Langafstand groepering fotos

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
DiscoBiscuit
Full Member
Full Member
Posts: 201
Joined: Tue Jan 25, 2011 7:57 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by DiscoBiscuit »

Na die jag is ek redelik laag op ammo, moes nou vir 'n kompetiesie paar planne maak. Al wat ek het om te laai is Lapua 123gr Scenars.
Ek het ladings vir spoed getoets, en toe ek by die teiken spoed kom, het ek die 6 doppe wat reg was gelaai.
Toe die eerste 3 so mooi op 100m loop, het ek besluit die lading is reg en het toe op 300m gaan skiet om te kyk of alles reg op Shooter werk.

.260 Rem
123 gr Lapua Scenar
2946 fps
23 C
Vanaf bipod oor Landie se bonnet. (Groep sou seker beter oor Cruiser se bonnet wees, ek weet ++>: )

300m +4MOA gestel. eerste skoot was regs, seker bietjie driver error.
Sou graag 5 skote wou skiet, maar 3 was wat ek gehad het. Sal volgende week die bene rek na 500m+ en kom wys as dit goed lyk.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3627
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Fanta300 »

Hallo Disco, wat is jou lading? Wil net bietjie vergelyk met myne. Hoe lank is jou 260 se loop?
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
DiscoBiscuit
Full Member
Full Member
Posts: 201
Joined: Tue Jan 25, 2011 7:57 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by DiscoBiscuit »

Tikka Sporter 20"
Lapua Scenar 123 grein
Lapua doppe
46,5 gr S365 Lot 76
COL = 73.8 mm
H2O =54.6 grein
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Marc »

Mooi gegooi manne !
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Ben »

Ek en my maat het gister bietjie eerste keer probeer op staal gong op 300m.
Hy skiet met sy 30-06 168TTSX wat hy wou toets, dus die koper wat mens sien.

My groep is geskiet met my 308, 155gr Lapua Scenar teen 2606fps. 2.5cm
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"Failure is NOT an Option"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Eugene »

Netjies Ben!
Aim small, miss small
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Ben »

Is nou reg om bietjie saam julle te oefen. Het baie om te leer!
"Failure is NOT an Option"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Eugene »

BenR wrote:Is nou reg om bietjie saam julle te oefen. Het baie om te leer!
Ek het gelukkig nog nooit 'n "slegte" dag op die skietbaan gehad nie. Ek het al goeies gehad en minder goeies, maar nog nooit sleg-sleg nie! As die skut of die lading nie wil saamwerk nie, is daar mos darem lekker skietpelle om mee saam te kuier! 8)
Aim small, miss small
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Ben »

Eugene wrote:
BenR wrote:Is nou reg om bietjie saam julle te oefen. Het baie om te leer!
Ek het gelukkig nog nooit 'n "slegte" dag op die skietbaan gehad nie. Ek het al goeies gehad en minder goeies, maar nog nooit sleg-sleg nie! As die skut of die lading nie wil saamwerk nie, is daar mos darem lekker skietpelle om mee saam te kuier! 8)
Presies!
"Failure is NOT an Option"
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Marc »

Mooi Ben, sien jou op die skietpunt !
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by alecjohnson »

Ek het wel lank terug met my 300wm ver geskiet maar nie verby 850m nie.
Nou my groepe verby 250m lyk baie slegter as meeste van die groepe wat ek hier gesien het.

Ek het besluit om my 243 se bene te probeer rek. Ek is noggal trots op die groepe veral as jy dink my geweer is nie gebed of al daai ander goed aan gedoen nie. Net n silent hunter demper opgesit!
Het tasco 6-24x44 op. Net gedile en geskiet.

So stock standard met 87gr vmax 22cm groep en met 65gr impalas 55cm groep. Dit was altwee 5 skoot groepe.

Die met blou kruisies is impala.


//images.tapatalk-cdn.com/15/08/20/85586749a00ed491373c83db71b7813b.jpg
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3961
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by tau »

Dit is die eerstekeer wat ek oor 500m skiet.

Afstand - 710m
temp - 28 C
Wind - Geen
7mm Rem Mag
Hornady 162gr SST
2940fps
Nikon Monarch 4-14x50
Strelok pro gebruik wat my 62 click op gegee het of MOA 15.6

Ek het die eerste 3 skote raak geskiet op die plaat. EN die laaste twee links verby.

