Maak jou eie mes
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Maak jou eie mes
Henning jy het groot gegaan lyk dit my. Ek kom oor die weg met n 3 wiel grinder n ryobi staanboor n ryobi bandsaag en n dremel. Ek het natuurlik ook n oond en aambeeld vir wanneer ek smee
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Maak jou eie mes
Dries ek waardeer dat jy was my insperasie om die regte gereedskap te koop.Dries101 wrote:Henning jy het groot gegaan lyk dit my. Ek kom oor die weg met n 3 wiel grinder n ryobi staanboor n ryobi bandsaag en n dremel. Ek het natuurlik ook n oond en aambeeld vir wanneer ek smee
Ek het n swak plek vir ordentlike tools en ek weet ek het oorboord gegaan maar ek gaan dit geniet.
Dit beteken nie dat ek die beste messe kan maak nie maar ek gaan probeer.
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Maak jou eie mes
Henning eendag as ek groot is dan sal ek nie uit n garage uit werk nie
my volgende koop is n bench mill. Dan gaan ek maar moet begin plan maak
my volgende koop is n bench mill. Dan gaan ek maar moet begin plan maak.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Maak jou eie mes
Huidiglik is my idee nie om verskriklike duur messe te maak of om n bestaan daaruit te maak nie.JTM wrote:Dit is nogal 'n perd van 'n ander kleur om 'n besigheid te maak van mesmaak. My vriend se neef maak messe vir 'n inkomste en sy groot mark is die buiteland. Plaaslik kry hy nie die ondersteuning om te oorleef nie. Mense hier rond wil nie maklik betaal vir die tyd en moeite wat jy in 'n mes insit nie. Ek kan wel beaam dat die man se messe topgehalte is en ek bitter graag een wil hê, maar teen R6000 vir 'n knipmes sit dit nie in my beursie se vermoë nie.
Vir my is dit net n aftree joppie om my besig te hou en sal baie graag wil beter gehalte messe beskikbaar te maak vir ons algemene jagters.
Hoop maar ek verander nie my denkwyse nie.
Vir my gaan die gehalte van n mes oor die staal en hoe dit behandel was. Daarna moet jy maar betaal as jy n eksotiese mes soek.
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Maak jou eie mes
Dries ek het ook gekyk na n bench mill maar is nog te dom om te weet wat alles ek daarmee kan doen.Dries101 wrote:Henning eendag as ek groot is dan sal ek nie uit n garage uit werk niemy volgende koop is n bench mill. Dan gaan ek maar moet begin plan maak
Miskien kan jy my meer vertel.
Groete
henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Maak jou eie mes
Sommer net so terloops:
Daar is 'n Amerikaner met die naam van Travis Frey wat ook messe maak. Hy is voltyds in die finansiële professie, en die mesmakery is sy stokperdjie. Hy verwys na die stokperdjie as "cash flow neutral" met ander woorde die stokperdjie moet homself dra of finansier met so min as moontlik finansies uit die individu se begroting uit. Ek hou van sy benadering en dis wat ek sal wil navolg. Daar is dalk geringe aanvanklike kapitale besteding, maar hy het soos vele ander van wie ek gelees het, met die minimum toerusting begin en die messe wat hulle maak finansier verdere aankope van materiale, middele en gereedskap of toerusting. Iemand moet op die ou einde van die dag jou messe koop en benut vir jou om volhoubaar jou stokperdjie te kan beoefen. Jy kan tog nie al die messe wat jy sou maak self benut nie. Dis die roete wat ek dink ek wil gaan. Ek gaan in die afsienbare tyd kursusse bywoon en my vaardighede verbeter. Ek gaan messe maak met die materiale en middele tot my beskikking. As ek goed genoeg is en vaardig genoeg is om messe te maak wat ander mense aanstaan, dan verkoop ek dit en maak nog. As ek dit nie regkry nie, gaan die stokperdjie waarskynlik 'n stille dood sterf. Die beplanning is nie dat die mesmakery my inkomste aanvul nie, dit finansier homself bloot. Daarna, sien ons maar hoe dit ontwikkel.

