Ek sou vir die 43 gaan omrede van die 9mm kaliber wat jou in my opinie groter verskeidenheid gaan bied. Met die regte holster en gordel gaan jy daai 43 maklik kan versteek dra. Vra die manne wie G19/23 het. Mens raak dit vinnig gewoond om daai grote wapen te "conceal carry". 7 rondtes vs 11 is nogal 'n groot verskilBasie2 wrote: Tue Dec 08, 2020 11:18 pm Goeie naand, mag ek vraag vra?
Ek stel belang in glock 42, dis 380, maar het vandag die 43x gesien wat 9mm is.
Ek dra NAA.22mag, maar na 22 jaar diens gaan ons skei. Ek het cz75 waarmee ek op baan skiet. Die glock gaan elke dag dra wees.
Ek het nog nie met enige geskiet nie, sal graag wil om recoil te voel. Is hier iemand wat kan kommentaar lewer.
Ek luister
Sent from my iPad using Tapatalk
Pistool vir Selfverdediging
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Maak 'n verskil
-
Dirk777
- Jr. Member

- Posts: 90
- Joined: Wed Dec 04, 2019 9:26 am
Re: Pistool vir Selfverdediging
Ek dra 'n G23, en dit versteek baie maklik. Veral as jy die standaard magasyn dra. Ook as mens "apendix" dra... hy versteek dan so goed dat my vriend my noudiedag by die kerk vra, waar is jou gun.... ? "Me, I just smiled"
HOWA .300WM
GLOCK 23 EDC
Smith and Wesson 15-22
FN FAL 7.62 x 51
FAIR 12br O/U
MAGTEC 12br
Taurus .375 Mag
Smith & Wesson .38 Special
CZ 6.35
BSA .22 long
GLOCK 23 EDC
Smith and Wesson 15-22
FN FAL 7.62 x 51
FAIR 12br O/U
MAGTEC 12br
Taurus .375 Mag
Smith & Wesson .38 Special
CZ 6.35
BSA .22 long
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Dankie.
Die .22mag is ‘n handvol om te hanteer.
Die cz75 hanteer op ‘n ander vlak. My bekommernis is, is die 43 nie ongemaklik in sy terugskop omdat dit ‘klein en lig’ is, teenoor die 42 (380) wat meer gematig sal wees nie.
Ek neig na die 43 toe. Ek dink nie iets kan meer ‘snappie’ wees as die .22mag in NAA nie.
Die pryse wissel net baie, vanaf R8700 tot R12600!
Sent from my iPad using Tapatalk
Die .22mag is ‘n handvol om te hanteer.
Die cz75 hanteer op ‘n ander vlak. My bekommernis is, is die 43 nie ongemaklik in sy terugskop omdat dit ‘klein en lig’ is, teenoor die 42 (380) wat meer gematig sal wees nie.
Ek neig na die 43 toe. Ek dink nie iets kan meer ‘snappie’ wees as die .22mag in NAA nie.
Die pryse wissel net baie, vanaf R8700 tot R12600!
Sent from my iPad using Tapatalk
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Jy gebruik hom nie vir kompetisies nie, maar dra hom om (hopelik nooit nie!) die kwaad van jou lyf af te hou. Feite is dat, indien jy hom die dag vir SV nodig kry, jy beslis nie kans of tyd gaan hê om eers aan terugskop te dink nie; jy sal dit waarskynlik nie eers agterkom nie. Hoe vinniger jy hom gewoond raak, hoe beter.Basie2 wrote: Thu Dec 10, 2020 7:16 pm ... My bekommernis is, is die 43 nie ongemaklik in sy terugskop omdat dit ‘klein en lig’ is, teenoor die 42 (380) wat meer gematig sal wees nie ...
Tensy jy nie n hand- of gewrigskwaal het nie, of daar n werklike ernstige en goeie ander rede is nie, behoort jy vinnig en mooi met hom reg te kom. Weereens, probeer hom en n paar ander uit voordat jy koop. Dit help!