600mm x 600mm plaat met 200mm gong in die center. Skoot 1 was regs, twee links onder(ek het hom getrek) en skoot 3 die klein gong. Die hitte en die mirage het my toe gewen en ek het die laaste twee skote links verby gedruk.

Ek het nog baie om te leer, maar moet se dit was nogals lekker om die hit te kry op die eersteskoot.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/720%20m%20skiet_zpsdixj950k.jpg

Skiet posisie.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/720%20gong_zpslc7m90sb.jpg

Die gong.


Ek het voor dit op 200, 300, 350 m 'n 200mm gong geskiet net om my sneller beheer te oefen so nie eerste skote vir dag nie. Die silencer was damn warm en het maar erg mirage gemaak.
Last edited by tau on Mon Oct 19, 2015 9:38 am, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Ben »

Baie Mooi Tau,
Lyk na n baie lekker plek waar jy skiet ook daar!
"Failure is NOT an Option"
Pumba
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Fri Oct 16, 2015 7:53 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Pumba »

Jis manne julle skiet mooi! Hier is my poging op 700m met my 338LM Truvelo. 28" loop. Lapua doppe, 250gr Berger OTM Tacticals 88.5gr S385/12 1mm vanaf lande.

Ja nou sit ek met my vinger in my exhost want my lot 12 S385 is klaar asook my Fed 215 primers en ek het nog net 80 van die Bergers.

Ek skiet van die bipod af en gebruik geen bean bag vir die kolf want om al die items in die jagveld te vervoer is net malligheid.

Ek probeer maar jagtoestande simuleer alhoewel ek skiet op n militerere tipe skietbaan met mooi gelyk skietpunte en dit gebeur nou nie juis in die jagveld.

Toestande was mooi 8C met n 2.5km windjie van links na regs wat my gedwing het vir n verstelling so halpad deur die string. Lyk eitlik vir my of ek die 0.5min verstelling eitlik maar moes gelos het.

Die is geskiet met die koue loop 1ste skoot ingesluit wat reg onder die rooi kol le.

Edit: So bietjie meer inligting. Die koeel hardloop so 2930fps in 25C. Ek kan nie meer die densitiy alt onthou maar die kruit sensitiwiteit faktor is 1.5 in Strelok Pro so ek dink die snelheid die oggend was in die omgewing van 2890fps. Oh ja dit is n 6" groepie die
88.5gr 2015-08-21 S385 lot12 Berger 250 OTM 0-4 700m_3 Resize.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Pumba on Mon Oct 19, 2015 9:31 am, edited 2 times in total.
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Ben »

Blacksam! Mooi man!
"Failure is NOT an Option"
Pumba
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Fri Oct 16, 2015 7:53 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Pumba »

More BenR,

Dankie . Ek wonder net so op my eie of Jupiter en n paar ander planete nie dalk op die dag mooi in lyn was vir my om dit reg te kon kry haha.

Ek moet jou se ek glo nogal in die Berger koeels. Dit is loshande my 1ste keuse vir langafstand werk, oor hulle fantastiese BC en ook hulle perform maar net in die akuraatheid departemn( dis nou vir my ne. Ander ouens mag iets anders te se he)

Net jammer hulle is so skaars


Groete
Pumba
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Ben »

Pumba wrote:More BenR,

Dankie . Ek wonder net so op my eie of Jupiter en n paar ander planete nie dalk op die dag mooi in lyn was vir my om dit reg te kon kry haha.

Ek moet jou se ek glo nogal in die Berger koeels. Dit is loshande my 1ste keuse vir langafstand werk, oor hulle fantastiese BC en ook hulle perform maar net in die akuraatheid departemn( dis nou vir my ne. Ander ouens mag iets anders te se he)

Net jammer hulle is so skaars


Groete
Pumba
Nee daai is n Mooooiiii groep! Ek sal self nog eendag die Berger's wil probeer maar ja, voorraad is bietjie skaars!
"Failure is NOT an Option"
Pumba
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Fri Oct 16, 2015 7:53 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Pumba »

BenR wrote:
Pumba wrote:More BenR,

Dankie . Ek wonder net so op my eie of Jupiter en n paar ander planete nie dalk op die dag mooi in lyn was vir my om dit reg te kon kry haha.

Ek moet jou se ek glo nogal in die Berger koeels. Dit is loshande my 1ste keuse vir langafstand werk, oor hulle fantastiese BC en ook hulle perform maar net in die akuraatheid departemn( dis nou vir my ne. Ander ouens mag iets anders te se he)

Net jammer hulle is so skaars


Groete
Pumba
Nee daai is n Mooooiiii groep! Ek sal self nog eendag die Berger's wil probeer maar ja, voorraad is bietjie skaars!
Probeer ten minste 1 boksie Bergers maar as jy kan die Hybrid tipe.

