Louis102 wrote:
Was eintlik nou aan die opwarm, maar sien julle dink hierdie onderwerp is nou uitgedien.
Oom Leeu, ek weet ek was nou nie hier vir n ruk nie, maar mag ek maar ook n laaste skoot of wat in die 308 rigting skiet??
Ek raak nou "ernstig" in die jakkalsskiet bedryf. maar WHOO, WHOO net voor enige ieman my aanvat, ek raak so ernstig soos enige iemand met n gewone day-job maar kan raak...
Ek het my lewe lank (tot ek 18 jaar oud was en universiteit toe is) op ons familie plaas grootgeword. Om n lang storie kort te maak, die Landbank het nou weer die plaas, hom so 9 jaar trug weer truggeneem... Ons huur (eintlik meer my pa) nou weer, vir die laaste 4/5 jaar weer n stuk grond, so 250ha groot, tussen Schweizer en Vryburg. Beeste, dis al wat my pa op die grond boer. In elkgeval al wat ons ken na mielies en op die oomblik EET ons nie eers meer mielies nie, mar nou ja. Ons boer weer op n stukkie grond en jakkalse is n klein deel van ons probleem.
Wat ek wil se is, ek was ook altyd een van die ONKUNDIGE jakkalsjagetrs. Maar so gery en skiet en gejag met windhonne. So 2 of wat keer met n maat se tape ( net voor CD se dae, so '96 se kant ) geroep en wonder bo wonder al 2 (of drie keer) n jak omgedop. Maar bygese dit was op ons beesplaas, moer ver van skaapwereld af. Verseker ook so paar jakkies slimgemaak in die proses.
So, met my gewone dayjob en slegs met n 7x64 in my kluis, besef nou met die laaste paar maande se jaracal info jakkalsskiet is nie sommer net so vir enige iemand nie. NOGTANS, het ek en my jak-maat Eugene, met baie hulp vanaf die Jaracal forum, groot sukses behaal in OTA4. Ek dink dis te danke aan groot ore en klein monde. Anyway, ons het die ding reg aangepak. So, op die oomblik moet ons se, ons sukses was behaal met n selfaanmekaargeslaande roeper en n 308. En met n lig sonder n dimmer. Al wat ons gehadf het was die Forum kennis en die Jaracal CD en DVD (wat ons met baie aandag bestudeer het.) Ook bygese, ons sukses was op wild/beesplase, nie soos op SKAAPplase soos meeste van julle groot JARAcalers nie.
Ook bygevoeg, een van my doelwitte vir 2011 is on non-jaracallers en "sommernet-foxpro-yster-ons-try-alle-jakkals-moer-toe-skiet-callers" wat so onkundig op plase te TRY jakkalse skiet te help om kundige besluite te maak. Nie te help om jakkalse te skiet nie, maart eerder om die manne te help om eerder niks te doen as om meer skade aan te rig nie. My pogings sal deur die loop van die eerste kwart van die jaar op die forum sigbaar wees.
My vraag is nou, en dis hoekom onder die 308 topic waar probleemdierbeheer so lekker aangespreek was en nie onder n probleemdier topic nie, waartoe nou????? Almal het nou hulle opinie gegee oor die regte kaliber keuse ( en so ook onder die spesialis jakroer topic ), maar ek kom nie tot n defnitiewe antwoord nie.
My keuse staan soos volg:
1) 6mm BR - need I say more??
2) 222-50 - een van die BUL platskiet kalibers en dit sal uit en uit my JAkroer wees, aangesien ek die 7x64 het vir klein/medium wild
3) .243win - bitter goeie en gewilde kaliber, maar waaroor sal ek hom wil koop as ek reeds n 7x64 het en n 222-50 kan aanskaf vir ongediertes??
My teleskoop is n bysaak. Ek dink in my onkundigheid verg kaliberkeuse meer aandag aan die begin.
Nog n vraag is, OOK onder die 308 topic, as ons (of dan nou ek, wat die ding gaan erf) n 308 het, na watse kaliber varander ek die ding na toe? 6mm BR?? Cois, jy hoef nie te antw nie, ek ken jou antw
Al die ander BULLE ( en dis nou nie dai pronkperdjies met die blou truitjies nie) in die JAKbedryf,
jagters en boere (soos Freddie, Louis, Frinam, Dawie ens) , help asb met julle insette. Ek benader die JAKbedryf in 2011 met die regte gesindheid. Ek is glad nie haastig nie en wil glad nie geldmaak uit die bedryf nie. Ek wil net n positiewe bydrae lewer tot die saak oor ek self n boerdery agtergrond het. Self het ek net 13 skape op my naam, so ek doen dit nie vir eie gewin nie, maar vir die groter prentjie. Ek wil in die volgende 2 jaar ingeligte besluite neem en geld op die regte toertusting spandeer, dis hoekom al die vrae.
Sien uit na die "groot honne" se trugvoer.
Groete
Stef