Page 8 of 8

Re: My 404 Jeffery Projek

Posted: Fri Feb 06, 2015 11:32 am
by DWB
Hehehehe Baie Dankie manne

Re: My 404 Jeffery Projek

Posted: Fri Feb 06, 2015 11:36 am
by Hugov
Goeie werk Deon!!!

Lyk awesome man
Groete H

Re: My 404 Jeffery Projek

Posted: Fri Feb 06, 2015 11:47 am
by matewis
Baie baie mooi! Erfstuk vir generasies om te kom..

So wat trek hy eerste plat?

Re: My 404 Jeffery Projek

Posted: Fri Feb 06, 2015 12:08 pm
by DWB
Die plan is om hom met ñ buffel koei in te lyf einde April.

Maar ek gaan nou nie nee dankie sê as iets anders kan val voor die tyd nie.

Re: My 404 Jeffery Projek

Posted: Fri Feb 06, 2015 1:20 pm
by ruaanb
Voorwaar 'n pragtige roer. Geniet hom.

Re: My 404 Jeffery Projek

Posted: Mon Mar 09, 2015 6:37 am
by DWB
Sommer net so bietjie terugvoer.

Die geweer het nou al 100 skote deur die loop en als loop nog mooi.

Ek het gister oggend so 10 skote uit die bank geskiet om doodseker te maak als val op die regte plek op 50m.

Die skouer raak dit ook nou al meer gewoond.

Lading ontwikkeling was ook maar 'n uitdaging, ek het nou maar basies gelaai vir 2250ft/s en kry aanvaarbare akkuraatheid en sal seker so aangaan. Die kruit wat so vreeslik traag reageer is maar bietjie van 'n kopseer, maar ja lood gooi sal ons lood gooi!

Re: My 404 Jeffery Projek

Posted: Mon Mar 09, 2015 7:55 am
by VdWalt
Het jy al 'n lading met die Northforks gekry, ek het regtig maklik
'n lading met hulle in die 6.5 gekry.

Re: My 404 Jeffery Projek

Posted: Mon Mar 09, 2015 9:04 am
by DWB
Man, weet jy ek het basies sommer net tot op my gekose spoed gelaai en toe groep hulle heel aanvaarbaar.

Ek hou dit dan sommer so.

Re: My 404 Jeffery Projek

Posted: Mon Mar 09, 2015 10:09 am
by Frederik
VdWalt, dit is nogal 'n groot voordeel van die groot kalibers jy jaag nie sub MOA op 100 meter nie so gewoonlik as jy naby Node kom is dinge klaar heel aanvaarbaar.