Skietstoel
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Skietstoel
Hallo Almal
Nog 'n vragie vir al die pro's!
Ek sit nou die dag in 'n paar boere se geselskap en hulle praat toe van patente en maniere by die bou van hulle eie skietstoele. Nou ek dink persoonlik as jy dit jou beroep maak dan koop jy 'n Allan Truter stoel en jys klaar gekoop! Maar die manne het nou almal hulle eie stoele gebou, maar die een man het 'n ding gedoen wat ek nog nie gesien het nie. Hy maak nie gebruik van borseltjies vir die elektrisiteit nie. Hy het 'n battery agter sy stoel se leuning vas gemaak en die krag vir sy ligte kom van daar af. So die battery draai saam die stoel en die drade kan dus nie opwen nie. Hy charge elke dag sy battery en saans jag hy tot sonop sonder dat die battery pap raak. Dit klink bietjie te goed om waar te wees... Dink julle dis 'n goeie patent of nie?
Ek wag om te hoor van julle.
(Het gisteraand darem weer 5 jakkies tussen 2-5jr laat bakkie ry)
Groetnis

22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- foxripper
- Sr. Member

- Posts: 440
- Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm
Re: Skietstoel
Ponkie,
Dis 100% soos jy se, as jy dit jou beroep maak dit gaan jy groot met die regte stoel met die borseltjies etc. Vir my wat dit as n Hobby doen, werk my stoel lekker met die battery op hom. Die borseltjie patent werk op die einde van die dag beter as die battery op die stoel want as die bakkie bietjie skuins staan en jy draai, wil daai stoel op loop sit met die onewe gewig en partykeer raak n man se bene bewerig as jy aanle, maar waneer die bakkie gelyk staan, weet jy nie van die battery op die stoel nie. As die stoel natuurlik n "rem" aan het, is dit ideaal.
Ek het n deep cycle battery (96AH) en hy sit ook op my stoel en als werk vir my goed, drade wen nie op nie etc. Het al menigte kere deur die nag gejag sonder om probleme te he. Moet se, het al 2 aande in n ry springhaas gejag vir n hele paar uur sonder om hom die dag tussen die aande te charge en hy het gehou, maar hang natuurlik af watse battery jy gebruik.
Geluk met die Jakkies van gisteraand

25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Skietstoel
PonkiePonkie wrote: ... Hy maak nie gebruik van borseltjies vir die elektrisiteit nie. Hy het 'n battery agter sy stoel se leuning vas gemaak en die krag vir sy ligte kom van daar af. So die battery draai saam die stoel en die drade kan dus nie opwen nie. Hy charge elke dag sy battery en saans jag hy tot sonop sonder dat die battery pap raak. Dit klink bietjie te goed om waar te wees... Dink julle dis 'n goeie patent of nie?
My stoel werk op selfde prinsiep. Twee tips as jy 'n battery op jou stoel het: Sit hom so laag as moontlik en so na aan die middelpunt (as) as moontlik. Die stoel met jou daarin moet steeds geballanseerd wees. Indien jy effens skuins staan, moet die stoel steeds lekker draai sonder dat die gewig van die battery jou heeltyd eenkant toe trek. 'n lakker briek op jou stoel help ook. Die plan werk goed solank die battery-laaier hou, myne het opgepak en het ek probeer om die bakkie battery en die stoel battery om die beurt om te ruil, maar dan laai die batterye nie genoeg in my omstandighede nie. (die jagbakkie ry nie regtig lang pad dat alles lekker vol laai nie)
Die voordeel met 'n battery op die stoel is dat dit eenvoudiger is om te bou, jy geen krag by die borsels verloor nie, jou drade korter is en jou kraglewering na die lig beter is terwyl die battery hou. Ek gebruik 650 batterye met 80ah kapasiteit en dit hou maklik 'n hele nag (selfs 2 nagte), moet net nie die stoel battery gebruik terwyl jy ry en soek nie, dan gebruik jy krag van die bakkie battery af.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Skietstoel
Naand manne
Ek lees nou van die battery oppie stoel. My "kontrepsie" wat ek self gebou het werk ook op die selle manier, ek gebruik 'n 105ah solar battery wat ek deur die dag met 75w sonpaneel laai, die hou ook amper heelnag, gekry toe telekom die sisteem by ons verander het (die paneel en battery). Stem met Louis102, mens moet net met die ry en lig die bakkie se batterykrag gebruik, dan hou die steol battery heelwat langer. Die bakkie wat skuins staan pla nog partykeer, maar al geleer hoe om stoel te hanteer.
Kalahari
Ek lees nou van die battery oppie stoel. My "kontrepsie" wat ek self gebou het werk ook op die selle manier, ek gebruik 'n 105ah solar battery wat ek deur die dag met 75w sonpaneel laai, die hou ook amper heelnag, gekry toe telekom die sisteem by ons verander het (die paneel en battery). Stem met Louis102, mens moet net met die ry en lig die bakkie se batterykrag gebruik, dan hou die steol battery heelwat langer. Die bakkie wat skuins staan pla nog partykeer, maar al geleer hoe om stoel te hanteer.
Kalahari
- foxripper
- Sr. Member

