Page 2 of 2
Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 9:55 am
by Badger
100% reg!
'n Canned lion word in 'n kamp geteel vir die volgende rede.
As jy 'n leeu op jou plaas moet teel tot hy reg is om gejag te word, gemiddeld van 3-4jaar af, dan gaan hy jou so +-R300 000 se wild eet, hang af wat vang hy, as jy buffels en sable het kan dit BAIE meer wees.

.
Ek kan nie verwag om 'n klient daai prys te vra nie, maar kom ons vat die boonste voorbeeld, en ek laat 'n wyfie jag teen 'n mal prys van R80 000, dan is nogsteeds R220 000 se wild kort, m.a.w. ek boer agteruit teen 'n helse verlies.
Die ander punt is soos ek bo genoem het, hok leeus het geen vrees vir die mens nie, en is nie in die minste "mak" nie, hy sal jou verskeur met die kleinste kans wat hy kan kry.
Wat dan gebeur, 'n klient bespreek die leeu, en dan moet 'n permit uitgereik word vir die jag, ons laat die leeu veld toe gaan(dit vat so week vir die permit), as die klient en permit kom, dan jag ons hom, die plaas waar ons jag is 17 000ha, jy moet regtig hard werk en jou storie ken om hom te kry, en die slag wat jy hom kry is dit "sports", die kans dat 'n hok leeu gaan storm is 80-90%, veral die wyfies!
Ek kan 'n bladsy skryf oor hoekom hokleeus beter is om te jag, maar hierdie is my hoof redes, en dat ons die getalle en gene baie beter onder beheer kan hou.
Daar is 'n behoefte is om leeus te jag, hoekom mag mens hom nie teel vir daai doeleinde nie?
As daar genoeg is om te laat jag dan bly die getalle en prys reg vir die jagter en wildboer, anders kan dit baie moontlik dieselfde uitdraai as die renoster poaching, jy gaan dit nooit kan stop nie.
Ek gaan November 'n wyfie jag, die man wat se dis onregverdig kan saam kom, maar sonder 'n geweer, en dan na die tyd vir my vertel wat hy dan dink, hy GAAN sy opinie verander...'n leeu kan 80m in net 3 sekondes toemaak, dis iets om oor te dink, jy het 1 skoot, daar is amper nooit tyd vir 'n 2de skoot nie, dis hoekom "back-up" so belangrik is, so eintlik is die kaarte teen jou, jy het een kans, en jy is in sy speelplek, jy begin klaar met 'n nadeel....
Hoop dit dring die hele storie oor "hok leeus" meer in perspektief, ek is nie hier om daaroor te baklei nie, ek moet kos op die tafel vir my gesin en gelukkig (of ongelukkig

) voltyds in die jag bedryf...
Groete.
Chris.
Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 10:12 am
by Geno
Die manne wat gekant is teen geblikte leeus moet net die volgende ook besef:
Elke "mak" leeu wat geskiet word, red 'n wilde leeu (en die wilde leeu se kleintjies, want die nuwe mannetjie maak hulle vrek).
Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 10:15 am
by Badger
Ek stem 100% saam met jou Geno!
Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 10:17 am
by DWB
Dankie, goeie verduideliking.
Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 10:18 am
by BLOK
Badger wrote:
Ek gaan November 'n wyfie jag, die man wat se dis onregverdig kan saam kom, maar sonder 'n geweer, en dan na die tyd vir my vertel wat hy dan dink,
Ek dink regtag dat dit baie onregverdag is om n mak leeu vry te laat en dan te gaan skiet. Kan mos nie so gevaarlik wees nie. Mag ek nou saamkom. hahaha
Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 10:23 am
by Cobus(Cobb)
Blok, jou ou boef...daar steel jy my idee, ek het nou net my vakansie begin beplan!!
Cheers
Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 10:27 am
by Beretta
Blok
Ek stem saam met jou. Dit is mos pumba se tjom ag shame. Blok jy moet gaan kyk en terug voer vir ons kom gee.
Beretta
Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 10:28 am
by DWB
Ek wou saamgaan tot ek die 9.3 by die huis moes los...
Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 10:35 am
by Marc
molopohunter wrote:
Dink jy vir 1 oomblik dat leeus wat in die land gejag word wilde leeus is wat op bees plase rondloop of soos koedoes trek?
Goed gestel
Geno wrote:
Die manne wat gekant is teen geblikte leeus moet net die volgende ook besef:
Elke "mak" leeu wat geskiet word, red 'n wilde leeu (en die wilde leeu se kleintjies, want die nuwe mannetjie maak hulle vrek).
+1
Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 10:52 am
by Badger

Ek sal 'n bussie reel, dan maak ons dit 'n groep uitstappie, daai leeu gaan dink dis 'n buffet wat aangestap kom...of "Pick 'n Eat"!!!

