Page 10 of 15
Re: Jagreels
Posted: Fri Jun 07, 2013 9:04 am
by johans
Zack Benade wrote:Eugene
Ek stem saam. My vriende is ongelukkig ook in die reg bedryf.
Naakse stories en eise is aan die orde van die dag.
Dis waarom die vrywarings briewe aan beide kante (Boer en jagter) kan gaan. Al het jy 'n vrywarings brief is daar nog genoeg gate in ons regstelsel om iemand te dagvaar.

Het ons n regstelsel?
Re: Jagreels
Posted: Fri Jun 07, 2013 9:06 am
by Zack Benade
Ja 'n gebuigte een.
As jy geld het maak hy alles reguit wat krom is.

Re: Jagreels
Posted: Fri Jun 07, 2013 9:10 am
by Eugene
Zack is so, maar daar is 'n reuse verskil tussen dagvaar en suksesvol wees! My beste raad aan boere is om jouself so goed as monntlik te beskerm en jou grondwerk (papierwerk) reg te kry! Ek laat druk vir my kliente 'n jagooreenkoms met 'n vrywaring en al die reels op deurslagpapier en in 'n boekvorm en maak ook groot plakkate met al die reels op, wat in die boma of jaghuis moet opkom. Dan kan niemand na die tyd stry of onkunde pleit nie!
Dis baie goedkoper om voorkomend op te tree, as om na die tyd belanglike eise te bestry... Advokate in die Hoë Hof werk teen gemiddeld van R30 000 per dag! Dan is R3k-R5k nie te rof vir 'n behoorlike ooreenkoms, vrywaring en reels nie....
Johans, ja daar is een, maar werk van die begin af binne die reels! Baie ouens vee hulle gatte af aan die reels en kla dan na die tyd dat die regstelsel hulle in die steek gelaat het...
Mens moet nie 'n prokureur gaan sien as jy klaar in die 11.1.11 is nie, kry 'n betroubare prokureur om jou te help om die 11.1.11 te vermy! Dis baie goedkoper!

Re: Jagreels
Posted: Fri Jun 07, 2013 9:32 am
by PWV
Eugene wrote:Mens moet nie 'n prokureur gaan sien as jy klaar in die 11.1.11 is nie,
kry 'n betroubare prokureur om jou te help om die 11.1.11 te vermy! Dis baie goedkoper!

Waar?

Re: Jagreels
Posted: Fri Jun 07, 2013 10:00 am
by Jakkalsgat
Eugene wrote:
Mens moet nie 'n prokureur gaan sien as jy klaar in die 11.1.11 is nie, kry 'n betroubare prokureur om jou te help om die 11.1.11 te vermy! Dis baie goedkoper!