"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Maak jou eie mes
Ek het vandag n paar stukke n690 gekoop met die mates van 30mm x 3.2 x 1 meter en die onkoste het uit gewerk op naby R3.50 per cm.
Dit is net weer bewys dat die staal is die goedkoopste gedeelte van die mes.
Daarna kom die koste van jou skuur bande, dan jou tyd op die job, jou koste om die metaal te verhard en as jy die beste resultaat wil he dan ook verkoel (cyogenic ) in liquid nitrogen.
Daarna die handvatsel meteriaal en hoeveel tyd jy wil spandeer om n spesiaale patroon te vorm, en nou begin dit na n duur storie klink.
Dan die vraag, hoeveel rand per uur is jy bereid om voor te werk? Ek weet dat ek gaan dit te goedkoop maak vir n begin maar ons sal maar sien.
Groete
Henning
Dit is net weer bewys dat die staal is die goedkoopste gedeelte van die mes.
Daarna kom die koste van jou skuur bande, dan jou tyd op die job, jou koste om die metaal te verhard en as jy die beste resultaat wil he dan ook verkoel (cyogenic ) in liquid nitrogen.
Daarna die handvatsel meteriaal en hoeveel tyd jy wil spandeer om n spesiaale patroon te vorm, en nou begin dit na n duur storie klink.
Dan die vraag, hoeveel rand per uur is jy bereid om voor te werk? Ek weet dat ek gaan dit te goedkoop maak vir n begin maar ons sal maar sien.
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Maak jou eie mes
Ek dink nie mens moet aanvanklik jou arbeid as koste bereken nie. Die koste van materiaal en middele, finansiering van toerusting en daardie koste moet mens egter sorgvuldig bepaal en seker maak dat jy dit verhaal kry indien jy messe wil verkoop. Soos wat mens vaardig raak en daar 'n aanvraag ontwikkel vir jou messe begin jy 'n koste bepaal wat die mes vir jou werd is en verkoop dit vir daardie prys.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5143
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Maak jou eie mes
Was vandag by KMT in Pretoria.
Het so 5 blanks gekoop van 14c28n. Het ook belde vir my RTOBI grindertjie gekry in 80. 100 400 en 800 grit. Die 180s was uit.
2 Stelle hout 2 stelle sintetiese en 1 stel buffel horing handsvatsels gekry.
Gaan die naweek begin speel met die spulletjie.

- Scrappies
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Mon Feb 13, 2012 4:29 pm
Re: Maak jou eie mes
Hi Pvdw!
Sterkte vir die speel die nwk! Dit bly maar net leka. Vandag vir die eerste keer in 2 jaar n mes klaar gemaak. Die gogga het sommer weer raak gebyt! Pasop as jy daai buffel horing met n fyn beld finish hy brand baie maklik!!
Geniet hom!!
Sent from my SM-N920C using Tapatalk

22-250 Howa
30-06 Musgrave
303 lee Enfield
30-06 Musgrave
303 lee Enfield
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5143
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Maak jou eie mes
Dankie. So leer ons elke dag,Pasop as jy daai buffel horing met n fyn beld finish hy brand baie maklik!!
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Maak jou eie mes
Manne as julle horing en tand skuur dra 'n respirator,daardie fyn stof is nie goed vir die longe nie.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5143
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Maak jou eie mes
Manne ek wil net asb gou iets hier by julle hoor voor ek een van my blanks opneuk.
Hoe na aan die midlyn skuur jy jou flat/hollow grind? dis nou nog vir die gereedmaak om te verhard stadium waarvan ek praat.
1 Man het my gesê jy slyp hom tot so na moontlik aan die midlyn sodat jy minder werk het om skerp te makk na verharding. Ander opinie is weer dat ek so 0.5mm beide kante los dus 1mm totaal anders kan die edge beskadig tydens verharding? Wat is julle raad en opinie??
Hoe na aan die midlyn skuur jy jou flat/hollow grind? dis nou nog vir die gereedmaak om te verhard stadium waarvan ek praat.
1 Man het my gesê jy slyp hom tot so na moontlik aan die midlyn sodat jy minder werk het om skerp te makk na verharding. Ander opinie is weer dat ek so 0.5mm beide kante los dus 1mm totaal anders kan die edge beskadig tydens verharding? Wat is julle raad en opinie??
- Scrappies
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Mon Feb 13, 2012 4:29 pm
Re: Maak jou eie mes
Ek grind eers my lemme as hulle klaar verhard is. Dit help dat hulle nie trek tydens verharding nie. Ek kan nie regtig se tot waar n ou moet grind voor jy verhard nie.
Sent from my SM-N920C using Tapatalk
Sent from my SM-N920C using Tapatalk
22-250 Howa
30-06 Musgrave
303 lee Enfield
30-06 Musgrave
303 lee Enfield
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Maak jou eie mes
Ek grind tot 0.5 mm op die lem en 1.5 mm as ek n tang taper. Meeste ouens reken nie minder as 1mm op die lem
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- Viking
- Hero Member

