Page 10 of 41

Re: Maak jou eie mes

Posted: Sun Sep 25, 2016 9:07 pm
by basie
Johan, as jy by 'n belt grinder uitkom, kan jy netsowel die tang tapered maak. Dit lyk altyd mooi as hy getapered is.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Mon Sep 26, 2016 9:16 am
by JTM
Kan een van julle meer ervare manne dalk gou verduidelik hoe die Blind Rivets van KMTS werk en hoe om die dimensies specs werk? http://www.kmts.co.za/Main.asp?D=%7BF51 ... egoryID=76

Re: Maak jou eie mes

Posted: Mon Sep 26, 2016 10:26 am
by Dries101
Daai Blind rivets het sy plek- ek gebruik hulle maar min want hulle is nogal duur. n gewone pin sal net so goed werk- dalk nie so sterk nie. Basies boor jy n countersunk gat aan die buitekant van die handvatsel. Skroef daai oukie in en grind sy koppie gelyk met handvatsel- meganies trek hy dan die handvatsel bymekaar, maar met die is epoxy veresker aanbeveel.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 27, 2016 8:29 am
by Johan Nel
Watter epoksie gebruik mens vir die hef?

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 27, 2016 8:51 am
by Dries101
Eerste stap maak het grof beide micarta en staal met iets soos n 30 grit skuur papier. Moet nou nie grof maak op die flats wat jy gepolish het nie. Dan maak jy opervlaktes skoon met acetone. Gebruik epidermix as epoxy. Ek gebruik so een druppel swart leer dye by die epoxy as ek wil kleur.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 27, 2016 8:53 am
by Dries101
Eerste prys vir grof maak is natuurlik sandblast

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 27, 2016 3:17 pm
by Johan Nel
Dankie Dries. Ek aanvaar Gawie se Steenvas is nie nou die ideale produk nie... >:+
Ek is baie bly om te kan se ek het die lae punt heeltemal uitgevyl. Die rugkant van die hef sowel as die onderkant meet dit nou 4.76mm by die "plunge line" en 4.6 by die verste punt. Waar die dun kol was, is dit nou 4.2mm. Nou moet ek alles klaar glad skuur en voldoende afrond vir verharding. Dit is my volgende hekkie om oor te kom. Oorwegend is ek tevrede met hoe die mes vorder. Sal nog hoor hoe oordeel kundige mesmakers dit as hulle dit eers in die hand gehad het.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 27, 2016 4:45 pm
by Dries101
Hi johan- nou begin die fun. Kry vir jou n skuur blok en begin skuur. My advies is moenie oor die plunge lyn skuur dat jy die defenisie opneuk nie- doen die lem en dan die flats as n aparte aksie. Maw moenie in een beweging van die flat oor die plunge na die lem beweeg nie

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 27, 2016 4:47 pm
by Dries101
Nog n tip. Gebruik n LED flitslig om te kyk of alle krappe uit is tussen skuurpapier grits. Jou meetse werk gaan tot en met 220 wees na dit is dit relatief maklik

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 27, 2016 5:53 pm
by Pvdw
Ek gebruik so een druppel swart leer dye by die epoxy as ek wil kleur.
Dries waar koop mens dit en het jy dalk 'n maak;naam vir my asb?

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 27, 2016 6:08 pm
by Dries101
Leatherite se Sp dye-maar eknis seker as jy n druppel van woodoc se wood stain in swart gebruik gaanndit ook mooi werk- mens kry dit by builders- hierdie verf wat die kleintjies gebruik wat mens by die cna koop is ook n opsie- dis n poeier maar ek genruik n mespunt van die rooi as ek rooi liners plak. Ek duld nie n gomlyn op n mes nie

