Skietstoel

Post Reply
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Skietstoel

Post by Freek »

Chris,

Dit klink na 'n redelike uitdaging, soos Francois en Louis tereg noem die "back seat driving" van die boer se kant af kan ineteresant raak. Amper soos vlieg opleiding vir die lugmag loodse destyds op die Havard. Self al aanskou op Denotar lughawe hoe so 'n student loods en instrukteer sirkels en landings oefen. Op 'n staduim sit die student die Havard bietjie hard neer dat die vliegtuig so 2 keer hop voordat hy die "main landing gear" uiteindelik permanent op die aanloop baan hou. Daarna Taxi die vliegtuig tot voor die lug beheer toring, kom tot stilstand maar engin word nie afgeskakel nie, canopy skuif oop instrukteer (wat agter die student loods sit) staan regop uit sy sitplek, rek voorentoe en gee die student so 'n paar klappe teen sy helmet met iets wat lyk soos 'n "Clip board". Daarna gaan sit hy weer "canopy" skuif toe en daar trek hulle vir die volgende rondte oefeninge.

Ek sien nie kans vir 'n paar klappe agter my kop van die boer se kant af nie, dit kan moontlik permanente skade los... ;) ;D ;D 8). Jy kan seker die probleempie oplos deur 'n motorfiets "helmet" te dra tydens die jagtog of jy laat die boer voor sit en jy agter met die geweer  ::)

Ander uitdaging is om die bearing meganisme op die stoel sterk genoeg te maak om 2 groot manne gelyktydig te dra. Die besigheid gaan ook lank en breedt wees met 2 stoele in tandem so jy gaan 'n bakkie met 'n bre? lang bak nodig h? - iets in die lyn van 'n Ford F250 of soortgelyk...

Maar ja die gedagte is goed en ek is seker Dr Jaracal sal met so iets ook sy kursusse in 'n meer individuele prakties oefening kan stuur. Laat weet ons hoe vorder die projek.

Mooi loop!
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
namhunt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Mon Aug 17, 2009 3:44 pm

Re: Skietstoel

Post by namhunt »

Gee vir die boer 'n uitskietstoel waarvan jy die knoppie het.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Skietstoel

Post by Raven »

Chris,
Eerstens dink ek nie dis 'n goeie idee, dink nou aan kopklap of stil sit hier  ;D
As dit  moet, dan moet daai stoel vrek sterk wees, en hy moet gebou word soos trappe, dan sit boer net onder jou, en jagter bietjie boontoe na agter toe.

Kyk ek jag meestal van 'n Landy af en hy het Springs in, nie Veere nie. So my drywer moet stil sit of slaap, wat nou nog van 'n ander man hier reg onder my wat ook wil sien wat aangaan  :-\

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Skietstoel

Post by Francois Marais »

Manne

So n stoel sal mooi werk as man met klient (oorsese jagter) wil jakkalse skiet, dan kan hy onder/voor sit, maar jy moet die stoel kan hanteer/draai, anders gaan hy NOOIT die jakkals sien nie.

Mooi loop
Francois

Dink nu net, ons moet vir Taffie so n stoel prakseer, dan kan ons dommetjies mos maar saam met hom stoelry om so bietjie meer wys te word. Man hoe lekker droom ek nou.
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Skietstoel

Post by Freek »

Franswaaa, mens moet nooit ophou droom nie. Waar 'n wil is, is 'n weg. Probleem is net die navorsing en ontwikkeling slaan nogal 'n redelike duik in 'n mens se budget - vra my "been there, done that,and got the T-SHIRT". Sal werk as ons hier op die forum 'n fondsie kan stig vir sulke projekte. Ons het mos vir Allen wat kan optree as projek bestuurder... ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Skietstoel

Post by CHRIS »

Manne

ek sien julle mors met my ,  ??? ???
Freek ek kan sonder saalsakke wegkom met 1.1m breedte,(stoel sal nou nie breed genoeg wees vir my en JB nie) wat sal kan draai, maar soos jy s? my pivot moet baie strek wees, wat my nou pla as ek alleen gaan wees sal ek moet sandsak opsit vir balans, weer begin ek voor, HELP MANNE

