Page 7 of 9

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Tue Jun 24, 2014 7:37 am
by Hilux01
VdWalt, 375

Dankie manne - ek neem al hierdie raad ter harte
Ek sal begin rondkyk na wat beskikbaar is in die 6.5mm in die winkels aangesien dit deesdae die groot vereiste is

458, ek het nie n idee wat gebeur met Berger nie maar ek maak my TPL so 78mm op 140gr Nosler CC nie seker of dit enige bydrae lewer tot jou vraag nie

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Tue Jun 24, 2014 7:47 am
by VdWalt
Ek het die post gesoek, maar iemand het nou die dag 'n bwb met 129gr Interbonds
geskiet wat die bwb se handbriek mooi opgetrek het maar kon nie die post kry nie.
Ek dink dit was met 'n 260 @ 2850fps?

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Tue Jun 24, 2014 10:39 am
by Rudi Fischer
Dankie

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Wed Jun 25, 2014 6:53 pm
by Hilux01
Mnre

Hier is die Norma Oryx 156gr wat ek van die 6.5x55 uit n vlakvark se kopskoot kon kry
Ek het die vark op 15m in die kop geskiet en die koeel het langs die werwel af gegaan en ek kon hom onder die linker blad se kieliebak kry

Die koeel weeg nou 127.3gr (So hy het 82% van sy gewig behou)
Ek is baie tevrede met die prestasie

http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140625_180613.jpg

http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140625_180501.jpg

http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140619_074522.jpg

http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140619_074450.jpg

http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140619_074421.jpg

http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140619_074355.jpg

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Thu Jul 24, 2014 3:54 pm
by Adriaan Louw
Ek het sopas my 6.5 x 5 5 gekoop, Howa 1500 met 22 duim loop.Sal iemand van die manne wat reeds ladings het so gaaf wees en dalk met my deel. Ek wil graag tussen 100 en 120 grein punte skiet - Miskien Nossler balistic 100gr of Rhino 120's, maar ek het geen idee waar om met ladings te begin nie.

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Thu Jul 24, 2014 4:50 pm
by Rudi Fischer
My lisensie is nou net goed gekeur vir my 6.5x55 custom geweer.

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Thu Jul 24, 2014 6:30 pm
by VdWalt
Adriaan Louw wrote:Ek het sopas my 6.5 x 5 5 gekoop, Howa 1500 met 22 duim loop.Sal iemand van die manne wat reeds ladings het so gaaf wees en dalk met my deel. Ek wil graag tussen 100 en 120 grein punte skiet - Miskien Nossler balistic 100gr of Rhino 120's, maar ek het geen idee waar om met ladings te begin nie.
Lees die eerste 6 baldsye van die thread.... ++>:

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Thu Jul 24, 2014 6:31 pm
by VdWalt
458Exp wrote:My lisensie is nou net goed gekeur vir my 6.5x55 custom geweer.

Baie geluk!!

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Thu Jul 24, 2014 7:52 pm
by Rudi Fischer
Het ook gister 10 pakkies van die 140 gr Nosler Custom Comp punte gekry.
Enige iemand dalk laai data ?

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Thu Jul 24, 2014 9:08 pm
by Bulvegter
458Exp wrote:Het ook gister 10 pakkies van die 140 gr Nosler Custom Comp punte gekry.
Enige iemand dalk laai data ?
Z458,
Waar het jy die Nosler 140 g CC gekry. Ek soek al lank en kan nie kry nie.

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Thu Jul 24, 2014 9:53 pm
by Rudi Fischer
Safari, daar was nog 4 pakkies oor (Rivonia)
En n 1000 pak 123 gr Nosler CC

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Thu Jul 24, 2014 10:43 pm
by Pappabeer
458Exp wrote:Het ook gister 10 pakkies van die 140 gr Nosler Custom Comp punte gekry.
Enige iemand dalk laai data ?
Ek het ook soos jy gamaak. Daar was darem nog n paar 100 oor in die kas, maar ons hou die basislyn liewers op oorstock as om rond te hardlook vir skietgoed...

Ek skiet hulle met groot sukses uit my Tikka, 22&1/2" loop uit PMC, Lapua of R-P brass. Hierdie is my go to gun, en lading as daar vinnig n paar goed moet val.

Ek wil nou nie slim probeer klink nie, maar met die septiese aborsie wat Somchem deesdae is, is ladings nie meer konstantes nie.

Ek het met al die Lotte S365 altyd 44gr gelaai op n CCI 200 primer. COL 78.00mm om 1mm van die lande af te wees. Dit is veronderstel om my 2650fps te gee.