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 27, 2016 6:14 pm
by Johan Nel
Dries101 wrote:Nog n tip. Gebruik n LED flitslig om te kyk of alle krappe uit is tussen skuurpapier grits. Jou meetse werk gaan tot en met 220 wees na dit is dit relatief maklik
Daai een het ek al agtergekom, dankie Dries.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 27, 2016 6:18 pm
by Johan Nel
Dries101 wrote:Hi johan- nou begin die fun. Kry vir jou n skuur blok en begin skuur. My advies is moenie oor die plunge lyn skuur dat jy die defenisie opneuk nie- doen die lem en dan die flats as n aparte aksie. Maw moenie in een beweging van die flat oor die plunge na die lem beweeg nie
Ek het dit so, dankie Dries. Ek gaan ook 45 grade teen die bestaande skuurmerke/vylmerke skuur om seker te maak die growwer merke is weg. Ek spring weg met 120 grint en gaan dan progressief fyner. Ek wil 'n kleiner skuurblok prakseer, want die houtwerk skuurblok wat ek het is te groot en onprakties.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 27, 2016 6:38 pm
by Dries101
Johan jy het reeds die les geleer. Mes maak is nie oor n lem vorm nie maar oor die probleempies wat ALTYd uitklim te beheer en na n aanvaarbare resultaat toe te werk.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 27, 2016 8:41 pm
by Pvdw
Dankie Dries ek wardeer. Ek het reeds Epidermix en gaan daarmee spel.

Is dit 'n poeierverf wat jy by CNA koop??

Ek het die FB link van my 1ste verharding. Jammer vir die FB ding maar ek weet nie hoe om video op Jaracal te laai nie.

https://www.facebook.com/peet.vdwalt.5/ ... 8712813513

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 27, 2016 8:49 pm
by Johan Nel
Welgedaan Peet.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 27, 2016 10:22 pm
by JTM
Ek kry nie jou video oopgemaak nie.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Sep 28, 2016 8:16 am
by Pvdw
JTM skuus man dis 'n Facebook blad. As jy nie Facebook gebruik nie gaan hy nie oopmaak nie.

Is daar iemand hier wat vir my die video kan laai as ek hom vir jou mail asb???

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Sep 28, 2016 12:01 pm
by JTM
Ek is op facebook, maar kry nog nie iets reg nie. Moet seker Friends wees of so iets.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Sep 28, 2016 12:12 pm
by Dries101
Hy ja- dis so erg fyn poeierverf- kom in elke kleur wat jy ooit kan gebruik- maar gebruik min- as jybte veel gebruik gaan daai epoxy nie lekker sit nie- ek sou se nie meer as 10% van die totale volume moet verf wees nie

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Sep 28, 2016 5:49 pm
by henning
Johan Nel wrote:Watter epoksie gebruik mens vir die hef?
Het gelees dat epoxy sit beter vas as polyester.

Groete
Henning

Re: Maak jou eie mes

Posted: Sun Oct 02, 2016 3:15 pm
by Johan Nel
Linkeraansig 220 grint afgeskuur.jpg
Regteraansig 220 grint afgeskuur.jpg
Het die hele mes afgeskuur van vyl, 100 grint, 180 grint en 220 grint. Elke lem kant en hef afsonderlik, sowel as profiel. Nou moet dit verhard word.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Sun Oct 02, 2016 3:33 pm
by DWB
Baie smart oom Johan!

Gaan ñ bakgat mes wees!

Re: Maak jou eie mes

Posted: Mon Oct 03, 2016 8:01 am
by Viking
Johan Nel wrote: Het die hele mes afgeskuur van vyl, 100 grint, 180 grint en 220 grint. Elke lem kant en hef afsonderlik, sowel as profiel. Nou moet dit verhard word.
....en dan begin jy weer skuur!!!

Johan daai mes lyk netjies...ek haal my hoed af!

Re: Maak jou eie mes

Posted: Mon Oct 03, 2016 10:37 am
by JTM
Mooi Johan. Jy moet laat weet as ons nog 'n pot "elbow grease" moet aanstuur.