-
Marius@J
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Fri Mar 06, 2015 6:12 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Dit is gewoonlik waar (dat jy 'n kleiner pistool groter kan maak, maar nie andersom nie), maar nie noodwendig soveel in die geval van die G43 vs. die G43X nie. Die G43 het 'n single stack magesyn, terwyl die G43X 'n stack-and-a-half het. Dit maak 'n beduidende verskil nie net aan die aantal rondtes wat jy per cm kan indruk nie, maar ook aan hoe lank jy kan gaan. Onthou dat die 9mmP dop dunner word na voor, wat probleme versoorsaak as jy te veel van hulle direk opmekaar stapel. "Stagger" hulle 'n bietjie, en jy kan met baie meer wegkom. Dit is hoekom jy tot 20 rondtes kan gaan in 'n G43X, terwyl jy nie regtig meer as 8 kan gaan in 'n G43 nie.saswart wrote: Wed Dec 09, 2020 8:31 am Jy kan die 43 altyd groter maak, nie die 43X kleiner nie. As jy gemaklik kan wees met die langer handvatsel vat die 43X, baie rondtes, vol greep en dieselfde dikte as 43 ens.
- saswart
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Waar - maar ek praat van die grote van die pistool, nie van die hoeveelheid rondtes nie.Marius@J wrote: Fri Dec 11, 2020 6:42 pmDit is gewoonlik waar (dat jy 'n kleiner pistool groter kan maak, maar nie andersom nie), maar nie noodwendig soveel in die geval van die G43 vs. die G43X nie. Die G43 het 'n single stack magesyn, terwyl die G43X 'n stack-and-a-half het. Dit maak 'n beduidende verskil nie net aan die aantal rondtes wat jy per cm kan indruk nie, maar ook aan hoe lank jy kan gaan. Onthou dat die 9mmP dop dunner word na voor, wat probleme versoorsaak as jy te veel van hulle direk opmekaar stapel. "Stagger" hulle 'n bietjie, en jy kan met baie meer wegkom. Dit is hoekom jy tot 20 rondtes kan gaan in 'n G43X, terwyl jy nie regtig meer as 8 kan gaan in 'n G43 nie.saswart wrote: Wed Dec 09, 2020 8:31 am Jy kan die 43 altyd groter maak, nie die 43X kleiner nie. As jy gemaklik kan wees met die langer handvatsel vat die 43X, baie rondtes, vol greep en dieselfde dikte as 43 ens.
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Indien die pistool ‘te groot word’, lê dit in die kluis, punt. Ek het na die lcp gekyk, maar sal die sprong waag na die 43 toe, maar nie verder nie. Wanneer die verskillende glocks lang mekaar vergelyk word is daar net ‘n klein verskil in groterwordenheid (glo jul verstaan), maar skielik is jy by die 17. Verkoopspersoneel kan jou probeer ‘swaai’ na wat hy het, so jy moet klaar jou grense stel. Dit is jammer dat mens nie die produk ‘test drive’ nie. Dankie vir raad.
Sent from my iPad using Tapatalk
Sent from my iPad using Tapatalk
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Pistool vir Selfverdediging
Kyk na G26, ja hy is full size bree slide, maar hy vat enige magesyn tot 31 rounds. Ek edc maklik elke dag met my G26 met extended 12 shot mags.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Pistool vir Selfverdediging

