Page 8 of 13

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Tue Dec 15, 2015 8:39 pm
by Jean Marais
Hier's so 'n klompie fotos:

Die hoed:
http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/IMG-20151215-WA0008_zpspopvrdzp.jpg

Die inhoud:
http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/IMG-20151215-WA0010_zpsannnoqe8.jpg

Die skud:
http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/IMG-20151215-WA0012_zpsotuonxne.jpg

Die wenners:
http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/IMG-20151215-WA0022_zps4rhvxzv6.jpg

Die span:
http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/IMG-20151215-WA0021_zps5nzdnjrh.jpg

Dankie manne. Geniet die pryse.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Tue Dec 15, 2015 8:48 pm
by Alwyn
Geluk an al die wenners!!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Tue Dec 15, 2015 9:12 pm
by WitWillem (Charl)
Mooi gedoen. Hierdie is n fantastiese jaarlikse instelling. Dankie vir julle moeite en geluk vir die wenners.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Tue Dec 15, 2015 9:21 pm
by goodstuff
Geluk aan die wenners - dankie aan die organiseerders vir die reel van alles.
Sal volgende jaar weer deelneem

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Tue Dec 15, 2015 11:14 pm
by ruaanb
Baie geluk aan die wenners en n groot dankie aan organiseerders en donateurs.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Dec 16, 2015 6:53 am
by cassie_calvinia
nou wil niemand nou iets he nie?

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Dec 16, 2015 7:30 am
by Alwyn
Cassie ek weet wat ek wil he, maar ek wag maar my beurt af

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Dec 16, 2015 7:32 am
by Smitstertjies
Aan die reelingskomitee, baie dankie vir julle tyd afgestaan aan die projek!!!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Dec 16, 2015 7:40 am
by Fanta300
Ek wag ook in spanning vir my beurt ;D

Let the game begin!!

Dankie aan almal wat betrokke was. Ek is seker dit gaan 'n klompie mense se Kersfees 'n bietjie opkikker.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Dec 16, 2015 7:47 am
by DawieKotze
Baie geluk aan die wenners en baie dankie vir die organiseerders en die borge!!

As ons gespaar bly, maak ons volgende jaar weer so! Ek is seker die Kinderhuis sal hierdie geld baie nuttig kan gebruik.

Groetnis

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Dec 16, 2015 8:39 am
by tripodmvr
Baie dankie Smitstertjies. Jou goeie daad aan my het ons altwee beloon.

Die oorhandiging van die geld moet 'n bietjie goeie publisiteit vir jagters gee en wys dat ons nie die wrede mense is wat ons uitgemaak word om te wees nie. Kyk of julle die plaaslike media kan betrek met fotos en 'n verklaring.

Hoe nou gemaak met die opeis van die pryse?

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Dec 16, 2015 9:17 am
by Jakkalsgat
Die wennommers is dan soos volg:

1. 30 j le roux Prys no:
2. 526 sako75 Prys no:
3. 195 alwyn Prys no:
4. 448 JD Key Prys no:
5. 501 Hilux01 Prys no:
6. 172 Carl Prys no:
7. 466 Thebus Prys no:
8. 91 Hugo Prys no:
9. 401 Apie Prys no:
10. 234 Namhunt Prys no:
11. 414 Jacow Prys no:
12. 71 Montie Prys no:
13. 309 Wouter Roets Prys no:
14. 540 JP Prys no:
15. 275 Renier 183 Prys no:
16. 530 Smitstertjies Prys no:
17. 481 Fanta300 Prys no:
18. 25 Suikermuis Prys no:
19. 43 BSaaiman Prys no:
20. 491 Stephan86 Prys no:
21. 533 Tripod Prys no:
22. 17 Nico Harris Prys no:

