Page 2 of 2
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sun Jul 15, 2012 7:40 pm
by Frikjordaan
Forumlede.
Ek hoor van 'n vriend van my dat 'n persoon wat 'n ingenieurs werk bedryf in Upington 'n baie ( volgens hom) goeie knaldemper maak, vriend het een laat pas op sy 30 06 en reken dat dit baie stil en lekker lig is. Kos blykbaar R2000 gepas met skroefdraad en doppie
weet iemand dalk van die produk?
mooi loop
Frik
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sun Jul 15, 2012 7:44 pm
by Silent Hunting
Beretta,
http://www.gem-tech.com/store/pc/SANDST ... 48.htmetta,
Wat ek so vinnig op die web kon kry. Die een is gemaak van Titanium, 13.3OZ, $1100.00.
Aluminium kan gebruik word, maar is nie sterk genoeg nie. Hulle hou nie.
Henk
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sun Jul 15, 2012 7:58 pm
by Beretta
Henk
Dankie maar wat hou nie as ek dit so kan vra is diy die tube of die baffels of albei.
Dankie
Beretta
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sun Jul 15, 2012 8:21 pm
by Silent Hunting
Beretta,
1) Aluminium en staal 'FUSE' aan mekaar. Die loop sit baie vinnig en maklik vas aan die kd sodat dit partykeer af gesny moet word.
2) As ten minste die eerste baffel nie van staal of s/s gemaak word nie, buig daardie baffel wel na 'n ruk. Het so ruk terug gelees iemand het gepraat van 90bar druk in die kd.
3) Is moeilik vir 'n goeie "finish" op aluminium.
4) Tube is nie so gehard soos staal nie. Sal vinnig duikies op tel.
Soos ek vroeer gese het, kom op die einde neer op persoonlike keuse. Daar is baie ouens wat kds maak, net soos ek ook maar een van hulle is. Almal se produkte is "beter" as die volgende een s'n. Ek sal dit nogal waardeer as die toetse wel sal plaasvind. Sal baie intresant wees om te weet waar my produk waarlik op die lys le.
Hoop dit help. Jy is meer as welkom om my te bel as jy meer wil gesels oor die verskille of net in general. PM vir my nommer as jy dit wil he. Ek het 'n paar dokumente, van die web, rakende verskille en voordele en nadele. Stuur my jou e-mail en ek stuur dit.
Groete,
Henk
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sun Jul 15, 2012 8:25 pm
by Coenie (Swift)
Dankie Christo,
Jy is sommer ons toetskaptein

