Page 2 of 3

Re: Doppe

Posted: Thu Feb 26, 2009 8:10 am
by JACQUES BOTHA
ek sien die eertse keer in my lewe dat n wildboer adverteer in een van die groot jagbedryf tydskrifte 10% afslag aan "one shot kills..." Ek glo die man het al n paar km opgesit agter n kwesbok aan..dis nongal n nuutjie vir my....Sommer so stuiwer in die beurs oor die one shot kill dingetjie..

Re: Doppe

Posted: Thu Feb 26, 2009 11:02 am
by Christo
Jacques

Die tipe aansporing kan dalk net werk

Re: Doppe

Posted: Fri Feb 27, 2009 11:08 pm
by Yalair
Ek het gehoor van wildboere wat jou per skoot geskiet betaal en nie per bok nie.

Re: Doppe

Posted: Sat Feb 28, 2009 11:39 am
by projag
Nogal tevrede met Rem. doppe.

Die geheim van 'n goeie skoot is: Ken jou eie vermo?, ken jou geweer en koe?l se vermo? en skiet daarvolgens. Moet nie jouself bluf nie wees eerlik met jouself.

Het die afgelope seisoen walkandstalk jagters gehad wat 11 gemsbokke wou skiet --- 6 kwesbokke moes agtervolg of gesoek word. Pensskoot: dan s? die groot Chasa/SAJAG toegewydestatusjagter dit was mis want daars nie bloed nie. Skiet dan die bok dood en wys hom die pensskoot wat net 'n misstrepie maak.

Het 15 gemsbokke deur bakkiejagters laat skiet -- dooierus, nie moeg geloop en op afstande volgens vermo? en net 1 bok was gekwes en moes agtervolg word.

Re: Doppe

Posted: Sat Feb 28, 2009 11:51 am
by Christo
Projag

Kan nie meer saamstem oor die vermo? teorie nie. Laaste veldskiet wat ek bygewoon het gesit en luister na meer as een man wat vertel hoe meer maklik hulle kopskote op lewendige bokke skiet as op teikens en dan al 5 gonge misskiet :P. Ek het self nie te lekker geskiet nie maar besef dit is my vermo? wat werk kos en nie verskonings nie.

Ek strewe na daai klawerblare maar hulle wil nie kom. Sal aanhou probeer tot al die blare mekaar raak.

My geweer skiet nie baie anders met verskillende doppe nie maar die seating het wel met almal gewys dit is waar ek die hardste moet werk. ??? ???

Christo

Re: Doppe

Posted: Sat Feb 28, 2009 3:18 pm
by projag
Christo
Jy het seker al die nodige en ook soos meeste van ons onnodige kennis.
Probeer die volgende: seat jou punt so .75mm vanaf die landings. As jy klaar gelaai het weeg dan jou patrone en groepeer volgens gewig Gebruik dan van die wat in die middelste gewiggroep val en van dieselfde doppe is om 'n groepering te skiet. Kyk of dit verskil maak.
O ja, onthou daar is sekere fabrikaat punte wat nie 'n klein groepering kan handhaaf nie -- is net nie eenvormig stabiel akkuraat nie.

Re: Doppe

Posted: Sat Feb 28, 2009 3:47 pm
by Christo
Projag

Dankie vir die raad. Ek gebruik .243 Nosler bal tip 70gr. en hulle behoort saam te groepeer of hoe? ???

Christo

Re: Doppe

Posted: Sat Feb 28, 2009 4:31 pm
by projag
Ek glo as jy groepering wil skiet gebruik jy net drie soorte nl. Sierra, sierra en sierra. Die Fklas manne skiet Sierra sov?r ek weet.
Ek self jag wild met Hornady SST of Interbond  -- pas my sak.
My seun jag met Nostler Partisie.
Het al gehoor dat sekere gewere nie van sekere punte hou nie.

Re: Doppe

Posted: Sun Mar 01, 2009 8:42 pm
by JACQUES BOTHA
C:
sommer net so opmerking , ek dink die geweer worry nie, hy sal met enige punte skiet, ek dink party van daai loope wil net seker koele eet, ek vermoed dit het maar iiets met die twist te doen of lading of vorm van die punt...daar is n paar roere (skuus loope) daar val ek in my eie gat.....wat ook nie met sierra's wil skiet nie. of dalk het hulle baas nog net nie lank genoeg gespeel nie.....daar moet n lading wees wat sal werk.....