Std 12 rounds
Sent from my iPhone using Tapatalk
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Pistool vir Selfverdediging

Std 31 rounds.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Tokkieland
- Jr. Member

- Posts: 55
- Joined: Fri Aug 14, 2020 11:08 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Ek het vir my die Ruger gekoop. Vat 9mm short. 6 van hulle behoort genoeg te wees glo ek. Het my .45 verkoop net te ongemaklik begin raak. Hierdie Ruger skiet lekker dalk nie so akkuraat soos my 45 nie maar dalk net meer met hom oefen. Wat wel die beste van die pistool is is sy grootte. Dit voel letterlik soos my selfoon of my beursie in my broeksak. Baie plat en Baie lig. Werk of dorp toe weet nie eers van hom nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Tokkieland
- Jr. Member

- Posts: 55
- Joined: Fri Aug 14, 2020 11:08 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Wou net by sê my pinkie pas nie op die greep nie. Glo ek verloor akkuraadheid daardeur maar Nogsteeds nie sleg teen oor my ou 45 nie.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1343
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Pistool vir Selfverdediging
Ruger maak 'n extended magasyn vir hom wat meer rondtes toelaat en meer vingers op die greep kry. Soek vir jou sulkes. Dit help.
-
Tokkieland
- Jr. Member

- Posts: 55
- Joined: Fri Aug 14, 2020 11:08 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Sal definitief kyk daarna. Dankie. Glo sal n groot verskil maak solank dit nog gemaklik kan bly.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1343
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Pistool vir Selfverdediging
Ek weet nie waar jy is nie, maar kyk by VLT in Pretoria. Hulle is nou Ruger agente as ek dit nie mis het nie. Hulle het 'n klomp Rugers op die rak gehaf toe ek daar was anderdag - die .380 modelle ingesluit. Dalk het hulle iets van die rak af vir jou.
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Tokkieland, jy kan hier ook kry as jy nie in Pretoria is nie: https://specialarmory.com/product/ruger ... -magazine/
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Ek verskil tog 'n bietjie. Om in SD-situasies in staat te wees om die pistool effektief aan te wend, vereis die inoefening van vaardighede in verskeie omstandighede. Om dit reg te kry moet daar baie geskiet word met die betrokke wapen. So ja. Die gemak van die wapen in die hand is 'n MOERSE groot oorweging. Dit is hoekom my vrou eerder die "groter" pistool gekies het...Ds J wrote: Thu Dec 10, 2020 11:27 pmJy gebruik hom nie vir kompetisies nie, maar dra hom om (hopelik nooit nie!) die kwaad van jou lyf af te hou. Feite is dat, indien jy hom die dag vir SV nodig kry, jy beslis nie kans of tyd gaan hê om eers aan terugskop te dink nie; jy sal dit waarskynlik nie eers agterkom nie. Hoe vinniger jy hom gewoond raak, hoe beter.Basie2 wrote: Thu Dec 10, 2020 7:16 pm ... My bekommernis is, is die 43 nie ongemaklik in sy terugskop omdat dit ‘klein en lig’ is, teenoor die 42 (380) wat meer gematig sal wees nie ...
Tensy jy nie n hand- of gewrigskwaal het nie, of daar n werklike ernstige en goeie ander rede is nie, behoort jy vinnig en mooi met hom reg te kom. Weereens, probeer hom en n paar ander uit voordat jy koop. Dit help!
Weereens maar persoonlike oorweging.
Net my 2c (vir wat dit werd is)
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Goeiedag Hein, ek het aanvanklik ook gedink dat die gemak van n handwapen n groot rol speel, totdat ek kennis gemaak het met een of twee skuts wat op nasionale vlak meeding, skietlesse aanbied, ens. Tensy daar werklik n ernstige fisiese hindernis is, bv baie klein hande of n swaar kaliber, behoort die meeste skuts met genoeg oefening goeie resultate te kan kry met amper enige gewone handwapen.Hein M. wrote: Thu Dec 17, 2020 8:33 amEk verskil tog 'n bietjie. Om in SD-situasies in staat te wees om die pistool effektief aan te wend, vereis die inoefening van vaardighede in verskeie omstandighede. Om dit reg te kry moet daar baie geskiet word met die betrokke wapen. So ja. Die gemak van die wapen in die hand is 'n MOERSE groot oorweging. Dit is hoekom my vrou eerder die "groter" pistool gekies het...Ds J wrote: Thu Dec 10, 2020 11:27 pmJy gebruik hom nie vir kompetisies nie, maar dra hom om (hopelik nooit nie!) die kwaad van jou lyf af te hou. Feite is dat, indien jy hom die dag vir SV nodig kry, jy beslis nie kans of tyd gaan hê om eers aan terugskop te dink nie; jy sal dit waarskynlik nie eers agterkom nie. Hoe vinniger jy hom gewoond raak, hoe beter.Basie2 wrote: Thu Dec 10, 2020 7:16 pm ... My bekommernis is, is die 43 nie ongemaklik in sy terugskop omdat dit ‘klein en lig’ is, teenoor die 42 (380) wat meer gematig sal wees nie ...