Die skip het lank gel? en begin darem nou seil, dankie Henk dat jy een vir Christo stuur vir die toetse.
Christo ek glo ten spyte van die data ens. weet jy natuurlik 'n foto van die geweer met die tipes kd's op sal deur ons almal waardeer word
Groete
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sun Jul 15, 2012 8:28 pm
by Silent Hunting
Swift,
Ek sien die topic het baie belangstelling as jy kyk na die views. Sal lekker wees om resultate te kan kry.
Henk
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sun Jul 15, 2012 8:41 pm
by Beretta
Henk baie dankie ek sal dit graag wil doen stuur jou no per pm dan sal ek jou skekel more skskel as dit met jou reg is
Beretta
Dabkie
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Mon Jul 16, 2012 8:49 am
by Coenie (Swift)
Henk dit gaan maar taai om dinge van grond af te kry en dit was maar idee..... en ek is nie die "lead" op dit nie.....
Daarom as Cristo kan toets en opsit sal dit al begin wees.
Ek het met Pvdw gepraat hy het toegang tot SABS, SAPS Ballistiese kenners en Oorspesialis. Ons sal hier (Pta) kyk om toetse by hulle te gaan doen en dat hulle 'n toetsverslag en intrepretasie vir ons gee. Die toetse sal baie kredietwaardig wees. Sodra dit met hulle gereel kan word, sal ons hulp vra (kd's wat ons nie het nie maar graag wil toets, ingenieurs maatskappy of gunsmith wat kan help om die kd's te sny ens)
Groete
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Fri Jul 27, 2012 4:21 pm
by Piet Pille
Right! Ek het een van Henk (Silent Hunting) se Reflex KD's bestel en dit het vanoggend in Pta aangekom. Ek kry hom einde vd maand as hy saam met my jag-mater opkom Namibie toe, dan sal ons hom deur sy passies sit en terugvoer gee.
Wat die flink diens van Henk en die prys behels is dit sover 10/10!!
Dankie Henk
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Fri Jul 27, 2012 4:25 pm
by Silent Hunting
Pieter,
My plesier. Geniet hom.
Henk
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Fri Aug 10, 2012 12:29 pm
by Silent Hunting
Middag almal,
Christo was gaaf genoeg om 'n db meter in te voer en sou die dan ook die week gekry het. Ek het ook een van my KDs aangestuur na hom wat vandag daar behoort te wees. (Hang net af of die poskar verdwaal of nie). Die resultate sal beslis baie intresant wees. Die toets, so ver ek dit het, sal tussen drie verskillende KDs gedoen word waarvan my Reflex een van hulle is. Ek glo van die vergelykings sal onder meer die volgende wees: Gewig, Lengte, dB, ens.
Ek het darem tot dusver nog net goeie terugvoer gekry. Een van my KDs het al selfs een van die meer bekendes "vervang" weens die feit dat die Reflex meer prakties is. (Ja dit is my siening, maar daar is darem so "bietjie" common sense ook daar by.)
Groete,
Henk
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Fri Aug 10, 2012 6:46 pm
by Christo
Henk, ek is nie 'n "ekspert" nie, maar kom ons kyk wat toets ons dan gee ek verslag. Die meter is seker nie die beste maar die lesings behoort darem aanduiding te gee van die verskille.
Die manne moet bietjie lys wat moet ons meet/toets, wat darem prakties moontlik sal wees.
Die geweer is 7x64.
Hoop nie ek's reeds kop en pootjies in die bynes nie.
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sat Aug 11, 2012 10:11 am
by Piet Pille
Hallo Christo,
Jy bly beslis die ekspert op die forum todat iemand anders eers kan bewys hy kan dit beter doen!

Baie dankie byvoorbaat vir die moeite wat jy onderneem het.
Ek neem aan die toetse moet ten minste die volgende parameters he:
1) Dimensies
2) Gewig
3) Met hoeveel die loop verleng
4) Afwerking/konstruksie (dis 'n moeilike ene en gaan 'n sujektiewe opninie wees. Miskien kan jy
2 of 3 manne vra om vir jou te help hier deur elkeen te evalueer en 'n punt op 'n skaal van 1 tot 5
te gee?)
5) Klankdemping- Miskien drie verskillende lesings, bv by agterkant van geweer (skut se posisisie),
gelyk met voorkant van knaldemper, en 50m voor geweer (asb. nie REG VOOR die loop nie, jy
gaan die masjien stukkend skiet..

)
6) Recoil.. (ek het geen idee hoe mens dit kan meet nie.. Miskien deur die hoeveelheid "half-moons"