- Posts: 440
- Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm
Re: Skietstoel
Myne sit so laag as moontlik en reg agter my sodat waneer jy begin draai, soek en aanle om te skiet dan gooi jy jou lyf automaties vorentoe en dan kanseleer die twee mekaar soortvan uit, as ek dit so kan stel. Het al gesien die ouens sukkel baie as die battery langs hul sit waneer die bakkie skuins staan.
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Skietstoel
Foxripper
Net so, my battery sit ook agter die stoel en die vorentoe le en skiet ens soos jy verduidelik het is soos ek ok maar werk. Ek het jou pm gekry, maar my rekenaar en is bietjie deurmekaar na ek nuwe internet sekuriteit opgesit het, so ek sal nog met jou praat, maar jy's reg, al 2 jou broers was saam met my gewees, ons ken mekaar, net nog bladskud van vooraf!
Fyn trap
Kalahari
Net so, my battery sit ook agter die stoel en die vorentoe le en skiet ens soos jy verduidelik het is soos ek ok maar werk. Ek het jou pm gekry, maar my rekenaar en is bietjie deurmekaar na ek nuwe internet sekuriteit opgesit het, so ek sal nog met jou praat, maar jy's reg, al 2 jou broers was saam met my gewees, ons ken mekaar, net nog bladskud van vooraf!
Fyn trap
Kalahari
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Skietstoel
Hallo Almal
Oom Louis, dankie vir die tips! Ek sal dit beslis ingedagte hou! Kyk ons studente draai mos elke sent 3dubbeld keer om, en ons het klaar so min van hulle! So ek kan nou nie vir my 'n nuwe stoel uit die boks uit gaan koop vir net vakansies jag nie.Ek het nou by Iceman vir my die roeper gekoop en wag net vir my bevoegdheid, dan koop ek die 22-250, en dan is dit nou die stoel wat volgende aandag moet kry. Ek kan by 'n Oom sy ou stoel kry omdat hy nou met 'n Allan Truter stoel skiet. Die ou stoel werk nog 100, dis net sy bedrading en borseltjies wat bietjie vol stof is, so ek wil dalk gaan vir die idee van die battery aan die stoel.
Sal 'n foto opsit as ek klaar gebou is en dan natuurlik van my eerste oes ook! Net jammer soos dinge nou lyk gaan ek in die "moeilike tyd" begin jag. Gelukkig het ek al 'n klompie jare se ondervinding van dryf vir sakgeld, maar ek sit agter-op en steel met my oge as ons stop om te roep!

Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Skietstoel
Wat het nou van die 243 geword??Ponkie wrote: , dan koop ek die 22-250,
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Skietstoel
Stef
Ek het gewag vir jou! So graag soos ek wil, kry ek nie my Pa oortuig nie. So nou het ek maar besluit... 22-250 vir jakkals en springbok en dis dit! NIKS anders nie, vir enige iets anders gebruik ek my 308. Maar moenie worry nie, voor ek 35 is sal my 243 ook in die kluis staan!
Groetnis
Ponkie
Ek het gewag vir jou! So graag soos ek wil, kry ek nie my Pa oortuig nie. So nou het ek maar besluit... 22-250 vir jakkals en springbok en dis dit! NIKS anders nie, vir enige iets anders gebruik ek my 308. Maar moenie worry nie, voor ek 35 is sal my 243 ook in die kluis staan!
Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
Johan04
- Sr. Member

- Posts: 364
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:12 pm
Re: Skietstoel
Ek ken n jagter wat vir sy bakkie 'n groter altenator ingesit het,as hy op die pad ry, plug hy die battery wat op die stoel gemonteer is in en siedaar, dit laai van die altenator.
Groete
Johan
Groete
Johan
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Skietstoel
JohanJohan04 wrote: ...Ek ken n jagter wat vir sy bakkie 'n groter altenator ingesit het,as hy op die pad ry, plug hy die battery wat op die stoel gemonteer is in en siedaar, dit laai van die altenator...
Stem saam, dit werk goed as jy so bietjie oop pad ry voor jy by jou jagplek kom en dan weer huis toe na die tyd. Ek het 'n tweede battery op my bakkie se bak wat ook van die oorspronklike altenator af laai en hy doen die werk. Waar die probleem inkom, is as jy nie genoeg afstande sonder die jagligte ry vir die battery om te laai nie, soos te dikwels hier op die plaas gebeur. Dink jy 'n groter altenator sal 'n groot verskil in my omstandighede maak?
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Johan04
- Sr. Member

- Posts: 364
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:12 pm
Re: Skietstoel
Louis
Ek het net eendag met die man gesels en uitgevra oor al die goete agterop sy jag bakkie.Hy het my toe vertel dat hy 'n groter altenator opgesit het om sy lig se battery te laai. Of hy dit in die veld ook doen en of dit daar werk is ek nie seker nie. Aan die ander kant as jy mooi oor dit dink moet dit tog seker help,want meer "amps" help nou die tweede battery ook.Kom ons kyk wat se die autoelektriese manne.
Groete
Johan
Ek het net eendag met die man gesels en uitgevra oor al die goete agterop sy jag bakkie.Hy het my toe vertel dat hy 'n groter altenator opgesit het om sy lig se battery te laai. Of hy dit in die veld ook doen en of dit daar werk is ek nie seker nie. Aan die ander kant as jy mooi oor dit dink moet dit tog seker help,want meer "amps" help nou die tweede battery ook.Kom ons kyk wat se die autoelektriese manne.
Groete
Johan
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Skietstoel
Hallo manne
Right, ek het nou klaar besluit op battery agter my stoel se leuning en nie die borseltjies patent nie. Pa Ponkie is besig om die battery se staanplek aan my steol vas te maak. Nou 'n ander vraag vir julle rakende skietstoele...
Ek gaan vir my 'n dimmer koop by Henke, klink vir my of syne baie betroubaar is en mooi werk, maar nou wil ek eers hoor:
1.) Watse model lightforce koop ek vir op my scope monteer, en waar kry ek die brackets wat op jou scope kom?
2.) Wat werk vir julle die beste? Om die dimmerswitch op die stoel te monteer, of op die spotlight self te monteer? Ek gaan 'n 2de lig gebruik wat van die bakkie se battery af krag kry en met hom soek terwyl ek ry.
Ek wil dinge vir my so maklik as moontlik probeer maak, so ek vra maar net.
Groetnis
Ponkie
Right, ek het nou klaar besluit op battery agter my stoel se leuning en nie die borseltjies patent nie. Pa Ponkie is besig om die battery se staanplek aan my steol vas te maak. Nou 'n ander vraag vir julle rakende skietstoele...
Ek gaan vir my 'n dimmer koop by Henke, klink vir my of syne baie betroubaar is en mooi werk, maar nou wil ek eers hoor:
1.) Watse model lightforce koop ek vir op my scope monteer, en waar kry ek die brackets wat op jou scope kom?
2.) Wat werk vir julle die beste? Om die dimmerswitch op die stoel te monteer, of op die spotlight self te monteer? Ek gaan 'n 2de lig gebruik wat van die bakkie se battery af krag kry en met hom soek terwyl ek ry.
Ek wil dinge vir my so maklik as moontlik probeer maak, so ek vra maar net.
Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- foxripper
- Sr. Member