Wat doen 30 prokureurs op die bodem van die see?
Re: Jagreels
Posted: Fri Jun 07, 2013 10:02 am
by johans
Ek hoor jou eugene,ekt nog nooit jagters by my laat vrywarings teken nie,sal dit maar van volgende jaar af doen
Re: Jagreels
Posted: Fri Jun 07, 2013 11:42 am
by Eugene
Re: Jagreels
Posted: Fri Jun 07, 2013 12:16 pm
by Henry 7
Dankie vir al die raad/insette-lekker naweek vir almal.
Wonder of daar manne is wat scramble vir vorms vir die naweek!?
Henry
Re: Jagreels
Posted: Fri Feb 21, 2014 7:26 am
by Andre Biltong
1) Bedrag/persentasie op misskote.
Ek stem nie saam met betaal vir misskoot nie.Die gids/ph/boer is mos by as jy jag,dit is sy verantwoordelikheid om seker te maak dat jy kan skiet,hulle moet jou ook nie toestemming gee om te skiet as dit n onmoontelike skoot is nie.Of is dit hulle werk om net polisieman te speel en die calculator te slaan.
2) Hoe wil julle die pryse sien? BTW in of uit?
BTW uit(daar is sprake dat dit nou opgaan na 15%)Die presoon wat wil terug eis gee vir hom n fraktuur,Die res van ons is kontant manne.
3) Vuurmaakhout. Mag daar n beperking wees en indien wat voel jy is n billikke bedrag daarop?
Ja twee streepsakke per dag en as jy wil bonfire reel met die eienaar vir bloekom.
4) Indien n fout in die veld gemaak word op n dier soos bv n jong manlike dier, hoe moet dit gehanteer word?
Dit is waar ek se die eienaar moet goed opgeleide staf he hulle moet jou bystaan met besluite,raadgee ens.Maar wat jy skiet moet jy betaal.
5) Wil n mens die Outfitter/Plaaseienaar deel he van jou kuier of wil jy hom ontmoet en weer sien met betaling?
JAAAAAAAAAAAAAA natuurlik moet hy saam kuier,ons raak vriende en dit is om die vuur wat ons n spesialtjie kry om te skiet.Belangrikste ons wil almal n bietjie wegkom van die pantofel regeering.
6) Hoe verkies jy om betaling te doen? In vandag se tye wat is die beste manier?
KONTANT nie tracebaar nie.
Re: Jagreels
Posted: Fri Feb 21, 2014 9:36 am
by Carl
Andre Biltong wrote:1) Bedrag/persentasie op misskote.
Ek stem nie saam met betaal vir misskoot nie.Die gids/ph/boer is mos by as jy jag,dit is sy verantwoordelikheid om seker te maak dat jy kan skiet,hulle moet jou ook nie toestemming gee om te skiet as dit n onmoontelike skoot is nie.Of is dit hulle werk om net polisieman te speel en die calculator te slaan.
Ek praat nou net van Bosveld. Daar is baie min misskote in die bos onder 100m. Ons tel die miskote so week later op wanneer hulle begin vrot. Gaan oefen bietjie meer as net die 3skote op die plaas. As jy 'n Wildebees op 80 mis is daar grooooot fout erens en moet jy nie jag nie.
2) Hoe wil julle die pryse sien? BTW in of uit?
BTW uit(daar is sprake dat dit nou opgaan na 15%)Die presoon wat wil terug eis gee vir hom n fraktuur,Die res van ons is kontant manne.
Dis 'n etiese vraag ook maar volgens wet moet dit duidelik aangedui word in of uit.
3) Vuurmaakhout. Mag daar n beperking wees en indien wat voel jy is n billikke bedrag daarop?
Ja twee streepsakke per dag en as jy wil bonfire reel met die eienaar vir bloekom.
Ja daar moet 'n beperking wees. Dit is nie verniet nie en is nie 'n onuitputbare natuurbron nie. Behalwe sekelbos in Thabazimbi
4) Indien n fout in die veld gemaak word op n dier soos bv n jong manlike dier, hoe moet dit gehanteer word?
