Page 8 of 9

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Mon May 25, 2015 11:10 am
by Pappabeer
Henk ek glo 46gr en 44gr S365 van jou Lot 71 sal n veilige begin wees onderskeidelik vir die 123gr en die 129gr.

Ek weet nou nie wat dit in QL gaan sê nie, maar jou spoed behoort nog redelik matig te wees

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Tue May 26, 2015 8:12 am
by Hilux01
Eish Dewald nou voor ek weer na jou post geloer het het ek die volgende gelaai
Lapua dope met H2O kapasiteit van = 57.95gr
123gr Nosler CC, CCI200 primer, S365 Lot071 45.5gr TPL 78mm
129gr Nosler ABLR, CCI200, S365 Lot071 45gr TPL 78mm

Ek het vining geloer en dit wil vir my lyk of daar steeds meer lengte van die koeels geseat is in die dop as die caliber met 78mm TPL
Mens sal seker die 123gr dieper kan seat maar dit het nie vir my aardig gelyk nie so toe hou ek by 78mm

Iemand wat ander raad het? Ek gaan hulle Saterdag oor die Chrony jag sal laat weet

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Sat May 30, 2015 4:41 pm
by Hilux01
Right
So ek kon meeste van vandag op die skietbaan spandeer om so bietjie lood te jag voor die KZN jag vanf volgende Sondag
Ek kon ook die 123gr Nosler CC en 129 Nosler ABLR oor die Chrony skiet

Hier is die spoed lesings
123gr Nosler CC met 45.5gr S365 Lot071
1. 2916vt/sek
2. 2926vt/sek
3. 2900vt/sek
4. 2917vt/sek
5. 2948vt/sek

Met die 129gr Nosler Accubond LR met 45gr S365 Lot071
1. 2836gr
2. 2846gr
3. 2838gr
4. 2841gr
5. 2848gr

Ek gaan onder QL vra of een van die boffins soos oom Tripod my dalk kan help met die CZ se sweetspot en nodes

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Sat May 30, 2015 5:17 pm
by Smitstertjies
Henk , met die 123CC is jy op n node met 45.1 grein S365 volgens jou spoed en QL (Verwys ook na Oom Tripod se post of jou koeel nie dalk in die lande is met die lading nie. Ek het ook gevind die BRF is heelwat hoer as met die 129's volgens jou data.)

Met die 129 Accubond is daar n node op 45.5 grein S365 volgens jou spoed en QL

Ek neem aan jou loop is 600mm.

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Sat May 30, 2015 5:32 pm
by Pappabeer
Klink redelik par vir jou looplengte. Hoe was die groepe?

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Mon Jun 01, 2015 8:16 am
by Hilux01
Dankie manne ek is besig om maks TPL te bepaal om te sien wat fout was met daai 123gr
Die groepe was so 1.5" op 100m wat nie vreeslik sleg is nie, weet die geweer kan en sal baie beter maar ek was heel verbaas om net so met n "blinde" lading n lekker groep te skiet

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Mon Jan 11, 2016 10:47 am
by RUPERT
Hi Julle

Is daar dalk iemand wat alreeds S365 lot 81 met NOSLER CC 140gr laai. Ek het nou net met die batch begin laai en op QL gekalibreer en wil net graag n lading met myne vergelyk om seeker temaak ek is op die regte pad.

Ek kry volgens QL met 46.3gr n node van 1.201ms en 2750fps en BRF 0.4290

Ek sal dit wardeur as iemand asb sy lading vir my kan gee sodat ek net kan vergelyk.

Baie Dankie

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Mon Jan 11, 2016 12:06 pm
by tripodmvr
Lot 81 is 'n warm Lot so wees versigtig - kyk wat die manne hierbo gekry het met Lot 71 en aanvaar 81 is dieselfde.

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Mon Jan 11, 2016 12:30 pm
by VdWalt
RUPERT wrote:Hi Julle

Is daar dalk iemand wat alreeds S365 lot 81 met NOSLER CC 140gr laai. Ek het nou net met die batch begin laai en op QL gekalibreer en wil net graag n lading met myne vergelyk om seeker temaak ek is op die regte pad.
Ek kry volgens QL met 46.3gr n node van 1.201ms en 2750fps en BRF 0.4290
Ek sal dit wardeur as iemand asb sy lading vir my kan gee sodat ek net kan vergelyk.
Baie Dankie
Sjoe - ek het nie nou my ladings hier nie maar 46.3gr S365 klink baie vir die spoed. (My CZ het 24 duim loop)
Ek is seker ek het daai spoed met 43.7gr S365 gekry wat nie 'n warm LOT was nie (Dink dit was LOT 72).

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Mon Jan 11, 2016 1:24 pm
by RUPERT
Tripod

Mag ek dalk later vir jou al my data stuur dan kyk jy asb daarna sodat ek net seeker kan wees ek gaan nie aanjaag nie.

Dankie

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Mon Jan 11, 2016 8:46 pm
by tripodmvr
Het jou PM geantwoord.

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Tue Jan 12, 2016 7:53 am
by RUPERT
Het my data vir Oom gestuur.