- Posts: 440
- Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm
Re: Skietstoel
Ponkie,
Ek kan vekeerd wees, maar ek dink die dimmer op die spotlight gaan beter werk (as jou spotlight op scope is)..my dimmer is op die stoel en ondervind dat waneer ek wil "dim" en die scope se "Zoom" terseldertyd wil doen, veroorsaak dit bietjie van n vertraging. Het so tydjie terug n Jakkie so verloor..in plaas van dat ek eers dim en dan zoom, toe doen ek dit anders om..dis wat hul noem, "onervare"..
Jakkie sit en lag seker nogsteeds vir my.
Deesdae kry jy vir amper alle ligte "mounts"..ek het n nite stalker (180mm) met n bracket wat werk maar dis te veel van n mission as jy die spotlight op en af koppel. Het elke keer n "ellen key" nodig etc
Gaan maar vir my n nightforce kmoet aanskaf met sy bracket wat baie maklikliker werk.

BOKRAM
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Fri Jan 23, 2009 6:15 pm
Re: Skietstoel
Ponkie,
Lightforce 170 is die een !!! Jy kry twee tipes, een met n handvatsel, en een wat op n geweer monteer, die een wat monteer, kom klaar met al sy benodighede.
My koord vannaf die lig is bietjie lank, en die dimmer hang om my nek, sodat ek die een hand hom kan verstel, maar ek reken, hy sal seker die beste op de lig wees.

Danie01
- Hero Member

- Posts: 1595
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Skietstoel
Ponkie
Ek het my dimmer op my stoel so na as moontlik aan die mik waarin my geweer le. My opset werk heel lekker en ek kan nie regte se ek verloor tyd nie. Ek het my dimmer op stoel geplaas met rede dat ek gedink het dit sal my spotlight op scope nog swaarder en lomp maak. Dink ook dit sal beter wees om jou spotlight op jou scope te monteer, dan jou lig klaar op die kol waar jy wil skiet. Elke man hou maar seker van sy eie maniere, net tyd sal leer wat beste vir jou gaan wees.
Groete
Danie

- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Skietstoel
My opinie is dat dimmer op stoel moet wees waar my linkerhand kan werk. Die regterhand moet naby die sneller bly en die linkerhand moet nie daar interveer nie. Met die remote langs hom.
Ek jag nie die hele nag nie en my battery is agter op stoel gemount, maar as jy die hele nag uit gaan wees gaan daai battery dit nie maak nie.

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Skietstoel
Ponkie.
Toe ek my stoel begin bou toe sien ek my kop is te plat vir borsels en sleepringe, jy moet net jou stoel so kry dat die as waarop jou stoel draai, hol is, maw hy moet n gat deur h?. Dan vat jy n gewone extension lead(wat jy in die huis gebruik) en laat loop hom net deur die gat. Ek jag heelaand en hy het nog nooit op gedraai nie, ek draai maar net elke nou en dan in die teenoorgestelde rigting. Vat so lead en l? hom reguit op die vloer, vat nou een kant en begin hom op te wen, kyk self hoe lank vat die voor die verste punt voor hy begin saam draai. As jy dalk n stukkende Massey Furgason het wat rondl? in sy diff is n hub met 2 taper bearings in wat soos n bom werk. 'n 40mm windpomp pyp pas perfek in die bearings dan gebruik jy 2 sockets om die bearings vas te draai, en dan het jy n moerse sterk draai meganisme.
Groete.