)
7) Prys

Beskikbaarheid/Diens (ek weet nie hoe belangrik die ene vir julle is nie, maar ek persoonlik haat
dit om vir 6 maande te wag vir iets wat ek nou nodig het. Ons almal is dit eens dat na-verkope
diens by teleskope 'n groot rol in keuse speel. Hoekom dan nie in knaldempers ook nie.)
9) Duursaamheid/Kwaliteit
Punt 8 en 9 hierbo sal moontlik eers oor die volgende jaar of wat behoorlik geantwoord kan word soos wat mense die produkte koop, gebruik en toets. Dit is dus 'n deurlopende terugvoer en Christo sal dit moeilik op eerste oogopslag en met net 'n paar skote kan bepaal.
Kyk na die vorige posts van my in hierdie thread vir voorbeelde van hoe hulle verskillende knaldempers oorsee getoets het ook.
Groete
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sat Aug 11, 2012 11:45 am
by Christo
pine wrote:
Recoil,
Musgrave het so n trollie gehad waarin die geweer vasgeklem was en sy sneller dan met n toutjie getrek was en die lesing op n bordjie langsaan sommer deur n pen op n stuk papier getrek het. Amper soos n grafiek. Kevin Healy het daar gewerk as n vakleerling destyds, miskien kan hy help om recoil te toets of dan die planne te gee vir so n ding. Vir my het hy destyds baie eenvoudig gelyk. Alle gewere was geskiet deur die toetser en moes nie harder as n sekere getal geskop het nie. Net my 2 Zimdollars. Geseend Pine
Ek het 'n ou peer druk toetser wat gebruik was om die drukke van pere te toets vir pluk doeleindes. gaan hom probeer prakseer in so iets in dalk vandag want hier buite is dit nou kaapse storms en sneeu ( my damme gaan vol wees teen volgende week).
Nou eers 'n lekker pot melksnysels bou.
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sat Aug 11, 2012 12:30 pm
by Vlakvark
Christo
Is dir regte snysels of vat jy kortpad
As dit geniune snysels is gooi bietjie daai resep asb.
Geniet hom
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sat Aug 11, 2012 12:47 pm
by Christo
Vlakkie, so regtig soos ek hom onthou. Ek sit hom by resepte.
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sat Aug 11, 2012 12:56 pm
by Silent Hunting
Weet nie of die skop verskil maklik "gemeet" kan word nie aangesien gewig 'n verskil maak soos julle almal weet. Glo myne sal so effe punte verloor met afwerking. My draaibank is maar klein. Sal hom we'll opgradeer as verkope meer word. Hopelik oor so 2 maande.
Christo, sal graag een punt wil by sit. Balans. As dit moontlik is.
Henk
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sat Aug 11, 2012 1:07 pm
by Jagtersdok
Recoil reduction moet gemeet word in terme van die die geweer met en sonder knaldemper.
Die verskil in die gewig van die knaldempers in terme van recoil reduction gaan nie nastendby so groot wees as die effektiwiteit van hoe die KD se kamers die gasse gaan beinvloed nie, in teendeel dink ek dit is weglaatbaar klein
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sat Aug 11, 2012 1:40 pm
by Christo
Jagtersdok wrote:
Recoil reduction moet gemeet word in terme van die die geweer met en sonder knaldemper.
Die verskil in die gewig van die knaldempers in terme van recoil reduction gaan nie nastendby so groot wees as die effektiwiteit van hoe die KD se kamers die gasse gaan beinvloed nie, in teendeel dink ek dit is weglaatbaar klein
Ek gaan hard probeer so kontrepsie prakseer. Sal meet met en sonder.
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sat Aug 11, 2012 1:51 pm
by Piet Pille
Christo,
Hoeveel knaldempers het jy op hierdie stadium al gekry/gaan jy kry om te toets?
Wat lekker sal werk, is as jy byvoorbeeld 5 verskillendes almal vir die een geweer (7x64) kan kry.
Dan kan jy elke kriteria met mekaar vergelyk en 'n rangpunt gee (bv. vir gewig: 1 vir die ligste KD en 5 vir die swaarste KD., 1 vir die goedkoopste en 5 vir die duurste, ens.)
Die KD met die minste punte sal dus die top KD wees.
Terloops, oom Pine se trollie patent klink vir my nogal sinvol. as mens een van daai geweer skoonmaak bakke (die plastiese bak-tipe met die twee mikke waarin die geweer stewig le as jy hom skoonmaak) op 'n trollie/waentjie kan vasmaak, en dan met 'n toutjie die sneller trek. die kontrepsie word op 'n gladde gelyk oppervlak gesit op 'n "beginstreep" en dan word gemeet hoe ver die waentjie "agteruitry" met elke skoot en knaldemper kombinasie. Dit kan miskien 3x herhaal word per kombinasie en die gemiddeld gevat word. Die afstand sonder 'n knaldemper word as verwysing gebruik. Dis tog 'n redelike eenvoudige patent om te prakseer?
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sat Aug 11, 2012 1:58 pm
by Christo
Pieter, ek het 3 en almal is vir die7x64. Ek is net te koud vandag om in die werkskamer te gaan werk. Miskien later.