Probleemdier jagter protokol
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Jassie
Niel Viljoen is besig om die afgelope paar jare presies die boodskap oor te dra en bespeur ek nogal groot waardering daarvoor. Dit is stadig maar seker besig om die "boer" se vrese in die regte rigting te stuur. Dink tog Niel sal hulp iewers moet kry, hy is al man wat dit doen, maar die land is groot en boere baie. Hy ry hom op die oomblik ook "morsdood" en is dit een van die grootste pogings wat ek ken.
Mooiloop

Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Eardley
- Newbie

- Posts: 26
- Joined: Sat Jul 14, 2012 11:58 am
Re: Probleemdier jagter protokol
Ek glo ook die grondeienaar moet besluit wie op sy grond kan skiet.Ek sal nooit dat n onervare jagter my jakkalse kom wild maak nie.n Opregte professionele roepjagter het al klaar is lang lys vereistes voldoen t.ov. vuurwapen bevoegtheids lisensies,voertuig,toerusting,aanbevelings ens.Meer SAPS roadblocks sal kudu poachers en ander kriminele in die Ooskaap se koppe laag hou sonder om ook nog n roepjag beheerstelsel te probeer toepas.
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Probleemdier jagter protokol
Moet se ek het ook aan die begin gedink nagjag moet beheer word. Maar na die lees hiervan net enkele gedagtes wat by my opkom.
- deur wie moet beheer toegepas word? (mannekrag nodig, wie gaan betaal)
- Die boere wat die verliese ly is die mees betrokke party. Hulle moet ingelig wees oor die skade wat n substandaard jagter kan maak. (pmf kan inligtingstuk deur nwkv/rpo/bokhaarkwekers/ wildboere versprei)Stem saam dat baie boere weet te min.
- Is so dat daar te min goeie jagters is. Moet aanbeveel dat beginners kursusse doen en by pro s leer.
- Word of mouth tussen boere is beste.
Meeste hiervan is reeds gese, maar wil net my mening ook gee.
Groetnis freddie

yol bolsun
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1890
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Sien die volgende tendends met die stemmery:
68% stem dat plaas eienaars nie beheer moet word nie.
76% stem dat Professionele jagters nie beheer moet word nie
60% stem dat sport jagters beheer moet word.
Die gevoel van die betrokke partye (behalwe dat sport jagters beheer moet word) is nou in teenstelling met wat Natuurbewaring/Omgewings sake voorstel of na streef.
Volgens Natuurbewaring wil hulle almal wat jag boere inkluis (soos ek verstaan) aan minimum standaarde laat voldoen, jagters geakkrediteer moet word en jagters aan permitte koppel.
PMF onderhandel namens die boere met die onderskeie Natuurbewarings afdelings provinsiaal en nasionaal. My vraag is wat is die mandaat wat die boere vir PMF gee. Is dit eerstens om toe te laat dat almal aan permitte gekoppel moet word boere inkluis.
Moet hulle werk daarna dat dit net professionele jagters is wat aan standaarde en permitte gekoppel word. Is dit dat net sportjagters aan permitte gekoppel word.
Ek sal dit waardeer indien daar ouens (Freddie 101 bv.) wat by boerevereenigings en Boere unies betrokke is die mandaat sal vasstel. Dit behoort vir ons 'n landwye tendens te gee al kry ons net 10 of so terugvoer.
Ek sal 'n kort vraelys saamstel en enige belangstellende kan my e-pos by hein @ jaracal dot com
Groete
Heinrich

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Charlie Brown
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Mon Apr 01, 2013 9:13 am
Re: Probleemdier jagter protokol
Ek stem saam met Heinrich, dink nie ons moet deur sogeneemde "beheer" ons eie kele afsny en iets oor reguleer met nog onkostes en registrasie as dit nie nodig is nie. Probleemdiere is beslis nie aan die afneem nie en sal nooit uitgeroei word nie. Met ander woorde wie wil vir wie beskerm en wie sit agter die sogenaamde beheer?, wie gaan die meeste voordeel trek uit beheer van probleemdiere? en wat dra die bewaringsowerhede by?
Alle nagroepers moet verder iewers as onkundige jagters begin, mense verskil die wat skerp is en uitblink sal meer sukses hê as ander, party skuts skiet nou maar net beter as ander en slegs deur ondervindig en sukses as 'n meer profesioneel jagter sy pad opwerk en deur die vryemark stelsel sy stempel kan afdruk... en in aanvraag kom om probleme aan te spreek, op die oomblik doen jagters wat 'n passie het al die nodige moeite en bekom hul die nodige toerusting, kennis en ondervinding op eie onkoste.
Die belangrikste vraag bly egter "Wie gaan dit beheer en toepas"? As niemand dit gaan toepas of die kapasiteit het om dit toe te pas nie, waarom dit reguleer? Kon die owerhede en CapeNature al in die verlede beheer toepas of beheer reguleer? Of is dit nie hul probleem as daar skade is nie... en dan maar weer die boer se verantwoordelikheid om die skade te voorkom en die probleem self op te los omdat dit deel van sy boerdery is nie.
Laat mens wonder...