Manne
Baie dankie vir almap se raad en opinies! My 22-250 het vandag by die geweerwinkel aangekom en ek sal teen die einde van die week my aansoek in werking he.
Verder het ek besluit op een van oom Henke se dimmers wat ek naby aan my linkerhand sal monteer. Gaan more my lightforce 170mm by S&O gaan haal. Dan gaan ek net 'n gewone bakkie battery (650) sommer vir tyd en wyl gebruik. Moet net Vrydag die mounts agter my rug opsit sodat die battery daarin kan pas. Wil kyk of ek Saterdag en Sondag aand 'n roepie kan inkry.
Baie dankie vir almal se raad en menigs.
Hoop alles werk uit soos ek beplan. Is baie opgewonde om self te jag nadat ek al vir meer as 5jr net die landie dryf, roeper uitsit en hekke oopmaak. Het darem altyd agterop gesit en gekyk wat Oom Johannes doen. Alles wat ek weet, het ek by hom geleer, as dit nie vir hom en die forum was nie, sou ek darem verskriklik baie jakkies eers skelm gemaak het deur my onkunde!

- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Skietstoel
Klink my oom Johannes kort n nuwe appy. Waar gee ons CV's in?

Blok.
Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Skietstoel
Blok
Hahah!
Ek sal bietjie vir hom vra...? Maar dink daar is klaar 'n man wat die posisie oorgevat het!
Lekker jag!
Ponkie
Hahah!
Lekker jag!
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5133
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Skietstoel
Hi almal.
My seun het my lam gemaak om 'n stoel te bou nadat hy sy eerste 2 jakke geskiet het maar 'n ander 3 verloor het.
Hier is wat ons vir eers aanmekaar getimmer het.
Kostes was as volg.
Staal-R520
Stoel by pand winkel-R100
As/wieldrom- R300 vir 2
Verf-R40
Totaal R960
Enige raad en komentaar welkom.
Vat hom Dinsdag vir 'n eerste sessie veld toe. Hou duim vas dit re?n nie

[img width=560 height=362]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... _3950a.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... _3948a.jpg[/img]
[img width=541 height=480]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... _3949a.jpg[/img]

Work to live, don"t live to work
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Skietstoel
Hier is my foto's, so bietjie laat maar ek sien jy het goed reggekom. Die battery strap agter die stoel vas met die strap en ratchet.
[img width=360 height=480]http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... G_0499.jpg[/img][img width=360 height=480]http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... G_0500.jpg[/img][img width=560 height=420]http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... G_0501.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... G_0499.jpg[/img][img width=360 height=480]http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... G_0500.jpg[/img][img width=560 height=420]http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... G_0501.jpg[/img]
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Skietstoel
Ek gaan die pyp struktuur wat tussen my bene opkom uithaal en dan een bracket van die armlening se kant af inbring om die geweer rest te akkommodeer. Klim te moeilik daarin as ek haastig is.
Baboonstalker bou 'n besonderse geweermount met 'n lekker handle aan.
Baboonstalker bou 'n besonderse geweermount met 'n lekker handle aan.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5133
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Skietstoel
Het Baboon se stoel gesien, netjiese werk daar gedoen. Ek moet nou nog net die battery pas en dan die rem terug sit sodat ek ban BRIEK as ek wil skiet

Sal seker na die eerste skiet begin torring aan dinge wat nie te lekker gewerk het nie. Gelukkig is dit yster en kan dit verander word.
Peet