Re: Doppe

Posted: Sat Mar 07, 2009 6:36 am
by Dirk
Christo

Lapua en Norma is die beste doppe wat jy kan koop. My ondervinding is dat Remmington en Winchester oor die kort afstand (100m - 300m) net so goed is. Wat belangrik is, is hoe univormig is die doppe. Sny jou "Flaskhole's" almal ewe groot, sny die "primer pockets" ewe diep en die nekwande ewe dik. "Aneal" (maak die nekwande sag) gereeld sommer in 'n kers. Dit help nie jy koop duur doppe en jy kyk nie goed na hulle nie. As jy net "neck size" en die doppe gereeld "aneal" sal hulle jare hou.

Sierra bly een van die akkuraatste fabrieks punte op die mark. Hulle hou meer w?reld rekords as al die ander punte in die w?reld saam. Ek glo dat as jy kan skiet waar jy mik, dan tel al die ander stories nie meer so baie nie. Sierra bly relatief goedkoop dus kan jy van teiken tot jag met die punt. Dit is baie belangrik vir akkuraatheid. Baie punte is so duur dat jy nie wil teiken en ordentlik ladings skiet nie.

Dit is waar dat sommige lope nie van sekere punte hou nie. Oor die algemeen gaan dit oor die twist en die toestand van die loop en die "throut" (die eerste 5cm van die loop voor die kamer). Swaarder punte moet vinniger gespin word en ligter punte is dit minder belangrik. Jy kry egter gevalle waar jy ligte punte te vinnig kan spin. Dan is die gaatjies in die teikens nie meer rond nie maar ovaal. (vra maar vir Taffie)

"Flatbase" punte is oor die kort afstand meer akuraat as "Boattail's". "Boattail's" het meer 'n eier vorm wat maak dat hy skeef in die loop af kan gaan. (veral ou loop en swak throut) Dit veroorsaak dat die punt die eerste paar meter baie onstabiel is. "Flatbase" het 'n langer silindriese vorm wat die punt beter "align" in die loop af, en is baie meer stabiel oor die eerste paar meter. Dit is ook makliker om 'n "Flatbase" teen die groewe te laai en is baie keer 'n "disprin" vir 'n geweer wat se loop al oor die muur is.

Re: Doppe

Posted: Sat Mar 07, 2009 6:54 pm
by Christo
Dirk

Dankie vir die reply, dit help baie.

Ek was vandag by Hendrik se reloading kursus en dit smaak my ek het die goed amper woord vir woord daar gehoor (oor die doppe en flats). Die kursus was baie leersaam al laai ek al 'n paar jaar my eie patrone. Nou het ek 'n paar nuwe dinge/regstellings wat ek moet probeer voor ek weer kla.

My kas is vol Highland en PMP doppe wat hy wil h? ek moet dump. Sal maar eers 'n klompie van die Rolce Royces koop en dan daai klawerkie skiet as is dit net om myself te oortuig.


Ek werk aan die minister van finansies en tel die gewere in my kluis wat ek kan verpand (222 sako,2 x Mini Rugers, FN ) maar ek het 'n gevoel daar in my kluis ontstaan nou 'n plek vir 'n masterpiece. Die Moola hy ?s hom daai deng.

Christo

Re: Doppe

Posted: Mon Mar 16, 2009 3:00 pm
by Louis Kriel
My suster bly in Amerika. Ek het nou al 2 keer teleskope en doppe gekoop en na haar toe gepos. Sy bring dit dan saam as sy hier kom kuier. Die laaste keer het sy vir my 'n 100 Norma doppe (30-06)  saamgebring. Dit het wel 'n "Department of Homeland security" seel opgehad, maar dis deur! Dit het my R5.25 per dop uitgwerk en as ek dit hier sou koop, sou dit R12 'n dop gewees het.

Oom Chris Van Niekerk wat 'n skiet legende hier in Durbanville is, s? hy gebruik net Lapua doppe en hy beskou Norma as 2de beste. Sako was glo goed, maar die gehalte is tans nie veel beter as PMP nie. Terloops as jy PMP doppe volgens gewig sorteer is daar niks fout met hulle nie.

Re: Doppe

Posted: Mon Mar 16, 2009 4:15 pm
by tafjak
Wyse manne wat nou kop uitsteek ne.

T

Re: Doppe

Posted: Mon Mar 16, 2009 5:17 pm
by JACQUES BOTHA
TAF:
ek dog die manne praat oor doppe  nou om jy b y die wyse manne uit wat kop uitsteek..
watse doppe gebruik jy.. my siening is steeds dat jy goeie en swak doppe kry, maar ek dink nie iemand sal in gemiddelde jag afstande of gemiddelde skiet afstand n dier mis skiet oor n dop nie...dalk te veel dop, maar nie die maak dop nie..