Ek is hoeka oppad bos toe, sal julle Maandag sien!
Groete!
A bad day in the bush is better than a good day in the office!
Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 11:48 am
by SV MAD (Henk)
Badger wrote:

Ek sal 'n bussie reel, dan maak ons dit 'n groep uitstappie, daai leeu gaan dink dis 'n buffet wat aangestap kom...of "Pick 'n Eat"!!!

Ek is hoeka oppad bos toe, sal julle Maandag sien!
Groete!
A bad day in the bush is better than a good day in the office!
Ek vat my rollie saam, as daai leeu storm dan skiet ek die naaste ou in die knieg en hol weg!
Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 11:58 am
by BLOK
Moet nou net nie dink julle maak van my die bestuurder nie. Ek het maar juis gehoop om genooi te word saam Grumpy. As die mak leeus so knorrig is soos hulle beweer en die ding storm het ek darem die gewigs voordeel om voor Grumpy weg te kom en kan ek dan mos kyk hoe hy en die leeu vir mekaar grom. hahaha
Chris
Skuus man ek neek nou julle post op kon dit net nie weerstaan nie. Ek het niks teen die tipe jag nie en dink werklik dat dit n groot bydrae leweer tot die voortbestaan van leeus. As daar n mark is daarvoor hoekom dit nie doen nie. Solank dit eties is en die leeu nie soos sommage ouens in die bedryf sommer in sy hok geskiet word nie is dit 100% reg met my.
Het al self paar keer vryloop leeus gejag en ja dit kan senutergend wees. Persoonlik skiet ek hom eerder daar waar hy in die veld groot geword het en vrylopend is. Maar wat is die verskil tussen Nyalas, buffels ens in teelkampe aanhou en later laat ja en hierdie manier van leeujag. Newat as daar mark is en eties gedoen word niks verkeerd vir my nie.
Dink daar was (seker nogsteeds) n paar manne wat die dintg baie oneties gedoen het, leeuwyfies by hul hokke geskiet, leeus geskiet met klein welpies terwyl hulle drink ens. Dit is die prent wat die wye publiek ingedra is van leeujag en ongelukkag soos met baie ander dinge maak een vrot peer in die sakkie die hele sakkie goedkoop.
Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 12:16 pm
by grumpy
Blok, geen probleem om saam te gaan nie.ons het twee bussies nodig. Een vir ons twee en een vir die bang manne. As daai Leeu storm dansoek jy n mooi groot klip om op te gaan sit en kyk mooi want hier kom nou een moerse groot fight en brullery tussen ek en hom!
Jy weet ek is nie bang on my PUNT te maak nie!
Die ander manne kandan maar hulle skoon onderklere en vsts gaan aantrek. Die manne steek mos howls die vest in die onderbroek so ditmoet ook vervang word!!!

Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 12:19 pm
by Beretta
Grumpy
Die manne praat van as die leeu kwaad is lyk jy hulle het nog nie gesien as jy kwaad is nie
Beretta
Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 12:35 pm
by Marc
SV MAD (Henk) wrote:
Badger wrote:

Ek sal 'n bussie reel, dan maak ons dit 'n groep uitstappie, daai leeu gaan dink dis 'n buffet wat aangestap kom...of "Pick 'n Eat"!!!

Ek is hoeka oppad bos toe, sal julle Maandag sien!
Groete!
A bad day in the bush is better than a good day in the office!
Ek vat my rollie saam, as daai leeu storm dan skiet ek die naaste ou in die knieg en hol weg!
Ek sit verseker nie naby jou nie

Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 12:46 pm
by BLOK
Grumpy
Newat ek sal langs jou staan as dit lyk daai tanne man sit jou ore aan, self nie veel bang in my nie. Ek skrik nie vir veel nie, net vir moffies, glo darem nie jy is een nie so ons sal te lekker saam ry. hahaha
Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 2:05 pm
by kopskoot
BLOK wrote:
ons sal te lekker saam ry. hahaha
Blok,nou worry JY my ook!

Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 2:18 pm
by BLOK
kopskoot wrote:
BLOK wrote:
ons sal te lekker saam ry. hahaha
Blok,nou worry JY my ook!
Wat worry jy oor, jy sit in die tweede bussie saam die bang@tte en mofg@tte, of het jy die selfde vrees as ek
Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 2:30 pm
by Stefan764
Badger wrote:
100% reg!
'n Canned lion word in 'n kamp geteel vir die volgende rede.
As jy 'n leeu op jou plaas moet teel tot hy reg is om gejag te word, gemiddeld van 3-4jaar af, dan gaan hy jou so +-R300 000 se wild eet, hang af wat vang hy, as jy buffels en sable het kan dit BAIE meer wees.

.
Ek kan nie verwag om 'n klient daai prys te vra nie, maar kom ons vat die boonste voorbeeld, en ek laat 'n wyfie jag teen 'n mal prys van R80 000, dan is nogsteeds R220 000 se wild kort, m.a.w. ek boer agteruit teen 'n helse verlies.
Die ander punt is soos ek bo genoem het, hok leeus het geen vrees vir die mens nie, en is nie in die minste "mak" nie, hy sal jou verskeur met die kleinste kans wat hy kan kry.
Wat dan gebeur, 'n klient bespreek die leeu, en dan moet 'n permit uitgereik word vir die jag, ons laat die leeu veld toe gaan(dit vat so week vir die permit), as die klient en permit kom, dan jag ons hom, die plaas waar ons jag is 17 000ha, jy moet regtig hard werk en jou storie ken om hom te kry, en die slag wat jy hom kry is dit "sports", die kans dat 'n hok leeu gaan storm is 80-90%, veral die wyfies!
Ek kan 'n bladsy skryf oor hoekom hokleeus beter is om te jag, maar hierdie is my hoof redes, en dat ons die getalle en gene baie beter onder beheer kan hou.
Daar is 'n behoefte is om leeus te jag, hoekom mag mens hom nie teel vir daai doeleinde nie?
As daar genoeg is om te laat jag dan bly die getalle en prys reg vir die jagter en wildboer, anders kan dit baie moontlik dieselfde uitdraai as die renoster poaching, jy gaan dit nooit kan stop nie.
Ek gaan November 'n wyfie jag, die man wat se dis onregverdig kan saam kom, maar sonder 'n geweer, en dan na die tyd vir my vertel wat hy dan dink, hy GAAN sy opinie verander...'n leeu kan 80m in net 3 sekondes toemaak, dis iets om oor te dink, jy het 1 skoot, daar is amper nooit tyd vir 'n 2de skoot nie, dis hoekom "back-up" so belangrik is, so eintlik is die kaarte teen jou, jy het een kans, en jy is in sy speelplek, jy begin klaar met 'n nadeel....
Hoop dit dring die hele storie oor "hok leeus" meer in perspektief, ek is nie hier om daaroor te baklei nie, ek moet kos op die tafel vir my gesin en gelukkig (of ongelukkig

) voltyds in die jag bedryf...
Groete.
Chris.
AMEN
Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 2:31 pm
by Stefan764
O ja, nog n ding,
DWB wrote:
Ek wou saamgaan tot ek die 9.3 by die huis moes los...
vat hom maar saam Deon, gani veel help nie

Re: Leeu te jag.
Posted: Fri Oct 12, 2012 2:47 pm
by Wouter Roets
Sully
Die koeel en die leeu gaan ewe vinnig wees! As die leeu op topsnelheid weghardloop sal hy nie met sukses kan skiet nie!
Groetnis
Wout
Re: Leeu te jag.
Posted: Sat Oct 13, 2012 8:55 am
by Stefan764
Dankie vir die waarheid Baas Wout

Re: Leeu te jag.
Posted: Sun Oct 14, 2012 4:22 pm
by DWB
Sully en Wout....
Julle sal rol! Gelukkig weet ek van 2 manne saam wat ver oor 100 leeus met 'n 9.3x62 laat val het....
My roer en ek like hom! Al skiet ek so blerrie mis!
Re: Leeu te jag.
Posted: Sun Oct 14, 2012 9:08 pm
by Flip Nel
Wouter
Gelukkig skiet die 9.3 mannie nie diere in die "Hol"

nie ons wag dat hulle storm ons is nie bang manne nie

Re: Leeu te jag.
Posted: Sun Oct 14, 2012 9:48 pm
by Badger