Dankie

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Fri Mar 11, 2016 11:16 am
by OupaZA
Hi Julle,

Mauser M03,

Ek moet 'n vriend uithelp met sy begin lading,
- loop lengte is 560mm
- Kruit 365 (weet nog nie, sal nou laat weet)
- VLD bergers 140gr hunting
- TPL? sien 'n 77.5mm is 'n goeie begin.

Hul wil van midag skiet so wil hom 'n goeie begin lading gee, wat sal jul voorstel?

Groete

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Fri Mar 11, 2016 11:42 am
by tripodmvr
Begin met 38gr. Is bang as dit Lot 81 is. Speel dus veilig.

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Fri Mar 11, 2016 12:37 pm
by OupaZA
Groete

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Fri Mar 11, 2016 1:00 pm
by tripodmvr
Verander BRF na 0,47 en dan is die prentjie heel anders. Geen van ons wil gevaarlike ladings voorsien nie. Jy kan altyd van laag na hoog beweeg, maar te hoog dan kan dit te laat wees om 'n verstelling te maak.

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Fri Mar 11, 2016 1:26 pm
by OupaZA
Doodreg Verstaan so,

Sal begin op 38gr,

Dankie Oom,

Groete

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Wed May 25, 2016 7:29 pm
by Adriaan Louw
My kop is nou totaal rond! Kan enigiemand dalk advies gee?

Skiet verlede week met die volgende:

Nosler BT 140
TPL 76,5mm
39,5gn S365 Lot #81
Lapua Dop Gevuurvorm
Win Large Primers
100m

Resultaat heet skaflik.

Skiet vanoggend met presies dieselfde, behalwe TPL na 77mm toe geneem. Resultaat is 3 patrone wat mekaar sny, maar ongeveer 2 en 'n half duim laer en effe links van verlede week. Ek het nie chrony nie, so kan ongelukkig nie spoed gee nie.

Is dit moontlik dat 'n halwe millimeter se verstelling op TPL so 'n effek kan hê?

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Wed May 25, 2016 7:33 pm
by Arnold
Daar is n paar verduidelikings wat niks met jou herlaaide rondtes te doen het nie ...

Kolf
Bedding
Skiet posisie
Parralaks

Daar is nog ander ook.

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Wed May 25, 2016 7:58 pm
by Adriaan Louw
Dankie Arnold, ek hoor jou. Die verskil is net vir my bietjie te veel. Halfduim skuif sou ek nog kon toeskryf daaraan, maar hierdie was vir my Grieks. Geweer se bedding is gedoen. Kolf is stewig vas. Paralaksverstelling op die scope was 100%. Oor skietbank geskiet beide kere.

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Wed May 25, 2016 8:07 pm
by Arnold
sterkte

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Sat Jan 27, 2018 2:43 pm
by 1lum1nat1
Ek soek n akternatief vir S365, siende dat ek niks in die hande kan kry.

My mikpunt is om punte tussen 130-140gr te skiet. Howa, Lapua doppe, CCI 200 primers.

Ek sal graag trajek van my 300WM, met 200gr accubonds @ 2710 fps wil replikeur.

Enige voorstelle?

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Sat Jan 27, 2018 6:02 pm
by Pvdw
Op 140s werk 385 ook maar vir die 130s gaan dit nie lekker werk nie.

Weet nie of iemand dalk al 355 op die 130 of ligter probeer het nie.

Ek skiet slegs 385 maar ek jag met of 150s of 156e en daarvoor vind ek 385 beter as 365.

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Sun Jan 28, 2018 12:52 am
by Boomstomp
S341?

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Posted: Sun Jan 28, 2018 7:46 pm
by Spanner
Ek kon vandag 'n draai op die baan maak en het my nuwe Norma Oryx 156gr pille getoets wat ek by Henk Hilux gekoop het. My idee is om hulle Botswana toe te vat later die jaar om BWB en rooibok te gaan jag. Ek het sommer 'n arbitrêre lading gekies om mee te begin, net om 'n idee te kry waar die koeels inpas. My lading was toe S385 #009 44.5gr, met 'n TPL van 78.0mm, ontsteek met Win LR Magnum slagdoppe, in Norma doppe wat reeds ge-fire form was in die geweer, maar slegs ge-neck size is voor die herlaai. Ek was verras hoe lank die koeels vertoon het wat by die dop uitsteek ! Lyk amper soos 'n spies wat jy in n blompot staan gemaak het ! Die spoed was aan die lae kant, (2 515m/s) maar die akkuratheid was goed genoeg vir bosveld jag, duplikaat vyf skoot groeperings, van net onder 25mm elk. Ek gaan probeer om die lading so bietjie aan te jaag na 2700se kant toe, en hopelik steeds dieselfde akkuraatheid te kry, maar ek is eintlik tevrede om met 2500m/s BWB aan te vat oor 150m max. Skootafstand is in elk geval maar aan die korter kant op die plaas waarheen ons gaan. En ek twyfel glad nie dat daai lang koeels meer as genoeg penetrasie en momentum sal hê om deur 'n BWB te stamp nie.