Re: Doppe

Posted: Mon Mar 16, 2009 7:16 pm
by tafjak
Jakes

Brandewyn of wisky, weet nog nie watter om te gebruik nie. :D Ek skiet maar met Winchester of Lapua, Norma bietjie sag in my geweer. Kry baie skote uit Lapua maar nog te min geskiet met Winchester om werklik die uithouvermoe te toets. Ek dink egter as jy dieselfde soort gebruik met die ligte koeels sal groepe konstant bly. Ek dink jy kan meer wegkom met mixed brands op die swaar koeels. Wetie?

Taffie

Re: Doppe

Posted: Mon Mar 16, 2009 7:18 pm
by Christo
Mr T

Ek dink daai afgenekte G6 loop van jou 243 worry nie oor doppe of vibrasies nie. ;D ;D

Kan die plank gewere wat die ander outjie s? hy het 10 van verander word na 22-250 of so-iets toe ?  wat s? jy want dan soek ek ook een.

Na die naweek weet ek nou nog minder. Sal volgende keer moet drink dan weet ek hoekom die breinselle dood is, maar nou is hulle steds daar en ek weet minder. Laat man worry. ;)

Christo

Re: Doppe

Posted: Tue Mar 17, 2009 7:57 am
by JACQUES BOTHA
C:
onthou die wet van die natuur die swakstes sterf eerste en as alhohol breinselle doodmaak sal dei swastes eerste sterf, sodoende behou jy al die sterkstes - en dis ook die rede hoekom die manne so slim is as hulle n paar doppe in het... maar aan die ander kant ek mag dalk teorie en praktyk hier verwar. lag lag lag..

Re: Doppe

Posted: Tue Mar 17, 2009 10:01 pm
by Christo
Eish ma seker so  :D

Re: Doppe

Posted: Wed Mar 18, 2009 4:07 pm
by Caller
Taffie

Ek skiet nou al 'n paar jaar met Winchester doppe in .22-250 en dink dit is uitstekende doppe.

Daai doppe is seker nou naby die 20 keer herlaai (werklik), sonder om te "anneal". Ek "neck-size" en "full size" so elke vyfde keer. Ek begin nou so hier en daar "neck split" onder die doppe kry.

Caller

Re: Doppe

Posted: Mon May 11, 2009 12:27 pm
by Beyers
Hello daar
Ek soek raad met die sagmaak van doppe. Hoeveel van die dop maak mens warm?
Hoe warm maak jy hom en hoe koel jy hom af?

Erens in een van metaalwerk boeke se hulle dat brass nie in water gegooi moet word nie, maar stadig laat afkoel.
Enige kommentare?

Sou 'n mens die dop met die ou primer warm maak, en dit dan decap en resize.

Dankie
Beyers

Re: Doppe

Posted: Mon May 11, 2009 1:40 pm
by Ja3
Hello Beyers
Jy gaan 'n paar verskillende rate kry. Jy kan kyk op hierdie link wat jou kan lei t.o.v die holistiese benadering.
http://www.6mmbr.com/annealing.html
Ja, die idee is om eerder te anneal en dan te size waartydens mens ook 'n meer konstante "springback" aksie kry op die brass.
grte
Ja3

Re: Doppe

Posted: Mon May 11, 2009 4:20 pm
by JACQUES BOTHA
BEYERS
AS JY EEN EEN DOEN, AS JY AGTER AAN DIE DOP VASHOU, TEEN DIE TYD DAT HY JOU VINGERS BRAND ,,WEET JY DIS GENOEG......
DAN MOET HY AFKOEL......MET EISHHHHHH JAAA

Re: Doppe

Posted: Mon May 11, 2009 8:53 pm
by Izak02
Naand manne,
Ons plaaslike wapenhandelaar het vir PMP gebel omdat ek ook sukkel met doppe wat kraak, met my jakkals lading is die dop taamlik vol en hou hulle nie so lank soos my jag ladings nie. Die antwoord was as volg: pak doppies regop op `n oond bakplaat, voor verhit die oond tot 200, sit doppies vir 15min in, haal uit en laat natuurlik afkoel.
Ek het dit nog nie gedoen nie, moet nog eers die doppies leeg skiet.
Groete Izak

Re: Doppe

Posted: Tue May 12, 2009 9:03 am
by Ja3
Dit klink na 'n baie oulike idee. Al wat my pla is dat mens nie die kop of web noodwendig wil warm he nie ???
grte
ja3

Re: Doppe

Posted: Tue May 12, 2009 11:49 am
by Beyers
Hoeveel manne het hulle hand al gewaag aan die annealing spul?

Kan die slim ouens nie vir ons een van daai pols maak nie

Beyers