Ek het weer die naweek of gister gesien hoe taai 'n blesbok is as hy nie wil vrek nie. Dit was 'n skoot op 'n mooi ram so 220 meter van die stokke af met my 303 en 130gr impalas. Ek het die skoot bietjie getrek maar hy het mooi gewys hy is raak dit was 'n skuins frontal die koel is in by sy linker skouer voor en ek moes bietjie meer die skoot in die middle van sy sy bors skiet maar nou ja dit was ver vir my. Hy het verder weggedraf en lank gaan staan met sy bene wyd oop en ek het gedink hy gaan omval maar toe bly hy net staan en staan en ek besluit om maar nog 'n skoot te skiet maar daar was 'n jonger ram agter hom so ek moes wag aftsand was seker maklik oor 250 meter. Toe begin hy direk van my af wegloop en ek besluit toe nee wat hy lyk nog te gesond en gee om 'n texas waar hy toe val en almal is toe bly.
Toe on nader beweeg toe staan hy so waar as wragtig weer op en gaan toe in die rigting van langer gras en haastig probeer ek nog 'n skoot inkry terwyl hy stap maar skiet toe oor hom waar hy besluit om toe te draf en weg is hy in die lang gras. Skoot was maklik oor 350 meter en my naam is nie Kopskoot nie.
Toe het ons gaan soek in die lang gras waar my baas om sien opspring en weer gaan le en hy roep my ons loop toe soos wafferese grootwil jagters langs mekaar om hom te skiet as hy opstaan ek sien hom toe le maar die gras is dik en ek beweeg nader toe ek 30 meter van hom af is toe spring hy op waar ek net agter die blad en deur die longe 'n skoot kiet met geen reaksie en toe hy wegdraai weer 'n texas waar hy toe gaan staan met die agterbene plat. My baas gooi toe ook lood terwyl hy val en skiet toe hoog deur die kamme maar uiteindelik is die ram plat. Klaar gemince ook
Nou ja ek wou nie kopskoot skiet toe hy le nie want ek sien toe sy pragtige stel horings ondersoek op om was my eerste bietjie getrek en moes seker net langs die ribbes in die pens ingaan die tweede texas was so 2 duim van die gat links my tweede texas terwyl hy opgespring het langs hom met skoot toe hy le en opspring net agter blad en deur die longe en my baas se skoot tussen die kamme van skuins af.
Ek dink nou weet ek waar morsdoodgeskiet fontein vandaan kom en ja die bliksems kan taai wees as hy wil en op einde van die dag my eesrte RW blessie net onder 17 duim sal fotos post en berig as ek tyd het.
Soos Koos gese het skoot plasing nommer 1 oor twee weke is dit springbokke in Britstown sal sien hoe werk die impalas op hulle en langer afstande.