MY GROOTSTE BEKOMMERNIS IS DIT PRAKTIES OM BOER SAAM OP STOEL TE H
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Skietstoel

Post by Louis102 »

CHRIS wrote: ek sien julle mors met my ,  ??? ???
Chris, om die stoel(e) gebalanseerd te hou gaan dit afhang of dit die boer ?f sy dogter is wat so styf, styf moet saamdraai op die stoel?  En ook hoe naby julle aan mekaar sit. ;D  Laat ons weet hoe die planne vir die tandem stoel vorder! 
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: Skietstoel

Post by Tomcat »

Louis


[/quote]
...?f sy dogter is wat so styf, styf moet saamdraai op die stoel? 
[/quote]

Moet nou nie slapende honde wakker maak nie.... :o

Tomma
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Skietstoel

Post by Freek »

Chris nee man, ons mors nie met jou nie. Ons vat net jou gedagte, haal hom uit mekaar en bekyk alle moontlike opsies deuglik deur. Hoe gaan mens anders weet of dit kan werk of nie? ::)

Ou Chris as ek nou my eerlike opinie kan lig en as dit binne jou finansiele begrooting kan werk sou ek reken jy moet dit probeer. Dit gaan wel 'n redelike groot stoel wees maar as hy kan werk is ek seker daar sal 'n behoefte wees vir so iets. Wat die boer se saamry aanbetref, sal 'n man maar moet sien... sekere boere is makliker om mee saam te werk. ;)

Mooi loop.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Skietstoel

Post by Sako75 »

Ouens,

Ek is opsoek na n statiese skietstoel of bank (so mooi soos hier op die forum is) wat ek kan gebruik vir ladings toets, inskiet, ens en wat ek kan skuif tussen pelle se plase maar wat stabiel genoeg is om met vertroue te gebruik om ladings mee te ontwikkel.

Ongelukkig is ek nie baie handig om dit self te maak (of dit te probeer nie) en ken ook nie iemand wat kan help nie.  Ek sal bly wees vir 'n paar aanwysings of verwysing na iemand wat kan help met so projek.

Dankie!
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Skietstoel

Post by Stefan764 »

Sako

Freek is jou man...

Groete
Stefan

(PS - is daar al enige vordering met die tandem stoel? Ek is in die proses om een vir myself te bou...my 2011 projek  ;) )
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skietstoel

Post by Christo »

Sako75 wrote: Ouens,

Ek is opsoek na n statiese skietstoel of bank (so mooi soos hier op die forum is) wat ek kan gebruik vir ladings toets, inskiet, ens en wat ek kan skuif tussen pelle se plase maar wat stabiel genoeg is om met vertroue te gebruik om ladings mee te ontwikkel.

Ongelukkig is ek nie baie handig om dit self te maak (of dit te probeer nie) en ken ook nie iemand wat kan help nie.  Ek sal bly wees vir 'n paar aanwysings of verwysing na iemand wat kan help met so projek.

Dankie!



Op Moorreesburg se skietbaan staan 'n ou skoolbank. Die tipe waarin ek nog gesit het. Hy het net 'n stuk pyp swaai arm opgesit. Ek dink die plan moes gepatenteer gewees het, so maklik het jy 'n statiese plan. My dikgat pas net nie so lekker, ek sal die pote moet verleng maar 'n makliker plan het ek nog nie gesien.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Andre

Re: Skietstoel

Post by Andre »

Onder toerusting kan ek dalk ook noem, dat jy die voertuig ook kan gebruik as jy niks anders het nie, maar moenie maak soos ek nie en die voertuig op sy sy neerle nie!
Het nou die aand oor die bult gekom en Jakkie in die pad,  hy het eers regs geswenk , toe lings geswenk, toe is ek oor Jakkie en toe begin my voertuig ook heen en weer  swenk en met die pad se verlaat is my "voete" onder my uit! My hele gesin was in die voertuig , gelukkig is almal  redelik ongedeurd (Pa natuurlik in die "dog-box") ???, die Jakkals is dood, maar dit is 'n BAIE duur Jakkals! In die Weermag het ons geleer, dat jy net reguit hou, as daar wild in die pad is, moenie probeer uitswaai  of enige ander mannewalis nie......Sal  almal  eerder aanraai om die "Roep en skiet" metode  te probeer.... as my nuwe geweer nou eiteindelik net  wil skiet..... :-[
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Skietstoel

Post by Stefan764 »

Andre

jammer om van jou skade te hoor, net baie bly saam jou almal is oraait.