Met lot 71 moes ek afback na 41,5 gr toe om weer n groep te kry teen 'n spoed van 2520 fps. 43gr het my terug by 2650 gesit, maar om een of ander rede was die groepe 3 MOA.

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Fri Jul 25, 2014 5:54 am
by Rudi Fischer
More pappabeer

Baie dankie vir die raad. Ek het nou n goeie ruglyn.

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Fri Jul 25, 2014 10:21 pm
by Bulvegter
458Exp wrote:Safari, daar was nog 4 pakkies oor (Rivonia)
En n 1000 pak 123 gr Nosler CC
Dankie, ek het toe 4 pakkies by Safari Pretoria gekry.

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Sat Jul 26, 2014 6:35 am
by Rudi Fischer
Bly ek kon help

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Sun May 24, 2015 2:26 pm
by Hilux01
Manne my 156gr Norma Oryx vir die bosveld jag en 140gr Nosler CC vir die baan is steeds tops
Te danke aan hierdie forum en manne soos oom Tripod met QL vaardighede soos min
Ek weet Somchem data maks en min is vir die ouer kalibers en baie konserwatief

Ek gaan nou bietjie begin speel met 129 Nosler Accubond Long Range vir langer afstand jag en 123gr Nosler CC vir die baan

Kan ek steeds voortgaan met die S365 soos ek met die 140gr Nosler CC doen eerder as die S385 wat ek op die swaarder 156gr Norma Oryx gooi?

Wat sal 2 goeie ladings wees om oor die chrony te jaag vir beide koeëls voor ek vir QL data vra?

Hoor graag van julle

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Sun May 24, 2015 4:24 pm
by VdWalt
Myne skiet baie lekker met die 140gr CC en 43.5gr S365. Ek gebruik nogsteeds die S385 net vir
die 156gr Norma en S365 vir alles ligter.

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Sun May 24, 2015 5:18 pm
by Pvdw
Ek laai die 150gr Rhinos met 48gr S385 vir 2600-2630ft/s.

Water kap is 56.6gr
TPL 76.0mm
103%dopvul.

Dis waarmee ek die jaar jag.

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Sun May 24, 2015 9:40 pm
by Hilux01
Peet

Yes daai S385 werk mooi op die swaarder koeëls
Ek wil graag nou van die ligter 129gr Nosler AB Long Range gooi en ook 123gr Nosler CC
Daarom eerder die S365 met die ligter koeëls - ek wil net nie te laag begin met die ladings nie so ek reken ek gaan nou 123gr laai met 43gr en 44gr en die 129gr laai met 40gr en 41gr vir Chrony om te begin werk met QL

Opinies?

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Mon May 25, 2015 1:00 am
by Pappabeer
Hilux01 wrote:Peet

Yes daai S385 werk mooi op die swaarder koeëls
Ek wil graag nou van die ligter 129gr Nosler AB Long Range gooi en ook 123gr Nosler CC
Daarom eerder die S365 met die ligter koeëls - ek wil net nie te laag begin met die ladings nie so ek reken ek gaan nou 123gr laai met 43gr en 44gr en die 129gr laai met 40gr en 41gr vir Chrony om te begin werk met QL

Opinies?
Jy kan maar gerus meer Perdekrag agter hulle gooi, veral die 129gr. Ek laai al my 140gr koëels met 44gr S365, en die druk is nog vêr van maksimum af. In fact, op n stadige lot is enige iets minder soms nie genoeg om die dop te laat obturate nie, en kry ek blow back. Ek het al n paar 130gr TSXe baan af gestuur voor 45gr S365, en weereens sonder druk, so ek glo voor 40gr gaan daai ABLR maar teen 2350fps of iets dergliks gelanseer word.

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Mon May 25, 2015 7:31 am
by Hilux01
Dankie Dewald

Dink jy ek moet eerder so 2gr by sit vir elkeen van daai ladings?
Wat sou jou voorstel wees vir die 123gr Nosler CC en die 129gr Nosler AB LR?

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Mon May 25, 2015 7:35 am
by Arnold
My dopkapasiteit op die 260AI is dieselfde as n 6.5x55 en ek gooi 47.3gr S365 lot 76 agter n 123gr SMK.

Lot 76 is stadig so wees versigtig om die lading te dupliseer.

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Mon May 25, 2015 7:37 am
by Hilux01
Dankie Arnold
Ja ek het juis Lot071 wat as ek reg onthou bietjie warmer brand

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Mon May 25, 2015 8:23 am
by Pvdw
123gr Nosler CCs laai ek met 45.5gr 365 en dis redelikke pap lading. Glo dit sal veilig wees vir beginlading.

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Mon May 25, 2015 8:25 am
by Arnold
Die 123gr behoort jy veilig verby 2900 fps te kan stoot