Page 10 of 21
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Sat Dec 24, 2016 6:27 am
by Willie007
Gian_dP wrote:Willie007 wrote:
Dankie Gian. Soos ek sê, ek is nog nuut in dié ding. As jy kan help? As ek oor gaan na 365 toe, hoeveel sal die ekwivalent wees vir die 43,5 gr wat ek gebruik met 335? Ek het paar ladings gaan toets, en het gesien my geweer like meer om stadiger te skiet.
Sent from my SM-N920C using Tapatalk
Neem aan jy skiet 180 ProAm koeels. Hoe vinnig skiet jy hulle tans, en wat is jou tpl?
Jip. So 2550 vt/sek, my tpl is 82.30.
Sent from my SM-N920C using Tapatalk
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 8:27 am
by Eugene
My pogings die laaste 2 weke. Ek glo die lading en geweer is reg, nou net die skote op die mikpunt laat val, anders help goeie groepe niks nie....
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/16426114_10154987292047250_7097154260313769777_n_zpse0aasexb.jpg
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/16298964_10154987230967250_4877043113093459776_n_zpsrtuhauyu.jpg
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 8:34 am
by Jean Marais
Briljante groepe. Baie geluk ou maat. Met watter geweer het jy die puik groepe mee geskiet?
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 8:39 am
by joe rocket
Blikslaer uitstekende groepe welgedaan! Watter scope is op die roer?
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 8:45 am
by Eugene
Jean Marais wrote:Briljante groepe. Baie geluk ou maat. Met watter geweer het jy die puik groepe mee geskiet?
Dankie Jean. Dis met daai Savage LRH in 6.5x284.
joe rocket wrote:Blikslaer uitstekende groepe welgedaan! Watter scope is op die roer?
Dankie Joe. Dis 'n Burris xtr 5-25x50.
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 9:31 am
by Chevvy SS
Ongelooflik!
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 10:10 am
by PWV
Eugene
Is jy te huur vir 'n baie belangrike, geheime takie?

Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 10:15 am
by Albert84
Uitstekend: geweer, herlaai en skut!!! Watse app gebruik jy om die groepe te meet?
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 10:22 am
by Eugene
Albert84 wrote:Uitstekend: geweer, herlaai en skut!!! Watse app gebruik jy om die groepe te meet?
Dankie. Submoa Pro op Apple, maar dis glo op Android ook beskikbaar.
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 12:11 pm
by ruaanb
Eugene wrote:Albert84 wrote:Uitstekend: geweer, herlaai en skut!!! Watse app gebruik jy om die groepe te meet?
Dankie. Submoa Pro op Apple, maar dis glo op Android ook beskikbaar.
Word as RangeBuddy vir Android bemark.
http://rangebuddyhelp.appspot.com/
https://play.google.com/store/apps/deta ... rangebuddy
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 12:25 pm
by Smitstertjies
Welgedaan Eugene!
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 12:37 pm
by PietWessie
Ek sal jou nie kwaad maak nie Eugene! (Dit wil gedoen wees...)
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 2:09 pm
by Marc
Die naweek self amper mooi gegooi. Eerste keer wat ons bok teikens aanvat op LA
Blesbok op 700m met 300wsm en 155gn Lapua Scenar @ 3060vps
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/700m%20Bles%20300wsm%205%20Feb%202017%20Size_zpsgx8nhfp4.jpg
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 2:11 pm
by Marc
Bitter mooi gegooi daar Eugene
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 2:14 pm
by swc-tr
Mooi geskiet manne.
Julle moet jul name stuur vir Rappie en die Protea F-klas keurders..............

Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 2:24 pm
by Cobus(Cobb)
Bliksies Marcus irrelius...daai is baie spoggerig
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 3:21 pm
by Eugene
swc-tr wrote:Mooi geskiet manne.
Julle moet jul name stuur vir Rappie en die Protea F-klas keurders..............

As almal sulke nice ouens soos jy was, maklik!

Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 3:25 pm
by Smitstertjies
Marc wrote:Die naweek self amper mooi gegooi. Eerste keer wat ons bok teikens aanvat op LA
Blesbok op 700m met 300wsm en 155gn Lapua Scenar @ 3060vps
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/700m%20Bles%20300wsm%205%20Feb%202017%20Size_zpsgx8nhfp4.jpg
Nee magtag Marc! Dis mos nou oneties daai!700m! Arme bok.

Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 3:30 pm
by Marc
Dankie manne
Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 3:38 pm
by LRLaubscher
Gister middg laat gou n draai gery om my 300wm se bene te rek.
Wou eintlik trajectory validation gaan doen omdat ek nog nie 100% seker was van die spoed nie.
Dit bleik ek was toe op die nommer.
Die skote almal regs is die 300, met 4 skote links onder op rand my 260 Howatjie.
Baie happy, en ek kan bevestig spoed is reg.
Remington 700 LR
300WM
208gr ELD Match
2830ft/sec
917m
Gong size 300mm diamter
Wind 10-14mph uit 07:30
Het nie groep gemeet nie, maar ek is baie happy!!
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170206/f28ded9872c7ec73922bd4e60099e20c.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20170206/4812ad4f40293c46166fe2fbd395a2a6.jpg
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Feb 06, 2017 4:56 pm
by Gian_dP
Netjies Nico! Bly jy kon alles uitsort
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Sun Aug 20, 2017 10:26 pm
by JacquesT (Stompe)
Ek kon vandag die groep skiet op 710m met n 140gr Amax. Ons het slegte mirrage gehad en 'n 10mph wind vanuit die 10h00. Die groep meet 0.47MOA.
Dan het ek met n goeie wind call van Ben ook n 87gr Vmax op die 1000m gong laat val met my 2de skoot. Skoot was wel laag en net net die verf afgehaal. Ek het 10.50MOA gedail vir wind.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170820/200fe6129eb190bd2e5b4007eaf54fc6.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20170820/55451135be5a9d48170a00cb09fa4164.jpg
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Aug 21, 2017 7:13 am
by ruaanb
aitsa
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Aug 21, 2017 7:37 am
by Eugene
Netjies manne!
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Aug 21, 2017 7:42 am
by Eugene
Lady Luck het 2 weke terug so bietjie vir my geglimlag ook. Kon die 2 groepe met onderskeidelik 140gr CC's en 140gr Amax'e skiet op 1235m/1350y.