Page 8 of 10
Re: 404Jeff
Posted: Thu Feb 12, 2015 11:18 am
by Rolf
Absoluut, so nou en dan kry n man darm n gelukkie uit die bloute uit ! My agterent af geskrik toe ek in haar vas loop, jy hoor daar is iets wat vang maar wat is die kaans tog jy hom nou gaan sien, so in by die een oor en uit by die ander.....darm skoot af gekry voor die skrik en bewe goed in gesink het, gids wat saam my geloop het was skoon veld toe die stof gaan le !
Re: 404Jeff
Posted: Thu Feb 12, 2015 1:40 pm
by DWB
Hahahahaha mooi man!
Re: 404Jeff
Posted: Mon Jul 20, 2015 2:39 pm
by DWB
Ons moet seker hier bietjie 'n lys bymekaar sit:
1. Kallie404
2. Dries Skiet
3. Alwyn
4. Dries101
5. DWB
6. dsmerrils
7. NEGE3
8. Hilux01
9. Rolf
10. Rommel
11. Breinie
12. Mozibite
Wie is daar nog?
Re: 404Jeff
Posted: Mon Jul 20, 2015 3:52 pm
by Hilux01
Lyk vir my na n gawe klomp manne
Re: 404Jeff
Posted: Mon Jul 20, 2015 4:29 pm
by NEGE3
Hilux01 wrote:Lyk vir my na n gawe klomp manne
Sout van die aarde....

Re: 404Jeff
Posted: Tue Jul 21, 2015 2:42 pm
by tau
Re: 404Jeff
Posted: Tue Jul 21, 2015 3:18 pm
by Wouter Roets
Manne
Julle is twaalf en ons trek al op bladsy agt van die draad! Julle wens seker die kaliber se doplewe was ook so lank.
Groetnis
Wouter
Re: 404Jeff
Posted: Tue Jul 21, 2015 3:39 pm
by Capt. Yoda
lmga
Re: 404Jeff
Posted: Tue Jul 21, 2015 3:56 pm
by Dries101
Wouter Roets wrote:Manne
Julle is twaalf en ons trek al op bladsy agt van die draad! Julle wens seker die kaliber se doplewe was ook so lank.
Groetnis
Wouter
Whahaha-Man niks verkeerd met die dop lewe nie- BAIE ander probleme maar doplewe is fine!!
Re: 404Jeff
Posted: Tue Jul 21, 2015 4:05 pm
by NEGE3
Wouter Roets wrote:Manne
Julle is twaalf en ons trek al op bladsy agt van die draad! Julle wens seker die kaliber se doplewe was ook so lank.
Groetnis
Wouter

Wouter jy ken mos die gesegde van goeie goed is maar skaars.

Re: 404Jeff
Posted: Wed Jul 22, 2015 7:48 am
by Hilux01
Wouter daai dop lewe aanmerking is soos om vir n Ferrari eienaar te vra wat sy brandstof verbruik is
Die antwoord is eenvoudig; "as jy bekommerd is oor brandstof verbruik is die Ferrari nie vir jou nie"

Re: 404Jeff
Posted: Wed Jul 22, 2015 8:01 am
by Wouter Roets
Henk
Ek hoor jou absoluut oor die brandstofverbruik van n Ferarri, al probleem daarmee is as jy nie n Ferarri ry nie.
Groetnis
Wout
Re: 404Jeff
Posted: Wed Jul 22, 2015 8:03 am
by Hilux01
Hehehe
Wouter elke man se Hilux is n Ferrari in sy eie oë
Sien jy daar van Lichtenburg se wereld, Ken jy vir Liaan Lotter
Re: 404Jeff
Posted: Wed Jul 22, 2015 8:16 am
by DWB
Wouter,
As jy regtig wil kan jy gerus die draad vir ons skoon maak