1) Koedoejag by ons op Weltevrede wat insluit: 1 x Koedoe, bul of koei, verblyf vir 2 persone vir 2 dae (etes,drank en vervoer van en na die plaas uitgesluit) Jakkalsgat Safaris en Weltevrede jagplaas.
2) 1 x Std Boyds kolf van jou keuse geborg deur Pierre vd Merwe aka BRNO (Pierre)
3) ‘n Slagskaap geborg deur Martin aka Smitstertjies
4) Leer Ottoman geborg deur Imvusa Furniture Bloemfontein (Jakkalsgat Safaris)
5) 2 Vaalribbok Calvinia geborg deur Cassie Calvinia
6) 1 x Aim Knobb geborg deur Nico Harris
7) 1 x Aim Knobb Geborg deur Nico Harris
8) R500 afslag bewys vir Silent Hunt Silencer geborg deur Henk, Silent Hunt
9) R500 afslag bewys vir Silent Hunt Silencer geborg deur Henk, Silent Hunt
10) R500 afslag bewys vir Silent Hunt Silencer geborg deur Henk, Silent Hunt
11) R500 afslag bewys vir Silent Hunt Silencer geborg deur Henk, Silent Hunt
12) Jaracal Jaghemp, Pet, Beanie, Fleece baadjie en serp geborg deur GreyGhostGear
13) RCBS 5.0.5 balkie skaal geborg deur Hein (Haan)
14) Voodoo Tactical cheek rest geborg deur Hein (Haan)
15) Garmin ETrex 30x geborg deur Hyper Auto Fleet Management (MichielC)
16) Verblyf vir 2 persone vir 3 dae. Kos, drinkgoed ens uitgesluit, wenner moet dit self voorsien.
Enige wild geskiet ter waarde van R4000.00. Bewerking van die wild by Wildshoekie gratis.
Geborg deur Robbie en Wildshoekie
17) Biki Bini Bos, 1X rooibok ram jag. 2 persone 3 nagte in die week - enige dag Maandag tot Donderdag.
Ingesluit is die gids tarief, verblyf, koelkamer. Geen kos of drank. Jagter kan voldag jag op die 1ste dag.
Normale jag reëls geld. borg gereel deur Carl
18) geweer belt van Els Fine Leather Co geborg deur Ivan Volschenk en gereel deur Carl
19) Biltongmes van Kalahari messe waarde ongeveer R800, gereel deur Alwyn.
20) 1 x Safari Sling - R530 - geborg deur Francois Welman (FrancoisW)
21) 1 x Safari Tactical Sling - R430 - geborg deur Francois Welman (FrancoisW)
22)1 x 2+2 Sling (dis die verstelbare beld wat die manne gebruik om uit die vuis uit te skiet) - R360 - geborg deur Francois Welman (FrancoisW

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Dec 16, 2015 9:23 am
by Jakkalsgat
tripodmvr wrote:Baie dankie Smitstertjies. Jou goeie daad aan my het ons altwee beloon.

Die oorhandiging van die geld moet 'n bietjie goeie publisiteit vir jagters gee en wys dat ons nie die wrede mense is wat ons uitgemaak word om te wees nie. Kyk of julle die plaaslike media kan betrek met fotos en 'n verklaring.

Hoe nou gemaak met die opeis van die pryse?
Oom Marius

Ek het reeds vir J le Roux 'n e pos, sms, whatsapp gestuur en hom gebel (dood gedruk, seker in kerk) om sy prys te kom kies sodat proses kan voortgaan.

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Dec 16, 2015 1:02 pm
by Hugo
Great stuff!!! Dankie kerels, ek wag geduldig my beurt af!!

Kontak maroela media of dalk die rekord hul sal dit op hul website sit!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Dec 16, 2015 2:13 pm
by Jakkalsgat
Hugo wrote:Great stuff!!! Dankie kerels, ek wag geduldig my beurt af!!

Kontak maroela media of dalk die rekord hul sal dit op hul website sit!
Hugo

Toe kry jy wel verjaardag geskenk.

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Dec 16, 2015 2:27 pm
by Hugo
Dankie Jaco, nou om 7 manne om te praat om nie die kudu jag te kies nie...

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Dec 16, 2015 3:17 pm
by VdWalt
Hugo wrote:Dankie Jaco, nou om 7 manne om te praat om nie die kudu jag te kies nie...
Sterkte met daai een!!!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Dec 16, 2015 8:27 pm
by renier183
Hi hoe maak jy om jou prys op te eis Renier183

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Dec 16, 2015 8:44 pm
by tripodmvr
renier183 wrote:Hi hoe maak jy om jou prys op te eis Renier183
Die manne voor jou moet eerste kies op die ry af. Jou beurt is dus nog vêr.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Dec 16, 2015 8:53 pm
by Fanta300
Eish, dat een ou nou so baie ouens aan 'n lyntjie kan hou ++>:

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Dec 16, 2015 9:00 pm
by tripodmvr
Baie geluk Fantie. Laat my dink aan geluk of dan nie geluk nie. 'n Kennis het eendag sy gebrek aan geluk as volg uitgedruk :-

"Die dag as dit R10 note reën, dan vang ek my skoonma"

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Wed Dec 16, 2015 9:18 pm
by Fanta300
;D Ja Marius, ek en jy lê maar albei daar in die troosprys zone.

Ek kla nie. Daar is lekker pryse tot heel onder. Het klaar my oog op 'n paar. Nou moet die ouens bo ons net hulle kant bring :laugh:

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Thu Dec 17, 2015 6:54 am
by Hugo
Iemand ken niedalk vir j le roux nie??

Ons sit soos honger honde en bewe!!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Thu Dec 17, 2015 7:30 am
by Jakkalsgat
More Manne

Ek het van al die kommunikasie middele tot my beskikking gebruik gemaak om vir Johan te laat weet, het selfs gister rookseine gestuur maar sonder sukses. As ons kyk na geldwaarde dink ek dat prys #16 die meeste vleis om die been het en as dit reg is met julle dink ek ons moet dit aan hom toeken en aanbeweeg aangesien die proses nou opgehou word. Die prys is ook redelik aanpasbaar en hy bly in Pietersburg. Ek is seker dit kan hom pas.

Wat is julle gevoel?

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2015

Posted: Thu Dec 17, 2015 7:35 am
by cassie_calvinia
regso jaco!
dink nr2 kan maar kies