Dit is waar ek se die eienaar moet goed opgeleide staf he hulle moet jou bystaan met besluite,raadgee ens.Maar wat jy skiet moet jy betaal.
Hoe beter die gids opgelei is hoe meer moet die jagter betaal. Op 'n ander draad het jy gekla oor pryse. 'n Gewone daglone algemene werker verdien Rx, stuur hom Gonnaskraal toe Rxxxx en dan wil hy ook meer hê.
5) Wil n mens die Outfitter/Plaaseienaar deel he van jou kuier of wil jy hom ontmoet en weer sien met betaling?
JAAAAAAAAAAAAAA natuurlik moet hy saam kuier,ons raak vriende en dit is om die vuur wat ons n spesialtjie kry om te skiet.Belangrikste ons wil almal n bietjie wegkom van die pantofel regeering.
Glo my soms is dit baie lekker om saam te kuier, daar is werklik goeie manne en dis die ouens wat weer kom. Soms sak ek my kop in skaamte en stuur my kinders en vrou in huis toe. Daar is varke daarbuite en hulle almal kom met blink bakkies op die plaas aan.
6) Hoe verkies jy om betaling te doen? In vandag se tye wat is die beste manier?
KONTANT nie tracebaar nie.
Geen kontant! Lekker Sondagaand na die groot jag groep weg is en R50,000 kontant betaal het. Wie is die eerste ou wat deur die deur stap
of
Re: Jagreels
Posted: Fri Feb 21, 2014 5:53 pm
by henning
Andre Biltong wrote:1) Bedrag/persentasie op misskote.
Ek stem nie saam met betaal vir misskoot nie.Die gids/ph/boer is mos by as jy jag,dit is sy verantwoordelikheid om seker te maak dat jy kan skiet,hulle moet jou ook nie toestemming gee om te skiet as dit n onmoontelike skoot is nie.Of is dit hulle werk om net polisieman te speel en die calculator te slaan.
2) Hoe wil julle die pryse sien? BTW in of uit?
BTW uit(daar is sprake dat dit nou opgaan na 15%)Die presoon wat wil terug eis gee vir hom n fraktuur,Die res van ons is kontant manne.
3) Vuurmaakhout. Mag daar n beperking wees en indien wat voel jy is n billikke bedrag daarop?
Ja twee streepsakke per dag en as jy wil bonfire reel met die eienaar vir bloekom.
Groete
4) Indien n fout in die veld gemaak word op n dier soos bv n jong manlike dier, hoe moet dit gehanteer word?
Dit is waar ek se die eienaar moet goed opgeleide staf he hulle moet jou bystaan met besluite,raadgee ens.Maar wat jy skiet moet jy betaal.
5) Wil n mens die Outfitter/Plaaseienaar deel he van jou kuier of wil jy hom ontmoet en weer sien met betaling?
JAAAAAAAAAAAAAA natuurlik moet hy saam kuier,ons raak vriende en dit is om die vuur wat ons n spesialtjie kry om te skiet.Belangrikste ons wil almal n bietjie wegkom van die pantofel regeering.
6) Hoe verkies jy om betaling te doen? In vandag se tye wat is die beste manier?
KONTANT nie tracebaar nie.
Jou idee van jag klink n bietjie vrolik.
Ek dink die boer gaan swaar kry met jou.
Groete
Re: Jagreels
Posted: Mon Feb 24, 2014 9:09 pm
by Carl
Dit is nou nie heeltemal reels nie meer die artikels wat Jokl le Roux skryf in die eksotiese wild tydskrif is baie goed.
Re: Jagreels
Posted: Mon May 26, 2014 12:30 pm
by Wouter Roets
Hallo Manne
Ek het dit goedgedink om so bietjie terugvoering hier te kom gee aangesien hierdie die draad was waar ek hiermee begin het. Spesifiek wil ek praat oor die misskootfooi aspek aangesien dit nogal hewige reaksie uitlok onder jagters en dit vir my voel dat mense nie heeltemal verstaan waarom dit by sekere plase geimplimenteer word nie.
