Page 10 of 27

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Mon Apr 09, 2018 3:53 pm
by Malan123
Hierdie tyd van die jaar is maar kwai moeilik, veral as jy nie in sy kern gebied is nie. Moenie oorroep nie, ek het 'n duur prys betaal. Het jy al aan ysters gedink as jy sy paadjie so mooi opgespoor het?

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Mon Apr 09, 2018 3:55 pm
by Armand Steenkamp
Ek het n paar ysters wat ek dophou. Maar smaak my hy loop nou draaie om hulle.

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Mon Apr 09, 2018 4:01 pm
by Malan123
As jy se jy is al paar aande uit sonder sukses, hoe gebruik jy jou klanke?

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Mon Apr 09, 2018 5:24 pm
by Freddie101
Armand

Kerngebied is baie belangrik, As jy dit gekry het kan jy hulle wen veral as daar roepplek naby is. los eers by vangplek en gaan by jou buurman in tot by sy blyplek. natuurlik moeiliker as hulle roep en ligsku is.

mooiloop

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Mon Apr 09, 2018 5:58 pm
by Armand Steenkamp
Malan123 wrote:As jy se jy is al paar aande uit sonder sukses, hoe gebruik jy jou klanke?
Ek konsentreer meestal maar op kos klanke wat ek nou en dan afwissel met n enkel jakkalsroep wat ek dan self andwoord met n reaksie roep

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Mon Apr 09, 2018 6:05 pm
by Malan123
Dan sal jy met jou buurmanne moet gesels om op hulle grond te kom.

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Mon Apr 09, 2018 6:35 pm
by naas222
wat van daai gif pilletjies van oom peter

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Tue Apr 10, 2018 8:23 am
by Armand Steenkamp
naas222 wrote:wat van daai gif pilletjies van oom peter

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Virtel bietjie meer? Eks net skrikkerig vir my honde. Ek gaan vandag kyk of ek n spoor sien dan loop ek tot by sy voordeur

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Tue Apr 10, 2018 3:58 pm
by naas222

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Tue Apr 10, 2018 7:25 pm
by Dweetster
Wel Armand soos ek dit het sal jy defnitief nou hulle kern gebied moet werk. Cassie hulle is die manne wat verseker die beste raad sal he.
Kan jy op jou buurman se grond jag?

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Tue Apr 10, 2018 9:46 pm
by naas222
Armand Steenkamp wrote:
naas222 wrote:wat van daai gif pilletjies van oom peter

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Virtel bietjie meer? Eks net skrikkerig vir my honde. Ek gaan vandag kyk of ek n spoor sien dan loop ek tot by sy voordeur
Jong ja n man se honne is maar n probleem... ons het maar honde by huis gelos daai paar weke wat jy die oefening doen...
sit hul naby sy loop paaitjies onder n bossie...
ook n wit braaihoender met n toutjie om poot vasgemaak aan n pen... stroop onder vlerke en aan nek met jou gekose middel in stroop ingemeng werk ook goed.. daai hoender brom heelnag so lekker sag... lok enige ( pasop nou as jy skuldig voel oor nie teiken diere) predatoor...
maar ja gif= nie selektief...
maar
geen bemarkbare skaap= geen inkomste..
jy moet dit met jouself uitklaar en daarmee saamleef...
en moet nou nie vir almal vertel hoe goed jou resep gewerk het nie...

dis maar n sensitiewe saak...
pm my as jy raad soek

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Tue Apr 10, 2018 10:56 pm
by Dweetster
Naas is daai pillietjies n maklikke ding om te bekom, en hoe kry n mens dit?
Pos hulle sulke slaap pille vir jou.? Ek het n probleem met honde wat nie wil slaap in die nag nie en so doende loop en kallers byt. (by n klient)

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Tue Apr 10, 2018 11:02 pm
by naas222
Dweetster wrote:Naas is daai pillietjies n maklikke ding om te bekom, en hoe kry n mens dit?
Pos hulle sulke slaap pille vir jou.? Ek het n probleem met honde wat nie wil slaap in die nag nie en so doende loop en kallers byt. (by n klient)
kyk bo staande link.. hul pos hom in n mooi bruin box

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Wed Apr 11, 2018 12:11 am
by wlm
Oom Peter Shneekluth pos hulle vir jou. Jy hoef nie bang te wees dat die poskantoor jou nie sal laat weet as jou pakkie daar is nie. Die pakkie ruik asof die tokkelosie in die poskantoor gevrek het.

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Wed Apr 11, 2018 7:49 am
by EtienneA
wlm wrote:Oom Peter Shneekluth pos hulle vir jou. Jy hoef nie bang te wees dat die poskantoor jou nie sal laat weet as jou pakkie daar is nie. Die pakkie ruik asof die tokkelosie in die poskantoor gevrek het.
++>: ++>: ++>: ++>:

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Wed Apr 11, 2018 5:56 pm
by Dweetster
Dankie.!! Ek het nou lekker gelag.