Tensy jy nie n hand- of gewrigskwaal het nie, of daar n werklike ernstige en goeie ander rede is nie, behoort jy vinnig en mooi met hom reg te kom. Weereens, probeer hom en n paar ander uit voordat jy koop. Dit help!
Weereens maar persoonlike oorweging.
Net my 2c (vir wat dit werd is)
Die meeste kenners se raad was dat n mens gewoond kan raak aan n spesifieke handwapen, en oor die algemeen goeie resultate kan kry. Een van die skuts kompeteer bv met n 1911-tipe pistool, en dra n Glock.
Toe ek my eerste handwapen gekry het, het my pa en n goeie vriend in daardie dae gereeld baie beter as ek geskiet met dieselfde wapen, en ek het eers agterna besef dat dit net was omdat hulle baie meer oefening as ek gehad het, of beter gekonsentreer het.
Sodra n mens in n SV-situasie betrokke raak en die adrenalien pomp (brein funksioneer in die veg-of-vlug-modus), kom n mens nie agter dat die pistool skop nie, jy hoor nie die skote afgaan nie, ens. Teen daardie tyd moet die basiese opleiding of vaardighede reeds ingeprent wees.
- saswart
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Ek wil tog net ook tong in die kies se dat 'n mens nie 'n bakkie koop oor hoe gemaklik jou agterstewe voel in die sitplekke nie of selfs die handvatsels nie... Te groot of party snaakse pistole sit baie lekker in die hand en skiet wonderlik, maar dan sit mense baie keer met te groot pistole of pistole waarvoor daar geen parte is nie. Vat maar net 'n Shadow/SP01 tipe pistool, dit sit soos 'n handskoen, maar is nie regtig EDC pistole nie, alhoewel daar mense is wat dit dra.Hein M. wrote: Thu Dec 17, 2020 8:33 amDie gemak van die wapen in die hand is 'n MOERSE groot oorweging. Dit is hoekom my vrou eerder die "groter" pistool gekies het...Ds J wrote: Thu Dec 10, 2020 11:27 pmBasie2 wrote: Thu Dec 10, 2020 7:16 pm ... My bekommernis is, is die 43 nie ongemaklik in sy terugskop omdat dit ‘klein en lig’ is, teenoor die 42 (380) wat meer gematig sal wees nie ...
Tensy jy nie n hand- of gewrigskwaal het nie, of daar n werklike ernstige en goeie ander rede is nie, behoort jy vinnig en mooi met hom reg te kom. Weereens, probeer hom en n paar ander uit voordat jy koop. Dit help!
Basie2 wrote: Fri Dec 11, 2020 10:40 pm Dit is jammer dat mens nie die produk ‘test drive’ nie. Dankie vir raad.
Sent from my iPad using Tapatalk
@Basie2 Ek edc 'n G43 en daar is regtig geen verskil in "terugskop" in vergelyke met bv my p10c nie. Mens is regtig baie aangenaam veras die G43 skiet soos 'n groot pistool. Jy leer die ding ken net soos jy jou bakkie, grinder of watokal leer ken.
As jy in Pta is is jy welkom om met myne te kom skiet
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Baie dankie vir julle insette.
Vir my is die heel belangrikste:
“Die vuurwapen moet by jou wees”
Ek dra reeds 22 jaar die .22Mag NAA. Daar is baie negatiewe kante, maar dit was elke dag aan my.
Ek het die naverkope van die veskillende pistole vergelyk en staan by die glock. Na baie ure se videos en vergelykings het ek besluit dat daar nie so ‘n drastiese verskil (my opinie) tussen die 9kort en parrabellum is nie. Kyk na Paul Harrel se videos en ander ballistise gel toetse. Huidig laai ek (cz75) 147gn XTP Hornady vir huis beskerming en 126gn RN vir baan skiet. Ek gaan 95gn RN laai vir elke dag dra in die glock 42. Ek wil baie meer skote deur die glock sit en so skootpasing, in ongure situasies, beter onder die knie kry. Ek is baie dankbaar dat ek nie nodig gehad het om die .22 in die 22 jaar in nood te moes gebruik nie, maar dit was altyd by my.
Sent from my iPad using Tapatalk
Vir my is die heel belangrikste:
“Die vuurwapen moet by jou wees”
Ek dra reeds 22 jaar die .22Mag NAA. Daar is baie negatiewe kante, maar dit was elke dag aan my.
Ek het die naverkope van die veskillende pistole vergelyk en staan by die glock. Na baie ure se videos en vergelykings het ek besluit dat daar nie so ‘n drastiese verskil (my opinie) tussen die 9kort en parrabellum is nie. Kyk na Paul Harrel se videos en ander ballistise gel toetse. Huidig laai ek (cz75) 147gn XTP Hornady vir huis beskerming en 126gn RN vir baan skiet. Ek gaan 95gn RN laai vir elke dag dra in die glock 42. Ek wil baie meer skote deur die glock sit en so skootpasing, in ongure situasies, beter onder die knie kry. Ek is baie dankbaar dat ek nie nodig gehad het om die .22 in die 22 jaar in nood te moes gebruik nie, maar dit was altyd by my.
Sent from my iPad using Tapatalk
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Hoop jy geniet daai Glock. Nou vir die lisensie proses wat soms soos n ewigheid kan voel.
Maak 'n verskil
-
Tokkieland
- Jr. Member