Maak Mooi
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1890
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Ongelukkig is beheer so aan die toeneem dat ons nie meer die sport of skiet van jakkalse sal kan doen sonder om iewers geregistreer te wees nie.
Die Weskaap het permitte, die NoordKaap het nou ingeklim met permitte vir enige persoon wat hom uitgee as 'n Vermin hunter (ongeag vir sport of teen vergoeding) R1000-00 per jaar behalwe boere op hulle eie plase.
Ooskaap het ook permitte maar is dit vir die gebruik van 'n lig.
So wat kan ek se^, sterkte en wie wen. Net die jakkals.
Groete
Die Weskaap het permitte, die NoordKaap het nou ingeklim met permitte vir enige persoon wat hom uitgee as 'n Vermin hunter (ongeag vir sport of teen vergoeding) R1000-00 per jaar behalwe boere op hulle eie plase.
Ooskaap het ook permitte maar is dit vir die gebruik van 'n lig.
So wat kan ek se^, sterkte en wie wen. Net die jakkals.
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 549
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Hein
Weet ons nou al hoe die mandaat lyk wat PMF mee onderhandel? Waar vind die onderhandelings plaas, is daar 'n program en is dit beperk of kan die publiek die saak bywoon?
Dan sommer bietjie jakkals politiek:
Lyk my die "beheer"-storie is maar 'n rondgetastery in die donker wat meer met "mags-motief" te doen het as om werklik 'n bydrae of positiewe verskil te probeer maak.
Die R1000 in die Noordkaap gaan beslis 'n hele paar "kriminele" iewers op 'n hofrol plaas. Ons moet dalk maar ons self met hierdie kriminele element vereenselwig.
Die probleem is steeds (en ek voel soos by 'n AA-bemekaarkoms) dat ek beslis 'n ongedierteprobleem het wat inkomste en kapitaal verswelg (op hierdie stadium my eie en die Staat s'n), wat nie stilstaan of wag dat enige iemand daaroor besluit of "beheer" daaroor uitoefen nie en ook nêrens WETTIG iemand anders behalwe my eie verantwoordelikheid is om op te los nie. Glo my dis nie 'n verantwoordelikheid wat ek wil hê nie maar dis nou "squarely" op my skoot.
Vervolgens voel ek as iemand iets oor my jagtery by my, my buurman of my buurman se buurman te "beheer het"/te sê het (behalwe om te sê waar ek klanke, staanplekke, ysters ens. verkeerd werk) en nie daadwerklik my verlies wil verlig nie (ek soek velle), moet hy/sy maar verby hou en ook sommer die mond dig toe hou.
Enige positiewe gesindheid is egter altyd baie meer as welkom of daar 'n bydrae van enige aaard is of nie.
Groete
JAS

-
Roland65
- Newbie

- Posts: 18
- Joined: Tue Apr 10, 2012 8:30 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Dit is deur Natuurbewaring en sy trawante,dat daar nie meer jagklubs is nie,ek se nog altyd bring weer voltydse jagters in wat die grond werk kan doen.Jy kan nou hoe goed roep en skiet ,maar daai ekstra skelm jakkalse,hulle wil gejag wees met honde,gifskieters of slagysters,dit is waarmee ek begin het,en het baie goeie resultate gehad,tot Natuubewaring en sy trawante dit verbied het.
-
ambessa
- Newbie

- Posts: 5
- Joined: Sun Mar 17, 2013 7:17 am
Re: Probleemdier jagter protokol
Hallo Hein
Ambessa
Tog so reg. Kan gedoen word maar addisioneel tot die jag - soos onlangs by C.....jaracal wrote:...Indien die regte inligting gekry wil word stuur iemand wat die navorsing kan doen. Dit vat niks van jou as nagjagter weg nie en die regte inligting word deurgegee. Heinrich
Ambessa
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Wetgewings is goed en moet daar wees maar help niks as dit nie toegepas word nie.Veediefstal is n goeie voorbeeld.Ek dink in elk geval nie n boer gaan hom op sy eie grond laat voorskryf nie.Hierdie is verseker n taai toffie.Baie faktore wat hier gaan inmeng.
- Termiet
- Newbie

- Posts: 37
- Joined: Fri Dec 11, 2009 12:53 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Die is weer een van daai topics waar dinge wil ingestel word met baie moeite en beplanning, maar op die ou einde is daar nie geld of mense om dit te beheer nie.
As dit net vir data is, dan maak 'n logbook wat manne kry sodra hulle 'n kurses voltooi het. Elke drie maande pos hul die copy van die logbook na die gepaste persoon/departement toe. Dit is net so met die ph logbook.
Maar die vraag is hoekom nou?
Wie gaan dit beheer?
Wie gaan hierby baat?
My eerlike gedagtes is dat dit gemik is om die voltydse roeper meer te baat en ander mense te beperk.
As ons nou 'n gemors van die storie wil maak, dan moet ons die boere probeer beperk op hul eie grond. Ons help die boere en die boere gee ons geleenthede om op hul grond te kom skiet al is dit dalk teen betaling. Die boere het genoeg wetgewing op hul koppe, hoekom nou nog wette probeer maak? Indien ons as roep jagters die boere gaan probeer beperk sodat ons meer voordeel daaruit trek, dan se ek nou vir julle, daai boere jaag ons almal of jy nou goed is of nie en hy gif alles. Die is 'n baie fyn lyn wat ons moet dophou.

Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Termiet,
Kyk 'n bietjie na die datum van die plasing voor joune, dan gaan doen bietjie navorsing in en om daardie tyd op die lede alleen hoof. Jy moet dinge in "context" sien, en behandel, daar was baie dinge aan die roer oor daardie tydperk wat nou meestal oorgewaai het. Hoop jou dag word beter na aanleiding van jou navorsings post, en dat jy nou effens kan begin kalmeer.

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.