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Apr 12, 2018 7:37 am
by Dweetster
Met die baie reen wat by ons geval het staan die gras by ons baie hoog.
Die een boer hier het voorgestel hy sal vir my oop sny sodad ek kan jakkals roep.
Sou julle voorstel as ek hom die jagplek wys, hy bane moet oop sny of dink julle hy moet soos een groot stuk oop sny.
Ek het gesien dat jakkals paie gebruik en het dus gedink dat bane sou werk.
Miskien so in n # vorm.
Enige voorstel?

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Apr 12, 2018 7:45 am
by naas222
bly jul kry reen.
as jy n baan sny kom ons sê 3m wyd... kom ons sê soos n horlosie.. 12 baane.. hier naby jou . die gras wat oorbly maar min... maar daar vêr 100m vanaf jou op jou pizza skyf se verste punt baie gras... so jou jak kom in... as hy onraad vermoed is hy in daai pizza skywe in en weg... ek dink sny n blok oop... of... jou pizza skyf baane ten minste 10m wyd... dis moeilik on te sê.. hoe lyk terein.. is daar genoeg spasie... sny alles en baal...
my gedagtes

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Apr 12, 2018 7:05 pm
by Dweetster
Sal daai voorstel maak en hoor wat se die boer, hy het so 9000 ha wat berge en klippe insluit.
Of ek moet met oom Pieter praat..... Vir pille.
Dis darm net lekkerder om te skiet.

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Apr 12, 2018 7:11 pm
by wlm
By my is die veld nou snags doodstil. Net die maanhaarjakkalse wat rondloop. Gisteraand wel een ver hoor roep. Gaan hom vanaand soek. Kosklanke, dan miskien bietjie baklei met 'n bakoor en dan as niks werk nie 'n enkeljakkalsroep om te hoor waar hy dalk antwoord.

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Apr 12, 2018 7:26 pm
by naas222
Dweetster wrote:Sal daai voorstel maak en hoor wat se die boer, hy het so 9000 ha wat berge en klippe insluit.
Of ek moet met oom Pieter praat..... Vir pille.
Dis darm net lekkerder om te skiet.
9000ha.... magtig dweetster daar moet iewers plek wees.. jy kan n naweek saamtrek reel met 4 spanne.. en daai plaas n lekker knou gee... kyk hoe skimp ek darm nou ;)

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Apr 12, 2018 11:29 pm
by Dweetster
Die ouens hier is maar nog huiwerig met die vergoeding.
Omdat hulle nie skaap boer nie maar so bietjie wild het en dan bees.
So ek dink nie hulle kan die skade regtig bereken nie. As ek julle almal kry sal dit lekker wees en ek bankrot.

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Fri Apr 13, 2018 7:06 am
by naas222
Dweetster wrote:Die ouens hier is maar nog huiwerig met die vergoeding.
Omdat hulle nie skaap boer nie maar so bietjie wild het en dan bees.
So ek dink nie hulle kan die skade regtig bereken nie. As ek julle almal kry sal dit lekker wees en ek bankrot.
nee man jy hoef niemand te voer of te behuis nie...
n groot bring en braai met kamp...
n heerlike ontspannende gedsgtes uitruil werksessie..
dink so daar oor
;)

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Fri Apr 13, 2018 7:07 pm
by Dweetster
naas222 wrote:
Dweetster wrote:Die ouens hier is maar nog huiwerig met die vergoeding.
Omdat hulle nie skaap boer nie maar so bietjie wild het en dan bees.
So ek dink nie hulle kan die skade regtig bereken nie. As ek julle almal kry sal dit lekker wees en ek bankrot.
nee man jy hoef niemand te voer of te behuis nie...
n groot bring en braai met kamp...
n heerlike ontspannende gedsgtes uitruil werksessie..
dink so daar oor
;)

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Dit klink na n plan. Dink net hoe stroop ons vir jou ongediertes hier in Piet Retief, ons sal geskiedenis maak.

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Fri Apr 13, 2018 7:22 pm
by naas222
nou toe... daar het jy nou n projek om aan te pak....
jy reel daar so plaas of 10..
elke plaas kry n span bestaande uit 2 ouens.. albei tenminste n kursus bygewoon het...
moet darm al 3 jaar + die jakke roer...
eie toerusting.
2 aande op plaas...
en ons soek n borg of 2 vir n prys of 2...
oudste jak en meeste op n stand..
toe nou ... dink net ....
n lekker skaap opi spit die donderdag aand.. vrydag trek looitjies en verken jou plaas...
nee kyk ek raak sommer opgewonde


Sent from my GT-I9500 using Tapatalk