By ons op Geelhout het ons n 25% misskoot heffing op die bok waarna toe geskiet was van toepassing. Die groot rede vir die spesifieke persentasie is dat ondervinding oor die afgelope jare vir ons gewys het dat nagenoeg n kwart na n derde van alle diere wat misgeskiet was wel dood in die veld opgetel word. Skietafstande by ons is selde oor n 100m vanwee die ruie bos en jagters skiet hoofsaaklik vanaf skietstokke so dit is redelik om te vewag dat n persoon met reelmaat die hart/long area sal kan tref indien die skoot geneem word. Tweedens jag ons basies reg deur die jaar en wil ons graag aan die jagters wat later in die seisoen kom jag ook n regverdige kans bied om suksesvol te wees. Ons probeer dus ons diere "mak" hou deur nie onnodige skote op hulle te laat skiet nie.
Ons is ook deeglik bewus dat gidse moontlik omgekoop kan word. Deur gebruik te maak van n misskootfooi raak hierdie moeiliker want die skoot wat gehoor was moet verklaar word. Al word die gids omgekoop met n dier wat gekwes is kry ons wel iets terug in die vorm van 25% van die bok se prys en is dit nie n totale verlies vir ons nie. Wat ek wel ook kan se is dat die sukses syfer hoog is op skote geneem en bokke wat gedood is so n mens kan verseker redeneer dat jagters wel meer seker maak van hulle skote alvorens daar lood of koper na die bok toe gestuur word. Ons pas die misskootfooi diskresioner toe en n man wat sy kant gebring het en homself bewys het as n bekwame en ernstige jagter sal nie die fooi op sy faktuur te siene kry nie. Hierdie is wel nie die geval by n persoon wat net kom doppe fireform het op die trippie nie.
Ek wil ook iets byse en dit is dat ons die inskiet van die gewere, wat wel verpligtend is, eerder sien as n seker bevestiging dat jou geweer se POI nog reg is en dit nie sien as n toets nie. Hier wil ons graag die voordeel van die twyfel aan die jagter bied want kom ons wees eerlik, die laaste ding wat n mens graag wil doen is om n persoon wat 450km nou net afgele het tot die kamp te beperk. Indien daar gesien word dat n persoon sukkel word daar ekstra moeite gedoen met die persoon sodat hy ook suksesvol by ons kan weg ry. Die feit dat daar so baie mense Geelhout kan noem as die plek waar hy sy eerste bok geskiet het, getuig sekerlikhiervan.
Ek probeer nie nou spog deur hierdie te skryf nie, maar eerder dit gebruik om te wys dat reels wat goed deurgedink word vir jou spesifieke behoeftes en reg toegepas word, n beduidende verskil kan maak aan die sukses van n jagplaas. Dit is hartseer om op Jaracal te lees dat n mens nou oneerlik is deur n misskootfooi te vra wat niks anders is as om n skelm bestempel te word nie. Ek het wel ook in hierdie proses nog n wonderlike positief van die misskootfooi ontdek en dit is dat dit dien as n baie natuurlike seleksie proses van wat se jagters hulle verskeining by die hek gaan maak.
Groetnis
Wouter
Re: Jagreels
Posted: Mon May 26, 2014 1:05 pm
by Marc
Wouter Roets wrote:Ek het wel ook in hierdie proses nog n wonderlike positief van die misskootfooi ontdek en dit is dat dit dien as n baie natuurlike seleksie proses van wat se jagters hulle verskeining by die hek gaan maak.