Alhoewel hulle redelik onsensitief is vir seating diepte het hulle tog maar n seating diepte wat optimaal is vir hulle, maar grotendeels sal hulle jou n redelike groep gee oor n spektrum. Dis my ondervinding met Berger hybrids.

Dit wat ek nou vir jou se is definitief nie n koncrete gegied so koop 100 van hulle en probeer eers voor jy grootmaat koop.

Bc gewys en die akuraatheid wat hulle my gee is vir my genoeg rede om hulle my 1ste keuse te maak gegewe ook natuurlik die beskikbaar heid ens.

Daar mag akurater koeels wees met beter Bc waardes maar kry ons dit regtig hier by ons te koop.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by JPS »

Hello Pumba,

Mooi geskiet daar, Ek is nog besig om my 338LM in te breek nou op 24 skote deur. ek gebruik et 250Gn Scenars omrede dit was wat beskikbaar was toe ek gekoop het. Dink ek gaan settle op 83gr S385 Lot 14 vir spoed van so 2900en ES van 12fps oor 4 skote. Lyk of hulle mooi gaan werk. verste wat ek nog geskiet het was 510yards en daar kon ek laaste 10 skote op 100mm gong kry met 3 verskillende ladings ( 82gn tot 84Gn) so lyk of hulle dalk kan werk in tussen tyd. Soos jy noem Berger is maar skaars...

Groete
Jan
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3961
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by tau »

BenR wrote:Baie Mooi Tau,
Lyk na n baie lekker plek waar jy skiet ook daar!
Ja nee ek is gelukkig om so te kan speel op die plaas, maar as ek kyk hoe die ander manne skiet moet ek maar liewers nog gaan skiet. :laugh:
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by fanie.myburgh »

Naand manne.

Nadat ek gister nie baie goed geskiet het op my gong nie, het ek n grootter plaat gevat vannaand na werk en die 3skote geskiet op 465m met my 7x64 162gr sst..

Groete

[IMG]//images.tapatalk-cdn.com/15/10/19 ... ddc2d0.jpg[/IMG]
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by fanie.myburgh »

Sorry tau. Lyk my ekt op verkeerde plek gepost. Dis die 1ste keer wat ek my foon gebruik om n foto optelaai
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Gawie(13mm) »

fanie.myburgh wrote:Naand manne.

Nadat ek gister nie baie goed geskiet het op my gong nie, het ek n grootter plaat gevat vannaand na werk en die 3skote geskiet op 465m met my 7x64 162gr sst..

Groete

//images.tapatalk-cdn.com/15/10/19/c4cec5dd92b4d2e08143cc2716ddc2d0.jpg
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Pumba
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Fri Oct 16, 2015 7:53 am

Re: Langafstand groepering fotos

Post by Pumba »

Hallo JPS,

Man jy skiet darem nou met n lekker kaliber. Die ding groei vas aan n man !

Ek is seker jy kan maar daai ladings vasmaak, as jy n 4" gong kan pot op die afstand dan makeer daar nie veel met jou en jou geweer en die se lading.

Jou lapua's waarmee jy skiet is n BAIE goeie keuse. Ek het nie self ondervinding maar elke ou wat dit gebruik het waarvan ek te hore gekom het se die scenars maak baie mooi.

Jy moet dalk net biedjie navraag dien voor jy dit vir jag wil gebruik , die manne praat van dat die koeel nie oopmaak en net deur zip.

2900fps is maar om en by waar die 338LP groep dink ek soos ek dit nou maar gesien gebeur het. Dit pla my net dat jy daai spoed reeds met 83/85gr gekry het. Wil my mos voorkom of jou lot 385 baie warmer is as myne of jou dop volume is dalk baie kleiner my doppe is 117.5H2O. Ek moet nou juis weer nuwe kruit koop sal my help as jy dalk vir my jou dop volume en loop lengte kan verskaf Jan as jy nie omgee.

Groetnis
Kobus
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Langafstand groepering fotos

Post by JPS »

Pumba,

Ek het nie dop volume al gemeet nie maar dit is nuwe Norma brass, en dan die groot verskil is dat ek 30" krieger loop op my 338LM het.

Groete
Jan
Post Reply