- Posts: 872
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Maak jou eie mes
Spekieries,
Het jy al self horing "plaat" gemaak van Kudu of Eland horing?
My probeerslag vir die 2e post se mes was 'n uitdaging en het my baie geleer om met horing te werk.
Die ergste is die kookproses en daarna die pers van die plaat - die horing koel verbasend gou af en bly dan nie lank "soepel" nie.

" My idea of gun control is using BOTH hands!"
- rockrabbit
- Jr. Member

- Posts: 76
- Joined: Tue Mar 17, 2009 10:37 pm
Re: Maak jou eie mes
Gebreekte tools werk mooi
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Maak jou eie mes
Dit lyk baie goed. Is dit jou werk?
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- rockrabbit
- Jr. Member

- Posts: 76
- Joined: Tue Mar 17, 2009 10:37 pm
Re: Maak jou eie mes
Nee, by mesmaker in Aliwal se inspirasie boek gesien.
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Maak jou eie mes
Vir die amateur messies wat ek maak bly ek weg van tande en ivoor af. Hulle moet gestabiliseer word en is geneig om te bars. Ek het 'n mes hier wat ek geruil het vir olifant ivoor wat 'n gilde man gemaak het. Dit is 'n "rattail tang" met gemsbokhoring wat ge-epoxy is. Ek het al full tang met "rooibok slabs" gemaak. Hulle moet jy kook en dan tussen plankies of iets knyp dat hulle kan plat druk.
Vir hardwerk jagmesse werk micarta maar die beste. Dit kraak nie, as jy hom in water was is daar nie 'n probleem nie. Op "You tube" wys hulle nogal hoe mens jou eie micarta kan maak.
Vir hardwerk jagmesse werk micarta maar die beste. Dit kraak nie, as jy hom in water was is daar nie 'n probleem nie. Op "You tube" wys hulle nogal hoe mens jou eie micarta kan maak.
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Maak jou eie mes
Vordering tot op hede. Ek het vandag die lem gevyl tot ongeveer 1.2mm aan die snykant. Die gate in die hef is laasweek geboor.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Maak jou eie mes
Ek is nie heeltemal tevrede met die linkerkantse "plunge line" nie. Toe ek aanvanklik van die metaal verwyder het met die "bench grinder' (wat is die Afrikaanse woord daarvoor?), het ek die linkerkantse lyn geraak, wat toe onooglik was. Ekhet dit met 'n 4mm rondvyl probeer uitvyl, maar dit lyk nog steeds nie reg nie. Ek gaan more (Sondagmiddag-na-ete projekkie) vir my 'n "jig" bou om die lyn mooi reguit en skoon te kry.
Regterkantse lyn is aanvaarbaar vir die oomblik.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- Viking
- Hero Member

- Posts: 872
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Maak jou eie mes
Johan ek was nog nooit so lus vir mesmaak dat ek my sondag middag slapie daarvoor sal op offer nie...nou het die gogga jou kwaai gebyt!!!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Maak jou eie mes
Was nog nooit juis 'n middag slaper nie... 