Page 7 of 24

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Tue Jul 26, 2016 8:36 pm
by Jurgen Visser
Geniet dit en sterkte

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Jul 27, 2016 4:14 am
by LouisC
Ons ry saterdag bq Namibiƫ toe, Aranos.
Slaap saterdagaand in Molopo lodge, sondag vroeg deur.
Geniet julle jag

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Jul 27, 2016 7:14 am
by DanieDegenaar
Ry ook more bietjie Thabazimbi se kant toe vir 'n lekker blouwildebees, rooibok, vlakvark en vlekkies in die nag. Hoop maar alles loop soos beplan.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Jul 27, 2016 9:19 pm
by Sean3006
Dankie julle. Duimvas daai kant ook. Stuur asb n foto of twee van julle pryse.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Jul 27, 2016 9:23 pm
by Geno
Julle manne moet dit geniet. Ek is more op n dag jag by Wildevykrans.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Thu Jul 28, 2016 8:07 am
by willers
Hoop Tripod word nie weer siek nie. Geniet dit myne is verby.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Fri Aug 12, 2016 6:49 am
by Frederik
Uiteindilik amper gedink dit gaan nooit kom nie maar dis my beurt om bietjie vir die Vrystaat cheetahs te gaan kuier en kyk of ek iets kan om gooi met stukkie lood.

Op my lys is eland koei gaan nuwe spesies wees vir my. Sal hopelik met goeie nuus terug rapporteer dit is ook die heel eertse keer dat ek en my broer gaan saamjag.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Fri Aug 12, 2016 7:26 am
by Dolf014
Ry ook namiddag veld toe. My 2de laaste trip vir die seisoen.
Jobkaart; koedoe, vlakvark en moontlik waterbok.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Fri Aug 12, 2016 8:00 am
by junglejulian
Ry bietjie later vandag vir n jaarlikse pelle jag al van student dae af.ons jag vanjaar bietjie korter as gewoonlik maar almal is deesdae maar ver en besig met hul eie familie.
Hoofsaaklik vir springbok maar sal sien wat loop voor die groot roere in.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 24, 2017 5:39 pm
by Mellies
Daarsy manne (en dames)...

Dis weer sulke tyd met die jagseisoen wat n paar dae weg is.

Wie is oppad jagveld toe? Waarheen ry julle en wat is op die spyskaart? Watter roere word ingespan?

Met n vleisie...

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 24, 2017 5:49 pm
by PWV
Joe Rocket se gat brand nou al so, hy is onhebbelik! Ry Donderdag!!

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 24, 2017 5:52 pm
by Wouter Roets
Saderdag oggend oppad Aranos toe vir so een of vyftig springbokkies. 22-250 AI en 243 AI gaan saam.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 24, 2017 6:01 pm
by joe rocket
Donderdag oppad Prince Albert toe vir enige bok wat verby kom.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 24, 2017 6:06 pm
by Mellies
Wouter Roets wrote:Saderdag oggend oppad Aranos toe vir so een of vyftig springbokkies. 22-250 AI en 243 AI gaan saam.
Wouter,

Vertel bietjie hoekom daai spesifieke roere seblief? Eks sommer nuuskierig.

Dankie.

Met n vleisie...

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 24, 2017 6:08 pm
by Mellies
joe rocket wrote:Donderdag oppad Prince Albert toe vir enige bok wat verby kom.
Watter bokke is daar Joe? Watter roere gaan saam?

Dankie.

Met n vleisie...

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 24, 2017 6:14 pm
by skollie
Ry volgende week Maandag, Kimberley se kant toe (Waterval Safari's)
Ons is 3 ouens wat saam gaan met 30-06, 243, 270, 6.5x55 en 9.3x62
Plan is 3x Gemsbokke, 2x BWBste, 8x Springbokke, 1 x Rooihartbees, paar vlakvarke en dalk 'n Eland
Kan nie meer wag nie!

Sent from my SM-T815 using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 24, 2017 6:15 pm
by win270
Ons ry einde Junie Karoo (Middelburg en Steynsburg, Oos-Kaap) toe en gaan blesbok, springbok, ribbok en koedoes skiet waar moontlik. .308 en .270 is reeds gereed vir die ervaring.

Ek neem ook sommer my vrou en albei getroude kinders saam - as die dames hulself kan besig hou, kan die manne bietjie meer tyd in die veld deurbring.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 24, 2017 6:25 pm
by joe rocket
Mellies wrote:
joe rocket wrote:Donderdag oppad Prince Albert toe vir enige bok wat verby kom.
Watter bokke is daar Joe? Watter roere gaan saam?

Dankie.

Met n vleisie...
Springbok, blesbok, koedoe,gemsbok, rooihartebees, eland en swartwildebees. Gaan die 243 ackley en die 300 WM saam neem.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 24, 2017 6:28 pm
by tripodmvr
Ry Donderdag oggend vroeg na plaas teen Limpopo naby Steenbokpan. Vaaldriehoek komiteejag. Ek het die 7x64 en 30-06 die naweek laat praat en gaan nou-nou herlaai. Waterbok en miskien rooibok wat moet plat.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 24, 2017 6:40 pm
by Nickvn
Vroeg Woendag oggend val ons in die pad Phillipolis toe vir vyf dae. Kry vir Johan en Jean weer daar. Sien uit om n paar bokke huis toe te bring. Klaar gelaai en getoets, net die pakwerk om te doen.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 24, 2017 6:46 pm
by goodstuff
Ons ry Donderdag oggend vroeg helmeringhausen toe.
Gemsbok, springbok en dalk n wilde wees.
.308 gaan saam
Groetnis

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 24, 2017 7:36 pm
by Pvdw
Ek en Cobb rits Donderdag af Queenstown toe vir eland, blesbok en koedoe

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 24, 2017 7:57 pm
by tripodmvr
Pvdw wrote:Ek en Cobb rits Donderdag af Queenstown toe vir eland, blesbok en koedoe
Seg groete vir Wayne. Die ou ballie brigade gaan hom in Julie tref.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 24, 2017 8:12 pm
by joe rocket
PWV wrote:Joe Rocket se gat brand nou al so, hy is onhebbelik! Ry Donderdag!!

Daars hy my oom! Kyk manne ek het die oom so lus gemaak vir jag vanoggend toe ons n koppie boeretroos geniet het dat sy oge soos sterre begin skitter het en die kwyl het letterlik by sy mond uitgeloop. Dis lekker om te sien hoe opgewonde die oom nog raak as dit by jag kom.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 24, 2017 9:07 pm
by PWV
joe rocket wrote:
PWV wrote:Joe Rocket se gat brand nou al so, hy is onhebbelik! Ry Donderdag!!

Daars hy my oom! Kyk manne ek het die oom so lus gemaak vir jag vanoggend toe ons n koppie boeretroos geniet het dat sy oge soos sterre begin skitter het en die kwyl het letterlik by sy mond uitgeloop. Dis lekker om te sien hoe opgewonde die oom nog raak as dit by jag kom.
Ek sal maar wag tot jy terug is voordat ek van jou bene breek, boetman!! Soos jy praat wil dit voorkom asof jy my as 'n "has been" beskou. >:D