvas canopy" oor. Die dak gedeelte zip heeltemal oop..
Ai, maar hy ry lekker.
Ja3
Ja, ek het ook gedink ek't te min gelead maar toe sien ek hom ook via 'n ander kanaal.
Ou skerpioen is amper gereed vir die besigheid. Het so paar eksklusiewe modifikasies aangebring.
Het 'n raam op met 'n "canvas canopy" oor. Die dak gedeelte zip heeltemal oop..
Ai, maar hy ry lekker.
Ja3
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: VOERTUIG "RIG"
Ja3Ja3 wrote: ...Ai, maar hy ry lekker...
Mag jou gif-angel die bo-genoemde vir baie kilometers en goeie jare doen. Mag sy (hy?) nog, in haar knypers, baie suksesse uit die jagveld saamdra. Maar, bo alles, mag sy jou elke slag veilig by jou bestemming uitbring.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: VOERTUIG "RIG"
Oom Louis
Dankie oom.
n.s...... en as daai dak afzip, dan rys die angel uit, en tuur oor die verte opsoek na die kwaaddoener....
Dankie oom.
n.s...... en as daai dak afzip, dan rys die angel uit, en tuur oor die verte opsoek na die kwaaddoener....
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: VOERTUIG "RIG"
Ja3 ek dink jy gaan James Bond laat klein lyk met jou spesiaale aangepaste jakkals mobiel en die Bosvark angel rest agter op, en gaan daai bosvark nie die angel mooi vas hou nie. Moet erken die kleur van jou voertuig en Bond se voertuig het baie in gemeen... 
Wonder wat kan ons jou roep sein maak... 007 Skerpioen? Of dalk Skerpioen 007? Man ou jakkie gaan darrem maar gefnuik word as hy agterkom daai angel steek nie net voorentoe nie, hy kan 360 grade rondom die Skerpioen steek.