Daai is waar, of ons dit nou wil erken of nie
Re: Jagreels
Posted: Mon May 26, 2014 1:15 pm
by win270
Wouter, jy het dit netjies en nie-aanvallend verduidelik. Ek sou graag wou sien wat die ekstra moeite is wat julle doen met die misskieters!!

Re: Jagreels
Posted: Mon May 26, 2014 1:38 pm
by Wouter Roets
Win270
Ek gaan darem nou wragtag nie al ons geheime hier deel nie.
Marc meskien moet n mens daai as die heel positiefste uitwerking van n misskootfooi sien.
Groetnis
Wouter
Re: Jagreels
Posted: Mon May 26, 2014 1:57 pm
by Beer (Christo)
Laat ek darem net noem dat ek al voordeel getrek het uit die diskresionere toepassing van Geelhout se misskootfooi.......

Re: Jagreels
Posted: Mon May 26, 2014 1:58 pm
by Beer (Christo)
....maar ek wil dit nie weer toets nie....
Re: Jagreels
Posted: Mon May 26, 2014 2:01 pm
by douw
Hallo Wouter
Ek stem heelhartig saam met die misskoot fooi. Ek moet erken, dat toe ek so paar jaar terug na 'n pryslys gekyk het, en dit daarop gesien het, ek eerder sou verby hou. Hoe jy dit hier verduidelik van as die jagter sy kant gebring het, glo ek bring bietjie versekering en rustigheid vir jagters.
Ek hoop om weer eendag by julle te kom draai maak. Henry het wraggies waar baie moeite met ons gedoen, en as ons gereel het vir 06:00, was hy 06:00 daar en selfde met die middag sessies.
Groete en lekker dag
Douw
Re: Jagreels
Posted: Mon May 26, 2014 2:07 pm
by Eugene
douw wrote:Ek moet erken, dat toe ek so paar jaar terug na 'n pryslys gekyk het, en dit daarop gesien het, ek eerder sou verby hou. Hoe jy dit hier verduidelik van as die jagter sy kant gebring het, glo ek bring bietjie versekering en rustigheid vir jagters.
Ekself het ook altyd maar verbygehou, omdat ek bang was vir 'n enorme rekening weens 'n bona fide foutjie aan my kant. Later agtergekom dat geen boer jou gaan laat betaal vir 'n ekstra skoot, as jou eerste skoot nie great was nie, maar jy seker gemaak het van jou tweede skoot en die bok ry bakkie nie. Miskien kyk ons verkeerd na die hele konsep, as jy mos nie 'n moeilikheidmaker is nie, gaan daai misskootfooi mos geen invloed op jou jag hê nie en as jy erens 'n fout maak, behoort jou gedrag en optrede gedurende die jag en naweek, mos darem vir jou punte te tel? Of nie?
Re: Jagreels
Posted: Mon May 26, 2014 2:14 pm
by Zack Benade
Ek moet erken, dat toe ek so paar jaar terug na 'n pryslys gekyk het, en dit daarop gesien het, ek eerder sou verby hou. Hoe jy dit hier verduidelik van as die jagter sy kant gebring het, glo ek bring bietjie versekering en rustigheid vir jagters.
Die probleem is dat nie almal die miskoot fooi dieselfde toepas nie.
Een groep gebruik dit as 'n ekstra manier van geldmaak, die ander om homself te beskerm teen skade.
Re: Jagreels
Posted: Mon May 26, 2014 2:34 pm
by Wouter Roets
Manne
n Mens kan relatief maklik en wiskundig uitwerk met hoeveel jy jou normale diere se pryse moet laai om te kompenseer vir goed soos misskote en die gevolge daarvan. Die onregverdigheid daarvan is dat die persoon wie se goed dan nou reg is moet dan ook daarvoor betaal. So hier betaal die droogmakers en klaar. Die persoon wat sy kant bring word oorgesien wanneer daar n glupsie wel gemaak word. Wanneer jy nie hierdie fooi op jou reellys het nie kan jy dit nie na die tyd gaan byvoeg met n persoon wat droog gemaak het nie.
Zack so kan ek myself nou beskou as eerlik of is ek nog steeds oneerlik volgens jou laaste skrywe op die ander draad?
Groetnis
Wouter
Re: Jagreels
Posted: Mon May 26, 2014 2:56 pm
by Dimitri
Wouter Roets wrote: ... so kan ek myself nou beskou as eerlik of is ek nog steeds oneerlik ...?
Groetnis
Wouter
Wouter, you have explained the reason for your missed shot policy very well. So too the way it is applied.
Regardless of your explanation you will never change everyone's opinion on missed shots. But, as you imply, it is not necessarily such a bad thing as your missed shot policy also helps qualify your clients.
If a farmer puts his hunting rules into writing then one can still disagree with those rules (and hunt elsewhere) but one can hardly claim that the farmer is dishonest. Dishonest is when new rules emerge or when rules are changed as the hunt is in progress.
Re: Jagreels
Posted: Mon May 26, 2014 3:00 pm
by Zack Benade
Zack so kan ek myself nou beskou as eerlik of is ek nog steeds oneerlik volgens jou laaste skrywe op die ander draad?
Een groep gebruik dit as 'n ekstra manier van geldmaak, die ander om homself te beskerm teen skade.
Wouter, net jyself kan hieroor besluit. In jou skrewe het jy jou vraag eintlik self beantwoord.
Nie almal het iets om weg te steek of om skaam te voel as hulle nie saamstem oor misskote nie, soos wat ook 'n paar keer uitgekom het in die topics nie. Ek persoonlik sal ingedoen voel as ek vir 'n misskoot moet betaal. In my boekkies is 'n misskoot 'n misskoot en 'n kwesdier 'n kwesdier al is dit soms moeilik om te onderskei tussen die twee in sommige situasies.
As jy onseker is oor die miskoot sal ek n kwesdier se prys betaal maar die miskoot gier bly 'n grief
teen my persoonlike beginsels.
Re: Jagreels
Posted: Mon May 26, 2014 3:02 pm
by douw
Dimitri wrote:Wouter Roets wrote: ... so kan ek myself nou beskou as eerlik of is ek nog steeds oneerlik ...?
Groetnis
Wouter
If a farmer puts his hunting rules into writing then one can still disagree with those rules (and hunt elsewhere) but one can hardly claim that the farmer is dishonest. Dishonest is when new rules emerge or when rules are changed as the hunt is in progress.
Stem 100% saam, as die pryse of reels verander nadat alles bevestig is, dan eers kan so iemand as skelm bestempel word