Re: 404Jeff
Posted: Wed Jul 22, 2015 9:05 am
by Sako75
Sit my ook op die lys asb.
Myne is 404 Jeff. Deur Jeffery.
Re: 404Jeff
Posted: Wed Jul 22, 2015 9:08 am
by Alwyn
Ons moet seker hier bietjie 'n lys bymekaar sit:
1. Kallie404
2. Dries Skiet
3. Alwyn
4. Dries101
5. DWB
6. dsmerrils
7. NEGE3
8. Hilux01
9. Rolf
10. Rommel
11. Breinie
12. Mozibite
13. Sako 75
Nou is ons 13... nou raak ons gevaarlik!!!
Wie is daar nog?
Re: 404Jeff
Posted: Wed Jul 22, 2015 9:09 am
by Wouter Roets
Henk
Ek ken n paar Lotter's , maar die naam lui ongelukkig nie n klokkie nie.
Deon ek sal nie weet waar om te begin nie.
Groetnis
Wout
Re: 404Jeff
Posted: Wed Jul 22, 2015 9:28 am
by NEGE3
Hilux01 wrote:Wouter daai dop lewe aanmerking is soos om vir n Ferrari eienaar te vra wat sy brandstof verbruik is
Die antwoord is eenvoudig; "as jy bekommerd is oor brandstof verbruik is die Ferrari nie vir jou nie"

Daar leer ek al weer iets. Het gedink brandstof is ingesluit met die prys.

Re: 404Jeff
Posted: Mon Nov 30, 2015 2:59 pm
by tau
Julle klomp .404 Jeff manne ek kan die roer koop. Gaan later in die week na hom kyk. Ek gaan hom seker nie self vat nie, maar vir vriend van my onderhandel. Wat dink julle is hy werd?
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/WP_20151120_001_zps7w0vwsjv.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/WP_20151120_007_zpsevne0ltr.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/WP_20151120_003_zpsxhdjumxb.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/WP_20151120_005_zpsfukha3gw.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/WP_20151120_004_zpsdatbfrpz.jpg
EK is mos nou nie 'n .404 Jeff man nie, maar soms kom dinge oor jou pad.
Re: 404Jeff
Posted: Mon Nov 30, 2015 3:03 pm
by DWB
John, oor die algemeen sal iets in die omgewing van R15000 as 'n bargain gesien word.
Toets sy voerwerk en kyk hoe maak hy, kyk ook hoeveel rondtes in die magasyn hy vat.
Hy moet 3+1 kan vat met gemak.
Dit is al daai klas van dinge wat tel.
R20k vir 'n grootkaliber in goeie kondisie is money well spent.
As daar Dies en doppe en koeels saam kom verander dit ook die prentjie.
RCBS/Redding is nou al oor R2000
Doppe R40 stuk+
Koeels minimum R11 Stuk
Re: 404Jeff
Posted: Mon Nov 30, 2015 3:09 pm
by tau
Oja Walther loop. Die roer het baie min gewerk. Ek sal kyk Deon dankie, en as nie ek of my pel hom vat nie kom vertel ek hier en dalk kan 'n Jaracal man 'n lekker roer koop. EK is nie tans in die mark vir iets groter as my .375 Ruger nie.
Anders kan jy hom koop as spare .....
Re: 404Jeff
Posted: Mon Nov 30, 2015 3:12 pm
by DWB
Wel met 'n Walther loop en VZ24 aksie is dit dalk gladnie 'n slegte kopie nie!
Wie het hom gebou? Dit maak ook 'n verskil!
2 404s klink na net die ding vir sannie!
Re: 404Jeff
Posted: Mon Nov 30, 2015 4:33 pm
by NEGE3
Lyk nie soos n VZ24 aksie nie. Eerder n Zastava.
Re: 404Jeff
Posted: Mon Nov 30, 2015 6:22 pm
by DWB
Skuus ek kom nie mooi sien nie.
Re: 404Jeff
Posted: Mon Nov 30, 2015 6:24 pm
by Dries101
Dwb kan in elk geval nie n 404 uitken as hy nie n lazer guided sight op het nie...