- Posts: 55
- Joined: Fri Aug 14, 2020 11:08 pm
Re: Pistool vir Selfverdediging
Dankie Ooskaapjagter. Sal hulle beslis kontak.OosKaapJagter wrote: Thu Dec 17, 2020 7:31 am Tokkieland, jy kan hier ook kry as jy nie in Pretoria is nie: https://specialarmory.com/product/ruger ... -magazine/
-
Silwer
- Full Member

- Posts: 136
- Joined: Thu May 14, 2015 11:30 am
Re: Pistool vir Selfverdediging
Ek is effens laat vir die gesprek, maar 'n ander opsie vir 'n mikro kompakte 9mm is die HS Produkt hs h11, ook bekend as die Springfield hellcat in Amerika. Dit is 'n goeie mededinger vir die Sig Sauer P365. Basies diesefde dimensies, maar die hs h11 kom standaard met 'n 11 rondte magasyn en sluit 'n verlengde 13 rondte magasyn in in die boks. Magasyne is beskikbaar vir net so raps oor die R600 en reaper custom maak holsters vir die pistool. Ek dra vir 6 jaar al getrou my Glock 19, maar ek het onlangs besluit om 'n kleiner pistool ook aan te skaf. Na ek lank na al die verskillende opsies gekyk het, het ek vandag vir my die h11 gekoop.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Pistool vir Selfverdediging
Indrukwekkende pistooltjie! Hy is basies dieselfde dimensies as n G43 maar vat 11+1 rondtes waar die glock net 6+1 vat.Silwer wrote:Ek is effens laat vir die gesprek, maar 'n ander opsie vir 'n mikro kompakte 9mm is die HS Produkt hs h11, ook bekend as die Springfield hellcat in Amerika. Dit is 'n goeie mededinger vir die Sig Sauer P365. Basies diesefde dimensies, maar die hs h11 kom standaard met 'n 11 rondte magasyn en sluit 'n verlengde 13 rondte magasyn in in die boks. Magasyne is beskikbaar vir net so raps oor die R600 en reaper custom maak holsters vir die pistool. Ek dra vir 6 jaar al getrou my Glock 19, maar ek het onlangs besluit om 'n kleiner pistool ook aan te skaf. Na ek lank na al die verskillende opsies gekyk het, het ek vandag vir my die h11 gekoop.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
https://www.handgunhero.com/compare/glo ... ro-compact
Kyk die ou se groepering op 50yds op die einde van die video. Dit met n klein sub compact wil gedoen wees
https://m.youtube.com/watch?v=E3X-UG8Y4ms
Silwer waar het jy joune gekoop?
-
Silwer
- Full Member

- Posts: 136
- Joined: Thu May 14, 2015 11:30 am
Re: Pistool vir Selfverdediging
Skietwinkel in Bloem het vir my een van die agent gekry. Ek is nie seker wie die agent is nie. Ek het gesien Dave Sheer adverteer die pistole. Oom Willem van skietwinkel het toe met iemand daar gepraat om uit te vind wie die agent is, ek het nooit sover gedink om te vra wie dit is nie. Dave sheer verkoop die gewone een vir R11000 en die model wat optics ready is vir R12000.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk