Page 7 of 13
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Sun Dec 13, 2015 12:46 pm
by tripodmvr
Baie dankie. PM of Epos jou bankbesonderhede dan kan ek met jou regmaak.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Sun Dec 13, 2015 1:00 pm
by Smitstertjies
Jaco, betaling vir my en Oom Tripod gemaak. Stuur maar net sy nommers vir hom.
Oom Tripod, geen probleem, ek sal oom pm.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Sun Dec 13, 2015 1:13 pm
by tripodmvr
Smitstertjies wrote:Jaco, betaling vir my en Oom Tripod gemaak. Stuur maar net sy nommers vir hom.
Oom Tripod, geen probleem, ek sal oom pm.
Baie dankie weereens vir jou hulp. Het jou PM gekry en vroulief sal heelwaarskynlik more die nodige kan doen. Jy moet my maar jou epos stuur sodat ek die bewys van betaling kan aanheg.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Sun Dec 13, 2015 7:16 pm
by NicoSmit
Wonder wanneer gaan ek my nommer kry wou nog 'n kaartjie gekoop het
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Sun Dec 13, 2015 10:19 pm
by Jakkalsgat
Nico
Het jou nommer al 3 maal gestuur. Gee my jou foon nommer dan sms ek dit vir jou.
Groete
Jaco
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Mon Dec 14, 2015 8:08 am
by Hilux01
Sit in afwagting met my nommers voor my kan nie meer wag vir Dinsdag aand nie
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Mon Dec 14, 2015 8:57 am
by Silent Hunting
Hilux01 wrote:Sit in afwagting met my nommers voor my kan nie meer wag vir Dinsdag aand nie
Ek het nie nommers nie....

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Mon Dec 14, 2015 9:13 am
by Ferdi Bam
Jaco,
Ek het ook n inbetaling gemaak onder my Jaracal naam(Ferdi Bam) as verwysing verlede week, Donderdag. Waar moet ek kyk vir my nommers?
Groete
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Mon Dec 14, 2015 9:19 am
by Eugene
Manne, wees maar so bietjie geduldig, Jaco was paar dae weg en die PMs werk nie altyd so fluks soos munisipale werkers nie.
Elke ou wat inbetaal het se naam en nommers is op 'n lys en as jou nommer getrek word, sal ons weet wie is jy.
Dankie ook aan almal se bydrae tot hierdie fondsinsameling.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Mon Dec 14, 2015 2:43 pm
by JPS
Dankie Jaco,
Ek het my nommers gekry.
Groete
Jan
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Mon Dec 14, 2015 3:00 pm
by Jakkalsgat
Middag Manne
Die kompetisie is gesluit.
As enige deelnemer nog nie sy nommers ontvang het nie moet hy my asb laat weet. Ons gaan more oggend vir oulaas deur die bankstate net om seker te maak dat almal se nommers toegeken is.
Ek het persoonlik aan elkeen 'n PM gestuur wat deelgeneem het, as jy nie gekry het nie is jy welkom om my telefonies te kontak by 082 494 5587.
Die trekking proses sal more verduidelik word.
Groete
Jaco
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Tue Dec 15, 2015 1:24 pm
by Hugo
En so wanneer is die groot trekking?
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Tue Dec 15, 2015 1:58 pm
by Jakkalsgat
Hugo
Geluk met jou verjaardag, geseende jaar vir jou.
Groete
Jaco
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Tue Dec 15, 2015 2:00 pm
by Hugo
Thanks Jaco!
Reel nou my n mooi prys!
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Tue Dec 15, 2015 2:08 pm
by Jakkalsgat
Middag Manne
Die trekking word gedoen vanaand om 19h00 in Pretoria deur Jean Marais en Berkeley (Predator) en dit sal gedoen word as volg:
Ek stuur slegs die nommers deur na Jean per e pos. Elke kaartjie het 2 nommers op naamlik jou trekking nommer en jou deelnemer nommer.
Al die kaartjies word in 'n houer gegooi geskommel en 'n nommer getrek. Die nommers word in volgorde wat hul getrek word gepost en die wenners kry in daardie volgorde 'n kans om sy prys te kies. Elke deelnemer kan soos per die reels net een prys wen en daarom is die deelnemer nommer ook op die kaartjie sodat indien 'n deelnemer se nommer reeds getrek is en weer getrek word hulle daardie nommer kan eenkant soek om sodoende te verseker dat een man nie al die pryse wen nie.
Jou deelnemer nommer ken net ek en jou kaartjie nommers ken net ek en jy m.a.w niemand kan voorgetrek of benadeel word nie.
Voel vry om te vra as julle nie verstaan nie.
As daar iemand is wat nog nie sy nommers het nie of dit nie ken nie kan julle vir my kontak per PM, WA of foon.
Sterkte vir elkeen van julle.
Groete
Jaco
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Tue Dec 15, 2015 2:17 pm
by tripodmvr
Ons moet seker nie die hoofdoel vergeet nie - watter bedrag is sover ingekry?
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Tue Dec 15, 2015 2:24 pm
by Jakkalsgat
Oom Marius
Ons staan tans op R57000
Groete
Jaco
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Tue Dec 15, 2015 2:34 pm
by Albert84
Middag Jaco,
Hoe lank het jy om jou prys te kies? Bv. die eerste kaartjie wat getrek word se deelnemer sit in die Weskus sonder foon sein tot na Kersfees. Nou moet die res van die gelukkige wenners wag totdat hy terugkeer na die beskawing voordat hulle kan kies of is daar n maksimum tydperk om te kies?
Nogmals dankie vir al jou moeite dis n mooi klompie geld wat ingesamel is vir n goeie doel.
Groete,
Albert
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Tue Dec 15, 2015 2:38 pm
by Jakkalsgat
Albert
Ons het in die verlede 2 weke gegee maar dink dit was oor binne 3 dae, ons sal uit ons pad gaan om die manne in die hande te kry.
Groete
Jaco
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Tue Dec 15, 2015 6:17 pm
by Pvdw
Jaco is die lys van pryse op bl6 die finale lys?
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Tue Dec 15, 2015 7:41 pm
by Jean Marais
Daarsy manne, die trekking is gedoen, en die proses soos deur Jakkalsgat beskryf is steng nagevolg. Berkley (Predator) het die trekkings gedoen onder my wakende oog, en die wennomers is in die volgorde soos hieronder uiteengesit getrk.
Die wennommers is dan soos volg:
1. 30
2. 526
3. 195
4. 448
5. 501
6. 172
7. 466
8. 91
9. 401
10. 234
11. 414
12. 71
13. 309
14. 540
15. 275
16. 530
17. 481
18. 25
19. 43
20. 491
21. 533
22. 17
Geluk aan al die wenners, en van my kant af ook, baie dankie vir die ondersteuning van hierdie wonderlike kompetisie. Loeriehuis gaan absoluut oorstelp wees.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Tue Dec 15, 2015 8:09 pm
by Sarel
Baie geluk aan die wenners!!
Aan die ander (soos ek), die fondse gaan vir 'n goeie doel, en is bevoorreg om deel daarvan te wees.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Tue Dec 15, 2015 8:17 pm
by Jakkalsgat
Pvdw wrote:Jaco is die lys van pryse op bl6 die finale lys?
Peet
Tensy ek iets gemis het is dit die finale pryse
Groete
Jaco
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Tue Dec 15, 2015 8:26 pm
by Apie
Whooooohoooooo!
Eks n wenner!
Ek glo elkeen se bydrae het n verskil gemaak aan die inwoners by Loeriehuis!
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015
Posted: Tue Dec 15, 2015 8:34 pm
by Jakkalsgat
Jean Marais wrote:Daarsy manne, die trekking is gedoen, en die proses soos deur Jakkalsgat beskryf is steng nagevolg. Berkley (Predator) het die trekkings gedoen onder my wakende oog, en die wennomers is in die volgorde soos hieronder uiteengesit getrk.
Die wennommers is dan soos volg:
1. 30 j le roux
2. 526 sako75
3. 195 alwyn
4. 448 JD Key
5. 501 Hilux01
6. 172 Carl
7. 466 Thebus
8. 91 Hugo
9. 401 Apie
10. 234 Namhunt
11. 414 Jacow
12. 71 Montie
13. 309 Wouter Roets
14. 540 JP
15. 275 Renier 183
16. 530 Smitstertjies
17. 481 Fanta300
18. 25 Suikermuis
19. 43 BSaaiman
20. 491 Stephan86
21. 533 Tripod
22. 17 Nico Harris
Geluk aan al die wenners, en van my kant af ook, baie dankie vir die ondersteuning van hierdie wonderlike kompetisie. Loeriehuis gaan absoluut oorstelp wees.