Wat is jakkie se mates? En was dit binne ota4 tyd, dalk wen jy n prys vir daai jakkie?

;D

groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Andre

Re: Skietstoel

Post by Andre »

Die sleg is dat dit sommer so 'n ou maer Jakkals was, met kroes hare.... ver van 'n trofee af!
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Skietstoel

Post by Wielie Waps »

Andre
Praat jy nou van 'n twee been jakkals of vier been?

Nogtans bly dat niemand van jou familie ernstig beseer is nie.
Geroer-nie geskud nie
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Skietstoel

Post by baboonstalker »

eers regs geswenk , toe lings geswenk, toe is ek oor Jakkie en toe begin my voertuig ook heen en weer  swenk
Aai, kan die "powers that be" nie maar 'n prys uitloof vir die platste jakkie of die "ek sal daai jakkals kry maak nie saak wat" ook nie? dit sal darrem 'n pleister wees vir Andre se skade!

Daai jakkie sou darrem 'n wrang smaak in die mond gelos het as jy hom nie gekry het nie!
Hunter xxx

Re: Skietstoel

Post by Hunter xxx »

Hier is my stoel

[img width=560 height=420]http://i763.photobucket.com/albums/xx27 ... ure001.jpg[/img]

[img width=360 height=480]http://i763.photobucket.com/albums/xx27 ... ure012.jpg[/img]

En nou gaan hy skiet.
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Skietstoel

Post by foxripper »

En myne lyk so, party mense het my gevra of dit n "martel stoel" is maar hy werk, is seker al wat saak maak..


[img width=360 height=480]http://i1108.photobucket.com/albums/h40 ... to0039.jpg[/img]
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
Johan04
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:12 pm

Re: Skietstoel

Post by Johan04 »

Ek hoop daai kussing is vir 'n middagslapie en nie as jy in die veld is nie !!

Groete

Johan
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Skietstoel

Post by foxripper »

;D  ;D

Die kussing was vir die platform toe ek nog nie sponge op gehad het nie.
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Skietstoel

Post by MEERKAT »

Foxripper

Julle manne het seker een of ander ingenierswese agtergrong om sulke stoele te bou.
Ek is net bekommerd oor daardie pilaartjie waarop daardie bittere duur lamp van jou staan behalwe dat ek die prentjie verkeerd lees.

Die goggas gaan maar swaar kry uit daardie 2 stoele uit (foxripper en hunter xxx)

Het jy daardie koedoe ook uit die stoel geskiet?

Mooi loop
MEERKAT
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Skietstoel

Post by foxripper »

Meerkat,

Ek en n "handlanger" het die ekspidiesie aangepak of sal ek se, ek was die handlanger..hy kon darem goed sweis.  Het daai round bar ring sommer met die voete gebuig.  So dis meer n "backyard job" as enige iets anders. Hy werk baie goed, is net as die bakkie skuins staan wat hy so bietjie ge"brick" moet word. Daai "pilaartjie' is n sedan se ball joint maar ek haal maar die lig af as ek skuif, net vir veiligheid.

Die Koedoe was voor die stoel se tyd maar gaan hom binnekort uit toets.

Groete
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
herley

Re: Skietstoel

Post by herley »

FM en Wittes se stoel wat hulle bou

[img width=360 height=480]http://i1092.photobucket.com/albums/i41 ... -00053.jpg[/img]

[img width=360 height=480]http://i1092.photobucket.com/albums/i41 ... -00055.jpg[/img]

[img width=358 height=480]http://i1092.photobucket.com/albums/i41 ... -00056.jpg[/img]

Ek het maar die stoel nou vir so 2 maande en hy het al so 8 jakalse op hom laat val. Werk lekker en is nie so swaar nie
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Skietstoel

Post by foxripper »

Baie Netjies!!
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
Post Reply